GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hoekom maak die kerk nie oogkontak met gays nie?

Marietjie van Loggerenberg

’n Verdere reaksie op Kobus Burger se artikel na aanleiding van die Gereformeerde Kerke se sinodale uitspraak oor gays.

Kobus, jou puik stuk raak al die belangrikste sake uit die koerantberig aan. Sake soos:

  • Die kerk luister nie na gays nie. Luister ’n mens regtig na iemand tensy jy oogkontak met hom het? Hier lÍ ’n groot uitdaging vir ons om luister te fasiliteer, om die uitdrukking “in liefde uitreik” van ’n gesig te voorsien.

  • Die kerk koop nog in in die diskoerse dat gay mense kan verander, dat gay wees ’n siekte is. As dit waar sou wees, het ek nuus vir die kerk: dan sit ons met ’n pandemie! Iemand wat glo dat gay mense hul gay wees so maklik soos ’n vinnige humeur kan afleer, openbaar sy/haar gebrek aan kennis en insig en “oogkontak” met gay mense.

  • Gelykstelling aan pedofilie, ens. Ek vermoed die diskoers wat hierdie gelykstelling in stand hou, is dat gay wees mense (die samelewing) skade berokken. Ek was al deel van ’n span wat ’n rehabilitasiepad saam met ’n pedofiel (straight) gestap het. Dis verregaande om gay wees in dieselfde asem te noem. Gay mense doen niemand per se skade nie, maar moet natuurlik net soos straight mense teen sonde en versoekings stry. Die stryd is nie teen gay wees nie, maar teen ontrouheid, seksuele misbruik, diefstal, ens, ens. Hier kan die kerk ’n groot rol speel deur ondersteuningstelsels tot stand te bring, alle mense in liefde te omarm, en mense te help om morele waardes te ontwikkel, in plaas van ’n ekstra las op ’n sekere deel van die samelewing te laai deur hulle te verwerp en van hierdie omarming van God en mens te vervreem en te ontneem. Dis moeilik genoeg om teen die sonde te stry. As jy hierdie stryd nog moet aanpak sonder God, sonder ondersteuning en te midde van die voortdurende gehamer dat jy eintlik verwerplik is, maak dit dit nog moeiliker. Is dit nie hoekom sommige mense dikwels uit moedeloosheid die stryd gewonne gee nie?

  • Gay mense het net soos straight mense lief. Dis ’n moeilike konsep vir die kerk om te snap vanweŽ bogenoemde diskoerse. Ek het al meer by gay mense geleer hoe om byvoorbeeld God die derde vennoot in jou verhouding/huwelik te maak as wat ek by straight mense geleer het. Hoekom moet twee mense wat in so ’n intieme, heilige verhouding staan, daarvan weerhou word om uiting aan hul diepste emosies in die vorm van seksuele eenwording te gee?

    Op navraag antwoord Marietjie van Loggerenberg dat sy ’n pastorale terapeut is, “geskool in die narratiewe benadering”, wat sy “eintlik eerder graag ’n leefstyl sou wou noem. Hoewel ek nie self gay is nie, verstaan ek gay mense en het hulle innig lief. Ek gesels ook met ouers van gays, kinders, eggenotes, ens, en natuurlik veral met die gays self.” Sy is tans besig met ’n MTh-skripsie oor The narratives of Christian gays. Gayberading beslaan omtrent 50 persent van die berading wat sy doen. Sy praktiseer in Erasmusrand, Pretoria.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.