GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

man, (s.nw.)

Madeleine Volschenk

Naaswenner van Nagtegaal-toneelwedstryd vir nuutgeskrewe tekste 2002

Premire by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2003

Karakters

Neels: afgetrede onderwyser in sy vyftigs.

Adam (alias Vincent, alias Van Gogh): twintigjarige “student van die lewe”.

’n Geblikte rympie, soos wat gebruik word vir ’n advertensie, kan gehoor word. Dit is ’n bekende deuntjie, maar heeltemal verplat deur die gebruik daarvan. Ligte aan. Neels se huis. Daar is ’n boekrak. Behalwe netjies gepakte boeke is daar ook ’n radio’tjie en ’n tikmasjientjie onder ’n stofoortreksel in die boekrak. ’n Eetkamertafel met twee stoele is sentraal. Op die tafel is ’n klompie koerante netjies gepak. Verhoog regs is daar die suggestie van ’n kombuis. ’n Netjies gepakte skinkbordjie met een koppie en piering, ’n teepot, melkbekertjie, suikerpotjie en ’n kleinbordjie met twee Romany Creams staan onder ’n kantlappie. Neels sit by die tafel. Hy is netjies geklee, sy hare glad gekam. Hy is besig om ’n blokkiesraaisel op te stel; hy werk in ’n notaboek met ’n potlood. Daar l ’n woordeboek langs hom oop. Die radio is sag op die agtergrond aan. N die advertensie wat ons in die begin gehoor het, volg die kommentaar by ’n perdewedren. Neels is hard aan die konsentreer, maar kyk kort-kort op sy horlosie, asof hy op iets wag.

Neels: “Eensaam” — om alleen te wees. (Sit regop en dink.) Om alleen te wees, nie uit vrye keuse nie? Een ... saam ... ? Om (Los die woord uit en beweeg na die volgende.) “Manteldraaier” — om  om gedurig van opinie te wissel. Mmm? ... om jou te laat benvloed deur die opinies van andere ... Om gehoor te gee aan die  (Krap dood. Lees weer, en besluit dan. Hy skryf dit netjies oor.) Om jou te laat benvloed deur die opinies van ander. (Kyk op sy horlosie.) Elfuur! (Hy sit die potlood en uitver netjies bymekaar, ’n boekmerk versigtig in die woordeboek, en die notaboek presies bo-op die woordeboek. Uit ’n laaitjie haal hy ’n ander notaboek en potlood; die sit hy nou op die tafel. Hy stap oor na die radio en sit dit harder; die wedren is verby, en ’n gesinkroniseerde deuntjie speel. Hy stap dan kombuis toe en uit ’n termofles vul hy die teepot aan en stap dan met die skinkbord terug na sy tafel. Hy skakel die radio af. Alles gebeur met presisie. Hy stap af en kom oomblikke later terug met die koerant. Hy haal die los dele uit en pak dit netjies op die ander stapeltjie; dan vou hy die koerant presies in die middel oop, skink sy tee, eet een beskuitjie terwyl hy lees en voortdurend aantekeninge maak. Die voordeurklokkie lui. Neels is stomgeslaan, staar in die rigting van die deur. Die klokkie lui ’n tweede maal, en nog weet hy nie wat van hom verwag word nie. Die klokkie lui ’n derde maal, baie lank di keer. Neels staan huiwerig op; hy weet skielik nie wat om met die koerant, die tee, die ekstra koekie of homself te doen nie.

Neels: Ek kom! (Terwyl hy oorstap, lui die klokkie ’n paar keer nog
ongeduldig, maar kort
.)

Van verhoog af links deur wat oopgaan en onmiddellik Adam se stem

Adam: Mre, Meneer ... Ek dog amper Meneer is nie hier nie, of bly dalk nie
meer hier nie  Genade, dis goed om Meneer te sien. Hoe lank terug was dit? Nog voor die tannie se dood laas. Ek was so jammer om te hoor van haar dood. Gee Meneer om as ek inkom?

Adam kom in. Hy is in effe vuil jeans en T-hemp geklee. By hom het hy ’n rugsak, wat hy sonder seremonie op die tafel neersit. Neels kom oomblikke later, woordeloos en verstom, in.

Adam: Genade, Meneer, dit lyk nog hier net soos altyd, en hoeveel jaar terug was dit? (Neels antwoord nie, bly net na hom staar.) Meneer onthou my nie, n?

Neels: Ee ...

Adam: Ek was baie hier, Meneer, saam met  saam met Janneman.

Neels: Janneman!

Adam: Ek was in die skool tot standerd agt, toe het ons getrek. My pa, my pa het mos Sjoe, hoeveel jaar terug is dit?

Neels: Janneman?

Adam: Maar genade, Meneer ht my vergeet!

Neels: Nee, ek 

Adam: Meneer het nie ’n clue wie ek is nie, het Meneer?

Neels: Dis net 

Adam: Van Gogh, Meneer!

Neels: Van Gogh. (Gaan sit op die stoel.)

Adam (huiwer self ’n oomblik): Vincent!

Neels: Wat?

Adam: Maar my bynaam op skool was Van Gogh. Meneer mt my onthou! Ek was nooit by Meneer in die klas nie, maar ek en Janneman was boesemplle. Ek het vir Meneer geskryf dat ek kom. Janneman het ges hy is seker Meneer sal nie omgee nie, hy het ges hy sal Meneer bel, maar dat Meneer nie sal omgee nie. Hy het ges Meneer bly alleen vandat die tannie dood is en Meneer kom nie meer eintlik baie uit nie. Hy het ges Meneer sal die geselskap waardeer, en dit is net vir ’n paar dae. Het hy nie gebel nie?

Neels: Hoe laat is dit? (Kyk op sy eie horlosie.)

Adam: Het hy nie met Meneer gepraat nie?

Neels: Nee.

Adam: Maar Meneer het tog seker my brief gekry?

Neels: Ek is bevrees 

Adam: Maar ek het dit al drie weke terug gepos!

Neels: Ek het niks gekry nie.

Adam: Ek is baie jammer, maar mens kan nie meer die poswese vertrou nie, maar Janneman, Meneer? Hy het ges hy gaan  Ou Janneman. (Lag.) Het nog niks verander nie. Sal Meneer omgee as ek sit? (Hy sit sonder om te wag vir ’n antwoord.) O, ek sien ek is net betyds vir tee! (Neels reageer nie.) Hou Meneer nog die koppie waar dit altyd was? (Hy mik kombuis toe.)

Neels (vinnig): Ek sal. (Kombuis toe.)

Adam: Dankie, Meneer. Ek waardeer dit. Dis ontsaglik nice van Meneer om my hier te laat bly, en ek belowe dit sal net vir ’n paar dae wees. Kan Meneer dit glo, di Janneman, maar hy was mos maar altyd so bietjie van ’n scatterbrain. (Neels bring die koppie.) Dankie, Meneer. (Skink.) Nog ’n koppie vir Meneer?

Neels: Ek drink net een, dankie. Een koppie tee om elfuur. (Kyk weer op sy horlosie.)

Adam: Die water is koud, sal ek  (Neels neem haastig die fles uit. Adam trek die woordeboek nader en lees die notas wat Neels gemaak het.) “Manteldraaier — om jou te laat benvloed deur die opinies van andere ...” (Roep in die rigting van die kombuis.) Het Meneer nog van die koekies? (Lyk skielik baie ingenome met homself.) Om iemand in die gat te byt. (Lag.) Om iemand deur die ore te naai!

Neels: Moenie. (Sit die skinkbord neer.) Jy moenie my papiere deurmekaar maak nie, ek werk daar, jy moet hier kom sit en haal jou rugsak van die tafel af. Sit dit daar neer, daar, nee, daar. Doen dit! (Adam wip soos hy skrik en sit die rugsak waar Neels beduie het.)

Adam: Genade, jammer, Meneer.

Neels: Regop, sit dit regop  So  Hoe laat is dit nou?

Adam: Halftwaalf, Meneer  So, wat is dit di? (Beduie na die nota.)

Neels: Dis vir ’n blokkiesraaisel.

Adam: Ek sien.

Neels: Ek stel hulle saam vir ’n tydskrif.

Adam: Regtig, Meneer? Dit moet lekker wees. “Manteldraaier”. Dis moeilik, hoekom gebruik Meneer nie maar die verklaring wat reeds in die woordeboek is nie?

Neels: Dit sal oneerlik wees.

Adam (lag): Ek sien. So, Meneer mis seker die onderwys?

Neels: Wel 

Adam: Ek het nooit by Meneer klas gehad nie, ek en Janneman was mos saam, maar die outjies in Meneer se klas het baie oor Meneer gepraat. “Die jaar word ryp in goue akkerblare ”

Neels: O ja!

Adam: Het Meneer pakket geneem?

Neels: Ja-nee.

Adam: En Meneer is nie spyt nie, Meneer mis dit glad nie?

Neels: Soms tog 

Adam (se stemtoon verander): As die standerd sesse ontgroen is, het die matrieks gedreig dat hulle dwarsdeur die nag na Meneer moet luister wat gedigte lees. Dit het hulle goed bang gemaak.

Neels: Ek onthou.

Adam: Meneer het geweet. (Lag.)

Neels (kyk op sy horlosie): Jy moet my verskoon, ek  daar is hierdie inbelprogram waarna ek nou luister. (Hy stap na die radio en skakel dit aan. Hy trek die foon wat ook op die boekrak is nader, nadat hy die koerant weggepak en die notaboek gebre het.)

Adam: So, Meneer ...

Neels: Stil!

Adam: Genade (lag), Meneer het ook niks verander nie. (Stap oor na die boekrak toe en begin deur een van die bundels blaai; heeltyd hou hy vir Neels fyn dop.)

Omroeper: Welkom by Wat s jy? Vandag praat ons oor die kerk en hoe hy sy beleid bly aanpas by die politieke denke van die tyd. So, wat s jy? Bel gerus in by telefoonnommer 0868765421. Ons kyk vandag na die kerk wat lyk of dit aanmekaar van opinie verander. Tydens die opkoms van Nazisme in Duitsland, byvoorbeeld, was die kerk nie doodstil oor die moorde op Jode nie. Het die beleid selfs probeer goedpraat.

Adam: Manteldraai!

Omroeper: Op die oomblik blyk die kerk sy hele siening oor homoseksuele te verander, en mens wonder net hoe enige mens nog in die kerk se geloofwaardigheid ...

Neels spring op en sit die radio af. Dit is ’n oomblik stil terwyl Adam hom fyn dophou. Neels weet nie wat om met homself te doen nie. Hy speel verbouereerd met die teepot se deksel.

Adam: Hoe gaan dit met Klein-Neels?

Neels: Ek ...

Adam (lag): Nellie.

Neels: Nellie?

Adam: Janneman het hom Nellie genoem. “Ou Nellie is almal se pllie.” (Lag.) Janneman kon lekker vicious raak. Klein-Neels het woedend geword, maar hy kon nie veel doen as Janneman eers begin het nie. Hy was ouer, maar Janneman ... (Skud sy kop meewarig.) Mens sou dink broers sou nicer met mekaar wees, maar nie Janneman nie. Hy was maar donners vicious. So, hoe gaan dit met hom?

Neels: Ek 

Adam: Jy weet nie.

Neels: Wat s jy is jou naam?

Adam: Vincent, Meneer!

Neels: Van Gogh.

Adam: So, hoor Meneer nog van Klein-Neels?

Neels: Waar kom jy nou vandaan, Vincent?

Adam: Ek het mos vroeg die skool verlaat. Onthou Meneer nie? Wel, ek het n matriek vir ’n jaar Engeland toe gegaan om bietjie die wreld uit te check, toe bly ek vyf jaar. Ek is nou al weer ’n rukkie terug in Suid-Afrika, en gaan maar so rond. Janneman het ges as ek hierheen wil kom, moet ek hier kom bly.

Neels: Waar het jy vir Janneman gesien?

Adam (vir die eerste keer effe onseker van homself): Wel ...

Neels: In Londen? Het jy hom in Londen gesien?

Adam: Is Janneman in Engeland, Meneer?

Neels: Waar dan?

Adam (voel weer in beheer): Meneer weet nie? Meneer het wragtig kontak met albei jou seuns verloor!

Neels: Luister  Van Gogh!

Adam: Wel, ja, ek het hom in Londen gesien, hy werk in ’n kroeg daar. Nou al drie (hou Neels dop vir leidrade) jaar, s hy my. Wel, hy doen goed  nie net as kroegman nie, maar hy het mos maar altyd so ’n sideline.

Neels: Watse “sideline”?

Adam: Wel, Meneer ... (Lag.) Daar is baie vinniger maniere om high te word as met drank, if you know what I mean! En Janneman is mos maar Janneman  Meneer sal hom nie herken nie; hoe lank terug het Meneer hom gesien?

Neels: Ek 

Adam: Het hy rrig ’n polisierekord?   Hy brag daarmee, sy plle in Engeland dink dis vreeslik cool om vir geweld opgesluit te word. Hoe lanklaas het jy hom gesien?

Neels: Hy het  ek weet nie meer nie.

Adam: Jy sal hom nie herken nie. Neusring, en tatoeermerke. Sal ek nog tee skink? (Gebiedend.) Sit, ek sal. (Neels sit en luister na Adam wat voortpraat vanuit die kombuisarea. Hoe meer Adam praat, hoe meer verskrompel raak hy.) Hy praat baie van julle, van jou en tannie Maggie. Neels senior, die pa. (Lag.) Dis hoe hy van jou praat: di pa, man van die huis, man van die nasie, man van die letterkunde. Die p!

Neels: Hoekom is jy hier?

Adam: Ek s mos 

Neels: Om my te kom s oor  Janneman?

Adam: Haai, nooit, Meneer. Janneman verlang, dit kan ek Meneer waarborg.

Neels: Het jy hom rrig gesien?

Adam: Maar ek s mos so.

Neels: Hoe gaan dit met hom?

Adam: Nee goed, ek s mos so. Sal jy omgee as ek jou op jou naam noem? Ek like nie die “Meneer”-besigheid nie. Ek is tog nou al vir jare nie meer op skool nie, en dit sou my uitfreak as kinders my Meneer noem; “Oom” is erg genoeg! (Terug met tee.) Hy verlang, dit weet ek.

Neels: Wat s hy?

Adam: Sal Meneer, ekskies, sal jy iets by die tee drink? (Stap oor na die rugsak en haal ’n bottel whiskey uit, skink vir elkeen ’n dop by die tee.) Dis jammer jy het nie koffie nie, ek sien daar is decaf, maar dan drink ek dit eerder saam met tee.

Neels: Dink jy hy 

Adam: Hy verlang, hy s dit nie sommer nie, maar ek ken hom al jare, en wie weet, as hy hoor ek is hier  net vir ’n paar dae  maar hir. Wie weet, dalk dink hy sy ou ballie is nie so stuck-up nie. Wie weet 

Neels: Ek weet glad nie waar hy is nie. N hy by die skool weg is  hy was in en uit die moeilikheid, tronk toe. Daar is allerhande dinge tussen ons ges, maar

Adam: Maar nou is jy spyt?

Neels: Jy weet hoe om hom in die hande te kry?

Adam: Weet hy dit?

Neels: Wat?

Adam: Dat jy jammer is, dat jy hom weer sal wil sien?

Neels: Hy is my seun, natuurlik weet hy dit!

Adam: Dit werk nie so nie, het jy dit ooit vir hom ges?

Neels (ontplof): Ek hou nie van jou insinuasies nie. Wat weet jy nou eintlik wat tussen ons gebeur het? Magtig, man, antwoord net my vraag, weet jy regtig hoe om hom in die hande te kry?

Adam: Ek s mos so! Hoekom anders sou ek hierheen gekom het?

Neels: Dis wat ek nie weet nie.

Adam: Kyk, Janneman mis jou ook en hy is ook jammer. Maar hy weet nie hoe om dit te s nie, so, jy sien, noem my maar “the Good Samaritan” — gestuur om die konflik te probeer oplos!

Neels: Ek sien 

Adam: So, die pa, die pa het weer sy 

Neels: Luister!

Adam: Moenie stres nie, hy verlang.

Neels: Waar kan ek hom in die hande kry?

Adam: Moet nou nie te haastig raak nie!

Neels: Wat beteken dit?

Adam: Jy weet mos hoe is Janneman. Now you see him, now you don’t

Neels: Maar jy het ges 

Adam: Ek sal hom kry, moenie stres nie!

Neels: Dankie.

Adam: So, ou Neels, Neels senior! (Lag.) Is die spaarkamer se bed oorgetrek?

Verdonkering. Die gesinkroniseerde deuntjie speel weer in die donkerte, en dan word die Omroeper se stem gehoor.

Omroeper: Op die lyn het ek vir Neels, wie sou kon raai, twintig voor twaalf en dis Neels. Hallo, Neels, wat s jy?

Neels (se stem kan ook oor die radio gehoor word): Middag, Gert. Die luisteraars wat so bitter is oor die sogenaamde “brain drain” verloor die implikasie van vrye keuse uit die oog. Vryheid impliseer ook die vryheid van skuld. Om te doen wat die beste is vir my sonder om skuldig hoef te voel. Jongmense, veral, behoort vrygeskeld te word van hierdie tipe skuld. Hulle skuld die land per se niks. Dankie, Gert. (Foon neer.)

Ligte aan. Neels sit die foon neer en gaan dan oor om die radio af te skakel.

Omroeper: Ons praat ook oor verantwoordelikheid teenoor ouers, Neels  Hallo? Neels? Nou ja, liewe luisteraars. Dit was dan Neels, soos elke middag om  (Radio af.)

Dit is ’n ander dag, en al is alles nog steeds baie netjies, kan die spore van Adam hier en daar gesien word: die boekrak is effe minder netjies, ’n trui hang oor die een stoelleuning 

Neels (kyk op sy horlosie, trek die woordeboek en notaboekie weer nader en skryf): Nou is dit hier, nou is dit weg  (tel die letters op sy vingers af) sewe. “Verdwyn”. (Hy is verdiep in sy blokkiesraaisel, pas woorde in en soek op.)

Adam (kom van verhoog agter in, nog in sy slaapbroek, gaap, lees ’n oomblik lank oor Neels se skouer): “Patos”. Nou, dis ’n lekker een. “Pa” en “tos”. (Beduie masturbering en lag. Hy neem die koerant van die hoop en gaan af kombuis toe. Hy kom met die melkbottel terug en drink die melk net so skoon uit die bottel, terwyl hy staan-staan die strokiesprentjies lees en elke nou en dan op sy horlosie kyk.) Halfeen!

Neels (sit dadelik die blokkiesraaisel weg vir die volgende dag, staan op): Ek wens jy wil nie melk so uit die bottel drink nie.

Adam: Hulle het al weer nie jou brief gepubliseer nie.

Neels: Het jy polonie gekoop soos ek gevra het?

Adam: Jy moet maar opgee, Neels, of ’n paar skuilname probeer. Geen koerant kan elke dag dieselfde ou se briewe druk nie.

Neels: Dis oneerlik om ’n skuil- 

Adam: Wel, suit jouself. (Gooi die koerant eenkant toe. Neels tel dit dadelik op en vou dit netjies.) Wat eet ons?

Neels: Het jy die polonie gekoop soos ek gevra het?

Adam: Polonie? Genade, wanneer laas het ek polonie geet? In die koshuis. Gross.

Neels: Ek eet elke Woensdag polonie, Adam. Ek het polonie gehad, maar jy het dit eergisteraand opgeet. So, die antwoord op die vraag hoe lanklaas jy polonie geet het, is dan seker twee aande gelede. Het jy ander gekoop, soos ek jou gevra het?

Adam (sarkasties): Nee, Meneer. Jammer, Meneer.

Neels: As dit ’n kwessie van die geld is 

Adam: Genade, hoeveel kan polonie nou kos? Chill, oukei!

Neels: As dit ’n kwessie van die geld is, ek het nooit bedoel jy moet die polonie koop nie, ek het net bedoel jy moet dit gn koop.

Adam: Meneer Neul. Dit was jou bynaam op skool. Ek wed jy het dit nie geweet nie!

Neels (moeg): Ek eet elke Woensdap polonie.

Adam: Janneman was reg oor jou. Hy is basically ’n nice ou, het hy altyd ges, maar jy moet net nie met sy roetine inmeng nie.

Neels: Ek kan nie glo dat Janneman so iets sou s nie.

Adam: Daar is baie dinge wat jy nie weet nie.

Neels: Het jy hom al in die hande gekry?

Adam: Ek werk daaraan, oukei!

Neels: Janneman sou nie so iets s nie.

Adam: Elke Woensdag eet jy polonie. Weet jy hoe klink jy?

Neels: Janneman het nie omgegee nie.

Adam: Ja, ja, ja 

Neels: Natuurlik het hy nie omgegee nie!

Adam: Let it go, Neels!

Neels: Ek dink nie jy ken hom rrig nie, ek dink jy 

Adam: Ons was een aand in sy pub, na ure, voor sy happy hour (mimeer ’n inspuitingnaald) toe hy my vertel het dat jy, die pa, so elke keer dieselfde goed wou eet. Elke dag dieselfde goed en hoe dit tannie ( ’n oomblik lank gembarrasseerd) Maggie afgepis het. Hy vertel jy haat vis, en dat hy deesdae nt seekos eet, net omdat jy dit so gehaat het!

Neels: Janneman eet seekos?

Adam: Meeste van die tyd verstik hy in sy eie kots (lag), maar, ja, as hy nugter is, eet hy net seekos.

Neels: Janneman is allergies vir seekos.

Adam: Wel, dit pla hom nie 

Neels: Hy sal doodgaan daarvan. Is jy seker dat 

Adam: Kyk, hy het dit ontgroei, hy het ’n toleransie opgebou. I don’t know 

Neels: Ek glo jou nie.

Adam: Genade, laat ons nou nie hare kloof oor wat Klein-Neels eet en wat hy 

Neels: Klein-Neels?

Adam: Hoe nou?

Neels: Jy het ges Klein-Neels. Hoekom het jy ges Klein-Neels?

Adam: Ek bedoel Janneman.

Neels: Jy het ges Klein-Neels.

Adam: Kyk, O-Neels. Ek is jammer oor die polonie. Maar ek is ernstig as ek s jy is ’n bietjie weird.

Neels: Jy het ges Klein-Neels.

Adam: Oukei, oukei, ek het ’n fout gemaak. Let it go, now!

Neels: Van Gogh 

Adam: My bynaam was nie net Van Gogh net oor my naam Vincent is nie. Het jy dit geweet?

Neels: Luister ...

Adam: Ek is ook ’n kunstenaar in die kombuis. Sit, ek sal vir ons toebroodjies maak, met mre se koue hoender en dan sweer ek ek sal ek jou polonie gaan koop voor die winkels toemaak, dan eet jy mre polonie, en ek wed die verbreking van jou roetine sal jou goed doen. Sit. (Haal die brood uit en werk ’n oomblik lank in stilte.) Maggie, tannie Maggie, het altyd  Die huis was altyd so vol blomme 

Neels: Dit was haar stokperdjie.

Adam: Sy was goed daarmee. As ek reg kan onthou, het sy pryse gewen.

Neels: Een keer.

Adam: Was dit nie die jaar toe Klein-Neels haar gehelp het nie?

Neels: Hoe laat is dit?

Adam: Chill, man. Dis nog nie tyd vir jou halftwee, nie vyf en twintig voor, nie vyf en twintig oor nie, jou halftwee stroll nie.

Neels: O. (Sit weer.)

Adam: Janneman het my kom vertel. Hy het amper dubbel gevou van die lag. Sy ouer broer, Nellie, rangskik blomme, daarna het hy Klein-Neels genadeloos geterg. Hy was ’n mean fucker, Janneman.

Neels trek sy asem in.

Adam: Sorry  maar hy was.

Neels: Jy s julle was vriende?

Adam: Ons was, ons was  Ek s maar net  So ver ek kan onthou, het jy met hom saamgestem 

Neels: Met wie?

Adam: Met Janneman. Het jy nie vir Klein-Neels ’n moerse pak slae gegee oor hy sy ma gehelp het nie?

Neels: Daar was 

Adam: Ek onthou dit goed. Klein-Neels wen die streekskompetisie vir die beste blommerangskikking en jy gee hom ’n moerse pak slae. Janneman het my kom vertel, hy het dubbel gevou van die lag. Die Venter-kroonprins, Nellie Junior is ’n prinses! Mean blrrie fucker. (Kyk beskuldigend na Neels.)

Neels: Kan jy asseblief 

Adam: Hier (toebroodjie is klaar). Tannie Maggie het daarna nooit weer ingeskryf vir ’n blommerangskikkompetisie nie.

Neels: Hoe weet jy dit?

Adam: Ek s mos Janneman het my alles vertel.

Neels: Ek kan nie glo dat Janneman 

Adam (val hom in die rede): Wt? Wt? So fokking mean kon wees nie? Oudste seun is nie ’n man nie, toe plaas jy al jou hoop en indulgence op die wash-out jonger boetie. Oukei, oukei  so, hy is ’n bliksem, maar ’n mn moet ’n bliksem wees, ten minste is hy dan ’n man. Sy violence tel net soveel meer in sy guns! En nou is jy verbaas om te hoor dat die klein bliksem ’n groot bliksem geword het.

Neels: Ek kan nie glo dat Janneman die goed agtergekom het wat jy weet nie. Ek kan nie glo dat Janneman genoeg insig het om die gevolgtrekkings te maak waartoe jy s hy gekom het nie. Ek kan nie glo dat Janneman eers ’n beste vriend gehad het nie, wat nog van een met wie hy jare lank vriende gebly het nie. Daarvoor was Janneman te veel van ‘n ’n  

Adam: mean fucker?

Neels (moeg): Asseblief.

Adam: S dit.

Neels: Wat sal dit help?

Adam: Ek weet nie, maar ek wed dit sal  S dit.

Neels: Daarvoor was Janneman te veel van ’n mean fucker.

Adam (n ’n oomblik stilte): So, help dit?

Neels: Hy is my seun.

Adam: Oh, well 

Neels: Ek dog julle is vriende.

Adam: Ons is.

Neels: Gaan jy hom in die hande kry?

Adam: Ek doen my bes.

Neels: Dankie. (Pak die bordjies weg.)

Adam: Ek wil graag ’n bietjie TV kyk. Miskien kan jy die polonie vir mre sommer optel as jy vir jou ... (Kyk op sy horlosie.) Oeps, jy is laat vir jou stroll.

Neels: Dit maak nie saak nie, ek is effe moeg.

Adam: Wag, ek sal. (Vat die bordjies uit tot albei se verbasing.) Hoe is die tannie dood? Janneman het my nooit vertel nie.

Neels: Dit verbaas my nie  (vir homself) mean fucker wat hy is. (Glimlag ’n oomblik hartseer by homself.)

Adam: Hoe s Meneer?

Neels: Sy was allergies vir bysteke.

Adam (kom uit die kombuis uit): Janneman is allergies vir vis, die tannie vir bye; hoeveel geluk kan een gesin nou tref! (Neels antwoord nie.) Het een haar gesteek?

Neels: Sy was buite in die tuin, en dit was alles binne sekondes oor. Toe ek later uitkom, vir my middagwandelinkie 

Adam: So vinnig verby, sy kon nie eens inkom vir hulp nie?

Neels: Blykbaar nie 

Adam: Ek vind dit moeilik om te glo. (Maak tee en gooi whiskey by syne.)

Neels: Ek weet nie, die dokter s dit moes baie vinnig oor gewees het, maar hoekom sy nie ingekom het nie  Ek weet nie.

Adam: Ironies.

Neels: Wat is ironies daaraan?

Adam: Ek weet nie, blomme en bye  ek dink dis ironies.

Neels: Ek dink nie so nie.

Adam: Komaan, Neels, verbeel jou dis die (geaffekteerde stem) letterkunde. Sal dit nie ’n fantastic storie maak nie! Vrou hou op blomme rangskik nadat die man, die man van manne, sy seun gemoer het. Om die waarheid te s, sy trek uit, nie uit die huis uit nie, nie uit die slaapkamer nie, maar uit die bed uit, en, as ek Janneman reg verstaan, uit die verhouding uit. En dan tussen daardie einste blomme, die euwel van alle euwels, word sy dood gestk. (Lag.) Ek dink dis vrek snaaks!

Neels (te diep geraak om eers kwaad te raak): Here.

Adam: “Nou l die aande nagtelang en week in die donker stil genade van die ren” ...

Neels: Ek weet nie hoekom jy hier is nie, Van Gogh, en ek weet nie hoekom jy hierdie  hierdie  Ek wonder net of jy ooit met Janneman gepraat het.

Adam: Hoe kan jy wonder?

Neels: Wel, jy, ons  die slaaprelings  My magtig, wat het dit met jou te doen!

Adam: Was Janneman by die begrafnis?

Neels: Nee.

Adam: En Klein-Neels?

Neels: Nee.

Adam: Hy was!

Neels: Hy was nie.

Adam: Neels het sy ma verafgod. As hy van haar dood geweet het, sou hy gekom het. Hy het van haar dood geweet, nie waar nie?

Neels (moeg): Daar is soveel goed wat jy niks van weet nie.

Adam: Try my.

Neels: Klein-Neels se 

Adam: Se wat?

Neels: Sy seksualiteit.

Adam: A, sy sek-su-a-li-teit!

Neels: Hy het nooit daarin getwyfel nie. Hy was van kleins af ... Dit was vir hom natuurlik, en hy kon nie verstaan dat ons, ek en sy ma, daarmee gesukkel het nie.

Adam: Tannie Maggie het nie daarmee gesukkel nie!

Neels: Sy het tog.

Adam: En toe probeer jy dit uit hom uit donner.

Neels: Ek het nie verstaan nie, hy het ons ons verwarring en hartseer daaroor nooit gegun nie.

Adam snork minagtend.

Neels: Ons het baie lanklaas iets van hom gehoor

Adam: Now, I wonder why?

Neels: Hy kon net nie verby die goed van sy kinderdae kom nie. Ek het probeer, ek het hom vergewe.

Adam: J het hm vergewe?

Neels: Verstaan tog, Van Gogh, ’n saak het twee kante.

Adam: Se moer! J het hm vergewe? Jy! My fok, Neels, luister jy ooit na jouself?

Neels: Ek het gehoop dat hy by ’n punt sou uitkom waar hy my ook sou vergewe 

Adam: Well, obviously not! Jesus, luister jy soms na jouself? Ek loop. Ek gaan polonie koop.

Neels: Moet jy nie eers iets anders aantrek nie, Vincent? (Adam gee hom nog een moordende kyk en storm van die verhoog af. ’n Mens kan hom hoor mor en vloek. Heeltyd sit Neels net op die stoel voor hom en staar. Adam kom terug, met ’n jean en ’n hemp.)

Adam (storm deur toe, stop skielik en vra half verle): Het jy vir my?

Neels beduie na die beursie. Adam haal geld uit.

Adam: Luister jy ooit na jouself? (Uit.)

Neels (bly verwese sit, maar maak dan weer die notaboek oop, en kyk na sy laaste inskrywing): “Verdwyn”. (Sit net ’n oomblik en trek dan die tikmasjien in die boekrak nader. Dit is vol stof en lanklaas gebruik; vee eers die stof met ’n lap af. Die enigste bladsye wat hy kan kry, is oud en vergeeld. Dis duidelik dat hy lanklaas getik het. Terwyl hy tik ): Elke oggend stel hy die skeersessie in die badkamer uit. Dit word ’n obsesie om iets te kry om te doen. Enige iets, net solank hy nie hoef klaar te kry in die badkamer nie. Hy moet besig lyk, al is dit net vir homself, want hy kan tog nie aan homself erken dat hy bang is vir die badkamerspiel nie. Bang vir sy verdwynende beeld  Wanneer het hy dit die eerste keer opgelet? Was dit net n sy vrou se dood, of het dit al jare vantevore gebeur? Die eerste keer het hy gedog die spiel is maar net vuil, en was dadelik woedend oor die slordige huishouding van sy vrou, of sy seuns, die bediendes of wie ook al destyds verantwoordelik gehou kon word vir ’n vuil badkamerspiel. Maar stadig maar seker het sy beeld al hoe meer verdwyn. Die buitelyne, sy ore  een oggend was sy o weg. Deesdae is daar net die mond oor. Die vervloekte mond met sy tong, en sy klanke  Hy moet besig bly, want die Here hoor hom; wat sal hy maak as sy beeld heeltemal verdwyn het?

Verdonkering. Die deuntjie klink weer op. Wanneer die ligte aangaan, is dit ’n nuwe dag, Adam is alleen op die verhoog. Hy is ernstig besig om te tik. Daar l ’n stapel boeke langs hom. Die huis is ’n bietjie deurmekaarder, maar daar is ook ’n vaas met blomme. Hy drink ’n nuwe bottel whiskey wat by hom op die tafel oopstaan. Neels kom in van die voordeur se kant af.

Neels: En dit?

Adam (skrik): Meneer?

Neels: Dit! (Wys na die whiskey.)

Adam: Dis whiskey.

Neels: Ek sien so. Waar het jy die geld ...

Adam (lag): Waar dink jy?

Neels: Vader, Van Gogh!

Adam: Oukei, oukei, chill, man! Ek sal jou die geld teruggee! Hoeveel kan ’n bottel whiskey nou kos! Janneman was reg 

Neels: Waarmee is jy besig?

Adam (ruk die papier uit die tikmasjien): Niks  Ek check maar net die ding uit. Uit die oude doos! Ek het nie geweet daar is nog mense met tikmasjiene nie!

Neels: Kan jy asseblief my goed uitlos!

Adam: Ja, ja, ja, oukei. Chill!

Neels: Waar is my koerant?

Adam (haal dit onder die tikmasjien uit; dit is ’n bietjie verrinneweer): Sorry 

Neels: Dankie.

Adam: Hulle het weer nie jou brief gepubliseer nie?

Neels: Ek het nie een geskryf nie.

Adam: ’n Breuk in die roetine, Neels, what is the world coming to?

Neels: Het jy niks beter om te doen nie?

Adam (tel die notaboek by die woordeboek op): “Regter”. Ha, dis ’n goeie een. (Skryf.) Om in judgement te staan van alles en almal! (Kry geen reaksie van Neels nie.) Waarvoor gebruik jy dit?

Neels: Ek het jou al ges ek stel blokkiesraaisels 

Adam: Die tikmasjien!

Neels: Om te tik.

Adam (slu): Maar jy skryf dan alles, met die hand. Ek het mos al gesien. So, wat tik jy dan met die tikmasjien?

Neels (van agter sy koerant): Los my asseblief nou in vrede!

Adam: Maar jy doen tog alles geskrewe — jou blokkiesraaisels, jou briewe, jou notas vir die inbelprogram. By the way, ou Gert van Wat s jy? oor die radio het vandag gewonder waar jy is. Lanklaas ingebel ook. H, ou Neels, what is the world coming to? (Neels antwoord nie.) So, hoekom het jy nog die tikmasjien? Skryf jy nog aan jou novel?

Neels: Wt? (Koerant neer.)

Adam: Jou novel. Het jy nie in die klaskamer op skool altyd ges dat jy die groot Afrikaanse novel gaan skryf nie?

Neels: Waar kom jy daaraan?

Adam: Ek sweer jy het op skool 

Neels: Ek het nog nooit iets so privaats in ’n klaskamer uitgelap nie!

Adam: Dan het Janneman my seker vertel.

Neels: Twak!

Adam: Wel, imand het.

Neels: Die enigste een buiten my vrou wat geweet het, was Klein-Neels.

Adam: Dan het Janneman seker die inligting uit hom gemoer!

Neels: Moenie belaglik wees nie!

Adam: Ja, ek onthou nou! Janneman het eendag by die skool kom vertel hoe hy Klein-Neels gemoer het oor hy so smug was oor jou getikkery, en toe het die hom vertel van die novel. Janneman het dubbel gevou van die lag! So, hoe gaan dit met die novel?

Neels: Dit gaan nie.

Adam: Ek sien. Te veel van moffiewerk om te skryf?

Neels: In vadersnaam!

Adam: k skryf.

Neels: Kan ek net in vadersnaam my koerant klaar  (Adam spring op en ruk die koerant uit Neels se hand uit.)

Adam: Luister jy na my?

Neels: Sal jy 

Adam: Luister!

Neels: Goed, Vincent, ek luister.

Adam: Never mind 

Neels: Jy skryf.

Adam: Never mind!

Neels: Wat skryf jy, Vincent?

Adam: Los dit nou fokken uit, oukei!

Neels: Het jy al vir Janneman in die hande gekry?

Adam: Ja, maar hy wil jou nie sien nie. Hy s ek moet vir jou s 

Neels: Wat?

Adam: Never mind.

Neels (sug): Kan ek my koerant  (Sien die blomme raak.) En dit?

Adam: Dis fokken blomme, hoe lyk dit vir jou? (Kry beheer oor sy gevoelens.) Het jy vergeet van blomme, ou Neels? Natuurlik het jy! Wanneer presies het dit gebeur, h? (Kelk sy hand om sy oor.) Hoe s jy? Toe die kroonprins ’n prinses geword het? O, nie toe nie  Met Mevrou se misterieuse dood dalk? Hoe s? O, niks misterieus aan haar dood nie? Sy was mos allergies vir steek. (Neels laat sak die koerant stadig, word stadig maar seker woedend vir Adam.) Ek sien. Nee, ek wonder maar net  s nou maar  ek meen, sy het tog geweet dat ’n bysteek dodelik is  Wat is nou makliker as om ’n by kwaad genoeg te maak dat hy jou sl steek? En jy weet mos jou liewe man kom halftwee, nie ’n minuut vroer as halftwee nie, uit die huis uit. So, jy moet jouself net goed time. Dit vat s maar so ’n uur. As jy jouself genoeg tyd gee, if you get my drift  Sy moet dus sorg dat sy so om en by halfeen gesteek word, en 

Neels bespring hom van agter, ruk hom bo van die stoel af, en die blombak val ook om. Neels sit bo-op Adam en klim met houe in. Hy slaan aan hom soos aan ’n seun: met die plat hand. Adam het te groot geskrik om te veel weerstand te bied.

Neels: Jy (klap) praat (klap) nie (klap)

Adam (probeer die houe afkeer): Meneer, Meneer, asseblief!

Neels: so (klap) met (klap) my (klap) nie! (Hou op, maar sit nog oor Adam.) Tannie Maggie het  Maggie  (Sy stem breek, hy rol van Adam af, maar bly langs hom op die vloer l.) Dit kon nie verhelp word nie. Ek het met haar hospitaal toe gejaag, dit was verskriklik, die hospitaal, die onsekerheid. Janneman en Klein-Neels  Ek kon hulle nie in die hande kry nie  Ek het probeer. Veral Klein-Neels. Maggie het nooit gekom oor Klein-Neels se weggaan nie.

Adam (sit regop en sit sy arm om Neels se skouer): Ek is jammer 


Neels (vlieg op): Jy praat nie so met my nie! (Stap uit.)

Adam tel die blomme stadig op. Hy is kwaad, maar ook effe hartseer. Hy maak alles skoon en gaan weer na die tikmasjien. Hy staar daarna, ’n onvergenoegde uitdrukking op sy gesig. N ’n rukkie trek hy die laaitjie met soveel geweld oop dat die inhoud op die vloer val.

Adam: Shit! (Tel op en pak terug. Ten einde laaste kom hy op ’n gesinsfoto af.) Nou toe nou! Die Venter-gesin! Patriargale Pappa Venter (druk venynig met sy vinger op die foto): taalonderwyser, gerespekteerde vader en eggenoot van (wys na haar) Maggie Venter, blommerangskikker en moffiemaker van faam. Janneman die wash-out skool-drop-out, moffiemoerder van net sulke groot faam (Neels het ingekom; sien hom nie) en Klein-Neels, oudste seun, kroonprins en moffienaaier van faam  (Sy stemtoon het sagter geword, en hy streel nou oor die afdruk van Klein-Neels se gesig met sy vinger.)

Neels: Wie is jy?

Adam: Wat bedoel jy?

Neels: Moenie my probeer bluf nie. Janneman het nooit ’n vriend gehad wat 

Adam (val hom in die rede): Wat meer as twee breinselle het nie, Neels? Janneman het nie ’n vriend gehad wat in mr as sy eie stink poepe belanggestel het nie. Janneman het nooit ’n vriend gehad wat blomme in ’n huis sou bring nie?

Neels: Janneman het nooit ’n vriend gehad wat gemener as hy was nie.

Adam: O, dt  (Lag effe verle.)

Neels: Janneman was ’n boelie, en dis die eienskap van boelies: hulle trek outjies vir vriende wat hulle bewonder omdat hlle die gemeenste van almal wil wees.

Adam: The meanest fucker wil nie kompetisie h van sy sidekicks nie?

Neels: The meanest fucker wil nie kompetisie h van sy sidekicks nie.

Adam: Mean fucker, maar ten minste straight.

Neels: Jy weet nie waarvan jy praat nie.

Adam: O, ek weet. Ek weet dat jy nooit vir Janneman geslaan het oor pryse wat h gewen het nie. Wat de fok, watter pryse? Janneman het nie pryse gewen nie; daar was nie pryse vir die biggest asshole around nie. Ek weet dat jy nooit vir Janneman gedreig het met, met watse kak ook al nie, hy was meer aanvaarbaar vir jou as Klein-Neels. Ek weet 

Neels: Dis nie waar nie. Janneman was nie gemeen sommer net nie. Ek het hom ... (Moeg, gaan sit op ’n stoel.) N Klein-Neels so  verfynd  ek het Janneman  ek wou hom anders grootmaak. Ek het hom van sy ma af weggehou, ek het hom probeer reg  reg  foeter. Janneman was gemeen, omdat dit al is wat hy geken het. Ek wou my seuns reg grootmaak. (Lag bitter.) Ek het Maggie, tannie Maggie Toe ek besef dat ek ’n fout gemaak het, was dit te laat. Janneman is weg, ek het hom weggejaag. Maar Klein-Neels

Adam:  ... het uit sy eie weggegaan

Neels: Wie is jy?

Adam: Dink.

Neels: Jy was in die skool waar ek skoolgehou het.

Adam: Korrek.

Neels: Jy was in dieselfde klas as Janneman.

Adam: Verkeerd! Ek was ’n jaar jonger as hy.

Neels: Jy ws by my in die klas.

Adam: Mooi so, Neels! Jy doen great!

Neels: Jy was ’n vriend van  my seun.

Adam: Watter een?

Neels: Klein-Neels.

Adam: Ek het by jou klas gekry. Ek was in jou standerd-ses-klas, ek was ’n vriend van Klein-Neels 

Neels: Toe is jy in die middel van daardie jaar weg 

Adam: My ouers, my ma, aangesien my pa nooit nugter genoeg was om enige besluite te neem nie, het my uit die skool gehaal en in ’n ander skool gesit  En nou, kan jy my nou onthou? Nog nie? Niemand is seker of my skielike verplasing was omdat sy my teen Janneman moes beskerm wat amper my skedel gebreek het, of om my weg te kry van Klein-Neels nie.

Neels: Ek sien 

Adam: Die storie was dat Klein-Neels weg moes kom van my af. Klein-Neels se pa, di p, Neels senior, het loop en vertel dat k die een was met die (geaffekteerde stemtoon) slegte invloed. Hy het genoeg invloed in die skool gehad om te sorg dat ek, die slegte invloed, verwyder word! (Skielik hard en woedend by Neels se oor.) Onthou jy my fokken nou?

Neels: Adam.

Adam: Korrek. Adam!

Neels: Ook bekend as Van Gogh, omdat jou oor eenmaal in ’n rugbywedstryd amper afgeskeur is!

Adam: Ek is bendruk, ou Neels!

Neels: Hoe laat is dit?

Adam: Goeie fok, Neels!

Neels: Ek is jammer.

Adam is te geskok oor die koudheid van Neels se reaksie. Hy snork net minagtend.

Neels: Wat wil jy h moet ek s? Myself verdedig? Ek is bevrees 

Adam: Jy is bevrees jy is bo verdenking. Jy is bevrees jy het gedoen wat reg is — iemand moet die man en sy waardes verdedig. (Ruk die blokkiesraaiselnotaboek oop.) “Man, s.nw.” — wat is die definisie daarvan, h, ou Neels?

Neels: Ek is bevrees ek het geweet.

Adam: Jy lieg.

Neels: Ek het jou dadelik herken, gee my bietjie krediet, jy was gereeld by ons aan huis, jy was een van my beste leerlinge, jy was die seun wat Klein-Neels Ek het jou dadelik herken.

Adam: Ek glo jou nie.

Neels: Dadelik, voor jy nog ’n woord ges het.

Adam: Hoekom het jy dan ? (Sy woorde droog op.)

Neels: Aanvanklik was ek geskok, en toe jy jouself as Vincent voorstel  was ek te verstom om iets te s. Jy was duidelik besig met die een of ander spel. Ek wou sien hoe ver jy dit sou vat. Ek is jammer.

Adam: Jy lieg 

Neels: Ek is jammer.

Adam (verslae): Jou fokken bliksem 

Neels: Toe ek jou sien, ek het gedog jy  jy bring nuus van Klein-Neels  En toe jy oor Janneman praat, ek  Later was dit te moeilik. En glo dit of nie, ek het altyd oor jou gewonder, waar jy is; jy was so baie by ons aan huis. Ek het  ek het van jou gehou, en jou pa se stories; ek het jou jammer gekry ook. Jy was een van my beste studente 

Adam (moeg): Jou self-righteous ou 

Neels: Dis genoeg! Jy moet weet, Adam, ek het geweet jy is kwaad, en dat jy  rede het. Ek dink dalk ek het jou woede nodig gehad  Daar is niks waarvan jy my kan beskuldig waarvan ek myself nie reeds ’n duisend maal beskuldig het nie 

Adam: Klein-Neels het 

Neels: Ek het Klein-Neels destyds geslaan oor  ag, wat help dit? Daar is so baie dinge wat jy nie verstaan nie. Lae en lae goed wat aangegaan het waarvan jy niks weet nie; jy sien met ’n sekere bril, jy kyk op ’n spesifieke manier. Jy beskuldig my daarvan dat ek nie vir Klein-Neels probeer verstaan het nie, dat ek wou h hy moes soos ek dink. Wat jy nie verstaan nie, is dat ek nie eens geweet het daar is ’n ander manier van dink nie. Toe hy weg is sonder ’n woord, toe hy my nooit weer gekontak het nie  Dit is harder kritiek teen my as wat ek ooit teen hom uitgespreek het. Dit het tant Maggie amper doodgemaak. Ek mis hom. Ek mis hom elke dag. Mens sou dink dit word beter, maar  Jy sien, hy was, ten spyte van wat jy dink, my gunsteling. Ek het probeer om dit nie te voel nie, nie te wys nie. Hy was. Janneman het dit geweet en dis nog ’n rede waarom Janneman so gemeen is. Daar is soveel dinge, Adam  Jy beskuldig my daarvan dat ek ’n regter is, maar hier sit jy, sonder enige begrip vir my, ook as regter. En so maak jy jouself skuldig aan presies dieselfde ding as waarvan jy my beskuldig ... (Lang stilte.) Hoekom is jy hier?

Adam: Ek weet nie.

Neels: Soek jy vir Klein-Neels?

Adam: Soek ek vir Klein-Neels. (Lag.)

Neels: Wel, jy mors jou tyd, Adam. Hy is nie hier nie. Hy het n universiteit, toe hy my geld nie meer nodig gehad het nie, net verdwyn. Hy het selfs alle kontak met sy ma verbreek  Ek het nog nooit weer iets van hom gehoor nie. Ek het hom probeer laat weet van sy ma se dood, maar ek weet nie eens of hy die boodskap gekry het nie 

Adam: Hy het, maar eers maande n die begrafnis, anders sou hy gekom het.

Neels: Hoe weet jy dit?

Adam: Hy het my ges.

Neels (gretig): Jy het kontak met Klein-Neels?

Adam: Nee.

Neels: Oo.

Adam: Ek is jammer.

Neels: Ek weet 

Adam: Ons het geskryf, destyds, maar n die laaste brief, oor Maggie, tannie Maggie  het ek ook niks weer van hom gehoor nie.

Neels: Ek is jammer.

Adam: Jy hoef nie te wees nie. Ek en Klein-Neels was nooit ... (Sy woorde droog op.)

Neels: Nooit wat nie?

Adam: Wat julle gedink het nie.

Neels: Wat bedoel jy?

Adam: Ek was in standerd ses. Ek was nog niks!

Neels: Klein-Neels was reeds in standerd drie seker van sy seksualiteit. Hoe bedoel jy jy was nog niks!

Adam: Ek is anders as Klein-Neels. Ek s jou ek was nog niks! Die hele gemeenskap het op hol gegaan, Janneman het amper my skedel ingeslaan en (lag) ek het nie geweet hoekom nie.

Neels: Ek glo dit nie!

Adam: Ek was nog niks, ek s jou. Ek was moerse gevlei dat ’n standerd-tien-seun met my wou vriende maak; ek het niks van sy innuendo’s verstaan nie. Selfs toe ons daai keer wat al die skinderstories begin het, gaan fliek het, ek het dit nie werklik verstaan nie! Ek was ongemaklik ja, maar  Ek het nie na julle gekom oor Klein-Neels nie  Ek was mal oor julle almal. Tannie Maggie het my later soos een van die seuns begin behandel, ek was mal oor haar. Ek het dit moerse gelike as sy my gevra het om vir haar met die blomme te help. Julle hele gesin was vir my magic. Al die rituele! S laat gebeur dit en s laat dat. Elke ou met sy badtyd; ek het baie hier gebad, en my eie badtyd gekry. Onthou jy? Tannie Maggie het vir ons water ingetap en my selfs gehelp uittrek. Dit was vir my magic. My ma was  sy was nie soos tannie Maggie nie, maar dan was my pa ook nie soos Ek het selfs van Janneman gehou. Janneman, sportman, ladiesman 

Neels: Hoekom het jy gekom, Adam?

Adam: Ek weet nie, ek het verby die huis gestap. Ek het gewonder of jy nog hier bly. Dis al.

Neels: Ek is bly jy het.

Adam: Die meeste van almal het ek jou bewonder.

Neels: Vir my?

Adam: Vir jou.

Neels: Ek verstaan nie 

Adam: Die enigste boeke wat ooit by ons voordeur ingekom het, was fotoverhale en my pa se girlie magazines. Maar die letterkunde en gedigte  NP van Wyk Louw. Ek het saam met die ander outjies gekreun toe ons die vier “Jaargetye” uit ons kop moes leer, maar ek het elke woord opgeslurp. Nou nog, as ek nie kan slaap nie, dan s ek hulle in my kop vir myself:

Nou l die aande nagtelang en week
in die donker stil genade van die ren.

Neels: Ek het nie geweet nie 

Adam: Toe jy so teen my draai, so skielik en vicious. Dit was  vir my erger as Janneman  as Janneman se pak slae (Hy lag effe.)

Neels: Here 

Adam: Dis oukei.

Neels: Ek het nie geweet nie.

Adam: Ek weet dit nou.

Neels: Ek is so jammer, Adam 

Adam: Dis oukei. Ek s mos 

Neels: Adam 

Adam: Meneer?

Neels: Jy kan my maar Neels noem.

Adam: Dankie.

Neels: Skryf jy nog gedigte?

Adam: Ja.

Neels: Ek onthou, jy was destyds in standerd ses al goed daarmee.

Adam: Miskien kan ek van my goed vir jou gee om te lees.

Neels: Ek sal graag wil ...

Adam: Dankie 

Neels: Hoe laat is dit?

Adam (kyk op sy horlosie): Tyd vir jou bad.

Neels: Is dit al so laat?

Adam: Halfsewe.

Neels: Wil jy nie eerste gaan nie?

Adam: Is jy seker?

Neels: Ja.

Adam: As jy seker is dis oukei.

Neels: Sal ek vir jou die water intap?

Adam: Asseblief. (Neels agter uit. Adam staan ’n oomblik stil en begin dan die sitkamer netjies maak.)

Laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en vr was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
my waan 

Neels (kom in met ’n groot badhanddoek, staan ’n oomblik net na Adam en
kyk):

tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.

Adam: en nakend uit my teerder jeug verskyn


Madeleine Volschenk het drama aan die Universiteit van Pretoria gestudeer. Van haar is die volgende toneelstukke reeds met sukses opgevoer: Man, Manner, Manste, waarin die lotgevalle van enkellopende vroue in die Kaap belig word; Engel in die Wimpy-bar, wat letterlik in so ’n eetplek opgevoer is; Elke vrou het ’n fridge, wat vroue se verhoudings met kos uitbeeld; en die hoorspel oor stedelinge se vrese en verledes, Gat. Die eerste twee stukke is ook as hoorspele op Radiosondergrense aangebied. Man, (s.nw.) is bekroon met die tweede prys in die Nagtegaal-wedstryd vir nuutgeskrewe tekste in 2002. Dit word ag keer vanaf 29 Maart tot 1 April 2003 tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees se hoofprogram in die Laerskool Van Reede op Oudtshoorn opgevoer. Neels word vertolk deur Johann Nel en Pieter Retief is Adam. Regie is deur Juanita Swanepoel. Opvoerregte kan by die dramaturg aangevra word vanaf Hansenstraat 26, Muizenberg 7945.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.