GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Waardige toevoeging tot verliesliteratuur

Hennie Aucamp

Hoe is dit vir jou en jou lewensmaat om saam oud te word? Veral as een nie meer lank het om te leef nie? Hennie Aucamp bespreek ’n werk wat ’n “unieke plek beklee binne die verliesliteratuur van en oor gays”. Dit is Ned Rorem, Amerika se grootste lewende liederkomponis, se Lies. A Diary 1986-1999; ingelei deur Edmund White. 2000. Cambridge, Amerika: Da Capo Press. Prys: R474,00


Bestel nou by Kalahari.net
Daar is Amerikaanse kunstenaars — skilders, skrywers, komponiste — wat ’n hoŽ aansien het in hul eie land, maar om die een of ander rede nooit werklik internasionale selebriteite geword het nie. ’n Mens dink aan skilders soos Tchelichew en Paul Cadmus; aan ’n skrywer, digter en intellektueel soos Paul Goodman, geloof deur sowel Susan Sontag as Ned Rorem. Bowenal dink ’n mens aan Rorem self, komponis en belletris op hoŽ plan.

Homofobie kan kwalik die rede wees vir die relatiewe onbekendheid van gemelde talente, want vir elke gay of ambivalente Amerikaanse kunstenaar wat onbekend bly in die buiteland, is daar diť talente wat gonsname geword het binne wÍreldkultuuropset, van Aaron Copland tot Tennessee Williams.

Rorem word as die grootste lewende liederkomponis in Amerika beskou. Ook sy ander komposisies, van kamermusiek tot groots opgesette koorwerke, toon geen breuk met die tradisie nie, en is poŽties en toeganklik. As dagboekskrywer het hy tans geen gelyke in Amerika nie — hy sit die groot tradisie van dagboekskryf voort, met veral Franse skrywers as modelle: Andrť Gide, Jean Cocteau, Julian Green.

Wat is sy sonde dan? Dat hy uitdagend homoseksueel is — altans volgens sy dagboeke? Of is die probleem dalk dat hy — om ’n insig by Rita Elferink te leen — te veel talent vir sy omgewing het?

Maar word diť “teorie” deur die feite van sy lewe gedra?

Met die verskyning van Lies, sy vyfde, en stellig finale dagboek, was Ned Rorem die president van die American Academy of Arts and Letters. Steeds is daar erkennings, ook in sy ouderdom, veelal van akademiese aard; steeds is daar opdragte vir nuwe werke. En steeds, helaas, bly buitelandse roem Ned Rorem ontwyk.

My resensie van Lies wil ’n bekendstelling wees, en in die geval van enkele ingewydes, ’n herbekendstelling, aan die lewe en werk van Ned Rorem.

Rorem se lewe kan tot op groot hoogte afgelei word uit sy eie egodokumentasies — dagboeke; ’n mťmoire; briewe (onder andere aan Paul Bowles); resensies; essays; inleidings en flaptekste rakende die egodokumentÍre werk van ander. Sů is die Amerikaanse uitgawe van Cocteau se dagboeke ingelei deur Rorem, wat ’n “dissipel” van Cocteau was tydens Rorem se lang studieverblyf in Frankryk. Die flapteks vir Speak Low, die briefwisseling tussen Kurt Weill en Lotte Lenya, is ook van Rorem se hand. (Interessante Amerikaanse gebruik, om deskundiges van buite ’n uitgewery in te kry om flaptekste te skryf.)

Ned Rorem verskaf ’n leidraad tot die verloop van sy lewe op bladsy 267 van Lies. Die boeke word in chronologiese volgorde gegee, maar het nie in diť volgorde verskyn nie — die mťmoire Knowing When To Stop het byvoorbeeld betreklik laat in sy lewe verskyn.

  • Knowing When To Stop (1923-1951)
  • The Paris Diary (1951-1961)
  • The New York Diary (1951-1961)
  • The Later Diaries (1961-1972)
  • The Nantucket Diary (1973-1985)
  • Lies. A Diary (1986-1999)
  • Die dagboeke van Ned Rorem is uiteraard deurtrokke van verwysings na musiek. Oor sy eie werk skryf hy nugter en ambagtelik, sonder ’n sweem van selfvertroeteling; oor die van tydgenote skerpsinnig, maar soms, helaas, ook skamper en bevooroordeeld, veral as dit om ’n bÍte noir gaan, soos Elliott Carter en Pierre Boulez.

    Ned Rorem se Paryse dagboek verwys male sonder tal na Poulenc, wat ’n groot vormende invloed op Rorem se musiek gehad het. Ook in Lies is daar telkens nostalgiese vlugte na Rorem se Parys-jare, toe hy die huisgas en beskermling van die Vicomtesse Marie-Laure de Noailles was. Terugskouend besef Rorem dat hy in die jare vyftig die godeskemering van die Franse kultuur beleef het. Die gode het gesterf en in hulle plek het gekom die halfgode. Maar sy kultuurpessimisme kring wyer uit, en op bl 227 voorspel hy somber: “Culturally we are reentering the dark ages.”

    Miskien het Rorem se pessimisme met sy eie geleidelike aftakeling te maak, maar miskien ook nie: sy voorbeelde van kultuurverval en -kommersialisering is te blatant om geÔgnoreer te word. Vir die leser van Lies is daar egter ’n sielkundige voordeel uit Rorem se dagboek te haal, want hy sien voor sy oŽ hoe ’n bepaalde lewe tot aan sy uiterste konsekwensie toe deurgetrek word.

    Herman Hesse sÍ in een van sy talle essays oor die ouderdom dat dit, bż alle liggaamlike aftakeling, tůg ’n seŽn is om oud te word. Jy maak al die fases van menswees — “the seven ages of man” — tot aan die belangrike laaste fase toe mee: die vita contemplativa.

    Vir hierdie leser was dit boeiend om te sien hoe Ned Rorem van ’n bedorwe matinee-idool gegroei het tot ’n wyse, gebalanseerde ou man. Sy Kwaker-agtergrond het uiteindelik die laaste woord gespreek, al is hy nie tradisioneel godsdienstig nie. (Sy credo is: “I believe in Belief.”)

    NŠ 1970 het Rorem, wat ’n funksionele alkoholis was, totaal opgehou met drink. Ook het hy opgehou met rook, en hom toenemend vererg oor die onoordeelkundige gebruik van die woord fuck in eietydse letterkunde.

    Maar preuts is Ned Rorem nie. Hy beskerm bloot woorde teen slytasie.

    En bowenal woed sy homoŽrotiese fantasieŽ voort, selfs kragtiger as vroeŽr, want verbeelding is die een fakulteit wat al hoe skerper word met die jare. Ek is 100% homoseksueel, sÍ Rorem by meerdere geleenthede, wat ook as ’n teregwysing gesien kan word aan gays wat voorgee om biseksueel te wees.

    Hier en daar in Lies kom jy nog die verwende jongeling van weleer teŽ, wat volkome natuurlik is. Volwassenheid is ’n ideaal, nie ’n staat van bereiking nie.

    ’n Dagboek is, in Rorem se eie woorde, ’n stuk lewe sonder ’n begin, ’n middel en ’n einde, en om diť rede is dagboeke ’n taai opgaaf vir enige resensent. “A diarist has no plot,” sÍ Rorem op bl 267 van Lies. En elders beklemtoon hy dit dat die dagboek nie ’n genre is soos die roman of die mťmoire nie, en dus nie die struktuur het wat uitgewers en resensente so knaend daarin probeer soek nie.

    Ook is Rorem ’n voorstander en ’n eksponent van die “warts and all”-benadering. Dis waarskynlik om haar gestileerde en tot in die punte toe versorgde dagboeke dat Rorem, baie kinderagtig en bitsig, na AnaÔs Nin as Anus Ninny verwys. Rorem deel tot selfs sy kwale met ons, ironies genoeg heel dikwels van anale aard: bloeiende aambeie, ’n fistel, prostaatprobleme.

    AnaÔs Nin en Ned Rorem verteenwoordig twee verskillende “skole” wanneer dit by die dagboek kom, maar literÍr gesproke is beide skole ewe geldig. AnaÔs Nin en Ned Rorem gaan nog baie jare lank langs mekaar te staan kom in literatuurgeskiedenisse.

    Dis of Lies, stellig onbewus, tťťn die filosofieŽ en teorieŽ van die skrywer ingaan. Dit word ’n aangrypende “liefdesroman”, maar ook ’n volgehoue essay oor ouderdom en dood en sterwensbegeleiding.

    Een van die vroegste reŽls in Lies stel die slot van diť dagboek in die vooruitsig. Dit staan op bl 9 en lui soos volg: “As he grows more famous (or less famous), a person grows more fragile, until he finally disappears.”

    Wat tussen diť aanhaling en die laaste bladsye van Lies gebeur, is traumaties, ook vir die leser, en veral vir gay lesers. VIGS, “die groot siekte met die klein naam”, om ’n Nederlandse bron aan te haal, is die weerkerende motief, nee, tema self, van Lies. Ned Rorem is gedurig besig om huldeblyke te skryf vir vriende wat aan VIGS gesterf het, maar inmiddels het die dood in sy eie huis ingetrek. Jim Holmes, Rorem se lewensmaat, vyftien jaar jonger as Rorem, word as MIV Positief gediagnoseer. Die leser weet, op grond van Edmund White se inleiding tot Lies, wat al Holmes se kwale beteken — die vomering, die diarree, die moegheid, die hoesbuie. Die spanning by die leser word al hoe sterker: wanneer gaan Rorem besef wat met sy vriend aan die gebeur is?

    Diť huishoudelike drama speel teen die siekte van die ouers van beide Holmes en Rorem af. In die loop van Lies sterf drie van die ouers, met al die rituele en probleme wat die dood meebring.

    Holmes gaan, ondanks verswakking, dapper voort met sy lewe as orrelis en koorleier, soos hy reeds dertig jaar doen. Hy versorg die huisdiere en die werf, en verf en maak aan die kant, asof hy die lewe makliker wil maak vir Rorem na sy dood. Een van die mees navrante tonele in Lies is waar Holmes, gewoonlik swygsaam oor sy naderende dood, net een maal in trane uitbars en sÍ dat hy oudword makliker wou gemaak het vir Rorem, en nou sterf hy eerste.

    Wat ewe aangrypend is, is Rorem se kommentaar op Holmes se toenemende stiltes: “... at least he has me to be silent with.”

    Nooit raak Rorem sentimenteel of melodramaties nie, waarskynlik omdat Holmes dit nie sal duld nie. Holmes was altyd die verstandige lid van diť vennootskap, en Rorem se adviseur in alle sake, ook die artistieke. Uit die dagboeke lei ’n mens af dat Rorem nooit teen Holmes se raad gerebelleer het nie, maar dit dankbaar aanvaar het.

    Lies is ’n waardevolle toevoeging tot die groeiende verliesliteratuur in gay kringe; sů indringend, so intens, dat dit ver buite die parameters van seksoriŽntasie uitkring. Daar is verder Thom Gunn en Mark Doty se elegiese verse, en Edmund White se prosa-relase van begeleiding by sterwendes. Daar is ook Paul Monette se verse vir sy sterwende vriend en minnaar. Talle verse van Gunn, Doty en Monette is deur Ned Rorem getoonset, party ingeskakel by ’n groot koorwerk wat op versoek van die Gay Men’s Chorus of New York geskryf is. Maar Lies beklee ’n unieke plek binne die verliesliteratuur van en oor gays. Dit bring die perspektief van ’n ou man wat nog enkele jare moet voortgaan met sy talent.

    Die laaste foto in die fotoseksie van Lies toon Ned Rorem mensalleen op sy hoewe in Nantucket. Sy uitdrukking laat hom nie deur woorde agterhaal nie — peinsend, ja; hartseer, ja; maar tog met ’n tikkie selfironie, asof Rorem van buite na sy eie enkelingskap kyk. ’n Mens dink hier aan sy speels-neerhalende opsomming van homself:

    I do know what I am: a dessert-loving gloomy gay francophilic composer.

    Diť reŽls moet vanselfsprekend uitgebalanseer word deur ’n billiker evaluasie. Aan Edmund White, inleier van Lies, die laaste woord. Hy sÍ van Rorem:

     ... in any civilized society his views and his art would be essential.


    ’n Beknopte Ned Rorem-diskografie

    My lys is uiteraard onvolledig, want ek bepaal my by CD’s in my eie besit:

  • Ned Rorem: Selected Songs, 32 kunsliedkomposisies, gesing deur die sopraan Carole Farley, op die klavier begelei deur die komponis self. (NAXOS, 8.559084, in die American Classics-reeks)

  • Songs of Ned Rorem, 32 kunsliedkomposisies, gesing deur die mezzosopraan Susan Graham, op die klavier begelei deur Malcolm Martineau. Die begeleiding word enkele kere aangevul deur die Ensemble Oriol (viool, altviool en tjello). (ERATO, 8573-80222-2)

  • To the Soul. Thomas Hampson (bariton) sing 26 toonsettings van Walt Whitman-tekste deur verskillende komponiste, onder meer vier toonsettings deur Ned Rorem. (EMI CLASSICS 7243.5 55028 27)

  • American Anthem: from Ragtime to Art Song. Die bariton Nathan Gunn sing onder meer twee toonsettings van Ned Rorem, een op ’n teks van Robert Hillyer, die ander een op ’n teks van Paul Goodman. (EMI 7243 5 73160 2 6)

  • Great Pianists of the 20th Century. Julius Katchen speel die Sonate no 2 van Ned Rorem. (PHILIPS/DECCA 456 856-2)

  • Beaux Arts Trio: A Celebration (1955-1995) . Die trio speel oa “Spring Music” van Ned Rorem, vir viool, tjello en klavier, saam met trio’s van klassieke komponiste. (PHILIPS 446 360-2)


    Die volgende CD’s word volledig aan Rorem gewy:

  • Ned Rorem: Piano Concerto for Left Hand and Orchestra, en Eleven Studies for Eleven Players. Gary Graffman tree as solis op in eersgenoemde werk. Andrť Previn dirigeer beide werke. (NED ROREM, VIEW WORLD RECORD, 80445-2)

  • Glass en Rorem, vioolkonserte uitgevoer deur Gidon Kremer, onderskeidelik met die Weense Filharmoniese Orkes en die New Yorkse Filharmoniese Orkes. Diť CD bevat ook “Serenade” van Leonard Bernstein. (POLYDOR (Bernstein) en DEUTSCHE GRAMMOPHON (Rorem en Glass) 445 185-2)


    Hennie Aucamp se In die vroegte — Herinneringe en refleksies het so pas by Tafelberg-Uitgewers verskyn.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.