GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Amsterdam

Janie Smit


Ons het teenoor mekaar gesit op die Metro op pad na Amsterdam; ek kon nie onthou waar jy opgeklim het nie, onbekende bekendes. Die bankies is naby aan mekaar, so naby dat ons voete aan mekaar sou raak as ons ons bene sou strek.

Ek, soos gewoonlik, arms oor my bors gevou, beskermend vir my, geslote vir ander wat waarneem. Jy gemaklik, sonbril bo-op jou kort hare, oŽ groen, hande ontspanne langs jou sye. Jy het die kougom heen en weer geskuif van kies na kies, en nou en dan oor jou lippe gelek, lang bene vorentoe geskop, gemaklike stapskoene en ’n jean.

Stasie vir stasie het die kortgeknipte stem die name aangekondig, het die deure oopgesuis vir ’n paar sekondes, het mense verby ons gegaan, terwyl ons, asof in isolasie, met mekaar gesels het, woordeloos. Ek het geruik hoe die remme se warmte opslaan deur die vloer by elke stop, en dan die mense een-een, of ’n klomp op ’n slag soos hulle by ons verbygaan, maar nie een oomblik het my oŽ jou verlaat nie. Elke nou en dan het ons selfs oogkontak gemaak, sonder gesigsuitdrukkings wat verraai wat ons graag sou wou sÍ.

Dit is presies twaalf stasies vanaf my vertrekpunt tot in Amsterdam, en omdat dit vroeg in die oggend was, was die stasie besig. Ek het my rugsak gemaklik geskuif met die opstaan van die harde melanienbankie, en jy het ook opgestaan, sonder om weer na my te kyk; tog het die manier waarop jy beweeg het, vir my gesÍ jy weet dat ek sou volg.

Jy het nie net opgestaan en geloop nie, jy het ’n oomblik lank gewag om seker te maak dat ek ook gereed was, uit die trein uitgeklim, en toe argeloos begin aanstap, op met die trap sodat ons op die grondvlak kon uitkom. Buite het die son kort rukkies sigbaar geraak deur die yl wolkies, en my skadu het vorentoe gestrek sodat dit gelyk het asof ons langs mekaar loop.

Ons het die grag oorgesteek, tydsaam; die platboot wat onderdeur gevaar het, se kaptein het die toeriste in drie tale alles vertel wat belangrik was vir ’n toeris om te weet. Ek het die laaste Duitse stukkie gehoor, en die eerste Engelse deel wat direk daarna volg. Ek wou ’n foto van die stasie neem - die lig was perfek - en het omgedraai en half agteruit beweeg, my een voet nog op die tremspoor.

Dit was die eerste keer dat jy aan my geraak het, om my te waarsku dat ek nie veilig was nie. Woordeloos het jy dit gedoen, maar die aanraak van jou vingers het, ten spyte van die baadjie wat ek aangehad het, warm op my blote vel kom lÍ, en selfs lank nadat jou hand weer aan jou behoort het, kon ek presies weet waar jy aan my gevat het. Jou stem is waarna ek op daardie oomblik gesmag het, om te weet hoe jy klink.

Dit was nie wat ek nodig gehad het nie, ek wat aan die weghardloop was van al die pyn, van ’n vorige verhouding wat nou nie meer bestaan nie, wat oorsee vir vriende kom kuier, want hier was ek veilig, en nou jy?

Maar ons was gedwee om so saam en ook alleen te stap. Die sypaadjie aan die linkerkant van die straat was smal, al langs die kant van die grag; wanneer ons ’n straat oorsteek, het ons amper langs mekaar gestap. Ek het jou beweging dopgehou, een voet voor die ander, regop rug, die sonbril wat nie meer op die hare was nie, maar op jou oŽ, en arms wat swaai, ritmies swaai. Dan was ons in pas, en dan nie meer nie.

Jy het sonder waarskuwing links by die kafeetjie ingedraai; daar was nie tyd vir twyfel nie, ek het ook ingedraai. Ek die vreemdeling.

Die eienaar knik as bekende toe ons instap, lig haar wenkbroue na my kant toe. Ek antwoord haar met opgetrekte skouers, en sy glimlag. Koffie word voor ons neergesit. Jy twee suiker en melk, ek een met melk. Ons lepels roer tegelyk.

Ek voel jou hand op my been en stort in die piering; jy sit doodstil, jou linkerpalm lÍ warm op die middel van my been, jou duim aan die binnekant, afwaarts, die res van jou vingers soos ’n waaierpalm uitgesprei. Jy tel die koppie met jou regterhand op en drink ongesteurd voort.

Hardloop of bly. Waarmee is ek besig?

Ek proe niks, funksioneer net op outomaties, sluk, haal asem, sluk, knip my oŽ, voel hoe my hart klop, ’n slag mis; wat gaan aan, hoekom doen ek dit, wie is jy, wat het met my gebeur? My hart mis nog ’n slag.

Was ons ’n halfuur daar, dalk langer? Ek het nie eens vir my koffie betaal nie. Toe ons opstaan, het ons hande houvas.

Jy het voor geloop; dit was nie nodig om my te sleep nie, ek het gewillig gevolg. Die hotel was ’n blok weg; ons het die straat nogmaals gekruis, en met die trap opgestap, twee stelle; dit was oud maar netjies. Jy het die deur oopgesluit en my voor laat instap. Driester sou ek sÍ, met ’n uitsig op die gragte.

My kop probeer keer: jy gaan beroof word, nee, dalk verkrag, wat gaan met jou aan, wie is hierdie persoon, ek kon nie omgee nie. Gevoel hoe jy my rugsak vir my afhaal, en die hitte van jou lyf toe jy agter my kom staan, nie teen my nie, maar so naby dat dit amper nader is as teenaan. Jy haal teen my nek asem, baie naby aan my oorskulp, terwyl jou hande weerskante van my kraag vat en die baadjie van my afglip. Dit is nog nie winter nie, en my arms steek kaal by die T-hemp se moue uit. Jy beweeg met beide handpalms net-net bo my vel af teen my arms, die hoendervleis is onwillekeurig, en, asof deur ’n magneet getrek, reageer ek op jou bewegings. Alles gebeur buite die venster, en ek sien niks, maar ek is intens bewus van jou, van alles van jou.

Jy is besig om jouself te ontklee, en ek staan soos ’n houtpop voor die venster. Wanneer jy weer agter my kom staan, brand die vuur van jou lyf hoŽr as tevore. Onderdanig soos ’n kind laat ek jou toe om my hemp af te skil, my onderklere los te knip. Die boonste knoop van my jean losmaak, en dan wegtrek van die res sodat dit losskiet asof dit maar drukkers is. Eers dan buk jy af en maak my skoene los, ek kan net jou hande sien. Lang vingers, goedversorgde naels, geen ringe.

Jy bondel die pype tot onder, en ek trap agtertoe. Voel hoe jou asem teen my been opbeweeg soos jy stadig van jou hurke af opstaan, en dan die puntjie van jou tong tussen my blaaie; die skok manifesteer in al my spiere wat oombliklik saamtrek asof in ’n spasma.

Steeds probeer ek in my kop uitwerk waarom die oomblik my so onverhoeds betrap het, en ek myself in ’n vreemde hotelkamer bevind, saam met iemand wat ek nie ken nie.

Ek sien jou lyf met die omdraaislag, en kan my oŽ nie wegskeur nie, my lippe voel geswolle, asof ek te veel gekuier het die vorige aand, of lemoene geŽet het soos toe ons kinders was; my tong is droog, en my hande klam.

Alles waardeur ons omring was, het in die hittegolwe verdwyn asof dit net ’n lugspieŽling was, en jou geaksentueer met ’n goue lig, jou aura wat my uitnooi om deel te word van iets wat ek nooit weer sou vergeet nie.

Dit sou die eerste vreemde lyf wees wat ek beleef, die eerste keer dat ek nie iemand minstens ’n paar weke lank geken het nie, en ek was sober, en my sintuie was almal hipersensitief, elke aanraking ’n elektriese skok. Jy het eenvoudig nader gestaan en ek het myself voorberei op die aanraking van ons lippe, en dan die daaropvolgende vulgariteit wanneer ons mekaar sou verteer met die hitte van lus.

Jy was so teer, asof ons mekaar jare al ken, asof ek dalk siek was en seer sou kon kry. Elke beweging het tyd geneem, elke aksie het tot die uiterste plaasgevind, en alles, dit alles was woordeloos.

Jy het my aangeraak, jy het my ingedrink, my deur jou neus ingeasem, en dit alles het ek beleef, elke sekonde daarvan; dit het middag geword in Amsterdam. Ek moes gaan, en het opgestaan, my klere aan my lyf getrek; ek kon jou nie afwas nie, nie nou al nie.

Met jou wat nakend op die bed gelÍ en elke beweging dopgehou het; ek moes jou weer sien, dit was ’n voorvereiste.

My stem het nie so vol vertroue geklink soos wat ek dit graag wou gehad het nie: “May I see you again sometime?”

Jy het geglimlag, jou lippe so vreeslik rooi teen jou spierwit tande, “Of course, you can see me as often as you like. Please just leave the money on the dresser at the door, it will be 100 guilders.”


Janie Smit van Table View is sedert Oktober 1999 aan M-Web verbonde, tans as koŲrdineerder by Legalnet. Sy het ook ervaring van arbeidswettoepassing, prokureurswese, boekhandel en toerisme.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.