GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

 

Francois Loots

het in 2001 as romanskrywer by Homeros met Nagvols gedebuteer. Dit is ’n speurverhaal met sielkundige insigte oor ’n reeksmoordenaar wat in Kaapstad toeslaan op gays, manlike sekswerkers en uiteindelik op ’n jong seun. Verlede jaar het Lente in Beijing by Tafelberg-Uitgewers verskyn. Daarin probeer ’n jong Suid-Afrikaanse dosent om volwaardig as gay in die vreemde te lewe. In di veelsydige werk word manlikheid verbluffend diep ondersoek. Rapport het dit aangewys as een van die literre hoogtepunte in 2003. Francois is verskeie tale magtig en het reeds baie gereis. ’n Onlangse besoek aan Brasili vind neerslag in hierdie teks. Francois is oorspronklik van Prieska, het in Duits en Sielkunde aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer, en het sy meestersgraad oor die Duits-Joodse filosoof Walter Benjamin daar behaal. Hy het al klasgegee in Duits, Engels en Chinees. Hy is betrokke by reisjoernalistiek, en woon in Kaapstad.

Danie Botha


So Paulo-nagte

Francois Loots

In die hart van So Paulo het die kroe om Republiekplein eers na dagbreek toegemaak en toe ek n ’n slapelose nag vroegoggend ’n entjie gaan stap, jaag die polisie nog twee jong dwelmhandelaars vanaf die plein se kant die straat af. Daar word geskree, een word gevang, kardeure klap - en alhoewel dit reeds lig is, raak dit nou eers stil en soos ’n ma trek die stilte sy kombers oor die stad.

Sy s ’n ma, s die Paulistano’s, die mense van hierdie stad met meer as 17 miljoen inwoners en nimmereindigende blokke grys geboue wat van horison tot horison strek. Maar aan haar bors sal daar altyd plek vir ng iemand wees. Soos vir my, blyk dit. Dis in een van hierdie kroe waar ek Lus twee aande gelede ontmoet het. Toe gister laatmiddag weer - en sy uitnodiging om by hom en Alica te gaan bly, was onverwags, want hier word vreemdelinge nie sommer huis toe genooi nie. Maar ek is ’n platsakreisiger, en vir ’n rusbank in die sitkamer gee ek nie om nie.

Op ’n kleiner plein aan die straat se onderpunt troon ’n alleenstaande standbeeld. Hy was ’n Portugese koloniseerder, s die brons plakkaat, en het taal en kultuur Brasili toe gebring. En nou is hy die enigste waker oor hierdie vroegoggendstilte voordat die troppe op die busse en moltreine begin toesak.

Terug in die woonstel is Lus al aangetrek. Hy’t koffie gemaak, vir my, maar drink nie self nie; hy kry later ontbyt by sy firma. En hy vertel my dat sy woonstelmaat, Alica, nog nie terug is nie. Sy werk nagskof. Ons s nie ’n woord oor laas nag nie. Wat in die nag gebeur het, het ons tydens die oggendstilte soos ’n daaglikse ritueel uit die geheue probeer vee, en hy knoop sy das voor die gangspiel reg en vat die pad werk toe. Ma se geldhart wil begin klop en vandag sal sy plek maak vir ng borste vol.

Vir Lus en Alica het sy dit gedoen. Dis wat jy in Brasili moet doen: kom soos hulle twee stad toe en kry ’n werk. Op die plattelandse en kusdorpe is jy ’n “veado”, ’n takbok met twee horings en gesplete hoewe, ’n mitiese dier wat vir die macho man dieselfde funksie as ’n donkie of ’n hoender kan h. Maar in die stad kan jy onafhanklik word en jouself wees.

Buite het die geraas weer begin en ek l half ingesluimer op die rusbank wanneer Alica inkom. Sy dra ’n geel rok, hang haar pruik aan ’n klerehanger in die gang en ignoreer my terwyl sy die sitkamerradio op ’n KFM-tipe program kom aanskakel. Daarna hoor ek die stort lank loop en oor die radio doen ’n Brasiliaanse diva Whitney. Sy kom met ’n handdoek om haar heupe gebind by die stort uit; maar nou is hy Mathias en kom sit op die groot stoel voor die klein balkon. Steeds ignoreer hy my. Ek vermoed dit is gewoonte dat iemand op hierdie bank oornag, en hy blaai - soos elke oggend - deur die koerant om te sien of hulle Alica se advertensie onder Volwasse Ontspanning en Vermaak geplaas het. Hulle het; hy gaan na sy kamer toe, en ek sluimer weer in.

En ek droom van hom. In my droom sit ons twee elkeen ons voete en was. Alhoewel sonder rok en pruik, is hy weer Alica, en sy het ’n groot blou handdoek om haar lyf gebind. Haar toonnaels is ook blou en ek skuif my voete nader aan hare. Ek wil aan haar bene vat, maar ek skrik vir myself, skree en sit orent. Wakker. Ek het nie besef dat ek haar so aantreklik vind nie, en besef ook dat ek werklik geskree het. En Mathias sit steeds op die groot vensterstoel. Hy ignoreer my gil. Hy ken troebel siele - Alica maak immers elke nag haar bors vir ons mans oop en gee ons weer lewe.

Ek sien hoe laat dit is. Skaars genoeg tyd om op pad deur toe aan te trek en vlugtig in die gang se spiel te kyk. Buite laat ek myself deur die troppe na Suid-Amerika se finansile hartklop toe sleur. Die koffiekroeg waar ek Lus ontmoet, is vol sakemanne. Wit hemde en pastelkleurige dasse. Dis te warm om ’n baadjie aan te trek, die dasse sit ongemaklik styf en die hemde het reeds begin kreukel.

N ons vroegoggendritueel praat ons natuurlik nie oor wat laas nag op die rusbank gebeur het nie - en n ’n bier en ’n soutigheid gaan ons na die groot kerk oorkant die straat. Die kerk is koel, met ’n klooster langsaan, en oor die middaguur sing die monnike Gregoriaanse koraalsange. Dis verleidelik, hierdie manstemme wat jou al hoe dieper die massiewe kerk se koelte inlok. ’n Klooster vol mans; so baie van hulle weet ook aan eie lyf wat kan gebeur as jy by nuutgevonde vriende op ’n rusbank gaan oornag, en hulle stemme roep jou en al praat ons nie oor die nag nie, kan ek hier nietemin woorde daarvoor vind. Vergewe my, Vader; in plaas van elke keer belydenis doen, s ons sommer verlede maand se gebede weer op. Maar dankie ook, Vader; dankie vir ’n man se liggaam, dat ek na daardie rusbank toe gelei is, dat hy my in die loop van die nag by die rusbank kom haal het en ons saam na sy kamer toe geloop het. Sy bed.

Maar die hart klop, trek jou van die monnike af weg en Lus moet teruggaan werk toe. Buite druis die hartare en ek draal rond op vele pleine, tussen winkels vir ryk en arm, en dit vat my lank om weer by Republiekplein uit te kom. Hier sit ek ’n rukkie in die grootblaarbome se koelte. Soos altyd jaag en skree en raas dit al om Republiekplein en hier, op straat, is ons buite die huis, en buite die huis is ons vry.

Daardie kant toe l pornoflieks, meestal vir die straights. En oorkant toe - waar ek vanoggend geloop het - is die koffiekroe ingeryg. Koffie en werksklere bedags, maar reeds laatmiddag begin die musiek al verander. Divas en techno en bier en vodka en sex on the beach. Buite die huis en n werk mag ons dalk vry wees en op Alica se advertensie antwoord, maar die macho Latyns-Amerikaanse man is ook bang vir Alica. ’n Paar maande gelede het ’n skinhead een nag ’n drag op Republiekplein begin slaan. Geslaan en geslaan en doodgeslaan en ’n paar maande lank s almal dat jy versigtig moet wees.

Dit s hulle egter net op straat, want ons praat nie oor sulke goed by die huis nie. Wat op straat gebeur, gaan die familie se binnekamers nie aan nie. En waar ’n man saans mag dwaal, kom saam met die voorreg van macho wees.

Die binnekamer, daarenteen, is wit en skoon en nie gevlek met die straat se vryheid nie. En dis ook hoekom ek nie Lus se uitnodiging van die hand kon wys nie. ’n Uitnodiging beteken jy word by die familie ingesluit: jy’s skoon en rein en jy word vertrou. Buitendien slaap ’n rusbank lekker, al vind ons nie altyd die woorde om met mekaar oor die afloop van die nag te praat nie.

Natuurlik s daar woorde: loop net met vanoggend se straat af, of gaan kyk nou na die laatmiddag se afwagting en die opgerolde moue. Hier l die woorde van deur tot deur: os gays, o cruising bar, o pride. Maar dis ’n Noord-Amerikaanse taal, ’n straattaal, skaars ’n dekade oud en bewoord nog nie mooi die pad vanaf die rusbank na die binnekamer toe nie. Buitendien het ek ’n vreemde begeerte om die tyd dekade n dekade af te tel en ’n verlede waarvan ek nog skaars ’n voorstelling het, binne te tree. En dit begin op ’n rusbank?

Die hysbak wat my terug na di rusbank op die sewende verdieping toe dra, is wankelrig en kreun en kraak soos ’n ou huis. En in die woonstel is die radio aan en Alica is al aangetrek. Sy staan en praat oor die telefoon, nog sonder haar pruik en sy is ook net lig gegrimeer. Die gesprek duur nie lank nie en ’n hele paar oproepe volg daarna. Sy spot: dit voel altyd asof ek by die telefoonsentrale werk. As die regte oproep deurkom, tel sy haar handsakkie met die lipstiffie en die kondome op en sit haar pruik voor die gangspiel op.

Ek gaan staan op die balkon en kyk uit vir haar. Daar sien ek haar die straat oorsteek: swart hare, geel rok. Dan verdwyn sy, en hier in die woonstel bly net die straat se onophoudelike gedruis oor. En die rusbank.

Dis nog ’n goeie uur voordat Lus van die werk af terugkom en ek wonder hoekom ek na hierdie rusbank toe gelei is. En hoekom ek hier wl wees, hier waar vir my nog nie woorde is nie, want as ons vannag weer na sy slaapkamer toe skuif, sal die kort oggendstilte dit mre ook weer onder die koloniseerderstandbeeld se o uitvee.

29 Januarie 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.