GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Mama kom kuier, al wt sy

Egon se nuusbrief uit Israel 19

Ma (Skoonma) kuier by ons.

Ek het Judy se moeder in 1999 ontmoet en ons het mekaar jaarliks bietjie vir bietjie in Duitsland beter leer ken. Dit gaan maar broekskeur, want haar Engels en my Duits sorg nie vir goeie kommunikasie nie. Van die begin noem ek haar Mama, want ek kan nie haar naam onthou of uitspreek nie - nie eers nou om dit met u te deel nie.

Tydens 'n besoek aan Mama so twee, drie jaar gelede is ek en Judy op pad iewers heen in haar motor. Net voor ons vertrek, ruk sy skielik my deur oop en vra vir Judy: "Het sy nog 'n ma?"

"Nee," antwoord Judy, "haar ma is in 1998 aan kanker oorlede."

Met 'n Shakespeariaanse gebaar slaan sy op haar bors en kondig aan: "Van nou af sal ek vir haar 'n ma wees!"

"Dis gaaf so, Mama, dankie," s Judy, en ons vertrek. "Jy't so pas 'n ma gekry met wie jy nie kan praat nie," lag sy.

En van toe af probeer Mama hard om my soos 'n dogter te behandel. Sy vertel my lang stories sodat ek my "vriendin" beter kan leer verstaan, en op 'n gegewe oomblik, as sy die lig uit my o sien gaan, dan s sy: "Verstehst du?"; en as ek my kop in hopelose verwarring skud, word die hele storie harder en effe vinniger herhaal en aan die einde antwoord ek haar op Engels en ons glimlag vir mekaar en maak asof alles in orde is. Later vertel Judy vir my kortliks wat Mama ges, want dogters ken al hulle ma's se stories, en dan is alles wrklik in orde.

Ons besluit dat ma's soms hulle dogters se stories ook moet weet.

Verlede jaar, toe ek al in Suid-Afrika en Judy nog in Duitsland was, het sy Mama vertel wat die ware aard van ons verhouding is. Mama het mooi na alles geluister en toe ges dat sy bly is dat haar dogter nou ook 'n maat het saam met wie sy gelukkig kan wees. Net een versoek: Kan ons nie maar die seks uitlos nie, dan hoef ons nie hel toe te gaan nie? Nee, het Judy haar verseker, dit werk nie so nie. In elk geval glo ons nie dat ons hel toe gaan nie.

"O," was haar antwoord.

Noudat sy weet, het ons gewonder of sy ons uitnodiging om hier te kom kuier sou aanvaar. Eers was sy onseker en toe skielik besluit sy dit sal lekker wees. Sy kom sommer vir 'n hele maand, want dis in elk geval te koud om in haar groot groentetuin te werk. En elke keer as die kwik onder minus in Duitsland val, kraai sy van genot en gaan stap langs die see in 'n somerbloes. Dis nie regtig so warm hier nie, maar miskien as mens weet dat jou hoenders by die huis onder twintig sentimeter sneeu sit, is dit rede genoeg om die son te vier. Sy bring graag skulpe huis toe om met ons te deel en kan nie oor die sonsondergange oor die see uitgepraat raak nie.

Sonsondergang langs ons strand

Ons was eers nogal baie gespanne aan die gedagte van die besoek. Hoe sal sy reageer op ons twee saam noudat sy die waarheid weet? Sy dweep met godsdiens - Rooms - en is diep onder die invloed van ene Vassula. Di kry boodskappe direk van Jesus, vertel Mama. Dit klink vir my bietjie soos Walsch en sy gesprekke met God, vir wie, moet ek erken, ek min geduld het. Dis nou te s, ek het min geduld vir Walsch. Maar miskien is ek net jaloers op die geld wat sy gesprekke met God hom in die sak bring. Dis ook nie lank nie en Mama begin Vassula preek, maar n 'n vurige gesprek tussen moeder en dogter raak sy stil oor die onderwerp - veral nadat Judy haar herinner: "Mama, ons is nou Jode en ons woon in 'n Joodse land!"

Een aand kom sy na my toe waar ek voor die rekenaar sit en werk.

"Dis mooi beelde van jou en jou man!"

"Dankie, Mama!'

"Julle was 'n mooi egpaar en die gesinsfoto lyk so gelukkig."

"Ons was toe gelukkig, Mama."

"Dink jy hy sal jou ooit weer wil terug h?" Wat kom nou? wonder ek stil.

"Nee, Mama, hy is weer getroud!"

"Ja, maar hy kan tog vir haar ook moeg raak en dan wil hy jou dalk terug h. Julle lyk so gelukkig op die foto's!"

My Duits is steeds gebroke, maar ek hoor duidelik die "vir haar OOK" - hoekom neem mense so maklik aan hy het my gelos? Mama se Engels is nog steeds so nietbestaande soos toe ek haar aanvanklik leer ken het. Kommunikasie bly moeilik, maar ek besluit dis my kans.

"Ek hoop nie so nie, Mama. Ek is baie lief vir jou dogter en gelukkig saam met haar."

Dis vir haar te 'n lang toespraak in my swak Duits. Ek sien Judy kom nader en luister. Mama draai na haar dogter.

"Wat s sy? Ek verstaan haar nie regtig nie."

Judy verduidelik weer dat my eks weer getroud is - hopelik gelukkig.

"Ja," dring Mama aan, "maar hy kan mos vir haar ook moeg word!" Sy is duidelik oortuig van haar saak. Die feite gaan ek nie nou bestry nie.

"Herhaal tog presies wat ek vir haar probeer s het," moedig ek Judy aan. Sy doen dit. Mama kyk van die een na die ander.

"O, nou ja, dan's dit goed so," s sy met 'n klein glimlaggie en gaan kamer toe.

"Dink jy sy gaan nou vir ons twee bid?" vra ek half ernstig. Ek hou van haar en wil h dat sy ons moet aanvaar vir wie en wat ons is.

"Miskien," s Judy. "Kan jy nou vir my die syfers in die rekenaar intik, asseblief?"

Ek gaan aan met my werk op die rekenaar. Duidelik is sy nie nou lus om Mama verder te bespreek nie. Om aanhoudend middelvrou te speel is vermoeiend n 'n lang dag se werk.

'n Rukkie later kom Mama uit haar kamer met 'n buisie room in haar hand.

"Sy sit so lank voor daai masjien," s sy vir haar dogter; "kan ek nie haar rug en skouers vir haar masseer nie?"

"Ja, Mama, jy kan dit gerus doen. Jy kan haar nie 'n groter bederf gee nie," verseker Judy haar.

Binne minute voel ek hoe die warmte en aanvaarding deur haar hande in my rug afvloei. Ek loer vir Judy en sien hoe sy ontspan. Ons glimlag vir mekaar - die ergste is verby. Mama het besluit ons is oukei. Vassula leer dat die liefde tel bo alles.



LitNet: 14 April 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie nuusbrief uit Israel. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.