GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Jerusalem "verhef" ek bo my "hoogste vreugde"

Opgedra aan 'n Beminde

Egon uit Israel - Nuusbrief 18

Ek het lank gelede 'n man ontmoet. Sy naam was Aldo. Hy was anders as die mans wat ek geken het. In die oŽ van ander mense was hy alleenlopend, maar in sy eie oŽ nie: "Rome is my vrou. In haar verlustig ek my elke dag. Maar Kaapstad ... Kaapstad is my minnares - na haar verlang ek elke dag! Tussen hierdie twee liefdes lewe ek."

As jong meisie was ek aangegryp deur sy woorde. Ek kon my destyds vereenselwig met sy liefde vir Kaapstad, maar sy passie vir die stad was terselfdertyd vir my vreemd. En toe, in 1990, ses maande nŠ my geliefde Mama oorlede is, kom ek na Jerusalem vir die eerste maal. Ek kom van Mama hier afskeid neem. Hoekom hier? Nee, dis 'n ander storie vir 'n ander dag.

Maar ek kom na Jerusalem, want ek hoop om hier iets te vind. Wat, wis ek toe nog nie. Ek het net geweet dat daar vrae in my hart is, 'n onrustige soeke na iets sonder naam en vorm, en om die een of ander rede was ek oortuig dat ek dit hier sou vind. En mettertyd het ek die wysers wat my pad in 'n nuwe rigting sou stuur, hier herken.

Jerusalem beteken "stad van vrede". Dis hier waar Abraham en Sara voor die priester Melgisedek kom offer het, maar ook waar die bloed van Arabier en Jood kniediep voor die swaarde van die Kruisvaarders geloop het. Dis die stad van Dawid se psalms en vele liedere deur die eeue. Ons sing van haar in die kerke; in die sinagoges op die hoogheilige dae bid ons: "Volgende jaar in Jerusalem!" Sy is 'n stad van vrede, maar ook 'n stad van stryd.

Jerusalem vanaf Haas Promenade met die Ou Stad in die middel.

In Mei 1967 skryf die Israeliese sangeres Naomi Shemer die lied "Jerusalem van Goud" en dit vind summier aanklank by die algemene bevolking. 'n Paar maande later, nŠ die bevryding van die Ou Stad tydens die Sesdaagse Oorlog, begin soldate dit spontaan te sing toe hulle nŠ baie geslagte die eerstes is om voor die Klaagmuur te staan:

As evening light is slowly dying
And a lonely bell still chimes,
So many songs, so many stories
The stony hills recall ...
Around her heart my city carries
A lonely ancient wall.

Yerushalaim all of gold
Yerushalaim, bronze and light
Within my heart I shall treasure
Your song and sight.

Bar mitzvah voor die Klaagmuur

So word dit spontaan die land se tweede volkslied - veel bestrede soos wel ook die eerste landslied. Maar ongeag wat die slim mense en politici sÍ, die mense op straat sing dit met trane in hul oŽ. Want ongeag die politiek van hierdie stad, bly sy die middelpunt van Joodse verlange en die simbool vir nasionale identiteit oor die afgelope twee en 'n half duisend jaar heen.

Vandag sit en skryf ek hier in Jerusalem in my geliefkoosde koffiewinkeltjie in Koning George-straat. Die stad is op high alert, wat kortom beteken dat hulle weet Írens loop daar 'n selfmoord-bomaanvaller rond, maar nie waar nie. My bus moes reeds omdraai vanweŽ 'n verdagte voorwerp en ons moes verder te voet met 'n omweg stap.

Hoekom klim ek nie op die eerste bus huis toe nie? Die vraag kom eers by my op as ek aan hierdie nuusbrief begin skryf. Ek het dit nie eers oorweeg nie, want hierdie stad is vir my soos 'n minnares en mens los nie sommer jou geliefde nie. Dis in hierdie stad waar ek Aldo se woorde leer verstaan het - dat mens 'n plek lief kan kry soos 'n minnares. Dis na hierdie stad wat ek gevlug het toe ek besef het dat my huwelik ten einde loop. Dis hier waar ek my hart kom skoon huil het nŠ 'n mislukte verhouding. Dis hier waar ek Judy ontmoet het en die pad na geluk herontdek het. En nou is dit na haar, Jerusalem, wat ek vlug as die kleindorpie-mentaliteit van my tuisdorp dreig om my te verswelg.

Tog wil ek nie saam met haar woon nie. As ek in die sinagoge aanbid, wil ek nie die kerkklokke hoor lui en die muezzin uit die moskee hoor roep bo die alewige geskree van sirenes nie. Ek wil nie dra aan die gewig van soveel geskiedenis en begeerte nie. Ek wil nie verplig voel om verantwoording te doen vir haar godsdienswaansin nie.

Ek wil haar van ver af bemin, in my drome sien, in my lied hoor, maar ek wil saam met my Judy tussen die sagte heuwels van Galilea woon langs die Middellandse See, waar dit stil en rustig is. Ek wil loop in die strate van Jerusalem, verblind deur die son op haar kalksteenmure, en omhul van die geure in die smal, kronkelende wandelgange van die ou woonbuurtes - skerp koljander en varsgebakte brood, komyn, knoffel, suurlemoen en chickpea-bredie wat stowe.

Deur in die Ou Stad

Maar dan wil ek terugkeer na my Judy om toegedraai te word in haar arms en die see en die wind op haar lyf te ruik. Ek wil my nagte by haar deurbring en saam met haar elke dag begin, want ons hoort saam.

But I need to know
Does Jerusalem close?
Does Jerusalem close?
When does it close?
You know that you could find me
On the way to Jerusalem.
            (Neil Diamond: "Jerusalem")

Die stad wat reeds vier duisend jaar bestaan, maak nie toe nie. Volke sal oor haar veg en konings sal op haar beslag lÍ, maar sy sal, nŠ hulle almal vergeet is, nog bestaan. Drie gelowe eis haar op as hul eie: Jode, Christene en Islam (alhoewel haar naam nÍrens in die Koran verskyn nie!). Die tyd, glo ek, sal ons wel leer waar die waarheid lÍ, en tot dan sal ek haar bemin, na haar verlang, haar besoek en geniet. En sal ek saam met die psalmdigter bid om vrede in haar poorte:

As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet! Laat my tong kleef aan my verhemelte as ek aan jou nie dink nie, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie. (Ps 137:5-6 in die 1964-vertaling.)

Ingangshek tot die Toring van Dawid.




LitNet: 09 Maart 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.