GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dullah

Tiaan Neethling


Die nag lÍ wyd verlig onder ons. Die Bo-Kaap se liggies loop deur die stad uit na die voorstede, tot in die Vlakte.

Hy is kleiner van postuur as ek en lÍ terug teen my. Van agter af hou ek sy jong, gladde lyf teen my vas en druk my gesig in sy nek. Blue Jeans, ruik ek, raai ek. Of Eternity. Contradiction? Sy kop hang effens agteroor en sy oŽ is toe. Ons wieg sonder ritme heen en weer en my hande verken sy bors en maag. Die oopgeknoopte hemp hang los oor sy jeans. Ek voel die gespe van die DKNY-belt en sy penis kliphard onder die growwe materiaal. Hy sug en kreun liggies wanneer ek die ontwykende testikels bevoel en sy nek soen. Sy hande reik agtertoe en trek my dye teen hom vas. Die belt kom maklik los, maar ek sukkel effens met die losknoop van die gulp. Ek druk die broek af oor sy gespierde boudjies en trek die Calvin Klein-onderbroek met een beweging af. Die gladde vel van sy boude is hoendervleis en my hande verlustig hulle in die tekstuur daarvan. Nog voordat ek my hande toelaat om hom verder te verken, sien ek oor sy skouer in die yl maanlig hoe sy besnyde penis styf opstaan voor hom. Hy draai sy kop skuins en soek my mond. Ons soen eers gretig en daarna innig terwyl ons tonge lustig met mekaar stoei en die dieptes van ons monde ontdek. Ek voel weer oor die gladde, vol ronding van sy gespierde bors en kielie sy naeltjie. Op sy beurt lig hy sy hande agter hom en vernuftig laat hy my broek en onderbroek oor my knieŽ gly. Ons druk teen mekaar en ek beweeg honger teen die effense sweterigheid tussen sy boude. Met ’n opgehoue asem dwaal my hand oor sy maag, oor die ligte, krullerige haartjies en vat meer as ’n hand vol tussen sy bene. Ek laat my asem langsaam uit terwyl my kop in sy nek lÍ en ek oor sy skouer kyk. My hand speel met hom, die voorpunt glinsterend nat met jagswater. Ek kyk vlugtig op en oor die bosse na die stadsliggies wat onder ons flikker. Hy beweeg sy netjiese, stywe boudjies teen my en sy hande vind my kloppende spier. Vaardig, maar nie gejaag nie, lei hy dit laer na die diepte tussen sy grypende boudspiere. Dan wil ons verder gaan en ongedurig-geduldig gly ek in die dieptes van sy lyf in en hy snak na sy asem en kreun behaaglik. Ons beweeg saam met die ruigtes in die ligte bergbriesie. Sy beenspiere verstyf en verslap; sy asem raak vinniger. Ek manipuleer behendig die ontwikkeling in die klipharde spier wat pols in die palm van my gewillige hand. My bors druk vas teen sy glimmende rug, die spiere in sy hele lyf beweeg: die verstywing, ontspanning van sy beenspiere, die wriemeling van sy grypende boudspiere, die bult van sy skouer- en boarmspiere soos hy my drukkende dye nader trek na hom toe. Op sy hygende borskas staan sy tepels regop en skree “Amandla!” vir die volmaan wat opkom bokant die Hottentots-Holland-berge.

Ek kom diep binne-in hom terwyl hy benoud kla en wit saadstrepe soos tracers tussen die fynbos voor ons inskiet.

Ons sak af in die gras en lÍ koesterend teen mekaar. Woordeloos. Ons luister na mekaar se hygende asems.

Ek verwonder my aan ons intimiteit en eendersheid en dink dis so fokken wonderlik!

Die verskille tussen mense wat kom met kleur, taal, kultuur en al daardie verdelende dinge, struikelblokke wat so maklik redes word om mekaar te haat en verwyte teen mekaar te hou, word niksseggende onmenslikhede wanneer ons eendersheid op seksuele vlak so oorweldigend besit neem van ons sintuie en emosies.

Maar wanneer ons opstaan van die gras en uitkruip tussen die bosse, voel ek treurig.

Ek weet hy is ook bewus van die beperkinge van die voorskrywende samelewing, die godsdienstige en kulturele gemeenskap. Ons gemeenskaplikheid word steeds deur ons verskillendheid oorheers. Mens moet seker ’n mate van begrip kon hÍ as nabye vriende of familie bekommerd vra of ek nie maar iemand uit my eie mense, eie kring, eie klas, eie geloof kon vat nie. Begrip vir hulle besorgdheid, miskien, maar dan, wat is meer belangrik? Hoe die gemeenskap my sien of hoe ons ’n bydrae kan lewer om die gemeenskap anders na ons, en na mekaar, te laat kyk?

Robbeneiland se ligte lÍ diep in die swart see.

Verbysterend ironies vir ’n boerklong soos ek dat die man wat ’n groot gedeelte van 27 jaar op daai eiland agter tralies gesit het, daarna ’n organisasie, ’n regering gelei het, wat vir my die vryheid gebring het. Dit wat eens vir my ondenkbaar was.




En toe, eendag maande later, nadat hy weer by my gekuier het, laai ek hom af voor die klein maar kleurryke huisie in die Bo-Kaap. Sy bejaarde pa leun met sy elmboŽ op die onderdeur, en kyk vraend na ons. Ek en Dullah kyk na mekaar. Sien ons kans? Wie is minder gereed hiervoor, ons of sy ouers, sy gemeenskap? Ek kyk terug huis toe en sy ma staan tussen die blomme met ’n paar rose wat sy pas geknip het. Sy knik skugter, ek ook, en sy glimlag. Dan sien ek Dullah se oŽ is groot en helder. Gaan ek sy boer bly en hy my hotnotjie? Hy lig sy wenkbroue effens vraend, en ek maak die deur oop.

In die klein voorkamer gaan sit sy pa in die groot leunstoel en wys met die kierie na die rusbank. Agter hom in die boekrak sien ek ID du Plessis se boek oor die Kaapse Maleiers, en ek voel beter. Miskien omdat dit ’n Afrikaanse boek is, of omdat ek dit ook het, of omdat ID gay was? Die bruin vrou bring koffie en koeksisters en word antie Mariam; die ou bruin man gee wyse en simpatieke raad en word oom Noor. Ek ontspan en voel warm en my bleek gelaat verbleik in die gasvrye atmosfeer tot kleurlose erkenning van menswees.


20/01/2000


Tiaan Neethling is die skrywersnaam van ’n Kaapse regsgeleerde. Lees ook sy “Desembervakansie” en “Willie” in Party van Ons - Die Homeros Leesboek 2001.

.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.