GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ek’s ook mens

Twee tonele uit ’n toneelstuk van

Ludolf Parker

Die werk was op die kortlys van die eerste Nagtegaal-kompetisie vir nuutgeskrewe toneelwerk in 2002. Toneelgroepe kan die volledige teks en opvoerregte bekom van die dramaturg (ludolfsa@yahoo.com).


Karakters
Nico de Bruin
Lulu Marais
Mevrou dominee De Bruin
Albertus Marais
Mara Adam
Hendrik Adam (Klein Adam)
 
33-jarige kunstenaar
Nico se tweelingsuster, huisvrou
Nico se 69-jarige moeder
Lulu se man, ’n speurder
’n 63-jarige weduwee
’n 34-jarige kroegman

Toneel
Die verhoog het ’n tafel, vier stoele en ’n wit agtergrond waarop skuifies vertoon kan word om die plek aan te dui. Daar is sewe tonele; ses veranderings word benodig.

Tyd
Die karakters speel in die terugflitse hulle jonger self.

Sinopsis
Die stuk handel oor Klein Adam se jeug. Hy het as jong seun besef dat hy gay is en het verlief geraak op sy beste vriend, Nico. Nico se suster, Lulu, was ook verlief op Klein Adam. Nico en Klein Adam se liefdesverhouding wou nie uitwerk nie en n baie jare kom hulle weer van aangesig tot aangesig met mekaar.


TONEEL I

NICO DE BRUIN se ateljee in die DE BRUIN-pastorie.

NICO, geklee in jeans, swart skoene en ’n wit hemp, staan palet in die hand regs voor by ’n esel. LULU, kaal met ’n kamerjas by haar voete, sit op die tafel links agter met haar lyf na NICO gedraai. Daar is ’n paar minute stilte terwyl NICO verf en LULU probeer stilsit. LULU begin onrustig rondskuif. Sy sug en frons.

NICO: Sit asseblief tog net stil, Lulu.

LULU: Hoe lank wil jy h dat ek nog so moet sit? Wanneer kry jy klaar?

NICO: Ek’s amper klaar ... Net nog ’n paar minute!

LULU: Dit s jy al vir die afgelope uur ... Ek’s nou so lus vir ’n sigaret ek kan sterf!

NICO: Maar ... jy’t dan ges jy’t opgehou?

LULU: Jy’t al weer nie geluister nie, boeta! Ek’t vir Albertus ges ek’t opgehou ... anders hou hy tog nooit op met kerm nie.

NICO: So, jy doen steeds net wat Albertus wil h jy moet?

LULU: Moenie weer daarmee begin nie.

NICO: Wat nou?!

LULU: Liewe jirre, Boetie ... Ek is gelukkig saam met hom. Ek is ...wanneer gaan jy my glo? Liewe heiland, ons is al di jaar veertien jaar getroud!

NICO: En ... wat wil jy h moet ek s? ... jou geluk wens met jou vreeslike deursettingsvermo?

LULU: Veertien jaar tel darem vir iets. Dis nie nodig om so sarkasties te wees nie!

NICO: Jy weet net so goed soos ek julle twee sou nooit getrou het as jy nie ...

LULU: Maar ek was ... en ek het ... wat wil jy h moet ek s? (Ongemaklike stilte.) Kom ons praat liewerste oor iets anders.

NICO: Ek dink steeds jy was op die rebound gewees.

LULU: Aggenee, Nico ... ek het jou mooi gevra dat ons oor iets anders praat, oukei? Moet jy altyd die een wees om die verdomde ou koeie uit die sloot te haal?

NICO: Erken dit maar ...

LULU: Oukei, okei ... as dit jou tevrede sal stel. Dis mos hoe jy daarvan hou ... almal moet jou op die skouer kom klop en s: ai, maar my tweelingboetie is so ’n slim man ... daar is soveel kennis in daai kop van hom ... Lyk my dis tog waar wat die mense altyd van ons twee ges het.

NICO: Ek het die breins gekry.

LULU: En ek die looks ... en kyk waar sit ons twee nou: al twee weer veilig terug onder Ma se dak ... te bang vir die buitewreld!

NICO: Kyk wie is nou sarkasties!

LULU: Dis seker maar in ons gene ... Ons kan daaroor praat ... maar dis ook al.

NICO: (Ignoreer haar laaste opmerking.) Maar erken dit nou maar: jy was tot jou ore toe verlief gewees op hom. Ek belowe ek sal vir niemand s nie ... ek’s dan jou tweelingboetie!

LULU: Oukei, oukei ... as dit jou sal laat beter voel. Ek was verlief op jou beste pl ... Hendrik Adam.

NICO: Klein Adam.

LULU: En hy was weer op sy beurt smoorverlief op jou ... en jy ... poepol wat jy is ... jy was ...

NICO: Heeltemal deurmekaar.

LULU: Dit was die tipiese liefdesdriehoek gewees.

NICO: Met ’n kinkel ... en watse kinkel was dit nie! Ai, ek wonder deesdae al hoe meer wat van hom geword het. Klein Adam ... hy’t toe nooit eers verder gegaan met sy rugby nie ... en hy was so talentvol.

LULU: Klink my jy’t al vergeet hoe konserwatief en agter die klip die mense in hierdie dorpie was destyds.

NICO: Hy’s so skielik hier weg n die hele storie op julle troue ... soos ’n dief in die nag, soos Pa altyd gepreek het.

LULU: Pa en Ma was maar net te verlig gewees ... en wie kan hom blameer?

NICO: Ek wou nog met hom gepraat het.

LULU: Jy wou nog baie goed in jou lewe doen, maar jy doen dit net nie, Nico ... Klein Adam is hier weg omdat hy nie anders kon nie, en vandag ... vandag is hy oukei.

NICO: Waarvan praat jy? Het jy hom dan gesien?

LULU: Hy werk in ’n kroeg in die Kaap ... nogal ’n fancy plek ... gewild onder die toeriste en natuurlik die moffies. Ek’t hom toevallig daar raak geloop.

NICO: Hoe lyk hy nou?

LULU: Selfs nog beter as destyds. Dis waar ... julle mans raak mos beter met die ouderdom ... veral as julle nie vrou of kinders het om voor te sorg nie. Ag, hy is ’n bietjie ouer ... soos die res van ons.

NICO: Ek weet nie wat dit met my is nie, maar ek dink deesdae al hoe meer aan hom ... aan daai jare toe ons saam hier grootgeword het.

LULU: Spyt kom altyd te laat, Boetie. Ek dink julle twee sou nogal gelukkig gewees het bymekaar.

NICO: Die wreld was so anders gewees toe. Ek het nooit gedink dit sou kon uitwerk tussen ons twee nie ... en dit was nie net ons nie ... daar was Ma en Pa ... en tannie Mara ... en jy en Albertus.

LULU: Toe kies jy die maklike uitweg ... lafaard! Trou toe liewer met een van die dorp se poppies ... my voorbeeldige boetie wat homself eiehandig gerehabiliteer het ... bravo!

NICO: Toemaar, Lulu. Ek moes daai les op die harde manier leer toe dinge nie uitwerk nie. Die ring aan die vinger het alles nie oornag verander nie.

LULU: Jy vertel vir my!

NICO: En kyk net nou ... hier sit ons albei ... en ek voel skielik oud ... en afgeleef ... en ek sit so waar as wragtag op die rak!

LULU: Dit was jou keuse gewees!

NICO: Hoe’t dit gebeur dat ons almal skielik so oud geword het, Sus?

LULU: Moenie vir my vra nie. Ek’t dan altyd geglo ek sou nooit oud word nie ... ek sou altyd ’n jong meisie bly ... en kyk nou net na my ... ma van vyf!

NICO: En as dit van daai man van jou afhang sal julle elke jaar nog enetjie h totdat julle genoeg het vir julle eie rugbyspannetjie!

LULU: Hy’s nie regtig so erg nie.

NICO: Net erg genoeg dat jy elke nou en dan van hom moet wegvlug hierheen.

LULU: Ek weet tog nie wat dit is nie, maar ek en Albertus kan net nie ons hande van mekaar afhou nie ...vandag nog steeds. Gee ons ’n lekker koue bottel wyn en sagte musiek in die agtergrond ... verkieslik ’n Saterdag n die rugby ... en siedaar... nege maande later het ons nog enetjie. (Staan op en bind haar kamerjas om haar vas. Sy beweeg na links voor. Sy is sigbaar ontsteld omdat sy oor Albertus gepraat het. NICO sit sy verfkwaste neer en beweeg na LULU toe.)

NICO: Waarheen gaan jy nou? ... ek’s nog nie klaar nie!

LULU: (Gerriteerd.) Ek is moeg gesit ... dit verveel my.

NICO: Jy’s net te ongeduldig!

LULU: En jy’s heeltemal te gevrek om my tweelingbroer te wees! (LULU haal ’n pakkie sigarette uit haar kamerjassak. Sy steek haastig ’n sigaret aan terwyl NICO vies na haar gluur.)

NICO: Moenie hier rook nie, Lulu! ... jy weet hoe is Ma!

LULU: Jissus! Hoe hou jy dit uit in di plek?

NICO: Dis nie so erg nie.

LULU: Jy bedoel jy’t n al die jare gewoond geraak daaraan ... Nee, magtag, ek sal nooit weer hier kan bly nie. Toe ek vanoggend by die dorp inry, het ek dit weer besef.

NICO: Vir hoe lank is jy hier?

LULU: Ek weet nie ... Seker net ’n rukkie ... dis al.

NICO: Klink vir my na dieselfde ou storie.

LULU: Ek’t net kom asem skep. Ek het ’n bietjie spasie nodig. Laat Albertus vir ’n slag na die kinders kyk ... hy doen min genoeg. Ek’t net ’n bietjie stilte nodig.

NICO: En jy verwag dat ons jou moet glo? Jy en Albertus het weer ’n faait gehad ... soos soveel keer in die verlede ... en jy’t weer eens uitgeloop en teruggetrek na Mamma toe nadat jy gedreig het om hom finaal te los. Is ek reg?

LULU: Wat maak dit tog saak?

NICO: Jy mag maar eerlik wees met my.

LULU: Hoor wie praat ... Ek hoef niks aan niemand te verduidelik nie, Nico de Bruin. Dis om van te lag, want jy is die laaste persoon om met enige iemand te praat oor verhoudings! Moenie jy vir my kom staan en preek nie!

NICO: Dis nie nodig om kwaad te word nie!

Ongemaklike stilte. NICO beweeg na die esel en gooi ’n doek oor die kunswerk. LULU draai haar na hom toe.

LULU: Ag, Boetie, kan ek nie maar net sien wat jy so ver gedoen het nie, toe, asseblief?

NICO: Lulu ... nee ... jy weet ek laat dit nie toe nie. Jy kan wag totdat ek heeltemal klaar is!

LULU: Jy met jou simpele rels! G’n wonder jy kon so lank in hierdie huis uithou nie. Mens sou sweer jy is Suid-Afrika se Picasso soos jy aangaan.

’n Geklop. MEVROU DOMINEE DE BRUIN, geklee in ’n vrolike blou rok met ’n ho kraag en stigtelike swart skoene en kouse, links agter op.

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: Kinders, kyk wie’t kom kuier.

ALBERTUS MARAIS kom links agter op. Hy dra jeans en ’n T-hemp. Hy is aggressief en kort van draad. Hy het ’n bos verlepte blomme by hom wat hy halfhartig voor hom uithou.

LULU druk haastig haar sigaret dood. NICO gaan staan onmiddellik en staar na ALBERTUS met sy arms gevou oor sy bors.

LULU: Albertus ... wat maak jy hier?

ALBERTUS: Ons moet praat, Lulu.

NICO: Dag, Albertus.

ALBERTUS: (Stram.) Nico.

NICO: Kan dit nie later wees nie ... ek is nog besig om te werk aan ’n skildery ... en Lulu ...

ALBERTUS: Is dit weer een van daai perverse kaal portrette van jou, mmm?

NICO: Jy weet boggherol van kuns af, Albertus. As ek jy is, hou ek eerder my bek van goed af waarvan ek niks weet nie!

ALBERTUS beweeg na die esel en trek die doek af. MEVROU DOMINEE DE BRUIN volg hom huiwerig. Hulle staar albei na die skildery. NICO is duidelik briesend. MEVROU DOMINEE DE BRUIN hou ’n paaiende hand op sy skouer. ALBERTUS draai nou dreigend na LULU.

ALBERTUS: Is dit hoekom jy di keer weg is van die huis af, Lulu? ... om hier te kom sit en model speel vir een van jou boetie se perverse prentjies?

NICO: Ek’t jou ges: hou jou bek oor my werk!

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: Kom nou, kinders, wat van ’n bietjie tee ... dit sal ons almal afkoel. Kom help my asseblief daarmee, Nico. (NICO staar aggressief na ALBERTUS.) Nicolaas ... kom help my asseblief.

LULU: Daar is niks wat Albertus nie hier reg voor julle twee aan my kan s nie, Ma.

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: Nee a, my kind, miskien moet julle twee eerder alleen met mekaar oor hierdie dinge praat. Daar is sekere goed wat privaat is ... tussen man en vrou ... In my dae sou ek en jou oorlede pa nooit so tekere gegaan het voor enige van ons se ouers nie!

LULU: Tye het verander, Ma. Julle twee sal my getuies wees.

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: Getuies? Jy laat dit so ernstig klink.

LULU: Laat hom tog klaar praat, Ma!

ALBERTUS: Nou wil jy dit nog moeilik maak vir my ook?

NICO: Ek verstaan julle twee nie. Hoekom luister ons nog na hierdie vark?

ALBERTUS en NICO pak mekaar. MEVROU DOMINEE DE BRUIN trek vir NICO af en LULU trek vir ALBERTUS weg. Die vroue is baie ontsteld en die twee mans gluur uitasem na mekaar.

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: Dis nou genoeg! Albei van julle! Ons is beskaafde mense hier ... en as julle nie maniere het daar buite nie ... dan leer julle dit hier ... ons staan in die pastorie. Het julle dan nie respek vir mekaar nie? Gaan maak nou daai tee, Nico ... en, om vadersnaam, s tog wat jy wil s, Albertus, en kry klaar. Anders kom ons tog nooit tot rus nie!

NICO: Hy’s nog steeds dieselfde ou bullebak as destyds, Ma. As hy nie sy sin kan kry nie, dan slaan hy dit reg ... of hoe, ou swaerie?

LULU: Nico!

NICO: Hy’t die hele tyd daarvoor gesoek - daarmee kan nie een van julle twee stry nie!

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: (Kwaad en ernstig.) Nicolaas! Sal jy nou asseblief die tee gaan maak?

NICO kyk vies na ALBERTUS en gaan dan links af. ALBERTUS en LULU beweeg nou na regs voor, terwyl MEVROU DOMINEE DE BRUIN links agter bly staan en na hulle kyk.

ALBERTUS: Wat van jou familie, Lulu? Wat gaan van ons word as jy nie daar is nie? Wie dink jy gaan na die kinders kyk smiddae as ek nog by die werk is?

LULU: Hoeveel keer het ek jou nie gewaarsku nie, maar jy luister mos nooit na wat ek s nie. Jy moes eerder daaraan gedink het voordat ek geloop het. Ek’t jou keer op keer gewaarsku, maar nee, ek kon net sowel my asem gespaar het.

ALBERTUS: Wat is dit, Lulu ... S my net wat dit is wat ek verkeerd doen ... en ek sal dit verander ... Ek belowe ek sal ... hierdie keer sal ek regtig probeer.

LULU: Dit s jy elke keer ... ek kan nie eers meer tel hoeveel keer ek jou dit hoor s het nie ... en elke keer is dit maar net weer dieselfde ou storie ... oor en oor. Dis nou genoeg! Hoor jy my?

ALBERTUS: Kom huis toe, Lulu. Jou plek is daar by my en die kinders ... nie hier in jou ma se huis nie.

LULU: En wat van Nico? Hy bly nog hier.

ALBERTUS: Omdat hy te bang is vir die buitewreld, ja. Hy het nie ’n ander lewe nie ... maar jy het. (Stilte.) Praat met my.

LULU: Oukei ... maar jy moet ophou om my te ignoreer.

ALBERTUS: Ek ignoreer jou nie.

LULU: Jy luister net nie na wat ek s nie ... Ek is besig om moeg te raak hiervoor, Albertus. Hoe lank gaan jy nou na my luister voor jy weer daarmee gaan begin? Een van die dae is dit maar net weer dieselfde bleddie storie van voor af.

ALBERTUS: Wat wil jy h moet ek nog s? Ek weet ek maak nie reg met jou nie, Lulu ... en ek skeep jou en die kinders af ... en ek’s omtrent nooit daar as jy my nodig het nie ... maar dis my werk ... kan jy nie verstaan nie? Ek doen al die lang skofte om ekstra geld vir julle te kry. Jy weet hoe graag ek wil sorg dat julle net die beste het in die lewe ... en dis al manier waarop ek dit kan doen. Dis hoekom ek gevolunteer het daarvoor.

LULU: Vir armed response ... jy soek jou dood, Albertus. Party nagte weet ek nie of ek jou weer lewend sal sien nie ... en dan gaan daar weer weke verby waarin jy my nooit eers raaksien nie. Ek bekommer my dood oor jou. Wat dink jy gaan van my en die kinders word as jy nie meer daar is nie?

ALBERTUS: Jy gaan haal al weer die bobbejaan agter die bult.

LULU: Dis jy wat nie hieroor praat nie. Belowe jy sal meer na my luister? ... en belowe jy sal meer tyd aan my en die kinders bestee?

ALBERTUS: Oukei, oukei ... ek sal probeer. Ek belowe.

ALBERTUS en LULU omhels mekaar terwyl MEVROU DOMINEE DE BRUIN tevrede op die agtergrond glimlag en haar hande saamvou. Sy beweeg dan na die esel en kyk krities na die skildery. NICO kom links op met ’n skinkbord en vier koppies wat hy op die tafel neersit. LULU en ALBERTUS beweeg na die tafel en elkeen neem ’n koppie tee. NICO beweeg na MEVROU DOMINEE DE BRUIN. Hy gooi die doek oor die skildery.

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: Mmmm ... nes ek gedink het.

NICO: Dis nog nie klaar nie.

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: Ai, ai, my seun...Wanneer gaan jy nou vir ’n slag ’n landskap of ’n stigtelike stillewe ... iets ordentliks skilder. Jy weet wat ek bedoel ... iets wat ek hier teen my mure kan hang.

NICO: Daar is niks fout met my kunswerke nie, Ma.

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: Ek s nie dis verkeerd nie, my kind. Dis net ... so uitdagend ... en anders. Net nie geskik vir ’n pastorie se mure nie. Wat sal die mense tog nie alles s as die dominee en sy vrou naakte studies op hulle mure het nie?.

NICO: Jy soek mooi prentjies, Ma.

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: En wat is fout daarmee?

NICO: Pa’t Sondag vir Sondag gepreek oor die menslike liggaam en die feit dat dit ’n tempel is ... oor hoe mooi dit is en hoe ons dit rein moet hou. Wat is fout daarmee om dit te skilder?

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: Ag, Nicolaas, ek wil nie met jou stry nie, seun. Dis een ding om daaroor te lees, maar dis ’n ander ding om so ... daarin vas te kyk. Regtigwaar ... Dis darem nie nodig nie.

NICO: En soos Ma aangaan sou ’n mens kon sweer jy’t nog nooit eers ’n kaal man gesien nie ... en hoe’t ek en Lulu hier gekom, Ma? Windbestuiwing?

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: (Ignoreer sy sarkasme.) Lulu ... is dit regtig soos jy deesdae lyk?

LULU: Ek was sy model gewees, maar ek is seker my lyf en veral my borste lyk nie so nie ... Aggenee, Boetie ... ek lyk amper soos ’n Penthouse pet of so iets!

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: Haai, Lulu ... was dit nou nodig?

NICO: Dit hang af hoe jy daarna kyk, n. Elkeen van julle sal iets anders daaruit kry.

ALBERTUS: Dis ’n regte paar melkkanne!

LULU: Albertus!

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: Wat sal die mense tog s as hulle my dogter so moet sien ... Wat gaan jy hiermee doen? ... jy kan dit tog sekerlik nie iewers gaan uitstal nie?

ALBERTUS: Ek weet ek mag nie my bek rek oor jou ... werk nie, Nico, maar vir my is ’n poster ook maar net so goed as ’n painting ... maar as my vrou regtig so gelyk het, dan’t ek nooit opgestaan uit die bed om werk toe te gaan nie!

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: En dan was ek al ouma van tien!

ALBERTUS: Watwou tien, Ma ... sommer ’n hele string van ons eie! (Hy en LULU lag.)

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: Ek is net so bly om te sien dat julle twee julle probleme uitgesorteer het, my kinders. Hier is nou vir jou ’n sprekende voorbeeld, Nicolaas. As jy en daai vroutjie van jou net meer met mekaar gepraat het, dan was dinge dalk soveel anderste gewees vandag. Dinge gaan nie net weg as ’n mens nie daaroor praat nie!

NICO: Dis nie so eenvoudig nie, Ma!

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: Jy’t nooit regtig probeer nie, Nicolaas de Bruin. Dis wat dit is!

MEVROU DOMINEE DE BRUIN beweeg na die tafel en tel die skinkbord op. ALBERTUS en LULU sit hulle koppies daarop neer. MEVROU DOMINEE DE BRUIN beweeg na links, maar ALBERTUS keer haar voor. NICO begin sy tee te drink.

ALBERTUS: Kom laat ek jou help, Ma ... ’n vrou kan mos nie so sukkel nie. Kry solank jou goed bymekaar, Lulu ... ek wil nie te laat ry nie, oukei?

ALBERTUS links af met die skinkbord. MEVROU DOMINEE DE BRUIN draai na die ander twee karakters.

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: Dankie, Albertus. Ai, hy weet ook net hoe om met ’n vrou te werk, of hoe, Lulu-kind?

LULU: Hy weet net hoe om met ’n ou vrou te werk, Ma. Hy moet nog baie leer as dit by ’n jong bokkie soos ek kom!

MEVROU DOMINEE DE BRUIN: Nou’s jy sommer net stuitig, kind.

MEVROU DOMINEE DE BRUIN gaan links agter af met haar teekoppie.

LULU: Ma’s reg, Nico. Dalk moes julle twee net harder probeer het destyds.

NICO: Ma weet nie waarvan sy praat nie. So ken ons haar mos: alles moet altyd uitwerk ... ’n lewende Mills en Boone-karakter. Sy sou goed gedoen het in Disneyland. Alles moet netjies uitgesorteer word. Sy glo al die jare nog in gelukkige eindes ... en as dit nie gelukkig uitwerk nie, dan moet jy roei en stoei om dit te laat werk! Niks sou gewerk het nie, Lulu ... die fout het by my gel!

LULU: Jy bedoel?

NICO: Ek weet nou ek het die grootste fout van my lewe gemaak destyds ... met Klein Adam. Ek moes nooit nee ges het vir hom nie. Ek moes saam met hom hier weggegaan het.

LULU: So ... beteken dit jy is?

NICO: Daar begin jy ook al weer. Dis presies hoekom ek dit met niemand wou bespreek het nie. Ek weet mos wat sal gebeur. Ek sal onmiddellik gelabel word ... en kan jy my s wat is die nut van al hierdie labels wat ons so om mekaar se nekke hang, mmm?

LULU: Ek’t dit nie so bedoel nie, Boetie.

NICO: Kan ons mekaar nie maar net aanvaar vir wie en wat ons is nie?

LULU: Maar ek is nie so nie ... nie meer nie ... Dit het my lank geneem ... en dit was nie maklik nie ... maar ek’t verander ... jy ken my mos!

NICO: Na dit wat ek nou net hier gesien het, weet ek nie meer nie ... hierdie kamtige versoening met daai skurk? ...Wie dink jy bluf jy?

LULU: Ons gaan weer probeer ... dis mos nie ’n sonde nie ... dis al wat jy kan doen. Jy kan dit ook doen ... dis nie onmoontlik nie, glo my. Gaan soek hom op, al is dit net om met hom te praat ... ek sal jou sy adres gee. Ag, al gaan kyk jy net hoe dit met hom gaan ... jy hoef nie eers met hom te praat nie.

NICO: En dan?

LULU: Wie weet?

NICO: Dis die werklikheid hierdie, Lulu ... nie Mills en Boone-land nie.

LULU: Jy kan niks verloor nie.

NICO: Ag ... fokkit ... die bose kringloop van die liefde. Hoekom het ek dit destyds gedoen ...? Hoekom het ek nie toe met hom gepraat nie?

LULU: Jy was nog so jonk gewees ... ons almal was te jonk ... dis al wat dit was. Gaan probeer nou weer. Dis nooit te laat nie. Alles kan nog reg uitwerk, glo my.

NICO: Hoor wie praat nou!

LULU: Hou tog net op om aanmekaar vir jouself te luister ... doen dit net!

NICO: Onthou jy hoe goed was hy op die rugbyveld? Ons het almal gehoop hy word ’n Springbok!

LULU: Hy’t gemaak dat selfs ek begin rugby kyk het ... those were the days!

Einde van die eerste toneel


TONEEL 5

NICO DE BRUIN se slaapkamer, somer 1985. Die spelers is nou tieners. LULU, geklee in ’n somerrokkie en kaalvoet, staan met haar hand op haar heup op die tafel.

LULU: Niks wat ek gedoen het, was ooit reg nie. Klein Adam was elke dag by ons huis, maar hy het nooit na my gekyk nie ... Ag, oukei ... hy het na my gekyk, maar ek was altyd net Nico se lastige sussie ... en dis nie wat ek wou gehad het nie!

NICO, geklee in ’n kortmouhemp en kortbroek, kom haastig links op met ’n sketsboek en potlood. Hy gaan staan en kyk na LULU waar sy op die tafel staan. ’n Paar oomblikke stilte.

NICO: Nee ... ek kan nie.

LULU: Wat bedoel jy ... jy kan nie?

NICO: Ek kan jou nie skets nie!

LULU: Jy’s net weer aspris!

NICO: Dis nie dit nie.

LULU: Hou op om so mislik te wees met my, Nico!

NICO: Ag, Lulu ... dit voel net nie reg nie ... en buitendien, ons is veronderstel om elkeen ’n lyntekening van die naakte menslike liggaam te maak ... nie ’n skets van my suster in haar somerrokkie nie!

LULU: Ek weet nie wie jy gaan kry om vir jou te pose nie!

NICO: Beslis nie een van jou vriendinne nie!

LULU: Daar is niks fout met my vriendinne nie ... hulle het elkeen uitstekende smaak. Nie een van hulle sal so laag daal om vir jou te staan en pose nie!

NICO: Ek sal wel iemand kry.

LULU: Dan sal jy iemand moet betaal om dit te doen ... Weet Ma en Pa hiervan?

NICO: Nee ... mmm ... hulle weet van hierdie werksopdrag, maar ...

LULU: So hulle weet nie!

NICO: Nee.

LULU: Hulle gaan nie baie hiervan hou nie.

NICO: En?

LULU: Hulle sal nie weet as ek hulle nie vertel nie!

NICO: Dis afpersing.

LULU: Laat my tog klaar praat!

NICO: Wat wil jy h?

LULU: Moet tog nie so bang lyk nie, Boetie ... ek gaan jou nie seermaak nie.

NICO: Dis wat jy nou s, ja ... ek ken jou te goed, Lulu.

LULU: Hier’s my prys: Klein Adam ... saam met my ... na die matriekafskeid ... dis al.

NICO: Maar ... hoe kan jy dit vra? Wat maak ek as hy al reeds iemand gevra het?

LULU: Hy het nog nie. Glo my ... ek weet!

NICO: En wat gebeur as hy nie wil nie?

LULU: Dan maak jy hom lus om my te vat ... so maklik soos dit. Anders ...

NICO: Moet jy dit altyd so verdomp moeilik maak vir my?

LULU: Kom nou, Boetie ... ek’t dit maklik gemaak vir jou. Dit kon baie erger gewees het.

NICO: Ek weet nie of ek dit sal kan regkry nie.

LULU: Ons almal weet hy eet uit jou hand uit!

NICO: Kan ek nie asseblief iets anders doen nie?

LULU: Nee.

NICO: Lulu!

LULU: Dis jou probleem.

LULU klim van die tafel af en beweeg na links voor. Sy tree nou as kommentator op tydens die volgende toneel wanneer sy ook stil-stil weer op die tafel klim. Sy luister duidelik die gesprek tussen NICO en KLEIN ADAM af. KLEIN ADAM regs op in kortbroek en T- hemp met ’n rugbybal. NICO beweeg haastig na hom toe. Hy is onseker en pleitend in sy houding.

KLEIN ADAM: Dis ’n mors van tyd, Nico! Hoeveel keer wil jy h dat ek dit nog moet s? Ek is nie lus nie ... en ek wil nie na die dm matriekafskeid gaan nie ... dis so maklik soos dit!

NICO: Ag, Klein Adam ... moenie so moeilik wees nie, man.

KLEIN ADAM: Sal jy nou vir ’n slag ophou om hieroor te neul?

NICO: En as ek mooi vra?

KLEIN ADAM: Dit gaan nie werk nie ... Ek het jou dit al laas jaar ges ... dis ’n bleddie mors van tyd. Dis nie vir my nie!

NICO: Kom, sit so ’n bietjie en dan masseer ek jou skouers vir jou ... lyk my jy raak heeltemal te opgetense hieroor.

NICO lei vir KLEIN ADAM na ’n stoel en begin sy skouers kundig te masseer. KLEIN ADAM ontspan merkbaar onder NICO se hande.

KLEIN ADAM: Wat is dit nou skielik met jou? Ek verstaan jou nie? Ek het dan gedink jy voel nes ek hieroor?

NICO: Ek kan jou nie skets as jy so gespanne is nie... ontspan nou... Gaan jy hier sit?

KLEIN ADAM: Kan jy my nie maar net in die sitkamer skets nie?

NICO: En wat maak jy as Lulu of iemand anders skielik hier opdaag terwyl jy kaalgat sit en pose?

KLEIN ADAM: Kaalgat ... is dit regtig nodig? Jy kan mos maar seker jou verbeelding gebruik.

NICO: Jy luister ook nie na ’n woord wat ek s nie. Ons moet die tekeninge van ’n lewende model af maak ... Jy is net besig om my tyd te sit en mors, Klein Adam. Netnou-netnou is die huis weer vol mense ... Jy’s my enigste kans ... niemand anders sal vir my pose nie.

KLEIN ADAM: Ja, ja... ek weet dit, maar ek voel nog steeds nie gemaklik nie.

NICO: Jy kan nie nou kop uittrek nie.

KLEIN ADAM: Gebruik jou verbeelding eerder!

NICO: Jy het belowe dat jy my model sal wees.

LULU se o rek al hoe groter. NICO gaan links af. KLEIN ADAM bly sit onseker by die tafel. LULU draai na die gehoor en sy is duidelik baie opgewonde. Sy klim nou op die tafel. KLEIN ADAM dra drie stoele na regs voor. NICO links op met sy esel en potlode. LULU staan op die punt van die tafel in afwagting van die volgende toneel.

LULU: Ek kon my ore nie glo nie ... Ek het so lank gewag vir die kans om Klein Adam van naderby in sy Adamsgewaad te beskou ... en nou was hy hier ... en op pad om kaal in my broer se kamer te gaan pose ... Ek het vinnig-vinnig na Nico se kamer gehardloop en in sy kas gaan wegkruip ... met die deur op so ’n skrefie oop ... net sodat ek darem alles kon sien wat gebeur.

NICO: Moenie so verskrik lyk nie.

KLEIN ADAM: Oukei, oukei ... ek weet ek het jou belowe ... maar daar is een voorwaarde!

NICO: Wat is dit nou weer? Ek wens jy wil ophou om my tyd so te mors, Klein Adam.

KLEIN ADAM: Jy moet ook uittrek.

NICO: Maar ... dis mos nie nodig nie!

KLEIN ADAM: Dis niks anders as regverdig nie!

NICO en KLEIN ADAM trek albei hulle klere uit en sit dit in netjiese hopies apart van mekaar op die tafel neer.

LULU: My hart het amper gaan staan. Uiteindelik het my groot oomblik aangebreek. Ek kon vir Klein Adam ... my rugbyheld ... in al sy grote glorie sien. Dit was die eerste keer dat ek ’n kaal man in lewende lywe gesien het ... en watse lyf was dit nie.

KLEIN ADAM: Is jy seker ons is alleen?

NICO: Ja, man, hou tog net op met worrie ... dit sal nie te lank neem nie.

KLEIN ADAM gaan sit in ’n stoel oorkant die esel en NICO begin hom skets. LULU se gesig en liggaamshouding weerspiel haar groeiende opwinding.

LULU: So sonder sy klere was hy nog mooier as ooit ... My mond het sommer begin water, my hande het begin jeuk ... hy was amper perfek gebou ... en hy’t so weerloos gelyk ... ek kon skree van al die opwinding!

NICO: Wat frons jy so?

KLEIN ADAM: Wat is dit met jou en die matriekafskeid?

NICO: Ek het van besluit verander. Ek dink nou dat ons twee ... ek en jy ... ons moet gaan ... dis al.

KLEIN ADAM: En wie moet ek vra om saam met my te gaan?

NICO: Ek weet nie ... Ek is seker daar is nog ’n paar meisies wat nie gevra is nie.

KLEIN ADAM: Soos wie?

NICO: Ek dink Felicity is nog nie gevra nie.

KLEIN ADAM: Ou Fellatio?!

NICO: Ag, Klein Adam, jy weet net so goed soos ek daar is nog ’n paar girls wat nog nie gevra is nie!

KLEIN ADAM: Soos?

NICO: Lulu.

KLEIN ADAM: Ek moes dit geweet het.

NICO: Wat?

KLEIN ADAM: Dis sy wat agter dit alles sit!

NICO: Nee ... dis nie waar nie ... dis nie haar idee gewees nie.

KLEIN ADAM: Moenie vir my probeer jok nie, Nico de Bruin ... ek ken jou te goed teen hierdie tyd.

NICO: Dalk gaan sy saam met Albertus.

KLEIN ADAM: Fokkit! Wanneer gaan Albertus besef hy’s nie die enigste man in die wreld met ’n vol nie? Hy weet net hoe om my kwaad te maak.

NICO: Wat is dit met jou? ... wat pla jou?

KLEIN ADAM: Is jy nog nie klaar nie?

NICO: Wat?

KLEIN ADAM: Ek voel net weird ... so heeltemal blootgestel ... so asof iemand heeltyd na my kyk!

NICO: Ag, nonsens, man ... ek het jou mos al kaal gesien ... en ek is self ook kaal.

KLEIN ADAM: Dis anders di ... ek weet nie hoe ek dit moet stel nie.

LULU: Ek kon my o nie glo nie ... Uiteindelik was my droomman poedelkaal ... vlak voor my o ... Ek kon aan hom raak as ek wou. My hart het in my keel geklop van opgewondenheid. Ek wou so bittergraag aan hom raak ... sy vel onder my vingerpunte voel ... maar ek kon nie.

NICO: Ag, ontspan net, man ... dis mos nie so erg nie.

KLEIN ADAM: (Draai na die gehoor.) Hoe meer hy dit ges het, hoe moeiliker het dit geword om kalm te bly ... Ek wou elke aand kaal wees saam met hom in hierdie kamer van hom ... Teen hierdie tyd was ek alreeds smoorverlief op hom gewees ... Ag, wat kan ek s ... ek het nie daarvoor gevra nie ... Mens vra nooit daarvoor nie ... Die liefde kom sommer oornag ... skielik soos die lenteblomme in Namakwaland. (Aan NICO.) Het jy al ’n kaal vrou geteken?

NICO: Een keer, ja ... in die kunsklas ... maar sy’t nie alles uitgetrek nie ... en dit was ook nie so interessant nie!

KLEIN ADAM: En ... het jy nie opgewonde geraak nie?

NICO: Ek hou baie meer daarvan om ’n man te skets ... jy weet ... iemand met ’n goeie lyf ... soos jy. Mans se liggame is soveel interessanter as vrouens s’n ... daar is soveel meer detail.

LULU: (Aan die gehoor.) Ek wou h dat hy die hele dag moes aanhou daarmee ... Ek kon nie genoeg kry van Klein Adam se lyf nie.

NICO: Ag, ek kan ’n vrou se lyf met toe o teken ... daar’s niks om na te kyk nie!

KLEIN ADAM: En kan jy ’n kaal man ... iemand soos ek ook toe o teken?

NICO: Dis nie so maklik nie ... ek sal baie harder moet konsentreer.

KLEIN ADAM: Maar ... help dit nie partykeer as jy die voorwerp wat jy teken, eers vashou nie? Ek bedoel ... dan’t jy mos ’n beter idee van die gevoel van die voorwerp ... al die kontoere en die teksture ...

NICO: Ja ... dit werk gewoonlik ... maar?

KLEIN ADAM: Wat’s dit nou met jou? Jy het my mos al getackle ... jou arm om my skouers gesit.

KLEIN ADAM en NICO beweeg nou nader aan mekaar. NICO los sy kwaste by die esel. LULU se o rek al hoe groter. NICO vee saggies oor KLEIN ADAM se wang. Hulle staan nou teenaan mekaar. NICO vryf met sy hand deur KLEIN ADAM se hare.

NICO: Jy’s reg ... dit voel anders as ek aan jou raak ... en dit bly die beste manier om werklik ’n idee te kry van die voorwerp ... of die mens.

KLEIN ADAM en NICO soen mekaar nou. Aanvanklik eers huiwerig, maar dan al hoe vuriger. Hulle hande begin hulle lywe verken.

KLEIN ADAM: Hoe voel dit?

NICO: Dis amper asof ek jou nou vir die eerste keer raaksien ... en tog ... ons ken mekaar al so lank ... en jy?

KLEIN ADAM: Dis beter as om alleen draad te trek ... en ek’t altyd geglo my verbeelding is beter as die werklikheid!

LULU: (Tersyde.) Ek ook!

NICO: Ek’t altyd gedink ek’s die enigste ou wat skommel.

KLEIN ADAM: Ag, waarvan praat jy ... almal doen dit. Niemand praat daaroor nie ... dis wat dit is! ... Albertus het selfs ’n boek daaroor by sy ma-hulle gekry!

NICO: Wat seuns wil weet ... ek’t al gehoor daarvan.

KLEIN ADAM: Hy kan dele daarvan uit sy kop uit aanhaal ... maar hy s die boek is verkeerd ... Hy’t al meer as sewe keer op een dag draad getrek en niks oorgekom nie!

NICO: Ag, Klein Adam ... Albertus is altyd meer bek as binnegoed ... en hy glo mos hy’s die beste in alles wat hy doen, maar ek wil nog sien hoe hy dit regkry om so baie keer op een dag sy draad te trek.

KLEIN ADAM: Ons het nou die dag na rugby ’n kompetisie gehad in die storte.

NICO: En?

LULU: Ek kon my ore nie glo nie. Ek het nog al die jare gewonder oor wat die manne in die storte doen na rugby. Ek het geweet ek moes nie luister nie, maar wie kan hulle nou doof hou vir sulke nuus? En ek’t probeer om my o toe te maak ... regtig ... ek het ... maar ek kon net nie.

KLEIN ADAM: Ons het almal in ’n sirkel gestaan en saam draad getrek ... Die een wat eerste gekom het, was die wenner.

NICO: Albertus was seker weer so ’n grootbek soos gewoonlik.

KLEIN ADAM: En toe sit ek hom ore aan!

LULU: (Aan die gehoor.) Ek het geweet hy het dit in hom!

NICO: Ook di dat hy deesdae so dikbek is!

KLEIN ADAM: Maar jy bars as jy vir enige iemand anders hiervan vertel, Nico de Bruin!

NICO: Jy en Albertus in ’n draadtrek-kompetisie? ... Ook maar goed ek was nie by nie ... ek sou julle al twee uitgestof het. Niemand kan by my kers vashou nie.

LULU: (Aan die gehoor.) Dit wou net nie ophou nie!

KLEIN ADAM: Is dit ’n uitdaging?

NICO: Is jy reg daarvoor?

NICO en KLEIN ADAM verval weer in ’n intieme omhelsing en begin masturbeer. Die lig doof uit op hulle terwyl ’n kollig val op LULU wat teen die kasdeure leun en vorentoe buk. LULU val vorentoe van die tafel af. Die beligting verander onmiddellik. NICO en KLEIN ADAM verbreek haastig hulle omhelsing en tel albei klere op om hulle skaamte te bedek.

NICO: Jissus, Lulu!

KLEIN ADAM: Jy’t dan ges ons is alleen!

LULU: Moet jy dit altyd runeer vir my, Nico! Moet jy alles wat ek wil h, ook vat? Jy kon nog nooit net iets met my deel nie ... en jy, Klein Adam ... jy beter jou pak regkry, want as jy nie saam met my na die matriekafskeid toe gaan nie, dan weet die hele bleddie dorp hiervan binne ’n week.

LULU storm kwaad links agter af. NICO en KLEIN ADAM begin nou haastig aantrek. Hulle is albei nou verskonend en verward. ’n Paar oomblikke lank heers daar ’n ongemaklike stilte.

KLEIN ADAM: Ek het geweet ek moes nooit ingestem het om vir jou model te wees nie. Wat de hel gaan ons nou doen? Sy’t alles gesien en gehoor. Dit moes nooit gebeur het nie. Wat het ons twee besiel?

NICO: Jy wou dit gehad het ... en ek ook.

KLEIN ADAM: Wat bedoel jy?

NICO: Dit was nie verkeerd nie. Ons moes dit al lankal gedoen het. Niks het al ooit so reg gevoel nie.

NICO en KLEIN ADAM staar na mekaar.


Ludolf Parker beskryf homself as nog n regspraktisyn van Kaapstad. Hy beweer dat Eks ook mens, sy eerste vollengtestuk, nie outobiografies is nie, maar sy vriende en familie stem nie saam nie. Gedurende sy studentejare op Stellenbosch word sy twee eenbedrywe opgevoer: Wie van wie? en Nagblindheid. n Derde, Die laaste Afrikaners in Azani, is as te gewaagd beskou en word nog steeds agter slot en grendel bewaar.
Benewens Ek's ook mens is hy die skrywer van die volgende vollengtedramas: Cordelia en haar susters, Die Madonna en haar kind, 36 plus en Wys my Joune! Sowel 36 plus as Wys my joune! is vanjaar inskrywings vir die Nagtegaal-kompetisie van die KKNK.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.