GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Waar ’n man nog kaal kan loop

Danie Botha

Kyk hoe l hulle, hoe stal
hulle die sagte ware uit
vir die saters van die etensuur:
...
miskien is seks naas pyn
en dood ng die grootste avontuur.

Uit: “Graaff se Poel I” deur Johann de Lange

Graaff se poel
Foto: Philip de Vos

Jy kyk uit oor die pyprelings langs die promenade in Seepunt. Daar is dit: die wit muur soos ’n boot in ’n hawe. Jy kan met ’n reguit betonpaadjie daar kom; dit dring deur swart, lae rotse en poele ou of skuimryke seewater, afhangende van die gety. En daaragter die verborgenis: Graaff se Poel.

Reeds in die jare sestig het ek koerantberigte, veral in Engels, daaroor gelees. Oor mense wat vanuit die ho woonstelblokke kon sin wat gaan aan agter die Muur. Daar is skunnig bespiegel en gekla oor kaalkoejawel mans. Hulle wat kruisarm rondstaan en gesels, of agterstewe omhoog rubberskywe slinger. Soms trek hulle ’n swembroek of onderbroek aan om in die ysige poel te gaan baai, of hang eers ’n handdoek om wanneer hulle van die rand van die betonblad af in die see wil pis. Was dit toe dat die lyn geverf is sodat die dekadentheid onsigbaar was solank die menere aan die muur se kant daarvan bly?

Altyd was daar ook ’n verweer. Hoe kan daar tog iets verkeerd wees met hierdie soort gedrag? Is so ’n samesyn en “wapenskou” nie ’n diep gesetelde behoefte van mans nie? Kyk net watter kaliber ouens kom dag na dag hierheen, in koue en hitte: dokters, advokate, sakemanne, stadsraadslede, parlementarirs, fabrikante, argitekte, sportsterre. Ook skrywers met klapborde en akteurs met tekste.

Oor ’n vroegherfsmiddag in 1999 skryf Blaise Koch die akteur in sy outobiografie: “I am at my favourite haunt, Graaff’s Pool, lying with my tush facing the sun, trying to heal the crack between my bum’s cleavage (’n raat teen kanker wat hy by Gloria Swanson gekry het). ... I’ve always described Graaff’s Pool as my personal private swimming pool. It was built by the father of United Party leader Sir de Villiers Graaff with a tunnel leading from his lavish seafront home (which is now a block of flats called Bordeaux) under the road and onto the rocks at a gully where swimmers are protected from waves. He had cement walls erected behind which a gentlemen’s club including MP’s of the day could come and bathe nude.”

Dit was in die jare sewentig dat ek uiteindelik ook agter die Muur inbeweeg het. rens moes ek van al die moontlikhede gehoor het. Dalk het jagsheid my net baie ontvanklik gemaak.

Jy wik en weeg. Uiteindelik daal jy met ’n betontrap van die promenade af. Die mense op die banke en teen die relings kyk vir jou. Jy glo hulle wt waarheen jy op pad is, wat jy wil gaan doen. Veral as jy nie swemgoed by jou het nie. Wanneer gaan hulle nie iets spottends of beledigends agter jou aanskree nie?

Nou die aanstap na die ingang. Bo-op die muur l die kykers, beslis met swembroeke aan. Tussendeur duik die bolywe of net koppe op van die ouens wat op die uitkyk is vir nuwe talent. Hulle staan op die onderste van twee randsitplekke wat oor die hele lengte van die halfmaanmuur strek en in die middel deur die ingangspoort verdeel word. Die hor rand is op pielhoogte. Hierheen kan jy vlug as die sonbraaiblad met hoogwater oorstroom raak.

Jy voel aan hoe die kykers jou takseer. Ons van die lae-selfbeeld-brigade stel ons voor wat hulle dink: Og, te pap, te vet, te oud, te jonk, te fem, te prissy. Ideale pretbederwer. Of dalk: Aha, hier’s ’n moont-lik-heid. Gee kans.

Jy kom deur die poort. Voor jou die pikkewynkolonie. Alle soort lywe. Dit l plat op handdoeke op die blad. Op die rug. Op die maag. Of die bolyf nuuskierig orent. Sit of l op die sitplekke. O op jou. Jy soek ’n plek vir jou uit. Dan trek jy uit. Hoop dat alles nie te opgekrimp is nie. Hoe gouer jy kaal is, hoe gouer is jy minder opvallend, voel jy ingeskakel. Teen die tyd dat jy jou sonbrandolie aangesmeer het, is jy al geakklimatiseer. En het jy al geregistreer wie van jou kennis geneem het of in wie j (almal) belangstel.

Die glinstering van olie ... Hennie Aucamp het sy kwatryn vir my opgediep:

Nudiste: Graaff’s Pool

Di songaar steaks, gedrenk in olie
(wat vroulik ruik, ’n iets te soet)
sal teen die middag kaiings wees
met nie ’n sweem van bloed.

Het ek in een van ons vroe gaytydskrifte gelees van die vier domeine, of het instink en ondervinding hulle gedentifiseer?

Links van die ingang was die lplek van twee wreldoorlo se stryders, van pappas, oupas en mentors vir gawe jong mannetjies wat binnekort trou. Langs die stewige lywe van di parmantige of onderdanige jeug l hulle soos walrusse, of sit ingedoke soos aasvols. Hier is die verlede, landsake en sport bespreek, verkooptransaksies begin en dalk beklink.

Meer na regs, ongeveer reg voor die ingang, was di tuis oor wie jy getwyfel het. Meestal jongeriges. Jy moet hulle tog maar dophou. Dalk stel hulle tog belang.

Op ’n lae muurtjie, na aan die poel, het die volledig geklede manne gesit. Di wat net vir die gesels gekom het; binnelanders en ander vreemdelinge; nuuskieriges; di wat net kom “lug skep”, net wil kyk.

Dan regs! Hier versamel die Spelendes. Jou kanse. Jy sit op die onderste bank. Hy l voor jou uitgestrek op die blad, as ’t ware onder jou mik en tussen jou bene. Jy kan nie wegkyk nie. Die minute gaan verby. Wolkeskadu’s jaag oor ons heen. Vandag is jy gelukkig. Kyk daar: die verdikking, die verlenging, die rol, die oplig, die wieg-en-wuif. Hy draai op sy maag, rol ’n bietjie rond. Nou is sy mond baie naby aan jou.

Of jy staan sodat jou lat op die middelste rand l. Nou kyk j uit na die aankomendes. Die mandjie van die voyeur op die boonste vlak is vlak voor jou. Dalk maak julle o kontak, begin julle gesels. Maar ek kan nie onthou dat ek baie geluk met hierdie “ordentlikes” gehad het nie.

Dit was anders met di wat langs jou kom staan het.

Anton het hom altyd by die Dalk-groep gevoeg. Soggens kuier hy tussen die bostonnels van Sandy Bay, en kort voor die middagetensuur kom span hy hier uit voordat hy teen latenstyd na sy seun se gym toe gaan. ’n Ware Tom of Finland-figuur. Redelik bles, lank, soepel, met gedefinieerde spiere en met ’n onuitwisbare sonbruinheid. Kort-kort doen hy verskuiwingswerk tussen sy bobene. En laat sy bolyf en bre rug invryf deur ’n uitverkorene — altyd glansend jonk.

Dis seker duidelik dat ek hom menigmaal as onbereikbare begerend aangestaar het. En “sawends”, as hierdie “basie kooi toe gaat”, was sy beeld voor my geestesoog baie nuttig vir soloseks.

Bo op die promenade lui die klokkie van ’n roomysverkoper. Ek hou ’n buks dop wat koponderstebo nader kom.

Skielik is Anton (toe nog “hy”) hier langs my. Ons piele l op die gekalkte middelrand; ons balsakke druk teen die louwarm beton. Hy staan nog nader. Sy arm druk teen myne. Sy ruim bruin hand skuif oor die barsies en kalkkrummels. Talm. Dan gryp hy my. Vir die ander moet dit lyk asof ons maar so knypgat na hulle kant toe staan. Ons is net twee ouens wat rustig saam die wreld betrag. Soos Pa en swaer Kosie Sondagoggende by die varkhokmuur. Maar die meeste is nie dom nie en beny my seker. ’n Derde, ’n vierde sal verder met die muur af kom staan en kyk, en ons naboots.

Jy en ’n ou kan ooreenkom dat julle rens meer privaat sal gaan speel. Sommiges voer eers lang uitlokgesprekke. Maar meniges sal die tekens van toegeneentheid vreugdevol waarneem en net vir mekaar kyk. Dan sal een aantrek en “ingedagte” wegstap ingang toe, dalk ’n oomblik weer oogkontak maak en daarna “rustig” opstap na die promenade. Sy “sielsgenoot” sal “ongemerk” op die onderste rand gaan staan en hom agternakyk. Ja-ja, daar gaan staan hy by die reling, hy kyk hiernatoe; hy gaan sit op ’n bank. Nou “kasueel” jou klere aankry en hom daar bo by die grasperk tegemoetgaan en “ontmoet”.

Wanneer die son water trek en ’n verlatenheid dikwels toesak, begin die manne tussen die terreine rondbeweeg. Grense word oorgesteek. Links neem Bob Whitefield besonder lank om sy krieketklere aan te kry. Charl Fourie het van regs oorgekom om hom van kop tot tone te betrag. Etlike oomblikke verskiet. Bob druk sy onderlyf vorentoe. Maar wanneer Charl hand wil bysit, swaai Bob weg, want ’n paartjie het opgedaag en kyk met nou ogies en dun lippies rond.

Donkernag word dit ’n geil gebied. Lywe het eers geluk gesoek tussen die pilare onder die promenade in. Daar moes ons lang manne al by voorbaat buk. Etlike dekades gelede is hierdie speelterrein egter toegebou. Maar daar in die jare sewentig kon jy op ’n somernag die geheimsinnige verkeer strand langs tussen Muur en Pilare sien of self deur skulpmoerasse aanstryk.

Snags het Graham wagdiens gedoen by die Muur. Sy Soemo-stoeier-lyf het hy regs in ’n hoek langs die ingang ingedruk. Hier het hy ons gewaarsku teen moontlike ongures, moeilikheidmakers en die polisie. Soms het die manne kring om hom gestaan terwyl hulle mekaar bykom sodat hy goed kon sien en selfs deelneem.

Sommige nagte het ’n Seepuntse omie dinge vir party van ons bederf. N dertig jaar is hy nog steeds met sy selfversekerdheid in die rondte. T was hy al gryskopoud. Maar hy sou rondstaan en regisseur speel. Ons wat h nie aantreklik gevind het nie, het hy hardop beveel om weg te beweeg, daar en daar te gaan staan.

Ook van die verteller in Renaud Camus se Tricks (die Nederlandse vertaling) hou ek nie. Bladsy na bladsy is al die manne wonderlik jonk en manlik, met sterk buikspiere, en met almal ken hy net sukses. Maar ’n “Noordafrikaan” se “stijve lul” word met die hand weggeklap, en oor “een bolle vijftiger” wat wil kyk, sug hy en ’n motorfietsman vererg. In ’n stoombad laat hy “een hele witte en dikke oude man” eers toe op sy salige lyf, maar skielik verwerp hy hom. Ek het nie lus om al 420 bladsye te lees om te sien of hy ooit sy sekssnobisme laat vaar het nie.

Vanaf die jare negentig het baie van ons nie meer di seksoord so gereeld besoek nie. Ons jeugdiges van destyds het intussen huislik geraak en sien kans om ons verhoudings openlik in stand te hou. Pornowinkels met hulle “lounges” en gloriegate het begin floreer. Die Kaap het uiteindelik ook stoombaddens vir gay mans gekry; verby was die senuagtige gedoentes in Langstraat se Turkse Baddens.

Jy hoef nie nou meer nagte om eensaam in die wind agter die Muur te skuil nie — waar jy elke oomblik oor die kop geslaan kan word; waar jy betrokke kan raak by dwelmhandel sodat jou eertydse vriende later jou naam as nog ’n verlorene prewel.

Eers is ons lekker soos sardiens ingepak in ’n hokkie in Observatory. Almal was dadelik by mekaar betrokke. Daarna het ons sielig rondgedwaal deur Steam Zone se le gange. Die sluiting was gou voorspelbaar. En nou is daar die standvastige Steamers en Hothouse waar jy jou plesier gewoonlik op ’n skinkbord kry.

En dan is daar nog die gevestigde “Pienk Strook” in Groenpunt.

Weldra gaan die Muur en sy gebruike nie meer met ons wees nie. Eers het feministe dit reggekry om in hierdie manlike domein in te dring en gay-erotiek te verdryf. Ons is gewoond om op Sandy Bay kaal voor vroue te wees, maar dr is darem nog die bosse en die rotse as ons intiem wil raak. Toe smyt Poseidon ’n betonblok rond. Die amptenare gooi eers hulle handjies in die lug daaroor. Sedebewakers moedig hulle aan en ons kry ’n kennisgewing dat toegang verbode is. Deur die nuusmedia verneem ons dat die “wit boot” afgebreek gaan word indien die amptenare nie tot ander insigte gebring word nie.

Graaff se Poel self, met sy koue, donker water, sal seker nie opgevul word nie.

Vanoggend hoor ek ons mag voorlopig weer daar gaan uithang. Maar alles is maar net nie dieselfde nie. Jy bly maar weg, want jy wil nie jou herinneringe bederf nie.

Jy wil graag dink aan gladde boude in die son, die versigtige roerings in olierige skrotums. Ons almal so by mekaar. Daar was tye dat jy jou kon verbeel jy ruik al die testosteroon. Impotensie was iets vir ander se vols. En dit bruis op in jou: dis ’n man wat in jou o kyk.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.