GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Uit in die kuberruim: Enkele waardetoevoegings en uitdagings ten opsigte van Gay@LitNet binne Suid-Afrikaanse konteks1

Neil Cochrane

Op 'n internasionale konferensie oor seksuele aktualiteite het Neil Cochrane van die Universiteit van Pretoria se Departement Afrikaans in November 2005 'n lesing oor Gay@LitNet gelewer in Wenen. Hy het dit vir ons verwerk.

Extract

This article investigates the nature, role and contribution of Gay@LitNet as an electronic alternative for the publication of gay literature in South Africa. Attention will be given to the manner in which Gay@LitNet acts as a public forum for nurturing gay identity within the current socio-political context of South Africa. A brief summary of the current socio-political situation of South African gays will be given in order to place the discussion in the necessary context. Secondly, an evaluative description of the dynamics of Gay@LitNet will be given, whereafter a few value-adding properties and challenges concerning Gay@LitNet will be discussed.

1. Inleiding
Sedert die tagtigerjare van die twintigste eeu beleef die ontginning van gay2-tematiek in Afrikaans en Engels ín bloeitydperk, met belangwekkende poŽsie- en prosatekste deur Jeanne Goosen, Johann de Lange, Koos Prinsloo, Joan Hambidge, Damon Galgut en Stephen Gray.

Hierdie tendens duur tydens die negentigerjare voort met die verskyning van gaybloemlesings soos Wisselstroom: homoŽrotiek in die Afrikaanse verhaalkuns (1990) saamgestel deur Hennie Aucamp, The Invisible Ghetto: lesbian and gay writing from South Africa (1993) saamgestel deur Matthew Krouse en Kim Berman, en Soort soek soort: ín versameling alternatiewe ervarings (1997) saamgestel deur Johann de Lange, terwyl Slagplaas (1992) deur Koos Prinsloo en Die Soft Rock Klub (1995) deur Danie Botha belangrike toevoegings is tot die vestiging van openlike gayseksualiteit binne die Afrikaanse kortverhaalkuns. Met die publikasie van Afrikaanse gaybloemlesings word aangesluit by internasionale bloemlesings soos The Faber Book of Gay Short Fiction (1991), The Penguin Book of Lesbian Short Stories (1993), The Penguin Book of Gay Short Stories (1994), The Penguin Book of International Gay Writing (1995) en The New Penguin Book of Gay Short Stories (2003).

Die ontwikkeling van ín gay-idioom binne die Afrikaanse literÍre sisteem word in stand gehou met tekste soos Swart koring (1996), Swart sluier (1998), Die Judaskus (1998) en Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het (2001) van Joan Hambidge, en Vreemder as fiksie (1996) van Johann de Lange. Laasgenoemde tekste van Hambidge en De Lange lewer ín belangrike bydrae tot die uitbreiding van Ďn postmoderne idioom binne die konteks van gayliteratuur en genderkwessies en sluit hulle grootliks in diť verband aan by die vroeŽ tekste van Koos Prinsloo.

Hambidge lewer ín vernuwende bydrae deur dominante patriargale sisteme binne die populÍre letterkunde (insluitende die liefdesroman, hygroman en speurroman) deur middel van parodie te ondermyn in tekste soos Swart koring en Swart sluier (Cochrane 2004).

In 1999 verskyn Bly te kenne Braam van Clive Smith, wat vir die eerste keer in Afrikaans ín swart perspektief bied op die gay-ervaring (sien Crous 2005:134-149).

Die vestiging van Homeros as onderafdeling van Tafelberg-Uitgewers in 1999 lewer ín belangrike bydrae tot die uitbreiding van Afrikaanse gayliteratuur binne ín populÍre konteks. Met die publikasie van gayliteratuur met ín sterk populÍre inslag (wat liefdesromans, erotiese literatuur en rillerromans insluit) bied Homeros ín korrektief op die bestaande kanon waarin heteroseksuele waardes reeds ín geruime tyd domineer. Publikasies wat in diť verband genoem kan word, is: Ďn Man se man (1999) van Brandt Vermeer, Blomme vir Leon (2000) van Victor Malherbe, En toe kom die reŽn (2001) van Robert Young, NagvoŽls (2001) van FranÁois Loots, en Om liefde te score (2002) van Pierre Uys. In 2001 publiseer Homeros Party van ons: die Homeros leesboek, wat kortverhale, poŽsie en artikels insluit.

Naas populÍre werke publiseer Homeros belangwekkende literÍre werke van gevestigde outeurs, soos Tweede natuur (2001) van Johann de Lange en Hittegolf: wulpse sonnette met Ďn nawoord (2002) van Hennie Aucamp.

Homeros bied aan debutant gay skrywers die geleentheid om te publiseer en dra by tot die ontwikkeling en vestiging van ín nuwe generasie gay skrywers in Afrikaans. FranÁois Loots se debuutroman, NagvoŽls, verskyn by Homeros, waarna sy tweede roman, Lente in Beijing (2003), by Tafelberg verskyn.

Die belangrikheid van Loots se werk word gereflekteer in Kannemeyer se opname daarvan in Die Afrikaanse literatuur 1652-2004 (2005), waarin hy beide romans positief beoordeel en die volgende uitspraak oor Lente in Beijing lewer: ďDit is veral die osmotiese oorgange tussen hede en verlede wat die roman besonder laat slaagĒ (2005:623).

In 2002 loop Homeros tot niet, met die gevolg dat Gay@LitNet in November 2002 as Ďn aanvullende platform tot die reeds gevestigde e-joernaal LitNet gevestig word.

2. Vertrekpunte
Die artikel ondersoek die aard, rol en bydrae van Gay@LitNet as ín elektroniese alternatief vir die publikasie vir gayliteratuur in Suid-Afrika. Die rol wat Gay@LitNet speel as ín publieke forum vir die uitbreiding van gay-identiteit binne die huidige sosiopolitiese konteks van Suid-Afrika word ook betrek.

Eerstens sal ín kort oorsig gegee word van die huidige sosiopolitiese posisie van Suid-Afrikaanse gays, met inbegrip van sosiopolitiese ontwikkelings die afgelope dekade.

Tweedens sal ín beskrywende evaluasie van Gay@LitNet gegee word, waarna enkele waardetoevoegings en uitdagings bespreek sal word.

Ek sal waar toepaslik verwys na insigte wat verwerf is na ín e-pos-onderhoud (November 2005) wat met Danie Botha (hoofredakteur van Gay@LitNet) gevoer is3.

Die relevansie van hierdie artikel word onderstreep deur die volgende uitspraak van De Wet (2003:316):

Die stand van Afrikaans in ín wÍreld van interaktiwiteit en e-kommunikasie lyk nie goed nie. En dit terwyl webwerwe en die internet juis internasionaal gesien word as ín ondersteuning van veeltaligheid en ín uitkoms vir ekonomiese gekneldheid. Die vraag is: wat kan/wil rolspelers in die Afrikaanse letterkunde, soos literatore, navorsers, skrywers, uitgewers, boekhandelaars en, ja, ook lesers daaromtrent doen?
Die artikel wys daarop dat daar wel oor die afgelope tyd vordering gemaak is met die ontginning en vergestalting van Suid-Afrikaanse literatuur en identiteite binne ín spesifieke e-omgewing.

3. Kontekstuele oorsig
LiterÍre en kulturele bedrywighede funksioneer nie in ín vakuum nie, maar is deel van die groter sosiopolitiese konteks van ín gegewe gemeenskap. Daarom is dit belangrik om eerstens ín kort oorsig te bied van ontwikkelinge rakende die sosiopolitiese bemagtiging van Suid-Afrikaanse gays oor die afgelope dekade, want dit is grootliks binne hierdie konteks dat die bydrae en rol van Gay@LitNet gesetel is.

Die politieke transformasie van 1994 het ín positiewe invloed op die beskerming van minderheidsregte in Suid-Afrika gehad. Die nuwe Grondwet wat op 8 Mei 1996 aangeneem is, maak voorsiening vir die beskerming van verskeie minderheidsregte. Artikel (9) 3 van die Grondwet verbied diskriminasie op grond van seksuele oriŽntasie. Die relevante artikel lui soos volg:

The state may not unfairly discriminate directly or indirectly against anyone on one or more grounds, including race, gender, sex, pregnancy, marital status, ethnic or social origin, colour, sexual orientation, age, disability, religion, conscience, belief, culture, language and birth.
Hiervolgens word Suid-Afrika die eerste land ter wÍreld wat ín eksplisiete verwysing na ďseksuele oriŽntasieĒ in sy Grondwet insluit.

Sogenaamde ďhorisontaleĒ diskriminasie deur gewone landsburgers word verbied deur Artikel 9 (4), wat die volgende stipuleer:

No person may unfairly discriminate directly or indirectly against anyone on one or more grounds in terms of subsection 3.
Hierdie stipulasies is in skerp kontras met die situasie voor 1996, toe Suid-Afrikaanse gays geen wetlike beskerming geniet het nie en vervolg kon word vir sodomie, onnatuurlike misdrywe en ander statutÍre misdrywe wat in die Wet op Onsedelikheid (Wet 23 van 1957) ingesluit is.

Vir meer volledige beskrywings aangaande die historiese ontwikkeling van gayregte in Suid-Afrika kan Male Homosexuality in South Africa: Identity formation, culture and crisis (1992) deur Isaacs & McKendrick en Defiant Desire (1998) deur Gevisser & Cameron geraadpleeg word.

NŠ 1996 verklaar die Konstitusionele Hof alle verwysings na sodomie in die gemene reg, tesame met ander diskriminerende statute, as ongrondwetlik.

Die afgelope dekade vind belangrike ontwikkelings plaas om die regte van gays uit te brei, soos byvoorbeeld aanneemregte, regverdige behandeling in die werkplek en antidiskriminasie-regulasies met betrekking tot immigrasie en kunsmatige bevrugting.

Die jongste ontwikkeling is ín uitspraak in November 2005 deur die Konstitusionele Hof wat die Parlement verplig om binne twaalf maande bestaande wette sodanig te wysig dat dit voorsiening vir gayhuwelike maak. Indien die Parlement nie binne twaalf maande gehoor hieraan gee nie, sal die Wet op Huwelike van 1961 outomaties herskryf word om die woorde of gade in te sluit. Daarmee sal Suid-Afrika die eerste Afrikaland en die vyfde land ter wÍreld (naas Nederland, BelgiŽ, Spanje en die Verenigde Koninkryk) word waar gayhuwelike dieselfde wetlike status as konvensionele heteroseksuele huwelike sal geniet.

Binne die huidige demokratiese konteks bly die vraag egter: Watter invloed het die Grondwet op die daaglikse lewens van duisende gays in Suid-Afrika?

Diskriminasie (in direkte weerwil van die Grondwet) is steeds merkbaar op Ďn daaglikse basis in die huidige Suid-Afrika. Met betrekking tot diskriminerende gedrag teenoor gays sal ek ín paar resente voorbeelde noem.

In 2003 maak die bekende Afrikaanse gospelsanger Danie Botha diskriminerende opmerkings in ín kerkdiens, waartydens hy onder andere beweer dat gays hulle oŽ in die hel sal oopmaak.

In September 2005 word ín sestienjarige skoolseun, Theo Bosman, op die gronde van ín groot hoŽrskool in Pretoria verbaal en fisiek aangerand deur medeskoliere as gevolg van sy vermeende homoseksualiteit.

In September 2005 word ín musiekonderwyser, Johan Strydom, verbonde aan die Morelettapark-gemeente van die NG Kerk, onmiddellik van sy pligte onthef toe sy homoseksualiteit aan die lig kom. Dieselfde gebeur met ds Laurie Gaum, Ďn NG-predikant, nadat sy voormalige minnaar sy persoonlike lewenstyl aan ín Afrikaanse poniekoerant openbaar. Hierdie openbaarmaking lei tot tragiese gevolge vir al die betrokkenes. Ds Gaum se voormalige minnaar pleeg kort nŠ sy bekentenis selfmoord en in September 2005 word ds Gaum van sy pligte as predikant in die St Stephenís-gemeente in Kaapstad onthef.

Op grond van hierdie resente voorbeelde is dit duidelik dat Suid-Afrikaanse gays steeds diskriminasie ervaar ten spyte van Ďn Grondwet wat dergelike optrede streng verbied. Daarom kan die Grondwet nie as ín absolute meganisme beskou word om gays teen diskriminasie in hul daaglikse lewens te beskerm nie, maar benodig Suid-Afrikaanse gays alternatiewe platforms om hul ervarings, frustrasies en kwessies te verwoord binne ín omgewing waar vryheid van uitdrukking en opinie gerespekteer word. Gay skrywers soek toenemend ín toetsruimte om hul literÍre en populÍre tekste te publiseer wat vry is van dominante heteroseksuele waardes.

4. Die aard, rol en bydrae van Gay@LitNet binne die huidige Suid-Afrikaanse konteks

4.1. Gay@LitNet: Ďn beskrywing

Gay@LitNet begin in November 2002 amptelik funksioneer as een van die platforms op die gevestigde literÍre e-joernaal LitNet nadat Homeros (Ďn onderafdeling van Tafelberg-Uitgewers) sy publikasieprogram weens finansiŽle oorwegings moes staak.

Die hoofredakteur en ín voormalige uitgewer, Danie Botha, beskou die rol van Gay@LitNet as volg:

Ek glo dat almal Ė al die verskillende soorte gays en ook straights Ė moet kan saampraat oor en vanuit die gay perspektief sodat geslagtelike harmonie bevorder kan word. Dit is ín Sisiphus-taak: daar sal maar altyd diskriminasie wees, maar as ons dan hier ín skuiling en forum kan bied? (Botha, 2005)
Die eerste tekste wat op Gay@LitNet gepubliseer word, is drie Afrikaanse kortverhale deur Neil Cochrane, Janie Smit en Robert Young onderskeidelik.

Gay@LitNet is tot die begin van 2006 behartig deur Danie Botha (hoofredakteur), Rafiek Mammon (redakteur: Engelse bydraes) en Janie Smit (redakteur: lesbiese letterkunde). Tans behartig Botha al die redaksionele werk.

Sedert November 2002 beleef Gay@LitNet bestendige groei wat ín aanbod van verskeie inhoudtipes tot gevolg het.

Gay@LitNet lewer ín bydrae tot die skaars aanbod van e-joernale binne die internasionale arena wat fokus op die ontginning van gayliteratuur (veral binne Ďn literÍre konteks) soos byvoorbeeld Blithe House Quarterly: A Site for Gay Fiction en Lodestar Quarterly. Die bydrae van Gay@LitNet is belangwekkend aangesien die meeste e-joernale wat op gayliteratuur fokus, werke in Engels publiseer. Die feit dat Gay@LitNet werke in Afrikaans (ín minderheidstaal binne internasionale konteks) publiseer, is op sigself ín kulturele prestasie.

In Suid-Afrika is daar bykans geen papiergedrewe gayjoernale (spesifiek binne Afrikaanse en Engelse literÍre diskoerse) nie, wat die kulturele waarde van Gay@LitNet meer beduidend maak. Voorbeelde van dergelike internasionale joernale is Harrington Gay Men`s Fiction Quarterly en International Gay and Lesbian Review (gehuisves by die Universiteit van Suid-KaliforniŽ).

Gay@LitNet verskil egter in verskeie opsigte van hierdie publikasies en ín magdom gaywebwerwe, -e-tydskrifte en -internetportale binne die globale arena.

In die eerste plek funksioneer Gay@LitNet nie in totale eksklusiwiteit nie, maar vorm dit deel van die hoofstroom. Gay@LitNet staan in jukstaposisie tot ín kaleidoskoop van heersende kulturele perspektiewe op die Suid-Afrikaanse letterkunde.

Tweedens is die hoofdoel van Gay@LitNet nie slegs informatief van aard nie, maar spreek dit in die eerste plek die literÍre en kulturele behoeftes en tweedens die sosiale en psigologiese behoeftes van Suid-Afrikaanse gays aan. In diť opsig verskil Gay@LitNet van ander gayforums soos G-Max, Q-online en Planet Out, wat grootliks informatief van aard is en geensins voorsiening maak vir die publikasie van gayliteratuur nie. Gay@LitNet staan nie in kompetisie met hierdie webwerwe nie, maar vervul grootliks ín aanvullende funksie.

4.2. Waardetoevoegings

4.2.1. Gevarieerde teikengehore, makliker toegang en verskeie inhoudstipes

Die globale en interaktiewe aard van die internet maak dit vir Suid-Afrikaanse gay skrywers moontlik om hul individuele werk aan meer gevarieerde gehore bekend te stel, aangesien beperkings ten opsigte van tyd en ruimte opgehef word, soos Gross (2003:260) aantoon:

New media create opportunities for the formation of new communities, and the Internet is no exception. In contrast to most other modern media the Internet offers opportunities for individual engagement both as senders and receivers, permitting the coalescing of interest-based networks spanning vast distances.
Die internet is een van die mees demokratiese mediums wat die gewone man, wat nie oor reproduksiemag en kapitaal beskik nie, kan gebruik om sy/haar skryfwerk en perspektiewe met lesersgehore te deel. Die feit dat die internet nie gebonde is aan geografiese grense nie, is veral toepaslik op ín groot en uitgestrekte land soos Suid-Afrika, waar lesers nie geredelike toegang tot boekwinkels, klubs en ander sosiale inisiatiewe het nie. Deur middel van Gay@LitNet verkry gay skrywers en lesers in afgeleŽ en plattelandse gebiede toegang tot literÍre en kulturele inisiatiewe. Gross (2003:260) wys op die waarde van hierdie eienskap:
The potential for friendship and group formation provided by the Internet is particularly valuable for members of self-identified minorities who are scattered and often besieged in their home surroundings. A brief tour of the Web will reveal countless sites devoted to specialized interests that draw like-minded participants across national and international boundaries. Notable among the interests served by this (so far) uniquely egalitarian and open medium of communication are those represented by sexual minorities.
Gay@LitNet bied toegang tot die Suid-Afrikaanse gaysubkultuur aan ín groot aantal Suid-Afrikaanse gays wat in ander lande soos die Verenigde Koninkryk, AustraliŽ en Nieu-Seeland woonagtig is. Terselfdertyd maak die internet dit moontlik vir Suid-Afrikaanse lesers om toegang tot gay-ervarings in ander lande te verkry. ín Voorbeeld hiervan is twee nuusbriewe (uit Israel en Taiwan onderskeidelik) wat op Gay@LitNet gepubliseer word. Hierdie nuusbriewe word behartig deur Suid-Afrikaanse gays wat in hierdie lande woonagtig is.

Die feit dat Gay@LitNet binne die groter opset van LitNet funksioneer, maak per implikasie die teikengehoor van Gay@LitNet meer gevarieerd, veral betreffende daardie heteroseksuele lesers wat nuuskierig is oor gay-ervarings. Ďn Dinamiese netwerk van hiperskakels stimuleer interaksie tussen uiteenlopende kulturele uitinge en ondersteun die keuses wat eindgebruikers maak.

Die tipes inhoud wat op Gay@LitNet aangebied word, is uiteenlopend van aard om beter in die literÍre, kulturele en sosiale en psigologiese behoeftes van gay lesers te voorsien. Kortverhale, poŽsie, dramatekste, boekbesprekings en resensies voorsien in die literÍre behoeftes van lesers. Alle tekste ondergaan ín keuringsproses wat dikwels herskrywing behels.

In diť opsig vervul Gay@LitNet ín aktiewe rol in skrywersopleiding. Botha (2005) wys op bykomende voordele van elektroniese publikasie:

Iets word gouer gepubliseer, bereik die publiek vinniger; skrywers gebruik dit as ďproefkombuisĒ voor die werk teen geweldige onkoste in gedrukte vorm verskyn; dit skakel baie van die elemente uit waarmee boekuitgewers moet rekening hou weens markgerigtheid en finansies; ons kan inhouds- en gehaltegewys meer kanse waag. Resensies in die openbaar kan ons nie benadeel nie, maar bevoordeel ons terselfdertyd ook nie.
Die getal kortverhale het sedert November 2002 van 3 tot 77 gegroei en die aantal kortverhaalskrywers van 3 tot 52. Die onderstaande tabelle gee ín aanduiding van die literÍre uitsette op Gay@LitNet vanaf November 2002.

Tabel 1: Aantal kortverhaalskrywers en kortverhale op Gay@LitNet (soos op 2006/01/09)
Totale aantal kortverhaalskrywers (Afrikaans en Engels) 52
Totale aantal manlike kortverhaalskrywers (Afrikaans en Engels) 46
Totale aantal vroulike kortverhaalskrywers (Afrikaans en Engels) 6
Totale aantal kortverhale (Afrikaans en Engels) 77
Totale aantal Afrikaanse kortverhale 70
Totale aantal Engelse kortverhale 7

Tabel 2: Aantal digters op Gay@LitNet (soos op 2006/01/09)
Totale aantal digters (Afrikaans en Engels) 34
Totale aantal manlike digters (Afrikaans en Engels) 21
Totale aantal vroulike digters (Afrikaans en Engels) 13
Totale aantal Afrikaanse digters 32
Totale aantal Engelse digters 2

Die verhale en gedigte wat op Gay@LitNet gepubliseer word, is literÍr en populÍr van aard. Die werk van gevestigde outeurs soos Hennie Aucamp en Joan Hambidge sowel as van debutante word gepubliseer waarin ín verskeidenheid van ervarings verwoord word: liefdesteleurstellings, seksualiteit, verlies, fantasie, begeerte en familieverhoudings.

Die artikels van Hennie Aucamp oor verskeie aspekte van homoŽrotiese kunstenaarskap, visuele kuns, teater en skrywerskap is van hoogstaande gehalte en lewer ín belangrike kulturele bydrae. Werke van populÍr-wetenskaplike aard lewer ín beduidende bydrae om gay lesers bewus te maak van beduidende tendense in hul sosiale geskiedenis. ín Goeie voorbeeld hiervan is die reeks artikels van Abel Pienaar getiteld ďAantekeninge by John Boswell se Christianity, Social Tolerance and HomosexualityĒ.

Gay@LitNet spreek die onmiddellike sosiale behoeftes van gay lesers aan. Op die meningsblad kan lesers hul opinies lug oor ín verskeidenheid relevante kwessies. Die rubriek ďUit die boksĒ van Willie Knoetze behandel gaykwessies op ín kritiese wyse.

Deur middel van die ďDit is mż storie diťĒ-inisiatief word gay lesers uitgenooi om grepe uit hul lewensverhale met ander te deel.

Gross (2003: 266) wys op hierdie belangrike psigososiale funksie van die internet:

Moving beyond the highly developed and fully furnished gay subcultures found in most western and westernized countries, emerging gay communities in many parts of the world have found the Internet a venue for solidarity and support.
4.2.2. Die helende krag van vertelling
Gedurende 2005 word Suid-Afrikaanse gays uitgenooi om grepe uit hul lewensverhale aan Gay@LitNet voor te lÍ vir moontlike publikasie. Hierdie verhale word onder die skakel ďKortverhaleĒ gepubliseer met ín duidelike etiket wat verklaar ďDit is mż storie diťĒ. Hierdeur word gay lesers bemagtig om op ín selfgeldende wyse hul individuele stories met ín wyer lesersgehoor (wat heteroseksuele lesers insluit) te deel. Die oorhoofse doel met hierdie inisiatief word soos volg deur Botha (2005) gestel:
Die bedoeling is dat mense van alle ouderdomme, geslag en kultuurgroepe daaraan deelneem sodat die verlede en die hede se toestande opgeteken kan word as geskiedskrywing sodat die Suid-Afrikaanse gays se aandeel nie verswyg, verberg en vergeet sal word nie.
Alhoewel hierdie verhale nie literÍr van aard is nie, bied hierdie inisiatief aan gays die moontlikheid om heteroseksuele lesers Ďn blik te gee op die uiteenlopende leefwÍrelde van gays en om ín kollektiewe en historiese geheue van afgelope ervarings in stand te hou. Die moontlikheid bestaan egter om in ín latere stadium hierdie onverwerkte ďvoorstudiesĒ in ín literÍre vorm te giet, maar dit kan ook vir literÍre skrywers as katalisator dien om hul outobiografiese ervarings tot literÍre stof te verwerk. Hierdie stories sluit aan by ín hernieude belangstelling in outobiografiese vertellings en egotekste, veral na die sukses van Dis ek, Anna (2004) deur Elbie LŲtter.

Die ďcoming outĒ- en ďcoming of ageĒ-tematiek is kenmerkend van sommige stories.

Plummer (1995:85) dui die waarde van hierdie tematiek soos volg aan:

Ultimately, the coming out story is a tale concerned with establishing a sense of who one really is Ė an identity which ideally exists not just for oneself alone, but which is also at home in the wider world. In coming out to him or herself, to the gay community and to the wider environment, the lesbian and gay can develop a consistent, integrated sense of self.
Gay@LitNet vervul Ďn belangrike psigologiese funksie deurdat dit Suid-Afrikaanse gays bemagtig om hul pyn en frustrasie te verbaliseer. Die anonimiteit van die internet laat gays wat viktimisasie vrees, toe om hul stories te vertel binne ín veilige ruimte.

Gay@LitNet skep vir baie jonger gays die geleentheid om hul stories te vertel en op ín interaktiewe wyse deel te hÍ aan die gaysubkultuur. Die volgende uittreksel uit ín brief van Ďn 20-jarige dien as voorbeeld:

In die eerste plek wil ek rÍrig net dankie sÍ vir die uitstekende webblad vir gays. Ek is 20 jaar oud en in my tweede jaar op universiteit. Ek is gay, maar is nog so bietjie in die kas! Wanneer dinge te veel te raak en ek dink ek gaan ontplof, gaan ek net na Gay@LitNet toe en lees ín paar artikels of menings van ander gay mans, want om so in die kas te lewe kan soms nogal baie, baie frustrerend raak en dan is dit troostend om te weet dat daar wel ín gaywÍreld daarbuite is en ek nie alleen is nie.
Die bydrae wat Gay@LitNet maak tot die skep van ín samehorigheidsgevoel onder jonger gays is van onskatbare waarde as die gebrek aan platforms vir jonger gays in berekening gebring word. Gross (2003:262) bied die volgende perspektief op hierdie tendens:
Yet despite the dramatic increase in the public visibility of gay people in nearly all domains of our public culture, most young lesbian, gay, bisexual and transgendered people still find themselves isolated and vulnerable. Their experiences and concerns are not reflected in the formal curricula of schools or in our societyís informal curriculum, the mass media. For these teenagers the internet is a godsend.
4.2.3 Stimulering van gespreksvoering tussen uiteenlopende groepe
Dit is interessant op daarop te let dat heteroseksuele lesers ín lewendige belangstelling in die debatvoering op Gay@LitNet toon, soos Botha (2005) aantoon:
Wanneer ín polemiek geplant word of ontstaan, is dit opmerklik hoe baie sg nie-gays met oorgawe deelneem; omdat Gay@LitNet se stukke so goed in die LitNet-nuusbriewe en -inhoudsopgawe aangekondig word, word sekere lesers gelok wat nie outomaties op Gay@LitNet sou inklik nie.
Die interaktiewe aard van Gay@LitNet stimuleer response van heteroseksuele lesers wat hul perspektiewe (en dikwels bekentenisse) met lesers wil deel. Ďn Goeie voorbeeld is die volgende respons van ín heteroseksuele vrou (gepubliseer op 7 November 2005):
Ek is nie gay nie en sou onder ďnormaleĒ omstandighede nie hierdie webbladsy besoek het nie, maar my ding met gay mense het met Laurie Gaum en die NGK begin Ďn paar maande gelede. Ek is ín doodgewone ďstraightĒ ma en vrou en is lief vir my kerk. Die tragiese gebeure rondom Laurie en die kerk se teleurstellende reaksie het by my gespook.
Later vertel sy van ín insident wat haar met ander oŽ na gay mense laat kyk het:
Twee dae later sien ek hoe twee gay mans mekaar hartstogtelik soen op Madrid-lughawe as afskeidsgroet, en deernis wel in my op. Skielik besef ek dit gaan nie (noodwendig) om seks nie Ė dit is liefde. In Ďn helder oomblik besef ek toe dat twee mans mekaar werklik lief kan hÍ.
Dit is uit hierdie voorbeeld duidelik dat die internet oor die vermoŽ beskik om lesers met uiteenlopende perspektiewe saam te snoer. Hierdeur word ín teelaarde vir wedersydse begrip geskep.

Vorige debatte op Gay@LitNet lei tot intense gespreksvoering wat die demokratiese konsep van vryheid van opinie ondersteun. Ek sal ín paar voorbeelde ter ondersteuning noem.

In 2004 word lesers gevra om op die volgende stelling te reageer: ďSÍ nou gays mag trou?Ē Die reaksies wissel van diť wat dink dat dit ín sonde is tot diť wat van mening is dat dit ín positiewe stap is in die rigting van gayregte. Die volgende koppe gee ín aanduiding van die veelvoudigheid van die perspektiewe op hierdie kwessie: ďGayhuwelike is onbybelsĒ; ďJa, dit is sonde!Ē; "Daarís plek in die hemel vir straightsĒ; ďDie antwoord na ín duisend vergane verhoudings?Ē; en ďEk dink dit is wonderlikĒ. Reaksies word van beide gay en heteroseksuele lesers verkry, maar alle opinies word onder dieselfde subskakel gehuisves.

Ďn Positiewe aspek rakende hierdie spesifieke debat is die gebalanseerde wyse waarop die redakteurs poog om konflikterende opinies te akkommodeer deur Ďn boekprys toe te ken aan ďdie opwindendste, indringendste e-pos ten gunste van gayhuwelikeĒ, maar ook vir ďdie beste afkeuring van die moontlike nuwe soort huwelikeĒ.

Gay@LitNet skram nie weg van kontroversiŽle kwessies nie. In 2005 word lesers genooi om op die volgende onderwerp te reageer: ďGetroude vrou gun haar man seks met ín manĒ, gebaseer op die onthulling van James McGreevy, goewerneur van die Amerikaanse staat New Jersey, nadat hy beken het dat hy ín liefdesverhouding met Ďn man het terwyl sy vrou daarvan bewus is. Hierdie onderwerp lei tot hewige reaksies op Gay@LitNet. Een leser reageer soos volg:

Ek weet nie hoe jy eers kan belangstel in so ín onderwerp en dat normale mense hul opinie moet gee met betrekking tot die teks nie! Dit kan net nie normaal wees nie Ė teen die natuur, met ander woorde, hoogs abnormale bedrywighede van die bose. Alles is siek op jou site. Die reines van hart sal seŽvier!
Volgens hierdie reaksie slaag Gay@LitNet daarin om fundamentalistiese antigay-sentimente binne die Suid-Afrikaanse gemeenskap bloot te lÍ deur nie antigay-sentimente te verbloem nie.

Interessant genoeg skep hierdie spesifieke debat ín platform vir heteroseksuele vrouens wat soortgelyke ervarings gehad het. Daardeur gee Gay@LitNet stem aan die heteroseksuele vrou om haar frustrasies, woede, ervarings en perspektiewe te verbaliseer wat myns insiens moeiliker sou wees binne ander kontekste. Die volgende respons van ín heteroseksuele vrou dien as voorbeeld:

Ek dink dis erger vir ín vrou as haar man haar moet los vir ín ander man as vir Ďn ander vrou. Dit doen iets aan jou menswees, dit vat iets weg en jou hele lewe verander.
Binne die konteks van dieselfde debat spreek gay en heteroseksuele Suid-Afrikaners hul misnoeŽ uit met behoudende sienswyses. Die volgende lesersreaksies dien as voorbeelde. Een deelnemer, ín heteroseksuele vrou, het die volgende te sÍ in reaksie op ín ander deelnemer se ultrakonserwatiewe standpunte:
Kom by, vrou, en dink vir jouself; hou op om God en geloof en die kerk en jou eie verwronge sienings aan jou dogters en jou familie en vriende en mense te verkondig!
Dieselfde deelnemer wens ook ín ander deelnemer geluk met haar aanval op antigay-sentimente as sy skryf:
Dankie! Ek dink dat al ons Afrikaanssprekende Calvinistiese wit mense in hierdie land ín moerse sielkundige probleem het. Jyís op die regte pad.
Dit is belangrik om daarop te let dat die menings op Gay@LitNet grootliks sentreer rondom religieuse kwessies. In ín groot mate is dit te verstane, aangesien die kwessie van gay-Christenskap die afgelope paar jaar konstant in die spervuur was. Voorbeelde hiervan is die Danie Botha-debakel (2003), die ontslag van ds Laurie Gaum (2005), die 2004-Sinodesitting van die NG Kerk, waar hewig oor homoseksualiteit gedebatteer is, die amptelike verskoning van die NG Kerk aan alle homoseksueles (2004), en die meningsverskille onder NG Kerk-leiers oor sinodebesluite aangaande homoseksualiteit (2005). Gay@LitNet bied hiermee ook vir die gay Christen ín platform om sy/haar perspektiewe met ander te deel, veral in die lig van die feit dat religieuse onverdraagsaamheid tans ín knelpunt is vir menige gay Christene, soos duidelik uit die volgende blyk (gepubliseer op 6 Mei 2005):
Ek probeer self om ín Christen te wees, maar soos die Christene vandag is, dink ek nie hulle ken DIE HERE se liefde nie, of hulle kan nie LIEFDE spel nie. Ek is gay, maar sal nooit uitkom nie. Ek bly liewer in die kas voor ek veroordeel word. Ek wonder of hulle ín briefie van GOD gekry het dat Hy ons veroordeel. GOD veroordeel nie; dis die mens wat veroordeel.
4.3 Uitdagings

4.3.1 Die probleem van etikettering

Alhoewel Gay@LitNet binne die breŽ struktuur en opset van LitNet gesetel is, funksioneer dit steeds onder Ďn afsonderlike etiket, soos al die ander onderskeie platforms soos byvoorbeeld erotiese literatuur, isiZulu-literatuur en Nederlandse literatuur. Hierdie situasie is op verskeie maniere problematies. Dit is inderdaad moeilik om effektief alle perspektiewe op gay-identiteit te akkommodeer, omdat die gaysubkultuur uit ín uiteenlopende groep mense bestaan met uiteenlopende lewenswyses, perspektiewe en waardestelsels. Botha (2005) laat hom soos volg hieroor uit:

Ja, dit is weer die ou-ou kwessie: sommige gays is ghetto-/groepsgerig en gaan op in die gemeenskaplikheid met ander gays; hulle identifiseer met ander; hulle saak word gestel. Iemand het onlangs die Huisvergadering-aanbod van "Menings van ons lesers" verwelkom as iets wat dit waarlik ďons bladĒ maak. Die herhaalde lofbetuigings verseker ons dat ons iets reg doen. Ander wil weer nie so ďuitgesonderĒ word nie; ďons is nie almal so nieĒ. Daarom probeer ek om alle persoonlikheidstipes en ingesteldhede te akkommodeer.
Aucamp (2005) laat hom soos volg oor die ghetto-idee uit in reaksie op die Suid-Afrikaanse gaybloemlesing The Invisible Ghetto (1993):
Dit is jammer dat ín titel soos The Invisible Ghetto die gedagte aan Ďn ghetto bestendig, want volgens reaksies van jong eietydse gays, onder andere op Gay@LitNet, het die ghetto-idee onaanvaarbaar geword. Die gays van ín nuwe geslag wil juis sigbaar wees, en nie sosiopolities, of hoe dan ook, gemarginaliseer word nie.
Weideman (2000) sluit hierby aan as hy beweer:
Die grootsheid van ín kunswerk hang nie af van Ďn etiket nie. Dat mense hulle die benaming "gay-skrywers" of "vroue-skrywers" laat welgeval, is seker hul reg, maar wesenlik het ras, geloof en seksuele oriŽntasie nie primÍr met die geskrewe produk te doen nie, tensy dit tot tema gemaak word.
Dit is egter so dat skrywers uit minderheidsgroepe dikwels vanuit gemarginaliseerde posisies skryf om sekere heteroseksistiese waardesisteme te ondermyn. Skryfwerk en identiteitsvorming het vir hierdie skrywers ín direkte verband met mekaar. Vir hierdie skrywers is hul seksuele oriŽntasie deel van bepaalde sensitiwiteite wat hul skryfwerk kenmerk. Die problematiek lÍ egter daarin dat spesifieke etikette die verwagtingshorisonne van lesers so kan beperk dat hulle waardering verloor vir gedeelde menslike sensitiwiteite wat wel in gayletterkunde teenwoordig is. Temas soos verlies en begeerte het in diť sin weinig verband met seksuele oriŽntasie.

Ďn Verdere probleem wat voortspruit uit afsonderlike etikettering het te make met dekking in die breŽ media. Botha (2005) argumenteer dat LitNet die afgelope jare dikwels goeie mediadekking verkry het, maar dat Gay@LitNet slegs twee keer die afgelope drie jaar dekking na buite gekry het, ten spyte van die feit dat gayverwante kwessies die afgelope tyd konstant in die nuus was. Dit veroorsaak dat werke met goeie literÍre meriete nie geredelik aan die hoofstroom bemark word nie. Die hoogs informatiewe artikels van Hennie Aucamp is uit ín kulturele oogpunt belangrik, maar dit word nie genoegsaam aan die hoofstroom bekendgestel nie.

Etikettering laat allerlei moeilike vrae ontstaan: Waar hoort Ďn teks deur ín ďstraightĒ skrywer met Ďn gay-inslag? Hoekom moet daar ín onderskeid getref word tussen heteroseksuele en homoseksuele erotika? Sal laasgenoemde nie dalk heteroseksuele lesers van erotiese literatuur op LitNet vervreem nie?

Die feit dat daar geen onderskeid tussen literÍre en populÍre werke gemaak word nie, kan problematies wees vir die skrywer wat werk lewer met goeie literÍre meriete. Dergelike outeurs kan verskeurd voel tussen verdeelde lojaliteite, maar dit kan ook daartoe lei dat hulle werk as minderwaardig deur kritici beoordeel word, aangesien dit in jukstaposisie staan met eksplisiete prikkelliteratuur wat geen literÍre kwaliteite vertoon nie. Botha (2005) beweer dat hy ín ikoonstelsel wou invoer sodat lesers hulle onmiddellik met spesifieke tekste kan identifiseer, maar het daarteen besluit, omdat tekste dikwels nie kategoriseerbaar is nie en dit as neerbuigend teenoor die leser beskou kan word. Botha (2005) se uitgangspunt is om soveel moontlik tekste te publiseer, sodat daar iets vir almal is. Ďn Ander moontlikheid is om prikkelliteratuur juis in te span om lesers na literÍre tekste te lok.

4.3.2 Gebrek aan diverse stemme
Gay@LitNet word tans grootliks gedomineer deur blanke manlike skrywers. Alhoewel ín verskeidenheid van inhoudstipes op Gay@LitNet bestaan, word dit grootliks gevul met literatuur deur blanke Afrikaanssprekende mans. Stemme uit ander groepe is in ín groot mate afwesig, ofskoon hierdie groep alternatiewe historiese en kontemporÍre perspektiewe kan bied op gay-ervarings. Hierdie situasie word meer problematies as in gedagte gehou word dat gays uit niewit gemeenskappe Ďn vitale en kreatiewe bydrae tot gay-ervaring in Suid-Afrika gelewer het, soos Palmberg (1999: 269) tereg aantoon:

The Cape moffies were indeed an important part of the culture of the colored community, with its hub in District Six in Cape Town. They also had a significant public presence in the annual Coon Carnival, organized from within the colored community of Cape Town and one of the major cultural events of the city. The carnival was led by a moffie, and one of its features was the playful mocking of conditions of gender and sexuality.
Deur nie literÍre werke te publiseer van gays uit ander kulturele groepe nie word ín beduidende deel van gaybewussyn in Suid-Afrika verswyg. Hierdie is egter ín voortslepende tendens wat gayletterkunde in Afrikaans sedert sy bloeitydperk gedurende die tagtigerjare van die vorige eeu kenmerk. Dit herinner sterk aan die Amerikaanse tendens, waar gay-ervarings van Afro-Amerikaners ook grootliks verswyg is en eers laat in die 20ste eeu geboekstaaf is met die publikasie van bloemlesings soos Brother to brother: new writings by black gay men (1991), Black like us: a century of lesbian, gay and bisexual African American fiction (2002), en Shade: an anthology of fiction by gay men of African descent (2002).

Die belangrikheid van gaytematiek in postkoloniale diskoerse word verder bevestig deur bloemlesings soos Ladlad: an anthology of Philippine gay writing (1994) en Yaraana: gay writing from India (1999).

Hierdie situasie is verder problematies aangesien dit wanpersepsies versterk dat homoseksualiteit ín blanke en suiwer koloniale gegewe is wat nie tuis hoort in nieblanke gemeenskappe nie. Berman (1993) dui die problematiek hiervan soos volg aan:

Apartheid, and the privileges of whites in South Africa, have given disproportionate exposure to the presence of the white gay and lesbian community. This has contributed to the belief held by many black South Africans that homosexuality is an un-African, white, Western phenomenon. At the same time, the scarcity of documentation is not evidence that same-sex relationships do not exist in traditional African cultures.
Verder lei ín gebrek aan swart gay skrywers daartoe dat daar geen korrektief gestel word op die persepsie dat swart gay-ervarings alleenlik gedefinieer kan word in terme van dominante blanke perspektiewe nie. Sulke persepsies is ontdaan van historiese waarheid, soos Palmberg (1999:269) aantoon:
It is worth noting that there were many black gay and lesbian spaces, particularly in the townships, long before a gay and lesbian movement in South Africa emerged. These are only beginning to be documented. A fairly common notion among whites in South Africa and abroad is that gay and lesbian activity in the black townships was an imitation of and inspiration from whites. This has been rejected as condescending and paternalist by many black homosexuals.
Soos reeds vermeld, is dit verblydend dat Gay@LitNet grootliks tekste in Afrikaans publiseer, maar dit is terselfdertyd beperkend. Daardeur word ín groot deel van die Suid-Afrikaanse gaygemeenskap uitgesluit. Meer tekste in Engels of in een van die ander nege amptelike Afrikatale is nodig ten einde Gay@LitNet verteenwoordigend van Suid-Afrikaanse gay-ervarings te maak. Laasgenoemde sal verder daartoe bydra om die persepsie te weerlÍ dat gay-ervarings alleenlik ín blanke gegewe is. Linguistiese struikelblokke kan deur middel van vertaling opgehef word. So Ďn inisiatief sal Suid-Afrikaanse gays ín kreatiewe perspektief op mekaar se leefwÍrelde bied.

Dit is belangrik om die afwesigheid van ander groepe binne historiese konteks te sien. Gedurende die Apartheidsjare het gays weens komplekse sosiale kragte nie as ín verenigde front teen ín homofobiese regering opgetree nie, soos Palmberg (1999: 268) aantoon:

We cannot understand gay and lesbian movements as organisms but only as varieties of individual and collective experiences in the complex and changing contexts of social forces.
Volgens Crous (2005:135) is daar in die geval van swart gay skrywers sprake van dubbele diskriminasie, omdat hulle anders is in terme van ras ťn seksuele oriŽntasie. Dit het ín direkte invloed op die manier waarop hulle hulself in terme van die dominante literÍre sisteem posisioneer en op hul identiteitsvorming (waarvan literÍre werke en vertellings ín uitvloeisel is).

Hierdie komplekse situasie het noodwendig aanleiding gegee tot ín verdeeldheid tussen blanke en nieblanke gay skrywers. Gay@LitNet kan ín belangrike rol speel om gays uit verskillende historiese agtergronde te versoen mits Gay@LitNet sy bestaande appŤl uitbrei.

Skryfwerk wat lesbiese ervaring verwoord, word tans oorheers deur manlike skryfwerk. Meer kortverhale en gedigte moet gepubliseer word om die multidimensionele aard van lesbiese ervarings te verwoord.

Die werk van heteroseksuele outeurs wat skryf oor gay-ervarings verdien meer blootstelling op Gay@LitNet, veral as daar in gedagte gehou word dat ín aantal heteroseksuele outeurs reeds opgeneem is in gaybloemlesings soos Wisselstroom (1990) en Soort soek soort (1997).

Die ervarings van transseksuele en biseksuele perspektiewe is tans grootliks afwesig op Gay@LitNet, alhoewel sodanige perspektiewe wel bestaan, soos blyk uit die volgende reaksie van ín transseksuele man op Gay@LitNet:

Ek twyfel of ek gay is, want ek begeer nie Ďn man se lyf nie; dalk sou ek eerder ín lesbian wees as ek wel ín meisie kon wees. Ek is baie gelukkig met Ďn oulike vrou getroud en ons het al groot kinders. Nou is dit by my ín uitgemaakte saak: ek hou nie van mans nie, en soek baie selde hul geselskap op.
5. Slotsom
Sedert November 2002 lewer Gay@LitNet ín belangrike bydrae tot die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse gayletterkunde, maar spreek ook die sosiale en psigologiese behoeftes van gay lesers aan. Gay@LitNet lei tot stimulerende debatvoering waarbinne uiteenlopende perspektiewe ondervang word en bied aan gay skrywers en lesers die geleentheid om hul outentieke ervarings met ín groter lesersgehoor te deel. Tog staan Gay@LitNet tans voor ín aantal uitdagings wat veral te make het met die ontginning van diverse stemme binne ín multikulturele gemeenskap.

Aantekeninge
1. Hierdie artikel is gedeeltelik gebaseer op ín ongepubliseerde referaat wat tydens die Second Global Conference on Sex and Sexuality: Critical issues van 30 November tot 3 Desember 2005 in Wenen, Oostenryk gelewer is.

2. Die term gay word kollektief gebruik om te verwys na die uiteenlopende persone, identiteite en perspektiewe wat die Suid-Afrikaanse gaygemeenskap kenmerk. Dit verwys nie slegs na manlike perspektiewe nie, maar ondervang ook lesbiese, biseksuele en transseksuele perspektiewe.

3. Dank aan Danie Botha (hoofredakteur van Gay@LitNet) vir sy sinvolle kommentaar tydens die voorbereiding van hierdie artikel en vir sy deelname aan ín epos-onderhoud wat op 8 November 2005 met hom gevoer is.

Bibliografie
Aucamp, H. 1990. Wisselstroom: homoŽrotiek in die Afrikaanse verhaalkuns. Kaapstad: Human & Rousseau.

Aucamp, H. 2002. Hittegolf: wulpse sonnette met Ďn nawoord. Kaapstad: Homeros.

Aucamp, H. 2005. Soveel hoofde, soveel keuses: Gaybloemlesings van ín kwarteeu en langer. [Intyds.] Beskikbaar: http://www.litnet.co.za/gay/aucamp_bloemlesings.asp

Blithe House Quarterly: A Site for Gay Fiction. [Intyds.] Beskikbaar: http://www.blithe.com. Bygewerk op 22 Augustus 2004.

Botha, D. 1995. Die Soft Rock Klub. Kaapstad: Tafelberg.

Botha, D. 2001. Party van ons: die Homeros leesboek. Kaapstad: Homeros.

Botha, D. 2005. Epos-onderhoud met referent op 8 November 2005.

Carbado, DW, DW McBride & D Weise (reds). 2002. Black like us: a century of lesbian, gay and bisexual African American fiction. San Francisco: Cleis.

Cochrane, N. 2004. Swart koring van Joan Hambidge as parodie en pastiche op populÍre kultuur. Tydskrif vir Letterkunde. 41(2), 127-142.

Crous, M. 2005. Die Ander oor Andersheid: Swart skrywers en die soeke na gayidentiteit-perspektiewe op K Sello Duiker se The Quiet Violence of Dreams en Clive Smith se Bly te kenne, Braam. Stilet. XVII:1, 134-149.

De Lange, J. 1996. Vreemder as fiksie: en ander konterfeitsels. Kaapstad: Human & Rousseau.

De Lange, J. 1997. Soort soek soort: Ďn versameling alternatiewe ervarings. Kaapstad: Human & Rousseau.

De Lange, J. 2000. Tweede natuur. Kaapstad: Homeros.

De Wet, K. 2003. e-Afrikaans: digitale publikasies en publikasieforums in Afrikaans. Stilet XV:1, pp. 302-319.

Garcia, NC & D Remoto (reds). 1994. Ladlad: an anthology of Philippine gay Writing. Pasig: Anvil.

Gay@LitNet. [Intyds.] Beskikbaar: http://www.litnet.co.za/gay/default.asp.

Gevisser, M & E Cameron (reds). 1994. Defiant desire. Johannesburg: Ravan.

Gross, L. 2003. The Gay Global Village in Cyberspace. In: Couldry, N & J Curran (reds). Contesting media power: alternative media in a networked world. Lanham: Rowman & Littlefield Publishers, 259-272.

Hambidge, J. 1996. Swart koring. Kaapstad: Human & Rousseau.

Hambidge, J. 1998. Die Judaskus. Johannesburg: Perskor.

Hambidge, J. 1998. Swart sluier. Kaapstad: Tafelberg.

Hambidge, J. 2001. Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het. Goodwood: ContentLot.com.

Harrington Gay Menís Fiction Quarterly. Binghamton, New York: Harrington Pleasure Press.

Hemphill, E. 1991. Brother to brother: new writings by black gay men. Boston: Alyson.

Isaacs, G & B McKendrick (reds). 1992. Male homosexuality in South Africa: Identity formation, culture and crisis. Cape Town: Oxford University Press.

Kannemeyer, JC. 2005. Die Afrikaanse literatuur 1652-2005. Kaapstad: Human & Rousseau.

Krouse, M & K Berman (reds). 1993. The Invisible Ghetto: lesbian and gay writing from South Africa. Fordsburg: COSAW Publishing.

Leavitt, D & M Mitchell (reds). 1994. The Penguin Book of Gay Short Stories. Londen: Penguin.

Leavitt, D & M Mitchell (reds). 2003. The New Penguin Book of Gay Short Stories. Londen: Penguin.

Lodestar Quarterly. [Intyds.] Beskikbaar: http://www.lodestarquarterly.com. Bygewerk op 5 April 2005.

Loots, F. 2001. NagvoŽls. Kaapstad: Homeros.

Loots, F. 2003. Lente in Beijing. Kaapstad: Tafelberg.

Malherbe, V. 2000. Blomme vir Leon. Kaapstad: Homeros.

Merchant, H (red). 1999. Yaraana: gay writing from India. New Delhi: Penguin Books.

Mitchell, M (red). 1995. The Penguin Book of International Gay Writing. New York: Viking.

Morrow, B & CH Rowell. 1996. Shade: an anthology of fiction by gay men of African descent. New York: Avon Books.

Palmberg, M. 1999. Emerging Visibility of Gays and Lesbians in Southern Africa: Contrasting Contexts. In: Adam, BD, J Duyvendak & A Krouwel (reds). The Global Emergence of Gay and Lesbian Politics: National imprints of a worldwide movement. Philadelphia: Temple University Press, 266-292.

Pienaar, A. 2003. Die John Boswell-reeks: Aantekeninge by John Boswell se Christianity, Social Tolerance, and Homosexuality. [Intyds.] Beskikbaar: http://www.litnet.co.za/gay/boswell.asp.

Prinsloo, K. 1992. Slagplaas. Kaapstad: Human & Rousseau.

Reynolds, M (red). 1993. The Penguin Book of Lesbian Short Stories. Londen: Penguin.

Smith, C. 1999. Bly te kenne, Braam. Kaapstad: Kwela.

South African Constitution. [Intyds.] Beskikbaar: http://www.polity.org.za/html/govdocs/constitution.

Uys, P. 2002. Om liefde te score. Kaapstad: Homeros.


LitNet: 11 Mei 2006

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.