GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

 

Neil Cochrane

Neil Cochrane het in die uitgewerswese studeer. Hy is tans werksaam as junior dosent by die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Naas akademiese artikels skryf hy ook gedigte en kortverhale. Hy beskou skryf as onontbeerlike psigoterapie. Ander liefdes van hom (in geen spesifieke volgorde van belangrikheid nie) sluit in: die Lieder van Schubert, flieks van Pedro Almodovar, melktert, sy chihuahua, Tessa en Jeremy Irons. Sy gunsteling outeurs is Gabriel Garca Mrquez, Frank McCourt, Hemingway en Etienne Leroux.

Terug na Eden

Neil Cochrane

Dit is Maandag 16 Julie. Buks de Lange en Arnold Beukes sit elkeen vanaand met enorme wasgoedprobleme. Eintlik het hulle nog nooit vantevore hiermee gesukkel nie, maar die afgelope paar weke besorg die versorging van hul klere aan beide mans hoofbrekens.

Buks is in sy vyftigs en is drie jaar gelede van sy vrou geskei. Arnold is in sy twintigs en was nog nooit in n lang verbintenis betrokke nie. Kortstondige affairs met yuppies is meer sy tipe ding.

Al bly hulle in dieselfde voorstedelike sekuriteitskompleks en al werk hulle vir dieselfde maatskappy, doen nie een veel moeite om die ander van nader te leer ken nie. Hulle leefwrelde is verdiepings van mekaar verwyder: Buks sit op die agste en Arnold op die tweede vloer van die hoofkantoor. Hulle enigste kontak is beperk tot formele kopknikke en skramse groetwoorde as hulle mekaar toevallig in die gange raakloop. Selfs by die plaaslike wassery, waar hulle elke Maandagaand besoek afl, bly die twee maar skugter vir mekaar.

Die afgelope ruk het die eensaamheid vir Buks te veel begin word. Dit het tyd geword dat hy homself aan die vergetelheid ontruk. Ek is tog nie so onaansienlik nie, dink hy een oggend, terwyl hy hom in die spiel betrag. Derhalwe besluit hy om sy kleredrag so n bietjie op te kikker. Geen probleem hiermee nie, net jammer dat die vere doodeenvoudig net nie by di vol kan uitkom nie. Buks de Lange kan nie die knoop behoorlik deurgehak kry nie. Al wat hy kan wys van sy nuutgevonde jeugdigheid is net meer en meer wasgoed en al hoe minder sosiale afsprake. Sy kredietkaart is oortrokke, en hy steeds onbetrokke.

Ook te verstane, want waar Buks voorheen n week lank met dieselfde huisklere geloop het, word hy die laaste tyd geteister deur n drang om kort-kort van klere te verwissel. En let wel: nuwe klere wat hy by tienerafdelings gaan koop Levis, Diesel, noem maar op. Dan is dit di denim en dan daardie denim. Nou hierdie T-hemp en n uur later weer n ander een. Hy wat nog nooit hierdie tipe drag kon uitstaan nie. Hy sal selfs onbewustelik wyn of tamatiesous oor sy nuwe klere uitmors, net om weer ander te gaan aantrek hy wat altyd so mooi gesorg het dat sy klere skoon bly. Hy wat deur ander as relatief konserwatief in sy kleredrag beskou is, begin al hoe meer uitspattig aantrek. Selfs wilde klere uit sy hippiedae wat hy iewers uit sy solder opgediep het.

Die mense in sy kantoor begin dink dat daar iets met hom skort. Hy daag elke dag by die werk op met n enorme rugsak oor sy skouer en deur die loop van die dag verdwyn hy kort-kort uit sy kantoor om te gaan verklee. Hy gee naand nie meer om of kleure of teksture by mekaar pas of nie. Een oggend daag hy met n swart leerbroek, n pienk hemp uit die jare sestig, n wit strikdassie en geskeurde denimbaadjie met die woorde Flower Power daaroor gespuitverf by die werk op. Die kersie op die koek is egter die Calvin Klein-onderbroek wat behendig by sy agterstewe uitsteek, die etiket heel leesbaar teen die hang van sy gat. Dit is hoe die jong seuns dit tog doen, waarom kan ek ook nie, het hy vanoggend geredeneer. Hy wat sy lewe weggesmyt het deur twintig jaar lank met n koue en kil vrou getroud te wees.

Sy baas besluit egter dat genoeg nou genoeg is. Buks het begin om sy werk te verwaarloos en is besig om die beeld van die maatskappy skade te berokken. Hy word gevra om drie weke verlof te neem sodat hy sy kop kan skoon kry.

Alhoewel Arnold Beukes se probleem nie in hoeveelhede en uitspattigheid gesetel is nie, is dit net so erg soos Buks sn, indien nie erger nie. Hy probeer nou al lank om die nuutaangestelde rekenmeestertjie se aandag te trek. Arnold wil so graag n lekker fling aanknoop wat hy gerieflik n so twee maande weer kan ontknoop. Arnold was nog altyd lief vir mooi klere, maar sedert hy sy oog op die jong rekenmeestertjie het, raak hy skoon die kluts kwyt. Alles moet nou etiketdraend wees. Selfs sy sokkies. Hy het vir hom n nuwe ring en bypassende armband laat ontwerp uit die suiwerste goud. Hy het vir hom sewe bottels mansparfuum gaan koop. Een vir elke dag. Mystery Man vir Saterdae en Lonesome Ranger vir Sondae as hy alleen maar van die windgat rekenmeestertjie kan droom.

Alles verniet. Die rekenmeestertjie kyk nie eers in sy rigting nie.

Erger nog het sy ontwerpersklere onverklaarbaar begin om te verbleik. Hierdie toedrag van sake staan die modebewuste Arnold glad nie aan nie; hy is immers deel van die maatskappy se reklame-en-kreatiwiteitsafdeling, oftewel die yuppiebrigade. Die klere en name wat jy aan jou lyf dra, is van die allergrootste belang. Gucci, Armani, Salvatore Ferragamo vir werk; Nike, Adidas en Reebok vir speel. Arnold se status is ernstig in die gedrang.

Dit maak nie saak hoe versigtig hy omgaan met kleure nie, n twee of drie wasse begin die helderste kleure op sy ontwerpershemde doodeenvoudig hul voormalige aantreklikheid verloor. Naderhand is selfs die goddelike name tot anonimiteit verbleik. Dit is asof dit n elke was net erger word. Hy het al alles probeer: alternatiewe waspoeiers, handwas in plaas van masjienwas, koue water in plaas van warm water, die aanwysings soos n gebed ingestudeer, maar niks wil help nie.

Van die rekenmeestertjie is daar steeds geen taal of tyding nie.

Die enigste ander opsie is om maar die skyn te wek dat verbleikte ontwerpersklere die jongste modeneiging is. Daarmee kry Arnold selfs sy kollegas so ver om aan hierdie nuwe neiging te glo. Sy kollegas begin om hulle ontwerpersklere doelbewus te bleik. Om in te wees is immers die belangrikste ding wat jy kan wees binne die geledere van die trendsetters.

Arnold en sy kollegas kan die front egter net n klein rukkie volhou. Naderhand begin almal innig verlang na hul ontwerperminnaars Gucci, Armani en Gianni. Binne n ommesientjie is verbleiking nie meer so cool nie en almal hervat hul voormalige liefdesverbintenisse. Almal behalwe Arnold. Hy begin soos n seer oog uitstaan en word spoedig herdoop tot Blykie Blue.

Die laaste strooi is toe hy n klomp PAs hoor skinder: My fok, Lizelle, het jy gesien hoe lyk Blykie Blue al weer vanoggend. Dit lyk behoorlik of hy met sy gat in die Jik geval het. Ha-ha-ha. Arnold besluit om migraine en meningitis te ontwikkel en word vir twee weke deur sy huisdokter afgeboek.

Weens tegniese probleme by Superclean-wassery beland Buks en Arnold vanaand langs mekaar, hul skugterheid ten spyt. In die verlede het hulle altyd gesorg dat hulle ver van mekaar posisies inneem. Buks by nommer ses en Arnold by nommer drie en twintig.

Arnold kyk skeef na die hope en hope vuil wasgoed wat Buks rondom hom neergesit het. Waar kom hy aan al hierdie weird wasgoed? Is mens nie veronderstel om met minder klere klaar te kom hoe ouer jy word nie? Wat n kitsch ou mannetjie! En kyk hoe lyk die arme man! n Woljas bo-oor n visnethempie en bell-bottoms met yslike sonneblomme daarop gedrapeer? Bid jou aan! Die arme man het seker al ligte Alzheimers, probeer Arnold die situasie opsom.

Op sy beurt kyk Buks besorgd na die jonger man se bondeltjie verbleikte ontwerpersklere en dink by homself: die arme man, hy weet seker nie van beter nie. Hy weet nog nie dat name ook kan verbleik nie. Hy het n ouer hand nodig om sekere onderskeide vir hom duideliker te maak.

Arnold begin sy verbleikte klere uit te sorteer. Hy voel deur die sakke vir los kleingeld, papiertjies met neergekrapte telefoonnommers daarop en miskien n ongebruikte kondoom of twee. Dit sal vir jou n helse gemors afgee as laasgenoemde item in die wasoutomaat moet beland. Hy maak die groot maag van die bonkige masjien oop, gooi die korrekte hoeveelhede waspoeier en versagter in en maak die deksel toe. Hy gooi n paar muntstukke in die wasjien en druk die START-knop. Die water begin intap. Langs hom het Buks ook pas die ritueel voltooi. Sekuur druk hy ook op die START-knop van masjien nommer tien.

Buks loop agter Arnold verby om sy plek op een van die stoeltjies teen die oorkantste muur te gaan inneem. Dit gaan n lang wag wees. Hy sien nie een van Arnold se Tommy Hilfinger-onderbroeke op die vloer l nie. Meteens struikel Buks daaroor en slaan met woljas en al neer. Arnold is dadelik by.

Ag, ek so jammer, is jy oukei?

Ja, ek is ongedeerd, maar jy moet nie jou onderbroeke so laat rondl nie.

Ek is baie jammer. Wag, dan gee ek jou n hand.

Met die opkomslag ontmoet hulle o mekaar. Diep poele waaruit nie een kan ontsnap nie. Hulle staan mekaar en betrag. Dit is asof hulle mekaar vir die eerste keer werklik sin. Sien soos wat hulle is.

n Gedeelde besef dring tot hulle deur: ons is skaam vir dit wat ons aan het, ons is skaam oor hoe ons lyk. Dit het tyd geword om ontslae te raak van hierdie klere en alles wat daarmee geassosieer word.

Sonder huiwering begin hulle mekaar stuk vir stuk uittrek. Hul klere val soos skille van hul lywe af, totdat hulle poedelkaal onder die buisligte staan. Die ander mense sien dit, gil luidkeels en kies die hasepad.

Hulle neem mekaar se hande en druk saam-saam die STOP-knoppe op masjiene tien en elf. Die bonkige wasoutomate ruk tot stilstand. Vyf en sewentig jaar van geleefde lewe bly op n hopelose hopie l.

Hand aan hand stap hulle by die voordeur van die wassery uit. Gekledes en geveerdes gaap hulle met verbystering aan. Hulle steur hulle nie daaraan nie, omdat hulle weet: n onbeskaamde Eden l op hulle koms en wag.

Ook deur Neil Cochrane: n Les in biologie, Om nee te s en Hy kom met die glitterball: n Belydenis in n pastiche.


LitNet: 20 September 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.