GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hy kom met die glitterball: ’n Belydenis in ’n pastiche

Neil Cochrane

“In this world it is not what we take up, but what we give up that makes us rich” - Henry Ward Beecher

Die duur Britse publikasie lok my nader. Nog ’n mooi gesiggie wat vir verveelde kliŽnte ogies maak? Terwyl ek na sy profiel staar, dink ek skielik aan ’n Cussons-gedig: “Hoe sal ek jou ooit ken? / Jy is te mooi, jy is te behep, / jy klewe aan my kyker vas, / ontwykende, wyderende ster.”

Die simposium is vermoeiend en hierdie Oos-Kaapse dorpie bied niks meer as kerke en ’n tikkie vervloŽ Engelse kultuur nie. Hoe kon ek ooit dink dat ek van Stef sou vergeet op so ’n pretensieuse ou plekkie? Tog haal ek die R50-noot uit om my later te verlustig aan lywe van glanspapier. Soos gewoonlik kan ek myself skop. R50 vir vyf minute se plesier. Telkens vernis ek die voorbladhunk met ’n oneweredige lagie taai beskerming. Sal hulle nog so skalks lag as hulle moes weet?

Ek probeer om Stef uit my gestel te kry. As ywerige student van die Afrikaanse letterkunde vind ek troos in my boeke en gesprekke oor die literatuur. Hierdie simposium het ook net op die regte tyd gekom. Die ontsyfering van die Maria/Marie-figuur in Sy kom met die sekelmaan en die rol van Jungiaanse sielkunde in Sewe dae by die Silbersteins bied genoeg stof tot nadenke. Stef kom maak hom gereeld tuis in die middel van ’n akademiese bepeinsing. Soms is hy die held en soms die harlekyn. Hy sal maar altyd ’n argetipe bly. Ons het elkeen ons stories. Stories van ontmaagding, vakuums, ontwykende vaders en terminale lovers. Dit is soms die enigste troos. Die troos dat my storie net sowel ’n ander s’n kon wees.

Dit is nou ongeveer ’n maand gelede dat Stef my digitaal afgesÍ het. Die moderne tegnologie gee ’n heel nuwe dimensie aan die beŽindiging van kortstondige affairs. Met die druk van ’n knoppie word jy verban na die Planeet van die Gebroke Hart waar miljoene ander hul wonde met deurskynende tonge lek. Onpersoonlik, gesofistikeerd en lafhartig. ’n Drag artist, Amarilla, het dit erger getref. Haar sielsgenoot het bloot ’n SMS-boodskap gestuur voor sy moes deelneem aan een of ander kompetisie: “Vlieg in jou moer. Mag jy versmoor in jou eie make-believe.” Al Stef se e-posse van hoe laat ons mekaar vir ete gaan kry, wat ons vanaand gaan doen en bedankings vir ’n lekker aand laat ek een vir een ’n stille dood sterf. Verbasend hoe handig ’n Delete-knoppie soms is. Nie dat dit my beter laat voel het nie. Daar is sekere dinge wat ’n rekenaar nie kan regdokter nie. MultimiljoenÍr-rekenaarmagnate is idiote waar dit by die koppeling van harte kom. Ek sou met meer bloed en derms van Stef ontslae moes raak.

Stef was die eerste een aan wie ek my maagdskap toevertrou het. Jare lank het ek gesmag na die eerste keer. Oor en oor gefantaseer, meer en meer gemasturbeer. My maagdskap het ’n kwessie begin word. Jy kan jouself ook net soveel keer deur die vingers naai. Ek was van ’n jong ouderdom al belustig. Nog voordat my maatjies in standerd 4 nog mooi geweet het wat ’n mens alles met jou totterman kan doen, het ek al ’n hele databasis fantasieŽ opgetower. TV-sterre, weermagoutjies, my suster se sportafrigters. Seker maar te groot vir my skoene, of miskien het ek te veel in ensiklopedieŽ rondgeblaai. Met ’n vroeg-gevestigde seksualiteit is die hele ou storie nog langer uitgerek. Daar is tog ’n lansie te breek vir die wat glo dat uitgestelde begeerte vervulde begeerte verreweg oortref. Ek begin ook nou daaraan te glo. VroeŽr sou ek my nie aan sulke kakpraatjies gesteur het nie. Dit was nog altyd vir my ’n retoriese vraag: hoe verloor ’n gay man (of enige man for that matter) sy maagdskap? Is die anus die enigste poort na ontmaagding?

Dit was ’n Saterdagaand en ek wou opsluit klub toe. Nie dat ek iets te wagte was nie, want nŠ vyf jaar leer mens vinnig die opset ken. NaÔwiteit bly maar ’n snaakse ding. Ek het soos gewoonlik die ritueel uitgevoer. Eers die betasting deur oorywerige bouncers, die koop van my eenrigtingkaartjie na korte geluk en ten einde laaste ’n Black Label by die verste bar. Hoeveel van hierdie solovertonings het ek nie al uitgevoer nie? My dansvermoŽ hou natuurlik direk verband met my alkoholinname, alhoewel jy nie dansklasse by Arthur Murray nodig het om jou ding in ’n gaynagklub te doen nie. Ek slaan my oŽ op na die glitterball. Van waar sal my hulp kom?

Ek het hom eerste gewaar. Raka, Raka, ek het jou eerste gewaar. ’n Heilige is amper deur my kop. Nie juis iets om oor opgewonde te raak nie en beslis geen oerdier of St Franciskus nie. Eintlik ’n doodgewone boy-next-door-tipe, maar hy sein iets. Ek weet wanneer om my kans te vat. Daar is baie visse in die see, maar diť een is myne. My oŽ word die perfekte lokaas en ek voel hom byt. Hy vra of ek iets wil drink. Natuurlik, die beste een in die boek. “Kry maar vir my ’n Black Label,” hyg ek. NŠ ’n ruk sweef hy terug. Die eerste aanraking. Die besliste wete. “Gee my ’n soen, toe.” Ek laat hom spartel in my mond en gee dan weer skiet. Daar sit ’n hoek aan my tong. Hy begin opnuut daaraan te proe. Ek gaan nie toelaat dat hy net die aas gryp nie. Die klub word voller en voller. Ek trek hom uit ’n draaikolk van verdwynende gesigte. “Dit was lekker,” sÍ hy. Daar is iets kinderliks aan hom, wat nie pas by die afstandelike beeld wat hy graag wil voorhou nie. Later raak die speletjie rowwer. Dawerende ritmes, neonstralekranse en jaloerse stiefsusters. My hulp kom van die glitterball wat lywe gee en neem.

Dit is verbasend watter indruk dit op die medeklubgangers maak toe ons behoorlik afhaak. Sommige staar openlik, ander sit nuwe woema in hul eie jagtogte en party se skuldgevoelens word meer intens. Ek gee nie om nie. Niks en niemand traak my meer nie. Dit is mż vuurdoop, mż euforie en mż speelbeurt. Ek krap my nommer op ’n leŽ vuurhoutjiedosie neer. Ek het geweet hy sou bel.

Die volgende twee weke sou ek ook die spel speel. In enige spel moet jy eers wen voor jy kan verloor, of miskien is dit andersom. Die Dinsdagaand gaan eet ons by ’n intieme plekkie. Hy bestel wyn wat ons nie klaar drink nie. “Wil jy iewers anders gaan of moet ons verder by my huis gaan kuier?” vra hy. Hy bly in ’n sjiek plekkie, goed ingerig en tekenend van tipiese moffiematerialisme. Persiese tapyte, kleurryke skilderye, sagte beligting en welriekende kerse. Marlene Dietrich blÍr oorlogswysies in die agtergrond. Ons verken mekaar nŠ nog ’n paar glase wyn. Is dit hoe ’n man se liggaam voel? Is dit hoe dit behoort te voel? Ons verbintenis kry gestalte in ’n paar bullets:

  • sy voŽl is seker groot
  • jy vergeet nooit jou eerste nie
  • vir ’n oomblik kan die wÍreld vergaan
  • dit voel soos ’n droom en
  • mag God gee dat ek nie wakker word nie.

    Ja, jy kan maar dink wat jy wil. Ons almal haal asem deur ’n Xerox. Ek is 22 jaar oud en dit is my eerste seksuele ervaring hierdie. My beskrywings sÍ nie veel van my vindingrykheid of die oorspronklikheid van my ervaring nie, maar wat verwag jy in ’n wÍreld waar potensiŽle bedmaats deur radartjies beheer word? My ervaring is maar net nog ’n parodie op ’n oerteks wat ons almal baie goed ken. Hoe ontsnap ’n mens van patroonmatigheid? Hoe maak ’n mens seks vreemd? Ek kan sien hoe vlieg daardie herinneringe deur jou kop. Watter karakter het vir watter karakter nageaap? Het jy ook ’n eksotiese eiland probeer verplaas na ’n Sealy Posturepedic-bed? Eintlik kan my ervaring jou seker min skeel, want jyself het al so baie kopieŽ van die meester gemaak.

    Ek probeer sy hemp uittrek. “Ek dink ek moet jou liewers huis toe vat,” suggereer hy in sy mooiste Sondagskoolstem. “Ek hoop nie ek het iets gedoen wat jou ongemaklik laat voel nie,” antwoord ek. “Nee, dit is net dat ek graag saam met jou wil wakker word.” Ek val vir die naasbeste een in die boek.

    Die volgende dag gaan verby sonder taal of tyding. Eers die volgende aand sou ek sy vriende ontmoet. Almal florerende juppies. Hul gesprekke laat my ontuis voel. Die volgende vakansie na Zanzibar, ’n nuutgekoopte Persiese tapyt en die jongste skindernuus. Uiteindelik kry hulle koers na hul voorstedelike bakens van welvaart en ek bly heimatloos agter.

    Daardie aand sou ons gestalte gee aan simbiose. Ek was die perfekte speelding en hy die oorywerige kind.

    En toe die gewraakte e-pos:

    Subject: No subject
    Date: 16 June 2001
    From: stef@linkage.com
    To: peterr@datacor.co.za.

    Ek het lank gedink oor hoe ek die volgende vir jou moet sÍ. In die eerste plek wou ek jou nooit doelbewus seermaak nie. Jy moet tog nie dink dat ek jou net wou gebruik nie. My eks-lover van 10 jaar het gisteraand onverwags by my opgedaag en gesÍ dat hy weer wil probeer. Ek sal alles gee om hom weer terug te kry. Ek is op die oomblik in ’n emosionele gemors. Hoop jy verstaan.

    Ek sal graag nog met jou vriende wil bly.
    Groete
    Stef

    Ek worstel deur die dag se lesings. Ek is so dors. Die middag gaan stap ek langs die see. Dit is wonderlik om hierdie swanger vrou te aanskou. Haar water wat aanhoudend breek en sy wat nie ’n flenter omgee nie. Die skuim is ysig onder my voetsole, sodat ek naderhand teen die water resies begin hardloop. Sommige branders vorm minireŽnboŽ teen die lig. Sal ek my ook beroep op dit wat veronderstel is om gays oor die ganse aardbol saam te snoer? Waar is my potjie goud?

    Die krieweling in my onderbuik wil nie tot bedaring kom nie. Ek moet kort-kort toilet toe. Dit voel of ek watervalle wil pis, maar elke keer kom net ’n paar druppels uit. Waarom is daar niks om weg te spoel nie? Wat gaan aan met my? Te veel draad getrek, te veel koue storte - of is dit die eerste wekroep van ’n SOS?. Dit sal nou vir jou ’n sprokie wees. Eenmaal so twee weke gelede was daar ’n reine maagd, wat nŠ jare se versugting een aand deur ’n engel genaai is. Stef het lank gelukkig saam met Johannes gewoon nadat hy een van sy verborge kragte genaamd Seksueel Oordraagbare Siekte gebruik het om van die Groot Ontmaagde ontslae te raak Ö fluit-fluit, my storie is uit. Ek probeer om die laaste gedagte liefs te onderdruk deur te gryp na Sewe dae by die Silbersteins. Ek dommel langsaam weg in ’n homoseksuele Welgevonden, waar skewe ikone kaperjolle maak.

    Dit is stil in die tuin. ’n Ry toeriste beweeg meganies in gelid. Hulle dra donker sonbrille teen die Afrika-son. ’n Toergids neem hulle op ’n verkenningstog deur die magistrale park. Onteenseglike ikone uit marmer gekap lok die grootste belangstelling uit. James Dean se kuif staan vir ewig ’n punt, Rock Hudson se fris lyf wil van hardheid bars en Michelangelo en Da Vinci staan gegiet in ’n nimmereindigende omhelsing. Daar is orals water. In poele, baddens en erektale spuitfonteine. Bo die groot bad van Olympia waai Greg Louganis vanaf ’n duikplank vir die bewonderende skare. Die stoet beweeg aan. Soveel skoonheid maak ten spyte van beskerming steeds die oŽ seer, maar tog kan die hongeriges nie hul nuuskierigheid beteuel nie.

    Hulle het in die inligtingsbrosjure gesien dat die ontkleevertoning heel interessant skyn te wees. Hulle nader die groot opslaantent, wat natuurlik in ’n spektrum van kleure geverf is. Hulle neem stelling in op sagte, flamingopienk pofstoele. Die Finale Ontkleding van die Narre gaan so te sÍ ’n aanvang neem, maar eers is daar ’n klompie aptytwekkertjies. ’n Skewe grappie of twee, ’n demonstrasie deur bonkige brandweermanne wat skynvure probeer blus en ’n Kyk-wie-het-die-langste-voŽl-kompetisie. ’n Nar bly maar ’n nar en boys will be boys. Seksuele oriŽntasie is totaal irrelevant.

    Uiteindelik breek die ontboeseming aan. ’n Enorme waterslang is voor elkeen van die sewe narre se skaamte vasgegespe. Hulle is opgewonde. Hulle slange drup van uitgestelde begeerte. Begeerte om te kwets, ’n drang om belaglik te maak. Ek staan ten volle geklee in die middel van die arena. Die narre vorm ’n kring om my. Hulle treiter my met hul waterkanonne tot groot vermaak van die skare. “Trek hom uit, trek hom uit. Wys ons wat hy het,” weerklink dit uit honger kele. Die eerste straal ruk my hemp van my lyf. Die sesde straal laat my toe om slegs in my onderbroek te staan. Dis die onderbroek wat Stef nog vir my gekoop het. Die woorde “Well-hung stud” is in die materiaal ingewerk. Toe die skare dit sien, is hulle buite hulself. “Nou, laat ons sy hings sien,” gil ’n ou moffie met ’n goue voortand. Die sewende dwerg mik na my geslag.

    Ek skrik natgesweet en uitasem wakker. Verward raak ek bewus van die sonlig teen die gordyn en van die ongelooflike drang om te urineer. Iewers blÍr ’n radio: “It’s raining men, Hallelujah, it’s raining men.” Ek haal die badkamer net-net. Moeisame druppels laat ’n roospienk kleur op die toiletrand. Ek gee my bloedoffer vir hom wat met die glitterball gekom het.

    Neil Cochrane is tans ’n junior lektor by die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria. Hy behaal die grade BA (Uitgewerswese) en BAHons (Afrikaans) met lof. In 2001 voltooi hy ook ’n honneursgraad in die Uitgewerswese. Hy is tans besig met sy MA-graad, waar hy spesifiek kyk na die tradisie van die skelmroman in Afrikaans. Naas die akademie is van sy ander passies: Jeremy Irons, Schubert, Caramello Bears, Franse kunsflieks en mans wat minstens tien jaar ouer as hyself is. Hy beskou homself as ’n seun met ’n oop gemoed wat ’n kleintjie dood aan duiwehokkies en dergelike beperkings het.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.