GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Soveel hoofde, soveel keuses

Gay-bloemlesings van 'n kwarteeu en langer

Hennie Aucamp

I

Die Seksrewolusie van die sestigerjare van die twintigste eeu het die emansipasie van die gay bevorder. Hierdie emansipasie het vanuit Amerika rimpelinge oor die hele Angelsaksiese wÍreld uitgestuur, ook na Suid-Afrika, maar dit sou dekades duur voordat hoŽprofiel-gays alhier, van regters tot dominees, Pieter Cilliers se dapper stelling in die openbaar sou herhaal: "'n Hangkas is vir klere."

Een van die eerste manifestasies van gay bevryding was die literÍre gay-bloemlesing. Die vroegste gay-bloemlesing op my rak dateer uit die jaar 1974, maar daar mag bloemlesings wees wat vůůr Different verskyn het. Die lys titels wat volg, gee ook glad nie voor om volledig te wees nie, maar verteenwoordigend is dit wel van wat in Engels verskyn het. Dis dan ook by Engels dat ek my bepaal, met die uitsondering van twee standaardwerke in Nederlands, die een in elk geval 'n vertaling uit Engels, en verder internasionale verhale wat onder Engelse vlag die wÍreld ingestuur is, soos The Penguin Book of International Gay Writing onder redaksie van Mark Mitchell.

Ook moet 'n internasionale verhaal of twee, drie in 'n Engels-georiŽnteerde bloemlesing niemand verbaas nie, want die gay is van oudsher af kosmopolities ingestel.

Verder bepaal ek my net by prosa; maar natuurlik is daar ook voortreflike bloemlesings van gay-gedigte.

Die gay-bloemlesings in Afrikaans, Wisselstroom (1990), met Hennie Aucamp as redakteur, Soort soek soort (1997), met Johann de Lange as redakteur, en Party van ons: Die Homeros Leesboek 2001, met Danie Botha as redakteur, word nie bespreek nie, aangesien sů 'n bespreking om 'n onbetrokke navorser vra, verkieslik geskool in gender-studies.

Die bundels wat volg, gaan nie almal in besonderhede bespreek word nie; party gaan net in die verbygaan genoem word. Ook kan 'n uitgebreide gevit oor belangrike verhale wat in 'n bepaalde bundel ontbreek, maklik 'n dreundeuntjie word. Belangriker is die inleidings en voorwoorde tot bloemlesings, waarin die beleid van samestellers gestel word en waaruit "tydsgees" afgelei kan word.

1974. Wright, Stephen (red), Different: An Anthology of Homosexual Short Stories. Londen: Bantam.

1977. Kleinberg, Seymour (red), The Other Persuasion. New York: Picador.

1983. Adam Mars-Jones (red), Mae West is dead: Recent Lesbian and Gay Fiction. Londen & Boston: Faber & Faber.

1984. Galloway, David & Sabisch, Christian (reds), Wij twee jongens. Mannelijk Homoseksualiteit in de 20ste-eeuwse Literatuur, een internationale bloemlezing. Amsterdam: Manteau. (Hierdie bloemlesing is uit Engels vertaal, en het oorspronklik Calamus geheet. Die Nederlandse vertalers is Ron Mooser, Tineke Hoosemans en DaniŽl Cohen, met Ron Mooser as eindredakteur.)

1985. Mooser, Ron (red), Het huis dat vriendschap heet. Mannelijk Homoseksualiteit in die twintigste-eeuwse Nederlandse Literatuur. Amsterdam: Manteau.

1991. White, Edmund (red), The Faber Book of Gay Short Fiction. Londen: Faber & Faber.

1993. Reynolds, Margaret (red), The Penguin Book of Lesbian Short Stories. Londen: Penguin.

1993. Krouse, Matthew, assisted by Berman, Kim (reds), The Invisible Ghetto: Lesbian and Gay Writing from South Africa. Johannesburg: COSAW Publishing.

1994. Leavitt, David & Mitchell, Mark (reds), The Penguin Book of Gay Short Stories. Londen: Penguin.

1995. Mitchell, Mark (red); ingelei deur David Leavitt, The Penguin Book of International Gay Writing. Londen: Viking.

1997. Mitchell, Mark & David Leavitt (reds), Pages from hand to hand. The hidden tradition of homosexual literature in English from 1748 to 1914. Londen: Chatto & Windus.

2003. Leavitt, David & Mitchell, Mark (reds), The New Penguin Book of Gay Short Stories. Londen: Penguin.

Volgens die publikasiedatums in bostaande lys het die negentigerjare van die twintigste eeu die grootste digtheid aan titels openbaar. 'n Kollega suggereer dat hierdie digtheid met die vigs-pandemie saamhang, maar die waarheid is dat die oorgrote meerderheid gay-bloemlesings van die jare negentig algemeen is, dit wil sÍ literÍr-histories van aard. Wel was daar verhaalbundels wat net oor vigs in die gaygemeenskap gehandel het: twee, of dalk meer, in Engels, 'n ander een in Nederlands, De grote ziekte met de kleine naam. Die twee Engelse bloemlesings waarvan hierdie skrywer hom bewus is, is The Darker Proof (1987), 'n versameling verhale van Edmund White en Adam Mars-Jones, en Monopolies of Loss (1992), net van Mars-Jones.

Vir my lyk dit of die gay-bloemlesing in die negentigerjare die resultaat van nuwe persepsies en houdings by die leespubliek kan wees. Deur films, Gay en Lesbiese Filmfeeste, televisieproduksies en advertensies het die breŽ publiek begin aanvaar dat die gay-verskynsel nie van verbygaande aard is nie, maar dat dit hier is om te bly. Dit het selfs kommersiŽle implikasies, want Leavitt en Mitchell moes hul bloemlesing van 1994 nŠ nege jaar hersien en aansienlik uitbrei, en hierdie uitgawe is reeds in 2005 herdruk.

Maar my lys van gay-bloemlesings wys ook ander dinge uit, op titels en omslae af.

Dis opvallend dat die andersheid van die gay in die beginjare van die gay-bloemlesing deur titels bevestig is, soos byvoorbeeld: Different en The Other Persuasion. Maar ook latere titels laat die ůķ spook van andersheid loop, soos In another part of the forest en The Invisible Ghetto, alhoewel kanttekeninge by laasgenoemde twee titels nodig is. Manguel se titel In another part of the forest is aan die "letterkunde" ontleen en wil iets poŽties oordra; The Invisible Ghetto het 'n sterk politieke lading.

Dis jammer dat 'n titel soos The Invisible Ghetto die gedagte aan 'n ghetto bestendig, want volgens reaksies van jong eietydse gays, onder andere op Gay@LitNet, het die ghetto-idee onaanvaarbaar geword. Die gays van 'n nuwe geslag wŪl juis sigbaar wees, en nie sosiopolities, of hoe dan ook, gemarginaliseer word nie.

Wat opval sedert die jare tagtig, is dat die titel en omslagontwerp van gay-bloemlesings 'n al hoe hegter verbond sluit en gesamentlik 'n sterk boodskap uitstuur na die kooppubliek.

Die omslag van Mae West is Dead: Recent Lesbian and Gay Fiction van Adam Mars-Jones is bewustelik 'n "buiteperd". Die klem val op LesbiŽrs, in die titel sowel as op die omslagfoto van Dudley Read. 'n Effens bruingetinte foto toon twee vrouens in 'n intieme interieur. Die een het 'n langbroek aan en lÍ met effens opgetrekte bene op 'n divan en slaap; die ander een is kaalvoet en sit in 'n geblomde halfrok op 'n stoel digby intens en kyk na die liggende figuur. Teen die muur agter die liggende figuur is 'n skildery van 'n naakte vrou wat op 'n bedrand sit; die geheel neŽntiende-eeus in gevoel. Wou Dudley Read, straks in medewerking met Mars-Jones, oorsein dat die lesbiese verskynsel 'n kontinue verskynsel is?

Wat Mars-Jones "polities" beklemtoon, is die alliansie tussen lesbiŽrs en gays - vir hom, ook na verhaalkeuse, 'n vanselfsprekendheid. Bloemlesers nŠ hom het dit nie altyd so aangevoel nie. Hy en Kleinberg was eensame stryders, tot die huidige dag toe.

Die ontwerp vir my eie bloemlesing gayverhale, Wisselstroom (1990), is in opdrag uitgevoer deur Andrew Verster. Ek wou iets van die Antieke verlede van die gayfenomeen oorsein, en met die gebruik van 'n persona (dws masker) die gedagte aan rolspel vestig.

'n Jaar nŠ Wisselstroom verskyn The Faber Book of Gay Short Fiction, met 'n David Hockney-lyntekening van 'n naakte jongeling wat skuins oor die omslag geplaas is, asof dit toevallig daar beland het. Die bestudeerde argeloosheid van die ontwerp is 'n stelling op sigself. Dit vra: Wat is dan nou so snaaks aan gays en aan naaktheid?

Die nuwe soort gay-bloemlesing word, op voorkoms af, 'n "kultuurartefak". Selferkende gays se tekeninge en foto's word gebruik, sekerlik om hul artistieke kwaliteit in die eerste plek, maar ook om die aura van name soos Andrew Verster, David Hockney, Herbert List, Robert Platt Lynes. Ook titels kan 'n aura hÍ as hulle ontleen is aan werke van gay-ikone, soos Calamus en Het huis dat vriendschap heet, wat huldeblyke aan Walt Whitman is; en die Nederlandse bloemlesing Naar vriendschap zulk een mateloos verlangen is 'n erkenning aan Jacob Israel de Haan.

Die omslag van The Invisible Ghetto is eweneens 'n stelling. Vertikaal geplaas is 'n vergrote fotostudie van 'n mond, wat dekodering fnuik. Die mond van 'n vrou, die mond van 'n man? 'n Swart man? 'n Wit vrou? Die vertikale plasing van 'n naby-opname van 'n mond suggereer terselfdertyd 'n vagina. Teenoor diť foto is 'n foto-insetsel van 'n nanagstudie van 'n groot stad, vermoedelik Johannesburg. Die hele omslag sÍ: seks in die grootstad, met alles wat gevaarlik is daaraan.

Is die omslag van The Invisible Ghetto minder artistiek as diť van omslae met foto's van Herbert List en Robert Platt Lynes? Dit is anders, dalk veelduidiger, en beslis minder gebonde aan estetiese konvensies.

Dis of ook Leavitt en Mitchell met hul jongste bloemlesing, The New Penguin Book of Gay Short Stories (2003), wil wegbeweeg van die bewustelik artistieke omslag. Op die hierdie boek se voorblad en agterplaat verskyn foto's van dieselfde man, beide ontleen aan The Kinsey Institute for Research in Sex, Gender and Reproduction. Hy lyk na 'n vroeg-middeljarige man met 'n bril op en 'n onderbroekie aan. As verdere ontluistering is hy ongeskoei, met formele kouse aan. Hy neem die tipiese "iron pumping"-poses van spierreuse aan, en lyk belaglik trots op sy liggaam. Belaglik is die sleutelwoord: die omslag-"model" sou uit 'n Carry On-rolprent kon ontsnap het. Maar is hy belaglik in eie oŽ? Kennelik nie. Hy is waarskynlik veel nader aan die gemiddelde Amerikaner as die geoliede reuse van spiertydskrifte; veel nader aan die gemiddelde man met al sy illusies omtrent homself.

Het Leavitt en Mitchell slu begin met die dekonstruksie van die romantiese ideaal, so geliefd by gays?

Indien wel, het die allerjongste druk van The New Penguin Book of Gay Short Stories - op plaaslike rakke sedert Junie/Julie 2005 - hul oorspronklike dekonstruksie van die gay as "superman" ondermyn. Of die uitgewer of die samestellers hiervoor verantwoordelik was, weet 'n mens nie, maar die figuur uit die Kinsey-foto-argief staan nou teen 'n moffiepienk agtergrond, met engele wat wegspat vanuit 'n ster reg agter "Meneer Amerika". Diť engele het fakkels en girlandes. Wat eers 'n slim ondermyning was, word nou, by wyse van fasiele "camp", opnuut 'n stereotipering van die gay.

'n Reeks omslae van gay-bloemlesings beskryf tot op hede die volgende trajek: versigtig en neutraal, soos The Other Persuasion; uitdagend esteties, soos The Faber Book of Gay Fiction van White en al die vorige Leavitt en Mirchell-publikasies; bewustelik ontluisterend, soos The New Penguin Book of Gay Short Stories. Eweneens van Leavitt en Mitchell.

Hang die omslag van The New Penguin Book of Gay Short Stories met 'n veranderende "estetiek" en "teorie" oor die gay-aangeleentheid in die letterkunde en die kunste saam? Dis hier waar die inleidings tot bloemlesings 'n belangrike rol speel.

II

Om verskuiwende klemme en patrone in gay-teorieŽ in historiese perspektief te probeer kry, sal die verskyningsdatums van die gay-bloemlesings in my lys as uitgangspunt gebruik word.

In 1974 kan Stephen Wright in sy inleiding tot die bundel Different nog met die volgende stelling voor die dag kom: "The 'homosexual writer' I define as a writer who happens to be a homosexual, but like most other authors his material and his books have a broader base." Diť uitspraak word telkens in diť tyd geloŽnstraf deur heteroseksuele skrywers wat met groot insig oor gay karakters skryf, soos Giorgio Bassani, Graham Green, William Trevor, Sean O' Faslain en ander.

Wat interessant is omtrent Stephen Wright se verhaalkeuses, is dat hy "postmodernisties" kies: Phil Andros ('n skuilnaam met 'n woordspeling) word met vier verhale verteenwoordig wat op die grens van die pornografiese lÍ, asook sensasiebeluste verhale wat, op onseker grondslag, aan Oscar Wilde toegeskryf word: "The Priest and the Acolyte" en fragmente uit Teleny. Teenoor hierdie "swart skape" is daar ook meesterverhale in Wright se kraal, soos "Paul's Mistress" van Guy de Maupassant, "The Prussian Officer" van DH Lawrence, "Hands" van Sherwood Anderson en "The Pupil" van Henry James. "Paul's Mistress" van De Maupassant is 'n lesbiese verhaal, maar Wright sou ook De Maupassant se ontroerende gayverhaal "Two little soldiers" kon ingesluit het. (Laasgenoemde is jou werklik in Afrikaans beskikbaar as "Twee klein soldaatjies" in 'n bloemlesing getiteld Uitgesoekte kortverhale deur Guy de Maupassant, 1947.)

Ek het Stephen Wright se keuse "postmodernisties" genoem, maar dit kan wees dat hy bloot uit nood "buite-egtelike" tekste in sy bundels ingesluit het. NŠ Wright, tot The New Penguin Book of Gay Stories van 2003, bepaal hoofstroom-gaybloemlesings hulle by Literatuur met 'n hoofletter. Ook het die bloemlees van gayverhale 'n "wetenskap" geword in die hande van Edmund White, Alberto Manguel en die vennootskap Leavitt en Mitchell in hul immer meer verfynde soektog na verhale wat gaykodes bevat.

Tog wil ek Stephen Wright die voordeel van die twyfel gee, op grond van eietydse boeke oor "(homo)seksuele" kuns, soos Erotica: The Fine Art of Sex (1997) en Homo Art (2004), onderskeidelik van Edward Lucie-Smith en Gilles Nťret. Name wat vroeŽr nooit tot die heilige halle van die Kuns toegelaat sou gewees het nie, skuur nou gesellig teen "Hogere" kuns, randfigure soos Tom of Finland, George Quaintance, Jean Dubout en Delmas Howe. Die ooreenkomste tussen "soft porn"-skrywers en "soft porn"-skilders spring nogal in die oog, bowenal hul hang na romantiese kitsch. 'n Lukraak voorbeeld: 'n kaal jong man lÍ eensaam in die hooi aan 'n stengel en kou, en buite die wydoop waenhuisdeur is dit nag met 'n sekelmaan in 'n matroosblou hemel. ("Dis middernag verby en ek slaap alleen," het Sapho gesug; ja, opper- en laerkultuur het meer raakpunte as wat beide kulture dalk wil erken.)

Die volgende bloemlesing op my lys is The Other Persuasion (1977), saamgestel en ingelei deur Seymour Kleinberg. Dis in baie opsigte die ideale bloemlesing vir die akademies-georiŽnteerde leser. Kleinberg was met die verskyning van The Other Persuasion 'n Engels-dosent aan die Long Island University, maar ook 'n film- en danskritikus, en op die koop toe 'n stigterslid van die Gay Academic Union. (Tůť al 'n Gay Academic Union? Baie dapper en baie verlig.)

Kleinberg se titel is 'n bekende eufemisme vir homoseksualiteit. Diť sinsnede is byvoorbeeld die leser se belangrikste kode in "Ambros Adelwarth" (The Emigrants) van WG Sebald, stellig die mees onderverkoelde gayverhaal in die ganse literÍre repertorium.

Kleinberg bied 'n oorsig van die jare sewentig, toe "groepe" soos feministe, lesbiŽrs en gays 'n alliansie probeer vorm het ten einde bevrydende burgerregte vir minderheidsgroepe te beding. Diť alliansie was gespanne, onder andere oor die gebruik van die woord gay, wat na beide homoseksuele mans en lesbiŽrs kan verwys.* Kleinberg gee ruiterlik toe dat die woord gay ontoereikend is: "For a group in search of their identity, 'gay' offers little help in selfdefinition." Maar eweneens is dit 'n geriefsterm vir informele gesprekke oor homoseksuele en lesbiese aangeleenthede.

Die tekens is daar dat diť term opnuut betwyfel word. Dr Andries Visagie wys in sy doktorale tesis daarop dat die ůķ woord vir die homoseksueel, naamlik queer, opnuut in sekere kringe veld wen, in reaksie op gay, en in 1993 verskyn A Queer Reader, onder reaksie van Patrick Higgins, 'n dosent in geskiedenis in Cambridge.

Wat onder oŽ gesien moet word, is dat alle terme vir die homoseksueel mettertyd in onguns gaan verval - gay, queer, poefter, moffie en so voort - om die eenvoudige rede dat die verskynsel wat benoem word, altyd onaanneemlik gaan bly vir 'n beduidende persentasie van die burgerlike gemeenskap.

'n Uitvloeisel van Kleinberg se ruim interpretasie van die woord gay is dat daar talle uitstekende verhale oor lesbiŽrs in The Other Persuasion opgeneem is, onder meer 'n baanbrekende teks van Gertrud Stein uit die jaar 1903, getiteld "Mabel Neathe". En dan is daar ook "Miss A. and Miss M." van daardie fyn Engelse skryfster Elizabeth Taylor (let wel, nie mev Burton nie) en - seker een van die sterkste verhale wat ek ken - "Burning the Bed" van Doris Betts.

Kleinberg bly dwarsdeur sy inleiding die geskoolde letterkundige. Wanneer hy 'n swakker verhaal van 'n groot skrywer insluit, soos "After Dark" van Marcel Proust, gebruik hy dit om die deugde van Gertrud Stein se verhaal te belig. En "Miss Ogilvie Finds Herself" van Radclyffe Hall word deur Kleinberg as "sentimenteel" bestempel, maar word ingesluit omdat Hall 'n ou dwaling in haar werk bestendig het, naamlik dat lesbiŽrs in werklikheid mans in vroueliggame is.

Kleinberg se formulerings is spits en ewewigtig.

Wanneer hy oor camp skryf, met volle erkenning aan Susan Sontag vir haar seminale essay oor hierdie onderwerp, volg byvoorbeeld diť raak insig van Kleinberg: "That camp expresses self-contempt and simultaneously releases a contempt for straightness is one of the ambivalences gays have felt toward their oppression: to hate it and to incorporate it."

Gays se selfbeeld kan ondermyn word deur 'n middelmatige film soos The Ritz en 'n toneelstuk soos The Boys in the Band, sÍ Kleinberg, en sluit sy inleiding met die volgende woorde af: "They [The Ritz en The Boys in the Band] are too sentimental, too vulgar to help us understand where we have been. In the testimony of literature, we can learn where we have been, and perhaps that will help us choose where we are going." Kortom, The Ritz en The Boys in the Band is onbeduidend as letterkunde, wat 'n nogal drastiese uitspraak is.

In een opsig het die baanbreker-gaybloemlesings Different en The Other Persuasion verder gegaan as latere gay-bloemlesings: hulle het nie die skape van die bokke geskei nie. Hulle het gay sowel as lesbiese verhale in hul bloemlesings ingesluit, maar lank nie so uitdagend "polities" as Adam Mars-Jones in Mae West is dead nie.

Adam Mars-Jones was die stem van die lesbiese en gay-emansipasie in Engeland, maar hy erken ten volle die rol wat Amerika in die bevryding van die Engelse gaygemeenskap gespeel het. Hy sÍ oa in sy inleiding: "America, where social change is chronic as well as epidemic, has played a large part in the shaping of gay attitudes in Britain."

Een van die veranderende houdings raak die kwessie "camping it up", en dis duidelik belangrik vir Mars-Jones, want hy spel dit uit in sy motto-aanhaling: "Don't you ever tire, Martin says, of all this campery? These are the eighties, darling. Mae West is dead."

Lionel Bowman en Mae West.

Die karakter Martin is natuurlik verkeerd. Gays is met "die onsigb're naelstring wat nie breek" aan Mae West verbind, 'n onwaarskynlike en enigsins bisarre moederfiguur, wat in "camp"-jargon "outrageous" sal heet.

Die verhouding tussen gays en Mae West is kompleks, en vol teenstrydighede. Gays spot met haar, wat 'n gekamoefleerde vorm van selfspot is; maar terselfdertyd is sy 'n rolmodel. Sy was heeltemal reg toe sy gesÍ het: "The Boys got it all from me." Haar eenreŽlwyshede word aangehaal asof hulle 'n gay-kategismus daarstel - dinge soos: "A hard man is good to find" en "Two things I prefer stiff; the one is jelly." Gays se voortwerk in die Mae West-idioom is minder memorabel; net af en toe breek daar 'n ware vonds deur, soos by Harvey Fierstein wat in The Torch Song Trilogy sÍ: "A thing of beauty is a joy till sunrise."

Mark Booth bied 'n raak insig in Camp omtrent Mae West se durende gewildheid onder gays: "... (she) acted on stage (and later on film) like a female impersonator. She was not an attractive woman - she was heavy featured and dumpy - but she and everybody else kept up an elaborate pretense that she was irresistible."

Wat ook onthou moet word, is dat Mae West 'n ernstige gay toneelstuk geskryf het wat haar agt dae in die tronk gekos het. Vandag sou sy die publiek kon verstom het met 'n stuk oor vigs. Wie oor selfironisering beskik, kan enigiets aandurf.

Dis tekenend van die volhardendheid van "camp" dat beide Mae West is dead (van Mars-Jones) en Camp (van Mark Booth) in 1983 in Londen verskyn het.

Mars-Jones ondermyn sy anti-"camp"-houding wanneer hy Cyril Connoly (hetero) aanhaal wat die volgende voordele van die gayskrywer in 1938 uitgelig het: "combativeness, curiosity, egotism, intuition and adaptibility". Staan die somtotaal van al hierdie hoedanighede nie gelyk aan "camp" nie?

Maar Mars-Jones se houding - in 1983, let wel - is verstaanbaar. Die gay is uiteindelik gedekriminaliseer en gedemokratiseer en het nie meer 'n "uniform" en "kodetaal" nodig gehad nie.

Mars-Jones se demokratiese instelling blyk onder meer hieruit dat hy talle tekste uit gaytydskrifte gelig het - "verbruikersmateriaal" - soos Common Lives/Lesbian Lives, Time Out, Gay Sunshine Journal en so meer.

As Mae West is dead min klinkende literÍre name bevat - James Purdy, Jane Rule en Richard Hall is omtrent al - regverdig Mars-Jones sy keuses sů: "In any case, gay liberation doesn't need to have literary pretentions to be largely a verbal matter; its first products, after all, were slogans, and it sets out to construct a new rhetoric to neutralize the prevailing one."

Verander die tye, verander die modes en mores. Adam Mars-Jones het sedert Mae West is dead die belangrikste pleitbesorger vir die vigs-saak geword, by wyse van sy eie hoogs literÍre verhale. Kortom: literatuur as bewapening.

Wat hy oor die Amerikaanse bemarking van gayprodukte, -venues ens te sÍ het, is nou nog geldig: "Gay Americans have been quick to exercise their rights in the market place ..."

Diť bemarking bring natuurlik ook eksploitasie mee, dikwels vanuit gay geledere self. Mars-Jones sluit sy inleiding met diť "slagkreet" af: "... this collection of lesbian and gay fiction sets itself as much against the expectations of subcultural commerce, as against the studied indifference of the dominant culture."

Die "sensitiwiteitsopleiding" wat so 'n integrale deel van Kleinberg se inleiding tot The Other Persuasion is, word voortgesit deur Edmund White in sy inleiding tot The Faber Book of Gay Short Fiction, en natuurlik ook in sy verhaalkeuses. White is een van die eerste skrywers wat ernstig aandag aan vigs begin gee het. Enersyds is hy hom diep bewus van die tragiek van vigs, andersyds is hy bewus daarvan dat vigs 'n politieke dimensie het wat deur regerings aangespreek moet word. White se bydrae tot The Faber Book of Gay Short Fiction is dan ook 'n vigs-verhaal, "Skinned alive".

Vandag, in 2005, is die ingryp van regerings, nasionaal en plaaslik, in die bestryding van vigs vanselfsprekend, maar hoe onverskillig die owerhede in die begin van die pandemie was, is duidelik af te lees uit Adam Mars-Jones se verhaal "The Changes of Those Terrible Years".

White karteer die "ewolusie" van die gaykultuur soos volg: onderdrukking in die vyftigerjare; bevryding in die sestigerjare; verheerliking in die sewentigerjare en uitwissing in die tagtigerjare. Maar hy gee toe dat "uitwissing" miskien 'n alte haastige oordeel van sy kant af was. Dit wil lyk of gaystudies geÔnstitusionaliseer gaan raak in die negentigerjare, sÍ White, 'n studieterrein aan universiteite en die onderwerp vir talle tesisse.

Die parallelle wat White tussen die psige van die gay en die psige van 'n skrywer trek, tref my as enigsins kunsmatig.

Nuttiger is sy onderskeid tussen gayfiksie wat wil verduidelik, aan die skrywer self sowel as aan die publiek, wat gay-identiteit is, en hierteenoor gayfiksie wat niks anders beoog as om die leser seksueel te stimuleer nie. Ook hier is versigtigheid egter gerade, want 'n verhaal kan die leser seksueel prikkel terwyl dit ook - ťn op artistieke wyse - verduidelik. Die slotverhaal in Gay short fiction is hier 'n uitstekende voorbeeld, naamlik "Forced use" van Allan Gurganus, wat 'n ontstellende studie in onderdrukte homoseksualiteit is, en dus ůůk 'n verduideliking van 'n kondisie is.

'n SleutelreŽl in Edmund White se inleiding is die volgende: "What is being played out in gay fiction reflects the more general conflict between gay assimilationists and gay militants."

Wat Edmund White verder in diť verband te sÍ het, het geldigheid ook vir die (Suid-) Afrikaanse letterkunde, waar 'n soortgelyke "ideologiese" konflik hom aangemeld het. Sensuur vanuit skrywersgeledere is ongewens, sÍ White; na watter kant ook al. Die "assimilationists", soos 'n David Leavitt, wat hoofstroom-kultuur assimileer, het net soveel bestaansreg as die "militants" wat die onverdoeselde seksualiteit in hul werk tot norm wil verhef. En hierop kan 'n mens net maar sÍ: sela. "Die huis van fiksie" het immers vele, vele woninge.

White se bloemlesing-keuses sal wel deur subjektiewe faktore beÔnvloed gewees het, wat 'n natuurlike verskynsel is, maar 'n mens het tog enkele bedenkinge teen sy "beleid" soos jy dit uit sy samestelling aflei.

White stel homself skadeloos deur sy bundel 'n versameling fiksie te noem, maar die baie uittreksels uit romans, party lank, soos diť uit The Swimming-Pool Library van Alan Hollinghurst, laat die spanningsvlak van die bundel, struktureel gesproke, daal. White se bundel sou artistiek gebaat het daarby as hy hom oorwegend by kortverhale bepaal het.

Nog 'n beswaar: die bundel bevat slegs twee verhale oor lesbiese verhoudings. Dit lyk na patronisering van die bloemleser, en op die koop toe is die twee verhale "The list" (Patrick Gale) en "Darts" (Tom Wakefield) nie diepgaande nie. 'n Mens dink byvoorbeeld aan die veel beter lesbiese verhale in die gaybloemlesing The Other Persuasion en in Mae West is dead. Wou White dalk sÍ dat mans hul weldeeglik in die psige van die lesbiŽr kan inleef? Ook dit sou gruwelik patroniserend wees. Empatie is immers basiese skrywerstoerusting.

The Faber Book of Gay Short Fiction maak uiteindelik 'n indruk van ongelykheid. Naas die skitterende verhale van ůķ meesters soos Henry James, EM Forster en Paul Bowles, en die verhaal "Southern Skies" van 'n moderne meester soos David Malouf, is daar te veel verhale wat replikas van mekaar word; die een verhaal na die ander 'n voorspelbare katalogus van die sogenaamde "gay life style", minusieus opgeteken, tot en met orgasme toe.

Die menslike kondisie is die skrywer se blywendste tema. As gayfiksie nie die mens voorop stel nie, krimp die gay spoedig tot sosiologiese fenomeen of gevallestudie; word hy kleiner as sy werklike somtotaal; verskiet hy in die niet.

Die gaybloemlesings van Stephen Wright, Seymour Kleinberg, Adam Mars-Jones en Edmund White het lesbiese verhale ingesluit, gulhartig en oorwoŽ in die geval van Kleinberg, skraps en yler van inhoud by White.

Dit volg logieserwyse dat die lesbiese gemeenskap op 'n dag daarteen sou rebelleer om keer op keer "toegelaat" te word tot 'n gaybloemlesing en The Penguin Book of Lesbian Short Stories (1993) onder redaksie van Margaret Reynolds is niks minder nie as 'n Deklarasie van Onafhanklikheid. Die omslagfoto is deur Jan Saudek, wat saam met Cindy Sherman diť mees subversiewe fotograwe van ons tyd is. Saudek se foto is 'n uitdagende stelling. Twee aantreklike jong vroue staan hand om die lyf, tot bokant die nawel geklee, die onderlywe kaal, met brutale klem op hul geslagsdele. Hulle verteenwoordig die konvensionele rolverdeling binne die gay-opset: die een vrou is "fem", die ander een "butch", maar op die wyse van 'n dandy. Die butch vrou het 'n tweed-baadjie en keurige handskoene aan, en dra 'n das by 'n stywe boordjie; die "fem"-vennoot het 'n skamel kantbostuk aan wat oophang oor haar borste, en verder hang daar weelderige pÍrelsnoere om haar nek. Die ironie is dat die fem-figuur buitensporig toegerus is met skaamhare, wat haar na die "manliker" lid van die vennootskap laat lyk, al staan die "butch" lid met 'n opvallende lang sigaret tussen haar vingers.

'n Mens kan aanneem dat Reynolds, samesteller en inleier van die boek, iets soos die volgende wou oorsein: vergeet 'n slag van sentimentele praatjies oor liefde tussen vroue; erken dat aktiewe seks deel is van diť liefde. En miskien wou sy selfs die gek skeer met konvensionele rolverdelings binne seksvennootskappe.

In haar kundige akademiese inleiding wys Reynolds daarop dat lesbiŽrs 'n veel, veel korter geboekstaafde verlede het as gays, en dit om 'n "politieke" rede. Reynolds sÍ: "The practice of homosexuality between men was considered dangerous and disruptive; so it was outlawed. But lesbianism is about women, and all ideas to do with women include an ideology of difference which is generally an ideology of presumed inferiority. So that if women do not really matter, then lesbians and their ways do not matter much either."

Daar kan gevra word hoekom solidariteit tussen vroue, feministe sowel as lesbiŽrs, eers in die tweede helfte van die twintigste eeu gebeur het. Ook hierop het Reynolds 'n antwoord: "The 1819 decision in the House of Lords effectively stopped lesbian solidarity before it began, simply by saying that it could not exist."

Soos Kleinberg in The Other Persuasion, besin ook Reynolds oor die alliansie tussen feministe en lesbiŽrs. Die effek van feminisme vir lesbiŽrs, sÍ Reynolds, was werklik rewolusionÍr, en sy verwys na 'n groep wat hulself Radicalesbians genoem en tydens 'n konferensie in New York in die somer van 1970 pamflette uitgedeel het. Wat Reynolds verder sÍ, klink na 'n vanselfsprekenheid, maar verdien tog om aangehaal te word: "To be a feminist did not make you lesbian, but lesbian women were very often feminists. And throughout the centuries lesbians ... had been feminists long before either term existed."

Reynolds lig nůg 'n vanselfsprekende waarheid uit: wie oor die lesbiese kondisie skryf, is nie per se lesbies nie; en ek wil herhaal: wie oor homoseksuele temas skryf, is nie noodwendig gay nie.

Wanneer Reynolds egter opgee oor die humorsin van lesbiese verhale van die tweede helfte van die twintigste eeu, is hierdie skrywer onbeskaamd skepties: Reynolds se verhaalkeuses demonstreer nie haar uitspraak nie.

Tot aan die begin van die jare tagtig was die volgende graffiti nog algemeen te lees in New York:

Gays are fun
Dikes are glum.

Vanselfsprekend 'n aanvegbare stelling, tensy die skril "High Camp" van party gays as humor moet deurgaan.

Die waarheid is dat humor van 'n deurstraalde menslikheid skaars is ook buite die gay- en lesbiese kampe. In sy inleiding tot The Other Persuasion verwys Seymour Kleinberg na James Purdy se verhaal "You May Safely Gaze" as komies, en laat volg 'n iets later: "Perhaps the most glaring absence in fiction about gay life is the sense of the comic; the subject seems not to lend itself easily to comedy, however much the life lends itself to the sense of the absurd."

Maar as humor in gay- en lesbiese verhale die uitsondering eerder as die reŽl is, moet ook gesÍ word dat wanhoop, melancholie en selfmoord lank nie meer so dikwels in gayliteratuur voorkom soos vroeŽr nie.

Kleinberg sÍ die volgende, weliswaar na aanleiding van een bepaalde verhaal, maar dit sou ook 'n algemene stelling kon word: "What was tragic in the twenties becomes pathetic in the fifties." En Margaret Reynolds beaam diť uitspraak in haar inleiding tot The Penguin Book of Lesbian Stories: "That particular despairing tone really disappears from lesbian writing - not a moment too soon - after the 1960's."

'n Kanttekening is hier van pas. 'n Tendens mag nie 'n voorskrif word nie; om die tragiese gay- en lesbiese verhaal sonder meer as "gedateerd" te beskou, is sielkundig en ook tegnies verdag. Sommige menselewens, diť van die hetero's sowel as gays, het ingeboude "tydbomme" wat net maar in selfmoord kan eindig. Een van die beste voorbeelde in die literatuur is die kortverhaal "Paul's Case" van Willa Cather. Jy weet van die begin af dat Paul, met sy sug na dekadensie en rykdom, net ťťn paadjie kan loop: diť na selfuitwissing.

Ook moet John Gerlach se vyf afsluitingstrategieŽ in die kortverhaal in die gedagte gehou word, waarvan "natural termination" tweede op sy lys staan.

Margaret Reynolds sÍ dinge van die sogenaamde "coming out"-verhaal in lesbiese literatuur wat net sů op gayverhale toegepas kan word. Die "coming out"-verhaal, geÔnisieer deur omstandighede, 'n buite-agent of gemoedswerkinge by 'n ek, het dit gemeen met die tradisionele inisiasieverhaal: die protagonis gaan van 'n staat van onkunde oor na 'n staat van kennis. Wat uniek is aan die gay-inisiasieverhaal, is dat identiteit onlosmaaklik verbind is met seksoriŽntasie. Wie sy seksoriŽntasie ontken, kan nooit presies weet wie hy of sy is nie; wie sy selfontkenning te bowe kom, word volledig mens, met al die verantwoordelikhede wat menswees meebring.

In another part of the Forest: The Flamingo anthology of Gay Literature, saamgestel deur Alberto Manguel en Craig Stephenson, en ingelei deur Alberto Manguel, verskil in sekere opsigte van die reeds bespreekte gaybloemlesings. Dis 'n meer ontspanne bloemlesing, in diť sin dat dit minder bewustelik "ideologies" is as byvoorbeeld die bloemlesings van Kleinberg, White en Reynolds, en in die eerste plek gesteld is op gehalteverhale. 'n Bloemlesing beteken immers "die beste van die bestes".

Manguel is 'n deurwinterde samesteller van temagerigte bloemlesings oor byvoorbeeld erotiek, die bonatuurlike, die Latyns-Amerikaanse letterkunde. Nooit laat hy toe dat sy tema, of sy "teorie" by hierdie tema, sy artistieke oordeel skeef trek nie. Wie 'n Manguel-bloemlesing opneem, kan verseker wees van gehalte. Hy het blomme "gelees", dws versamel.

Alberto Manguel verduidelik dat sy titel in 'n blokkie van een van die strookprente uit sy jeug voorgekom het: "Meanwhile, in another part of the forest", en hoeveel plesierige spanning diť reŽl vir hom ingehou het. Manguel noem dit nie, maar A Midsummer Night's Dream van Shakespeare "werk" op dieselfde manier: telkens ander spelers in ander gedeeltes van dieselfde bos. En dan is daar Dante,wat die krisis van die middeljarige mens opsom met sy beeld van 'n oop kol in die bos, waar die wandelaar skielik nie weet watter nuwe paadjie om te kies nie.

Maar dis eintlik onnodig om literatuur aan te dra na In another part of the Forest; Šl Manguel se geskrifte is gedrenk in sy intieme, lewende kennis van die literatuur van baie eeue in baie tale. Sy inleiding speel vernuftig in op die bos-gedagte met byvoorbeeld die volgende rubriek-titels: "Mapping the Forest", "Paths through the Forest", "Marking the Trees", "The Forest in history" en "Variations in the Landscape".

Wat Manguel so 'n avontuurlike literÍre gids maak, is dat hy altyd die breŽ, oorkoepelende perspektief behou. Dit is dan ook die perspektief wat hy die gayliteratuur van die toekoms toewens.

Gayliteratuur, soos diť van alle afgegrensde groepe, beweeg volgens Manguel deur die volgende stadia: eers apologeties, dan selfbeskrywend en verduidelikend, dan polities en getuigend, dan ikonoklasties en uitdagend. 'n Volgende stadium, volgens Manguel, al klaar in die vooruitsig gestel deur die skrywer Patrick Gale, sou wees om karakters voor te stel "who happen to be gay but whose circumstances are defined well beyond their sexuality, which is once again seen as part of a complex and omnivorous world".

Anders as Kleinberg sien Manguel tog 'n verskil tussen lesbiŽrs en gays. Hy sÍ: "In spite of the prejudice that views all unconventional sexualities as part of the same herd of sinners, and in spite of the common political force that results from being the object of such a prejudice, male and female homosexualities differ in their public image, their vocabularies, and their histories."

Ook gays onderling verskil soms hemelsbreed van mekaar, sÍ Manguel, "with nothing in common except a penis".

Oor die "coming out"-verhaal het Manguel ook iets sinvols te sÍ: "They (gays) grow up feeling invisible, and must go through the apprenticeship of adolescence almost invariably alone."

Die gebrek aan humor in die meeste gayverhale was 'n beswaar van Kleinberg; Manguel weer betreur die skaarste aan "fantastiese" gayverhale -en hy sal weet, met sy omvattende kennis van die fantastiese en die bonatuurlike. Wel kon hy die rolprent en veral animasieprente bygehaal het: die gay en die lesbiese vampier; die Dandy Lion in The Wizard of Oz; die Reluctant Dragon in die gelyknamige tekenprent. Ek weet van een briljante gayverhaal oor 'n gay vampier; maar dit kom die leser eers in die slotreŽl agter. Ek het ongelukkig die titel vergeet, en vermoed bloot dat dit deur Peter Robbins (?) geskryf is.

Die volgende bloemlesing waaraan ek aandag wil gee, is The Penguin Book of International Gay Writing, saamgestel deur Mark Mitchell, en ingelei deur David Leavitt.

Leavitt se openingsin lui sů: "This anthology is a riotous party, an unmasked ball", en enkele reŽls verder, nŠ 'n kort inventaris van al die luisterryke gaste, vervolg hy op dieselfde jubelende toon: "Really, it is the party of the century. It is the party of twenty-five centuries." Die gaste, terloops, sluit net mans in, op Marguerite Yourcenar en Elsa Morante na, en hulle skryf ůůk oor gay mans.

The Penguin Book of International Gay Writing is dus 'n viering; en "viering" is 'n ideologiese term, soos Manguel reeds in sż bloemlesing uitgewys het: "By 1950, two main trends in English-language gay literature had been established: one apologetically addressing a 'straight' audience, trying to justify and atone for the fact of being gay; the other unabashedly celebrating another, equally vital sexuality, and speaking mainly to an enlightened reader.

Margaret Reynolds het in haar inleiding tot The Penguin Book of Lesbian Stories gekla dat die lesbiese literŽre verlede so kort is in vergelyking met die gaygeskiedenis, of noem dit kollektiewe geheue. Leavitt wys daarop dat die woord gay, of watter ander terme daar ook is, gunstig of ongunstig, baie selde voorkom in The Penguin Book of International Gay Writing. Hierop laat hy volg: "Nor are these examples of 'encoded' writing, in which the homosexual content is disguised. Instead the homosexual content asserts itself blatantly. But it is rarely named. It simply happens."

Wat verfrissend is in al die vroegste verhale in The Penguin Book of International Gay Writing, van Plato oor Petronius, Boccaccio, Collini en wie nie almal nie, is juis dat diť verhale nie ingeperk is deur naamgewing en agendas nie. 'n Mens moet effens frons by die volgende uitspraak van Camille Paglia, aangehaal deur Manguel: gays reproduseer nie hulself nie, sÍ Paglia, "their only continuity is through culture, which they have been instrumental in building."

Dis twyfelagtig of die reeds gemelde vroeŽ skrywers aan hulself as gay gedink het en gay-agendas gehad het. Talle was waarskynlik biseksueel, met kinders op die koop toe. Vir hierdie skrywer is die gebrek aan substansiŽle verhale juis oor die getroude gay 'n leemte in die gay-repertorium. Van die boeiendste "coming out"-verhale sou kon wees diť waarin vaders/moeders aan hul kinders beken dat hulle gay is, maar let wel, op navraag van die kinders self.

Die indrukwekkendste bydrae van die vennootskap David Leavitt en Mark Mitchell tot gay-kultuurbou, om Camille Paglia gedeeltelik gelyk te gee, verdien 'n doktorale tesis.

Daar het tot op hede vier bloemlesings verskyn waarby Leavitt en Mitchell betrokke was, twee daarvan baie lywig: The Penguin Book of International Gay Writing (1995) en The New Penguin Book of Gay Short Stories (2003).

David Leavitt se inleiding tot laasgenoemde - die 1944-uitgawe - is in werklikheid ook 'n "coming out"-verhaal, maar let wel, op literÍre grondslag. Sy leesverslag verduidelik onomwonde hoekom hy homself as 'n hoofstroomskrywer sien, en nie "geghettoÔseer" wil raak nie.

Leavitt se inlywing in die gaywÍreld via die woord was The Lord Won't Mind van Gordon Merrick, en toe weer Dancer from the Dance van Andrew Holleran. Wat Leavitt gehinder het, was die verheerliking van die manlike liggaam in gemelde boeke met weinig aandag aan en simpatie vir die doodgewone gay, soms vet, soms lelik, soms bles, soms oud. Hierop volg 'n reŽl wat uitspel waarom Merrick en Holleran se boeke, gewild soos hulle was, geen opvoeding vir die gay kon wees nie: "The rest of us, it seemed, had no choice but to salivate in the wings, or at best, try and buy our way in." En effens later sÍ Leavitt: "I knew only that I longed to read a novel in which gay characters were neither reduced to a subhuman nor elevated to a superhuman level. I wanted to read a novel that told something like the truth."

In al sy skryfwerk, die kortverhale, romans en novelles, bly Leavitt getrou aan sy credo; en sekerlik was sy credo ook sy uitgangspunt vir die kies van verhale vir sy gaybloemlesings. Van 'n gayverhaal verwag hy "homosexual experience (transformed) into human drama". Vir Leavitt dus nie 'n wÍreld waar die gay-ervaring parallel loop met die "straight" wÍreld nie - Leavitt haal Rechy se City of Night en The Sexual Outlaw aan as voorbeelde van "emosionele en sosiale apartheid" (my formulering). Hy wil die gay en die "straight" wÍreld geÔntegreer sien. Hy is dus, in Edmund White se terminologie, 'n "assimilationist", en nie 'n "gay militant" nie.

Leavitt is verder teen die opneem van lang stukke, byvoorbeeld uit romans, en in beginsel is hy daarvoor dat lesbiese verhale ook in gaybloemlesings staan.

Ongelukkig bly dit by lippetaal in Leavitt en Mitchell se uitgebreide gay-bloemlesing van 2003: The New Penguin Book of Gay Short Stories. Hulle sluit 'n uitermate lang teks van Jocelyn Brooke in (65 bladsye), langdradig en beslis nie eersteliga-materiaal nie. (Hierdie bloemleser weet aan eie lyf watter versoeking dit is om 'n onbekende teks aan die publiek bekend te stel, al sou dit minder as topklas wees.) Ook Allen Barnett se teks "The Times as it knows us" (44 bladsye) kon deur 'n korter, en ewe navrante, teks oor vigs - sÍ maar een van Edmund White of Adam Mars-Jones - vervang gewees het. Dink aan die vier of vyf uitstekende kortverhale wat in plaas van die tekste van Brooke en Barnett opgeneem kon gewees het. Die gay short stories van die titel begin na 'n wanbenaming klink met die insluit van langasem-tekste.

Uiteraard kon Leavitt en Mitchell ook nie by lesbiese verhale uitgekom het nie.

My vitterigheid mag na ondankbaarheid klink, en sekerlik is daar baie in The New Penguin Book of Gay Short Stories om oor dankbaar te wees, bowenal "A Visit to Priapus" van Glenway Wescott, wat net as tikskrif bestaan het en deur Leavitt en Mitchell aan die vergetelheid ontruk is. Tog is daar vir my 'n wanbalans in diť bundel, afgesien van die oordadig lang tekste. Dis of die klem op Amerikaanse "produkte" val, ten koste van byvoorbeeld Engelse en Ierse materiaal.

Maar miskien kompenseer Mitchell en Leavitt vorentoe aan, en kom hulle met 'n opvolg van hul bloemlesing Pages passed from hand to hand: the Hidden Tradition of Homosexual Literature in English from 1748-1914.

Wat hierdie twee ywerige navorsers die gemeenskap, gay sowel as andersins, reeds besorg het, is formidabel. Hulle skep nie alleen 'n kollektiewe gaygeheue nie, maar orden en bestendig dit.

III

Het dit sin om oor toekomstige gaybloemlesings te spekuleer?

Ek dink dat sake in baie opsigte net soos tans gaan verloop.

Daar sal altyd weer literÍre bloemlesings wees, met die klem op gehalte; kortom, die "blomme" in 'n bestaande letterkunde. (Dis miskien gewens dat bloemlesers hulle opnuut sal vergewis van die Klassieke herkoms van die woord anthologia, wat sů saamgestel is: anthos (blom) + -logia, wat afgelei is van lego, wat kies beteken.)

Teenoor die "bloemlesing" sal daar wees die sogenoemde "reader", waarvan Danie Botha in Afrikaans 'n eksponent is met sy Party van ons: Die Homeros Leesboek 2001. Ook die "reader" of "leesboek" kan teruggevoer word na Klassieke tye, want die Grieke het ook 'n ander soort bloemlesing geken wat chrestomathie geheet het, en wat uit 'n versameling "wetenswaardighede" bestaan het. Danie Botha en Krouse en Berman se boek The Invisible Ghetto is van diť aard.

Die voordeel van 'n "reader" bů 'n "Klassieke antologie", is dat dit meer demokraties is, en naas verhale en gedigte ook joernalistieke stukke kan insluit, selfs "soft porn", as die heersende ideologie dit gerade ag. Die nadele van 'n "reader" is weer dat uiteenlopendheid 'n gebrek aan fokus kan meebring, en dat die materiaal in 'n "reader" onvermydelik van wisselende gehalte gaan wees. Ook dŪt kom by: dat die leespubliek mag dink dat 'n "reader" doodgewoon 'n bloemlesing is wat skeef getrek het.

Soveel hoofde, soveel keuses.

Die tematiese bloemlesing is nooit voltooi nie. Die een bloemlesing verwek 'n volgende bloemlesing. Vir die gaygemeenskap is voortgaande bloemlesings 'n seŽn: dit sorg dat hul kultuur en geheue nooit stagneer nie.

AANVULLENDE LEESLYS

  • Booth, Mark, 1983. Camp. Londen: A Quartet Book.
  • Gerlach, John. 1985. Toward the end: closure and structure in the American Short Story. Alabama: The University of Alabama Press.
  • Higgins, Patrick (red), 1993. A Queer Reader. Londen: Fourth Estate.
  • Mars-Jones, Adam en Edmund White, The Darker Proof. 1987. Londen: Faber & Faber.
  • Mars-Jones, Adam. Monopolies of Loss. 1992. Londen: Faber & Faber.
  • Visagie, Andries Gerhardus. 2004. Manlike subjektiwiteit in die Afrikaanse prosa vanaf 1980 tot 2000. Doktorale proefskrif, ongepubliseerd, Universiteit van Stellenbosch..

*Streng gesproke kan homoseksueel ook na vroue verwys. Sien Patrick Higgins in A Queer Reader, bl 3: "The stem 'homo' was Greek rather than Latin, meaning 'same' rather than 'man', thus allowing 'homosexuality' to be employed to cover female sexuality as well."



LitNet: 06 September 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.