GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Variasie op ’n tema van Danie die Sanger


Abel Pienaar

Volgens Abel Pienaar wil sommige vromes lid word van God se sedelikheidspatrollie, maar laat die swaarste van Sy wet na.

Die debat van die Danies is nie nuut nie. Christene onder mekaar, en Christene en nie-Christene, stry al eeue lank, en soms oor die simpelste goed. Maar dalk is dit tog insiggewend om te kyk hoe die eerste Christene en baster-Christene (Grieke en Romeine) hul konflikte besleg het.

Ek het die stoffies afgeblaas van my 1933-vertaling-Bybel - dis mos wat Danie die Sanger gebruik - en Matths en Handelinge gelees, soos lanklaas. En weer onder die indruk gekom van hoe min geduld Jesus met die vrome mense van sy tyd gehad het.

Uit Matths 23:
14:
Wee julle, skrifgeleerdes en Farisers, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle ’n swaarder oordeel ontvang.
15:
Wee julle, skrifgeleerdes en Farisers, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ’n kind van die hel, twee maal erger as julle self.
...
23:
Wee julle, skrifgeleerdes en Farisers, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle na: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.
24:
Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk!

En hoe gou het die wettiesheid van die Joodse vromes na die eerste Christene oorgewaai! Soos op die “eerste sinode” (Handelinge 15):

1:
En sekere persone wat van Juda afgekom het, het die broeders geleer: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie.
2:
Toe daar nou geen klein stryd en woordewisseling van die kant van Paulus en Brnabas teen hulle ontstaan het nie, het hulle besluit dat Paulus en Brnabas en nog ’n paar ander van hulle sou opgaan na die apostels en ouderlinge in Jerusalem in verband met hierdie vraagstuk.
...
6:
En die apostels en ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek.
7:
En toe daar ’n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle ges: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.
...
10:
Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels ’n juk te l wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie?
...
13:
En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en s: Broeders, luister na my!
...
18:
Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.
19:
Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie,
20:
maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is, en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed.

So ges, so gedaan - mooi, face-saving kompromis, broer Jakobus - en dan s die brief:

28:
Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te l nie as hierdie noodsaaklike dinge:
29:
dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!

Om verder geen las op julle te l nie as hierdie noodsaaklike dinge dan sal julle goed doen. Nie: anders kan julle nie gered word nie, soos die vromes in vers 1 dit wou h nie.

En die noodsaaklike dinge? Nie die besnydenis waaroor Joodse en Griekse Christene verskil het nie; nie homoseksuele praktyke nie, dit waaroor die Grieke van daardie tyd kwalik ’n wenkbrou sou gelig het, maar waarvoor die Jode gegru het; nie moord of verkragting nie, want daaroor het Jode en Grieke saamgestem. Net: afgodsoffers, die eet van bloed, ooglopende nie-kosjer vleis en hoerery. En driekwart van hierdie beperkinge - toevallig alles wat nie met seks te doen het nie - is vandag nie meer vir Christene ’n issue nie. Dit was ’n kompromis vir die oomblik, vir die omstandighede van die tyd. Of hoor ons die vromes nog oor offer- en kosjervleis en bloed eet preek?

Die verwysing van Petrus hierbo na die heidene wat deur sy mond die evangelie gehoor en gelowig geraak het, slaan op Cornelius, ’n Romeinse hoofman oor honderd en “sy familie en besondere vriende” waaroor in Handelinge 10 vertel word. Cornelius het boodskappers na Petrus gestuur om hom te gaan haal. Terwyl die boodskappers nog op pad was, het Petrus op die dak geklim om te bid, en in ’n verrukking van sinne ’n voorwerp soos ’n groot laken wat aan die vier hoeke vasgebind was uit die hemel sien neerdaal. Daarin was onreine viervoetige diere en wilde en kruipende diere en vols. Hy was baie honger.

13:
Toe kom daar ’n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet!
14:
En Petrus s: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geet nie.
15:
En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.

En terwyl Petrus nog “by homself daaroor verle was”, staan Cornelius se boodskappers by die poort. Petrus het hulle by hom laat oornag en die volgende oggend saam met hulle na Cornelius gereis.

27:
En onderwyl hy met hom spreek, gaan hy binne en vind baie wat vergader het;
28:
en hy s vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir ’n Joodse man om met iemand van ’n ander volk omgang te h of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie.

Nou wonder ek maar net: as die vromes van vandag ’n soortgelyke verrukking van sinne kon beleef en op die laken twee gay mans of vroue in omhelsing aantref, sou dt hulle oortuig? Of sou hulle s: Nee, Here, dis vir my ’n gruwel, ek walg daarvan, U is vir my te radikaal? Sou hulle die grasie - of die genade - kon vind om ’n slag by hulself oor die sekerheid van hul standpunte verle te raak? Of sou hulle daarop aandring dat die Boek s: julle moet besny wees, julle moet straight wees, julle mag nie by mense wat vreemd of anders is se huis ingaan en met hulle brood breek nie?

God was nog altyd te radikaal vir sy kinders.

Hoeveel van ons faal nie “bedroef” die toets saam met die ryk jongman nie? As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ’n skat in die hemel h; en kom hier, volg My. (Matt. 19:21.)

Baie Christene - ook die heel vromes - sal argumenteer dat Jesus dit tog nie letterlik kon bedoel het nie. Die dissipels was self verslae oor wat Jesus daarna oor rykes, kamele en die oog van ’n naald te s gehad het en het gevra: Wie kan dan gered word? Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle ges: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik (Matt. 19: 25-26).
En tog s die vromes so ligtelik aan gay mense: moenie die Bybel interpreteer om julle eie tekortkominge te verskoon nie, en onthou: dis eintlik so maklik, by God is alle dinge moontlik. Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die (gay) dissipels ’n juk (van letterlike interpretasie en onhaalbare eise) te l wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie?
Dit lyk vir my of ons as Christene moet kies: moet ons die Bybel letterlik en wetties interpreteer, of moet ons eenvoudig en radikaal die grootste gebod n die een wat daaraan gelykstaan, probeer navolg - en ook ons interpretasie van die Bybel daaraan onderwerp?
Jou naaste soos jouself. Hoe kan ons hier in Suid-Afrika relatief gesproke in paleise bly en in flashy motors rondry terwyl miljoene op ons drumpel in ellende krepeer? Hoe kan ons ons rykdom vir onsself hou en s die weduwees se huise opeet? En hoe kan ons die wese, wat binnekort in hierdie land miljoene gaan tel, skouerophalend van ’n afstand af be-tjie-tjie-tjie? Hoe kom ons daarmee by die Here verby?

Of is dit te erg? S ons vir Hom: Here, met respek, maar wragtag, nou verwag U darem te veel van my! Dis onprakties, en bowendien onhaalbaar, om in ons omstandighede VIGS-wesies te versorg, om by mense in hul shacks of in die gutter te gaan sit, om hier en nou iets aan hul armoede te probeer doen. Of om moordenaars en verkragters in die gevangenis te gaan besoek, en mense wat nooit ’n kans in hierdie onbarmhartige sisteem van ons gehad het nie - straatkinders, mishandeldes, sekswerkers, verstotelinge, verslaafdes, sterwendes, ook di met VIGS.

Nee, Here, ek gru daarvan! Gee my tog iets wat meer natuurlik kom vir my bekrompe, verharde hart, soos om mense van die ewige lewe ndag te vertel - te hel met die hier en nou! - of om die evangelie van vooroordeel teenoor gay mense te verkondig. Gebruik my asseblief tog liewer in u sedelikheidspatrollie. En die swaarste van die wet laat julle na: die reg en die barmhartigheid en die trou. Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk!

Dan bly daar nog in Matths 7 seker die benouendste woorde wat in die Bybel opgeteken staan, vir ons almal, gays n vromes:

21:
Nie elkeen wat vir My s: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
22:
Baie sal in daardie dag vir My s: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
23:
En dan sal Ek aan hulle s: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

Selfs nie elkeen wat al te spoggerig (en kliekerig) vir Hom YESHUA HA MASHIACH ges het nie.

14 Januarie 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.