FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Waking the dead (1999)

Coenraad Walters

Met: Billy Crudup, Jennifer Connelly, Janet McTeer, Ed Harris
Draaiboek: Robert Dillon en Keith Gordon
Regie: Keith Gordon

Die verkiesing is oor wanneer die tannies en omies al die stemme klaar getel het, het ons nog altyd gedink. Daar bewys die wreld se grootste demokrasie ons verkeerd, en die spanning en die kolomsentimeters in koerante bereik omtrent ewe ho hoogtes. Kyk ’n mens televisienuus, wonder jy waarom die sirkus so belangrik is.

Kyk ’n mens na rolprente soos The candidate (1972, met Robert Redford), Primary colors (1998) of Wag the dog (1997) wonder jy waarom mense hulself deel maak van daardie sirkus, die peperduur kampanjes, die stres van heeldag glimlag, die vereiste dat ’n kandidaat perfek moet voorkom (en nooit ’n voet verkeerd moes sit nie, soos George W. Bush nou ten einde uitvind).

Een van die belangrike verhaalelemente in Waking the dead is die onwrikbare wete van die hoofkarakter Fielding Pierce (Crudup) dat hy ’n politikus wil wees, verkieslik die president van die VSA, omdat hy glo hy kan ’n verskil maak. En hoe naef hierdie siening ook mag wees, dit is sy aanvanklike dryfveer om sy loopbaan van stapel te stuur. Wanneer hy hoor dat hy as senator verkies is, is die fut lank reeds uit: sy sukses is aan die ondersteunende masjien van mense en manipulasie te danke.

Sy verkiesing is nie alleen die vervulling van sy idealistiese strewe nie: dis ook ’n wegkruipplek. Jare tevore is sy vriendin, Sarah Williams (Connelly), in ’n bomontploffing dood. Sy was betrokke by die Chileense weerstandsbeweging, en sy was in die pad toe twee vooraanstaande lede van di groep Amerika besoek het en uit die weg geruim kon word.

Fielding en Sarah het polities nie langs dieselfde vuur gesit nie, maar hul liefde was ’n grensoorskreidende passie. Hy versteek sy verlange na haar in sy onverdrote ywer om verkies te word. Maar dan steek ’n vreemde probleem sy kop uit: hy begin haar sien. Ander vreemde dinge gebeur ook, en dit raak moeiliker vir hom om voor te gee dat alles pluis is met hom. Hierdie element van “bonatuurlike” kontak verbind die verkiesingsverhaal en die liefdesverhaal tot ’n redelik vreemde, maar bevredigende geheel.

Die slot is egter juis nie bevredigend nie. In kenmerkend postmodernistiese styl word die kyker met ’n oop slot gelaat — jy moet self besluit wat gebeur het. Die uitloop (pleks van ’n afloop) is miskien net te maklik. Hierdie bitterige pil word darem verhul in die wete dat Fielding ’n hardwerkende senator geword het met ’n hart van goud en ’n strewe om enigiemand wat hulpbehoewend was, by te staan.

Gelukkig is die bonatuurlike element nie so deurslaggewend as wat die lokprent suggereer nie. Die verhaal steun veel sterker op die werklike gebeure wat Fielding se sielkundige toestand verklaar. Dit word knap vertel met onder meer die gebruik van interessante redigeertegnieke.

Billy Crudup sorg dat Fielding te alle tye geloofwaardig bly deur sy intense n beheersde spel. Die toneel waarin hy en sy gesin sy verkiesing vier, en hy vir hulle vertel dat alles nie so goed gaan nie, staan uit — die snit vir Oscar aand sou sekerlik hieruit gekom het. Die ondersteunende span kwyt hul ook goed van hul taak en ’n mens is bly om weer vir Janet McTeer op die skerm te sien, al herken jy haar nie noodwendig dadelik nie!

Opsommenderwys: ’n interessante verhaal met ’n geloofwaardige, sjarmante hoofkarakter (en -akteur) wat goed aanmekaar gesit is en genietbaar is, maar nie noodwendig die groot fliek van die jaar is nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.