FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The virgin suicides (1999)

Coenraad Walters

Met: Kirsten Dunst, James Woods, Kathleen Turner, Josh Hartnett, Danny DeVito
Draaiboek: Sofia Coppola, gebaseer op ’n roman van Jeffrey Eugenides
Regie: Sofia Coppola

Die verhaal van hierdie prent is so ernstig as wat die titel wil laat blyk; tog is die toon vreemd lig, sodat die erns van die gebeure meer deur suggestie oorgedra word as deur ’n hardhandige Amerikaanse styl. Maar daarom skok dit ook soveel meer.

Sofia Coppola dra in haar debuutprent haar naam met waardigheid en skep ’n bepaalde beeld van die Amerikaanse samelewing. Sy fokus op tieners en hul onbeholpe eerste treŽ in die wÍreld van volwasse sosiale interaksie. Dit word ook duidelik uitgewys dat die betrokke volwassenes in hul eie onbeholpenheid nie juis navolgenswaardige voorbeelde vir die jonger geslag is nie. Hierin lÍ heelwat humor opgesluit, maar ’n sitkomaanbieding word dit egter gelukkig nie.

Daar is vyf dogters in die Lisbon gesin, wat in ’n meer gegoede deel van Detroit woon. Wanneer die jongste, Cecilia, probeer selfmoord pleeg, flikker die gevaarligte en ’n sielkundige beveel skakeling met seuns van hul eie ouderdom aan. Tydens die partytjie om hierdie skakeling te bewerkstellig, behaal Cecilia egter “sukses”. Die ouers, gespeel deur Woods en ’n byna onherkenbare Turner, probeer nie oordrewe streng wees met die ander vier nie, maar handhaaf hul huisreŽls wat op hul Christelike waardes gebaseer is. Wanneer Lux (Dunst) egter oor die tou trap en ’n nag uitbly met haar kÍrel Trip (Hartnett), word die susters feitlik opgesluit in die huis — ’n besluit van die ma wat tot die finale tragedie lei.

Die verteller (Giovanni Ribisi) is ’n man wat terugdink aan sy jeug tydens die sewentigerjare. Hy was lid van ’n groepie seunsmaats wat stelselmatig meer en meer betower is deur hierdie groep godinne wat oorkant die straat van een van hulle gewoon het. Die maats loop mekaar steeds (as volwassenes) raak en bespreek dan die tragedie, maar begryp dit tot vandag toe nog nie. Die moeite word selfs gedoen om die volwasse Trip (Michael Parť) op te spoor en met hom ’n “onderhoud” te voer, maar dit lei nie tot groter begrip nie.

Daar sal sekerlik kykers wees wat die mengsel van komedie en tragedie onoortuigend vind. ’n Hele paar van die karakters, soos die oudste drie Lisbon susters, word kwalik meer as net ’n lyf voor die kameras. En word alles goed genoeg gemotiveer?

Tog is daar onthoubare momente in die prent. Die ontradisionele manier waarop die tradisionele “homecoming dance” uitgebeeld word, veral wanneer ’n mens die dreigende tragedie in gedagte hou, is verfrissend. Die seuns se (onskuldige) verbeeldingsvlugte omtrent die susters, soos waar hulle wyle Cecilia se dagboek lees en die handskrif analiseer, laat ’n mens ook let op die besondere kamerawerk.

Ten spyte van probleme bied hierdie prent ’n besondere kykie in die lewe van Amerikaanse tieners van die sewentigerjare, en oordragtelik word dus meer gesÍ omtrent alle tieners van alle tye wat hulle in samelewings bevind wat deur Amerika beÔnvloed (wil) word. As ouers en tieners iets soek waarmee hulle met mekaar kan gesels, is hierdie prent aan te beveel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.