FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Top tien flieks vir 2004

Suzette Myburgh

  1. Dogville
  2. Goodbye, Lenin
  3. The man without a past
  4. Broken wings
  5. Eternal sunshine of the spotless mind
  6. Pieces of April
  7. The house of sand and fog
  8. The barbarian invasions
  9. The dreamers
  10. Lost in translation

  1. Dogville
    Hierdie fliek is, soos 'n vriendin dit gestel het, in 'n klas van sy eie. Dis Lars von Trier op sy enigmatiese beste, en jy sal ůf kortasem van bewondering (op soek na genoeg lofterme) wees, ůf jy sal dit haat en lank voor die drie ure kyktyd verby is wil uitloop. Selfs nie met sy beste pogings is Michael Moore in staat om sulke indringende en snydende kritiek op die Amerikaanse samelewing te lewer nie. Nicole Kidman se kragtige spel beÔndruk en Paul Bettany, wat reeds met sy debuut in A beautiful mind die aandag getrek het, wys dat hy maar dopgehou kan word.

  2. Goodbye, Lenin
    Uit die talle nuwe flieks wat jaarliks te sien is, is daar maar 'n handjie vol deur regisseurs wat werklik volkome in beheer van hul stof is. Hierdie is een van hulle. As hy dan ook nog die gewigtigheid van die menslike kondisie met humor kan verlig, kry hy heelhartig my stem. Een van vanjaar se mees besondere films.

  3. The man without a past
    Uiteindelik is my lysie van twee gunsteling- snaaksste flieks (Jean-Pierre Jeunet se Delicatessen en Emir Kusturica se Black cat, white cat) aangevul met hierdie swart nommer uit Finland. Diť ultra droŽ aanbieding het my uiteindelik laat besef dat daar wel iets soos Skandinawiese humor is. Maar nie so dat jy dit sal agterkom nie.

  4. Broken wings
    Skrynend menslike verhale het my nog altyd meer aangestaan as enige skouspelagtige aksie of verbluffende speurstorie. Hierdie Israeliese film behoort die prys te kry vir vanjaar se beste debuutregisseur (Zach Braff kry die troosprys vir Garden State).

  5. Eternal sunshine of the spotless mind
    Nie so glad afgerond soos Charlie Kaufman se Adaptation nie, maar 'n stewige Kaufman desnieteenstaande. Wat beteken 'n mallemeulerit wat 'n mens se kop laat draai, maar so lekker is dat jy aan die einde weer voor wil begin. Hopelik het die lang en effens irriterende titel nie te veel voornemende kykers afgeskrik nie.

  6. Pieces of April
    My fliekverrassing van die jaar, waarmee ek my bevooroordeeldheid teen Amerikaanse familiedramas bely. Simboliek word feitlik deurgaans fyn hanteer en die gevreesde Dankseggingsete word uiteindelik 'n viering van die groter familie van mense.

  7. The house of sand and fog
    Ook hierdie nogal swaar fliek was 'n verrassing, en die meedoŽnlose tragiek daarvan het my dae lank bygebly. Ben Kingsley se waardige, streng Irannese kolonel is 'n kragtoer en wys nogmaals wat 'n uiters veelsydige akteur hy is.

  8. The barbarian invasions
    Wat 'n warmhartige fliek oor 'n vrygeestige ou Kanadese korrelkop gevul met wellus vir die lewe; die Oscar as beste buitelandse rolprent was welverdiend (ek het die stekies na die Amerikaners onbehoorlik baie geniet). Die akteur se spel wat egter bo almal s'n uitstaan, is Marie-Josee Croze as die lewenswyse junkie.

  9. The dreamers
    Belustige Bertolucci bekoor weer met hierdie sexy fliek oor 'n verwikkelde vorm van bloedskande. Sy persoonlike betrokkenheid is feitlik voelbaar in elke aspek van hierdie film se wonderlike atmosfeer, tot by die intens bevredigende einde op maat van Edith Piaf se "Non, je ne regrette rien".

  10. Lost in translation
    Hoewel ek nie so ge-wow was soos die meeste resensente nie (tot my groot teleurstelling), en 'n sekere brokkerigheid in die fliek gepla het, is dit nogtans 'n gunsteling. Die wonderlik ongewone kombinasie van Bill Murray en Scarlett Johansson teen die vervreemdende Japannese agtergrond sorg vir 'n onthoubare film.



LitNet: 20 Desember 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.