FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The Passion of The Christ

Steyn du Toit

movies@mfm.sun.ac.za

Regisseur
Mel Gibson

Spelers
James Caviezel — Jesus
Monica Bellucci — Mary Magdalene
Maia Morgenstern — Mary
Hristo Naumov Shopov — Pontius Pilate
Mattia Sbragia — Caiphas, the High Priest
Luca Lionello — Judas

Blykbaar, toe hy aan die kruis gehang het, was een van die laaste sinne wat Jesus uitgeroggel het: “My God, my God, waarom het U my verlaat?”. Ongeveer 2 000 jaar later, met die martelende deursit van The Passion, het ek vir die eerste keer werklik die gewigtighed en motivering vir so ’n stelling begryp. En dit was maar halfpad deur die film!

Toe Mel Gibson ’n dekade gelede met sy kruistog begin het om die laaste twaalf uur in Jesus se lewe “hiperrealisties” te verfilm, het niemand juis oor hul voete geval om hom te help nie. Dit is seker verstaanbaar uit ’n kommersiŽle oogpunt. Eerstens wou Gibson die film in Aramees, Latyns en Hebreeus verfilm met Engelse subtitels, in ’n poging om die geloofwaardigheid daarvan te versterk. Ook sou geen groot Hollywood-name in die film gewees het nie, sodat kykers se aandag nie afgelei sou word van die “boodskap” van die film nie. Die kersie op die koek was egter die feit dat Gibson soveel as moontlik realistiese geweld wou inwerk, sodat mense werklik die erns van Jesus se opoffering kon besef.

Waarmee daar egter nie rekening gehou is nie (pluspunt vir Gibson), is die feit dat miljoene massas wÍreldwyd bloot die naam “Jesus” nodig het om alles net so te los, hulle nette neer te gooi, en die res van die skares blindelings te volg na die filmteater. The Passion se vertonings aan die publiek sover is gekenmerk deur ’n geween en ’n gekners van tande in die teater vanweŽ die geweld, uitroepe van “Halleluja!” en ’n algehele, saambindende massahisterie wat neergedaal het op kykers.

Maar hoe het Gibson dit reggekry? Hoe het ’n klein, onafhanklike film dit reggekry om rekords te breek en om heel waarskynlik in die toekoms nog ’n wye draai te gaan gooi by toekenningseremonies? Die antwoord lÍ in die onderskatting van hoe kragtig die filmmedium werklik is. Die naam Jesus het mense wel by die teater gekry, maar van daar af is dit die film se werk om die regisseur se belange te bevorder. The Passion bestaan uit Vangelis-agtige musiek terwyl Jesus sy kruis dra, bloed en stukke vlees wat teen die skerm spat, nabyskote van smartdeurtrekte oŽ, hande wat soos in ’n Michael Jackson-musiekvideo by die aarde ingedruk word, donderwolke en weerlig rondom die kruisigingstoneel, en ’n classic Rocky scene waar Jesus na ’n brutale pak slae met ’n rottang moeisaam opstaan en sy ongelowige kastyders vierkantig in die oŽ kyk.

In my ootmoedige (“want hulle sal die aarde beŽrf”) opinie behoort ’n goeie regisseur ons as kykers die geleentheid te gun om die eerste paar minute van sy film uit ’n objektiewe oogpunt te ervaar — ongeag die tema. Dit gee ons die kans om te probeer verstaan wat dit is wat die regisseur poog om te sÍ met die film, asook hoe hy beplan om dit te doen. Wanneer ons dan kies om onsself emosioneel by die karakters en hul omgewing te skaar, is die keuse ons s’n. ’n Goeie film maak so. ’n Slegte film veronderstel uit die staanspoor dat die kyker te dom is om eie besluite te neem — ’n gulde geleentheid vir die regisseur om emosionele afpersing te gebruik ter bevordering van eie propaganda.

Ek besef terdeŽ dat ek heel waarskynlik een van weinig sal wees wat verwyderd van massahisterie en -sentiment na hierdie film gekyk het. Alhoewel Jesus vir sommige mense bloot ’n historiese figuur is, is hy die spreekwoordelike Alfa en Omega vir hordes. Dit maak egter nie ’n film oor ’n gedeelte van sy lewe noodwendig goed nie.



LitNet: 26 Maart 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.