FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The Shipping News

Suzette Kotz

Spelers: Kevin Spacey, Julianne Moore, Cate Blanchett, Judi Dench, Pete Postlethwaite
Regisseur: Lasse Hallstrm

Die gelyknamige roman en Pulitzer-pryswenner deur E. Annie Proulx het ’n paar jaar gelede opspraak verwek, en daarom is met groot verwagting uitgesien na die filmweergawe. Is dit moontlik dat mens snder dat jy die boek gelees het voel dit moet beter wees nadat jy die film gesien het?

Die film open met veelseggende beelde van water. Quoyle (Kevin Spacey), wat stam uit ’n ou Newfoundlandse vissersfamilie, is weens ’n traumatiese ervaring sedert kindsdag doodbang vir water. Hy werk as inkkontroleur by ’n klein koerantdrukker in New York en het ’n permanent beteuterde uitdrukking op sy gesig. Di uitdrukking verdwyn kortstondig toe ’n femme fatale, Petal (Cate Blanchett) in gietende ren (weer die watermotief) in sy motor spring, blykbaar om weg te kom van ’n rusie met ’n eks-minnaar. Sy is ’n manne-verorberaar in die oersin van die woord, Quoyle is heeltemal oorweldig en val pens en pootjies vir haar. Sy word mevrou Quoyle, en kort voor lank word ’n dogtertjie, Bunny, gebore.

Beide Quoyle en Bunny bly hopeloos lief vir Petal, maar sy kom en gaan en verskree soos sy wil op haar voortgaande vernietigingstog, wat uiteindelik eindig in ’n noodlottige motorongeluk. Ongeveer dieselfde tyd sterf Quoyle se ouers en daag sy tante Agnis (Judi Dench), sy pa se suster, op. Sy soek haar broer se as, wil daarmee terug Newfoundland toe om haar wortels te herontdek. Vir Quoyle kan dinge nie eintlik slegter raak nie, en hy en die sesjarige Bunny klim saam op die boot Kanada toe.

Die ou familiehuis, ’n houtkasarm op die rand van ’n afgesonderde krans bo die tierende see, lyk nie juis bewoonbaar nie, maar Agnis laat haar nie stuit nie. Sy kry weer haar stofferingsbesigheid aan die gang en Quoyle gaan soek werk by die plaaslike koerant. Tussen die klomp rare karakters verander die inkkontroleur met rukke en stote in ’n verslaggewer wat sy seesout werd is. Net Tert (Pete Postlethwaite) het nie veel ooghare vir die nuweling nie, en toe Quoyle heel onverwags ’n wil van sy eie begin wys, het hy ’n vyand gemaak. Intussen het Bunny vriende gemaak met Harry, gestremde seuntjie van Wavey (Julianne Moore), eienaar van die plaaslike speelskooltjie. Quoyle raak stilweg verlief op di langbeen-weduwee met die goudrooi hare, maar sy treur nog oor haar man wat vier jaar gelede verdrink het terwyl sy swanger was met Harry.

Stuk vir stuk ontvou die Quoyles se voorgeskiedenis — en dis nie ’n alte mooi geskiedenis nie. Die Newfoundlanders is rowwe boere, en nog geraamtes kom uit ander kaste, maar uiteindelik vind Quoyle ’n eie identiteit, een wat s: ja, ons is maar almal so, net mense met ons vrese en swakhede, en die uitdaging l daarin om ons vrese te oorwin en die beste te maak met wat ons het.

Die film is wonderlik atmosfeerryk, met ruwe natuurskoon wat gereflekteer word in ruwe mense wat oorleef danksy, en soms ten spyte van, hul lojaliteit aan goed en bloed. Tog is dit asof mens heeltyd voel die fliek moes mr gewees het, jy moes as kyker mr ingetrek geword het in die karakters se lotgevalle, of mr verstom gewees het oor die magiese ondertone van hul afgesonderde, eksentrieke bestaan. Miskien goeie aanmoediging om dadelik die boek in die hande te kry!

Kevin Spacey, Julianne Moore en Judi Dench lewer die soort stewige vertolkings wat mens van akteurs van hul formaat verwag, en Alyssa Gainer as Bunny lyk en oortuig as ’n regte kind, nie ’n Hollywood-plastiekpoppie nie. My klein Oscar gaan egter aan Cate Blanchett (regstellende aksie omdat sy in 1998 nie die grote gekry het nie). As Petal voeg sy net nog ’n verstommende vertolking by haar reeds indrukwekkende en wyd uiteenlopende karakterlys. ’n Pluimpie aan die rolverdeler wat haar in di a-tipiese rol geplaas het.

The Shipping News het nie my asem weggeslaan soos ’n koue Newfoundlandse brander nie, maar dit is beslis die kyk werd.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.