FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wo de fu qin mu qin / The road home (1999)

Coenraad Walters

In Mandaryns met Engelse onderskrifte
Met: Ziyi Zhang, Yuelin Zhao, Honglei Sun, Hao Zheng
Draaiboek: Shi Bao gebaseer op sy eie roman Remembrance
Regie: Yimou Zhang

Soms is dit wonderlik om, te midde van rolprente vol spesiale effekte (van die ontploffingtipe of die postmoderne soort), iets te sien wat so eenvoudig en so mooi is as hierdie Mandarynse juweeltjie. Dit is gemaak deur dieselfde groep mense wat Not one less gemaak het met “gewone” mense, geen professionele akteurs nie. Dit word nie so duidelik gestel of dieselfde tegniek hier gevolg is nie, maar ’n ewe sjarmante, eenvoudige verhaal word vertel.

’n Jong man, wat opgelei is as onderwyser maar nie skoolhou nie, keer na sy ouerhuis in ’n klein plattelandse dorpie terug omdat sy pa gesterf het. Sy ma is gebroke en sit voor die skoolgeboutjie, waar sy vir veertig jaar geluister het hoe haar man skoolhou. Sy dring daarop aan dat die liggaam van die hospitaal in die groter dorp gedra word na hulle huis toe, ’n ou tradisie wat lankal nie meer plaasvind nie. Dit is prakties moeilik uitvoerbaar, aangesien die jong mans van die dorpie almal weggetrek het om meer geld in die groot stede te gaan verdien. Die seun betaal die burgemeester om draers uit omliggende dorpe te huur.

Op die dag van die begrafnis daag oudleerlinge van die gestorwene van heinde en verre op en help dra. Selfs die gehuurdes gee hulle loon terug, en die geld word op die ou end bygedra om die skoolgeboutjie te help herstel.

Hierdie moderne raamvertelling is in swart en wit verfilm. Tussenin vertel die seun aan die kykers die verhaal van hoe sy ouers mekaar ontmoet het — ’n deerniswekkende liefdesverhaal in skouspelagtige volkleur wat afspeel teen die kleurryke heuwels van die Chinese landskap.

Uit my opsomming van die verhaal sal ’n skerpsinnige leser reeds agterkom dat my beskrywing van die verhaal as “eenvoudig” misleidend is. Inderdaad: di “eenvoudige” verhaal verhul groot diepte. Die feit dat ’n onderwyser die sentrale karakter is in ’n armoedige gemeenskap, is veelseggend. Die prent dra op subtiele wyse besonder baie oor omtrent die Chinese kultuur en gebruike, onder meer dat di liefdesverhaal besonders is, aangesien gerelde huwelike die norm was. Die afwesigheid van jong mans om die liggaam huis toe te dra, verklap heelwat omtrent die ontvolking van die platteland en Chinese (eintlik universele) ekonomiese toestande.

Seker die belangrikste onderstroom is die politieke. Waar die weduwee Zhao Di sit en ’n stuk lap weef op haar ou weefgetou wat spesiaal herstel moet word, word ’n kalender van 1999 prominent vertoon. Die burgemeester s pertinent dat die tradisie om die lyk huis toe te dra, nog nooit uitgevoer is sedert die Kulturele Rewolusie (van ongeveer 1966, Mao Zedong se sogenaamde Groot Stap Vorentoe) nie. Die ontmoeting tussen die eenvoudige dorpsmeisie en die geleerde onderwyser uit die stad, die dorpie se eerste onderwyser, moes dus in 1959 plaasgevind het: vr die Kulturele Rewolusie. Hul huwelik is met twee jaar uitgestel omdat die owerhede hom van haar af weggehou het weens die politieke moeilikheid waarin hy was.

Met die Kulturele Rewolusie (en die lyding wat dit vir miljoene Chinese veroorsaak het) as agtergrond, is een sin uit die onderwyser se eerste les besonder interessant: “Ken die hede, ken die verlede.”

Kykers wat hou van ’n Mooi Storie — al moet hulle nou lees n fliek — kan gerus The road home volg. Maar wees daarvan bewus dat hierdie film ’n deel blyk te wees van moderne China om sy verlede te verken en te verwerk. Bloot eenvoudig is dit ook nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.