FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Passion of Mind

Suzette Kotzé

Regisseur: Alain Berliner
Spelers: Demi Moore, Stellan Skarsgard, William Fichtner, Peter Riegert

Wat is dit wat ’n film ten spyte van grootnaam-akteurs, mooi plekke en eksieperfeksie stilering so ’n teleurstelling maak? Dis die vraag wat by my opgekom het terwyl ek na Passion of Mind sit en kyk het.

Van die openingstoneel waar die titels saam met hul spieëlbeelde op die doek verskyn en verdwyn terwyl die kamera stadig nadersweef na ’n idilliese Europese dorpie (Frankryk, vind jy later uit) tot die tonele in frenetiese New York, lyk alles “net reg”. Maar dis ’n geval van “my hart is ’n groot blink shopping centre”. Die siel, die egtheid, die diepte ontbreek.

Marie Willis (Moore) is ’n pragtige jong weduvrou geklee in sakkerige boheemse klere wat haar twee pragtige dogters pragtig grootmaak. Sy skryf resensies vir ’n belangrike Amerikaanse publikasie en waag in die geheim haar hand aan fiksieverhale ook. Maar as sy saans haar kop op die kussing neerlę, word sy wakker in New York as Marty, ’n enkellopende, baie suksesvolle beroepsvrou en literęre agent, kompleet met selfoon, stylvolle swart New Yorkse kleertjies en oorgroot goue juwele.

Sy geniet beide lewens en het nie ’n probleem daarmee dat sy gelyktydig twee perde ry nie, soos haar sielkundige in Frankryk dit aan haar stel (Marty in New York het ook ’n sielkundige). Haar verweer is dat sy nie weet hoe sy in dié dubbele lewe beland het nie, en dat sy ook nie weet hoe om daaruit te kom nie.

Die draaipunt kom in die vorm van twee mans wat op haar verlief raak, een in elke węreld. En soos haar vriendin in Frankryk sę, die een wat sy kies, gaan bepaal watter węreld behoue gaan bly. Want die een wat sy los, sal moet gaan, en hy sal die węreld wat hy verteenwoordig saam met hom neem.

Ongelukkig was dit vir hierdie kyker moeilik om die opset van die verhaal te aanvaar, want bogenoemde situasie van twee aparte werlikhede wat al twee letterlik ewe werklik is, word as volkome realisties aan jou voorgehou sonder dat die regisseur ’n motivering daarvoor verskaf, en wanneer die motivering uiteindelik saam met die ontknoping kom, is die geloofwaardigheid van die verhaal lankal ondermyn. Om dit anders te stel, ek kon eenvoudig nie die storie koop nie en kon dit dus ook nie waardeer nie.

Om dit te vergelyk met Sliding Doors, die eerste van ’n hele klomp flieks die afgelope paar jaar wat dubbele węrelde uitbeeld: Die intrige in Sliding Doors werk omdat dit nie as letterlike realiteit aan jou gebied word nie, maar daar eerder gekyk word na die moontlikhede van parallelle węrelde op filosofiese vlak — en jy as kyker weet dit.

Die ander faktor wat hierdie film omtrent onkykbaar maak, is die swak toneelspel. Demi Moore is aantreklik en sexy met haar heserige stem (die beroemde nie-natuurlike bates onder haar stywe T-hempies vertoon ook baie goed), maar haar spel is stokkerig en totaal onoortuigend. Stellan Skarsgard en William Fichtner, die twee minnaars William en Aaron, doen nie veel beter nie — maar wie kan hulle ook kwalik neem met sulke ongelooflik sentimentele dialoog?

Van die eerste toneel, waar moeder Marie haar kleintjie teer in die bed sit en die groter dogter begripvol deur haar aandgebede begelei, is die draaiboek en inkleding sakkariensoet en so geyk Amerikaans soos kan kom. Van daar af raak dit net erger, ’n volle twee ure daarvan. Die eerste-aand-uit-toneel tussen Marie en William is byvoorbeeld so onbeholpe dat ’n mens behoorlik ineenkrimp in jou stoel — gewone verliefde tieners sou beter kon doen.

Wat die ergste is van hierdie tipe fliekervaring is dat ’n mens die hele tyd so vurig maar vergeefs sit en hoop dat dit iewers beter gaan word. Dus: moenie die lokteks van “... a lyrical, highly emotional, psychological drama” glo nie, spaar jouself die pyn en MOENIE hierdie fliek gaan kyk nie.

  • Suzette Kotzé is ’n vryskut-skrywer en uitgewer

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.