FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Monster’s Ball

Andr Crous

cinephile2@yahoo.com

Die storie is uniek en vol hoop: die een deel handel oor Hank (Billy Bob Thornton), ’n wag wat op death row werk. Sy pa (Peter Boyle) het dit voor hom gedoen, en sy seun (Heath Ledger, in ’n dramatiese rol wat hom n sulke trivialiteite soos A Knight’s Tale as ’n baie goeie akteur bewys) sal hom opvolg.

Een van die gevangenes, Musgrove (gespeel deur Sean “Puffy” Combs), gaan binnekort tereggestel word. En s ontmoet ons Musgrove se familie: sy vrou, Leticia (Halle Berry) en sy seun.

Leticia probeer al elf jaar lank om haar situasie te hanteer, maar noudat haar man se teregstelling so naby is, is sy besig om alles te verloor. Haar seuntjie is oorgewig, en sy is kwaad vir hom en vir haar skynbaar hopelose situasie. Sy moet lang skofte by die coffee shop op die hoek werk net om haarself aan die lewe te hou, en dan eet haar seun nog alles op wat sy by die huis aanbring met die bietjie geld wat sy verdien.

N twee reuseskokke in beide Leticia en Hank se lewens, ontmoet hulle onverwags, en dan begin ’n storie met honderde moontlikhede, wat elke keer in die regte rigting beweeg. Hank en Leticia moet veg teen interne en eksterne vooroordele om hulself beter mense te maak. Hulle is twee mense wat nie net mekaar help om bo hul situasies uit te styg nie, maar ook mekaar red uit wanhoop en saam doen wat hul harte wil.

Die draaiboek gaan nie vir eenvoudige, alledaagse rassisme of spanningspunte in ’n huishoudelike opset waar mishandeling van een generasie na die volgende oorgedra word nie.

Ek kan natuurlik ingaan op die belang wat hierdie fliek het vir 'n Suid-Afrikaanse gehoor, binne die konteks van vooroordele na dekades van apartheid, maar dit is vanselfsprekend. Suid-Afrika is nie veel anders as Amerika in hierdie opsig nie, en die fliek fokus op liefde as reddingsmiddel, in plaas van die gemiddelde wit-versus-swart-storie van byname en haat.

Die karakters in hierdie fliek het mekaar nodig om aan te gaan met hul lewens. Of hulle dit teenoor hulself wil erken of nie, hulle kan nie net meer aangaan soos wat hulle tot nou toe het nie.

Dan, skielik, begin die karakters besluite neem. En die besluite lei tot onverwagse optrede en selfstandige denke. Wanneer twee sulke sterk mense al vir jare basies op hul eie gelewe en in ’n roetine verval het (ons sien dit baie goed met Hank, wat elke aand deur dieselfde vrou in die restaurant bedien word), sou ons ’n botsing tussen hul karakters verwag. Maar hulle is albei reeds deur soveel dat hulle, soos in enige regte verhouding, leer om mekaar te verstaan.

Die fliek lyk baie stylvol, met geel en blou lig wat soms deur die hortjiesblindings val en ons die hitte of die koue regtig laat voel. Daar is niks fout met die toneelspel nie, en Halle Berry het haar goue standbeeldjie hierdie jaar verdien. Selfs Heath Ledger en Puff Daddy is verstommend in hul rolle.

So wat het my gepla omtrent hierdie fliek?

Wat ek vantevore ges het van die styl van die fliek behoort my nie te pla nie — dit is tog immers vanselfsprekend dat tonele opgejazz word vir die kyker. Sekere kamera-angles is ook anders as die gewone, en het my aandag getrek. Die fliek gebruik soms “jump cuts” — wat bekendgemaak is deur die Franse regisseur Godard se 1960-fliek Breathless / Bout de Souffle. Jump cuts sny binne-in ’n betrokke shot — nie tussen shots in ’n scene nie, maar binne een shot word daar dele uitgesny om dit korter te maak en die karakters lyk asof hulle rondspring in tyd en plek. Neem byvoorbeeld ’n shot van iemand wat langs die see loop: hy loop normaalweg, en dan is hy skielik tien meter verder, waar hy verder loop teen normale spoed. Hierdie rondspringery trek aandag en is oorspronklik selfs as ’n editing-fout bestempel. Natuurlik is dit nie, omdat dit met opset gedoen word. Maar Monster’s Ball doen dit te veel, sonder rede. Die storie is goed genoeg sonder dat daar enige fancy editing tricks uitgevoer hoef te word.

Die fliek wou om een of ander rede t kort wees en daar word nie genoeg opgebou in die storie nie. Dit spring rond van — ek erken — een sleuteltoneel na die volgende. Alles wat in die fliek is, is nodig en is daar met rede, maar soms is dit nie genoeg nie. Daar moet nie net gespring word van een groot toneel na die volgende nie. Daar moet oorgang wees tussen hierdie “non-submersibles” soos Kubrick dit genoem het. By die eerste groot skok van die fliek is dit s vinnig verby dat ek eers gedink het dis moontlik ’n droom. Ons kan min of meer sien waarom dit gebeur, danksy die onmiddellik voorafgaande toneel. Maar dit is juis my probleem. Die karakters in die fliek spring rond tussen oorsaak en gevolg, sonder om enige grond tussenin te h waar hulle tot ’n besluit kom.

Die fliek is baie goed, maar nie uitstekend nie. Dit is die beste groep toneelspelers wat saam op die skerm is, en een van die mees oorspronklike draaiboeke wat homself met volwasse temas besig hou, in ’n baie lang tyd; maar die storie moes stadiger ontwikkel het.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.