FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Memoirs of a Geisha

Suzette Kotzť-Myburgh

Gegrond op die gelyknamige roman deur Arthur Golden
Spelers: Ziyi Zhang, Ken Watanabe, Michelle Yeoh, Li Gong
Regisseur: Rob Marshall
Vertoontyd: Vanaf 5 Mei 2006

Eers ’n goeie vyf jaar nadat Arthur Golden se bekende roman op al wat ’n trefferlys was, het ek daarby uitgekom om dit te lees. (So many books, so little time ….) Maar die evokatiewe voorblad, van ’n geisja se witgepoeierde gesig met net die onnatuurlik gevormde karmosynrooi lippe ingeverf, het toe al lank by my aangeklop. Dit wat die voorblad so perfek gesuggereer het – ’n misterieuse, versteekte wêreld met fluisteringe van die woord seks, daardie nuuskierigmaker van ’n mens se kinderdae – het die boek in oorvloed gebied. Die boeiende storie van Sayuri, die negejarige meisietjie uit ’n vissersdorpie wat voor die Tweede Wêreldoorlog Kioto se mees gevierde geisja sou word, het my verbeelding aangegryp. Ek onthou steeds die detailbeskrywings van die geisjas se kimono (die meervoud in Japannees), die besonderse kunswerke wat dit was.

Uiteraard het ek baie uitgesien na ’n behoorlike film gebaseer op dié trefferboek. Wat ek tot my spyt aangetref het, was ’n afgewaterde weergawe met skynbaar net een mikpunt: dat dit pasklaar en maklik verteerbaar (“toeganklik”) moes wees vir die deursnee Amerikaanse kyker. En dit nogal met ’n gesoute vervaardiger soos Steven Spielberg! Maar nou ja, as Rob Marshall so ’n flouheid kon aanvang met ’n eg Amerikaanse storie soos Chicago (my grootste Oscar-teleurstelling nog), het ek duidelik te veel verwag.

My kritiek het te doen met een ding wat integraal is tot die fliek en wat eenvoudig net nie enige oortuigingskrag had nie: taal. Wat ’n intrigerende vreemdheid, ’n kulturele andersheid vir my Westerse oog én oor moes gewees het, het gestuit op die akteurs se onnatuurlike, sukkelende Engels. Waarom, o waarom kon hierdie fliek nie met onderskrifte gemaak gewees het nie? Kan die Amerikaners nie lees nie?

Eers ná die voorskou kom ek te hore van die kontroversie omdat die regisseur drie Chinese aktrises (wat in die Weste bekend geword het danksy flieks soos Crouching Tiger, Hidden Dragon, Hero en House of Flying Daggers) gebruik het vir ’n storie oor ’n eg Japannese tradisie! Ek het al drie aktrises se uitstekende spel in genoemde flieks gesien, en dit was pynlik om te sit en kyk hoe hul vertolkings ondermyn word deur ’n onbevredigende aksent. Ek het egter besef my hoofbeswaar teen die fliek is slegs ’n voortvloeisel uit die regisseur se fundamenteel swak besluit om nie Japannese in ’n eg Japannese verhaal te gebruik nie – iets wat met integriteit te doen het en wat heel logies sou wees.

Fliekkollega André Crous meen die storie was besonder dun. Omdat ek reeds die verhaal geken het, kon ek nie suiwer daaroor oordeel nie, maar wat ek wel weet, is dat die intense wedywering tussen die geisjas Hatsumomo, Mameha en Sayuri in die boek ’n volkome oortuigingskrag en innerlike logika had. Nog ’n irritasie was die aanpassing ten slotte om minister Sato, wat ’n belangrike rol in die ontknoping speel, in ’n Amerikaanse generaal te verander. En so kan ek aangaan, maar ek sal die leser dit spaar.

As ’n fliek (of enige ander kunsproduk) onteenseglik goed is, berus dit dikwels op universeel herkenbare en aantoonbare faktore. Anders gestel: die meeste resensente, oor ’n wye front, sal saamstem daaroor. As dit nié onteenseglik goed is nie, is daar dikwels uiteenlopende menings deur resensente wat meer op persoonlike smaak berus. Anders gestel: wat een persoon gruwelik pla, kan ’n ander dalk gemaklik mee saamleef.

Afgesien van ’n paar mooi natuurtonele en die pragtige kimono’s is Memoirs of a Geisha die tipe fliek waarmee ek nie gemaklik kan saamleef nie.




LitNet: 03 Mei 2006

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.