FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Master and Commander: The Other Side of the World

Johann Rossouw

Nie voor sowat die afgelope honderd jaar in sy bestaan van nagenoeg sewe miljoen jaar het die mens so ver gekom as om op verantwoorde en intelligente wyse oor die tegniek te begin nadink nie. Dit is eintlik merkwaardig, veral as ’n mens in ag neem dat daar geen mens sonder die tegniek sou wees nie. Tussen die mens en die omgewing is die tegniek, tussen die mens en die wreld is die tegniek.

Die tegniek moes ten minste wag tot Martin Heidegger dit tot tema in die filosofie gemaak het, en tans word dit skouspelagtig verder hanteer deur die Heideggeriaanse tegnofiel Bernard Stiegler. Die aantal moontlikhede vir die denke, die kuns en die letterkunde, vanuit die besinning oor die tegniek, is legio. Van hierdie moontlikhede word egter nog bittermin opgeneem.

As die rolprentbedryf in oorweging geneem word, veral met sy ietwat ongelukkige plaaslike verdeling tussen “populre” en “kuns”-rolprente, val dit op dat die tegniek selde in “kunsrolprente” hanteer word. Die gevolg hiervan is dat die meeste rolprentkritici feitlik geen kennis van die tegniek neem nie, en ’n rolprent as ernstig beskou eers wanneer dit sig met een of ander grootse sosiale tema besig hou: liefde, lyding, verlies, hoop, ens. Wanneer die tegniek weer in “populre rolprente” hanteer word, word dit soms eendimensioneel gedoen, of nie ernstig opgeneem nie.

Dit is teen hierdie agtergrond dat regisseur Peter Weir se nuwe rolprent, Master and Commander: The Other Side of the World (M&C), met Russell Crowe in die hoofrol, ’n uitstekende en belangrike werk is. Weir is plaaslik miskien die bekendste vir sy groot treffer van die 1980’s, Dead Poet’s Society, waarin temas soos meester en leerling, lojaliteit en die vriendskap tussen mans aan die orde gestel is, soos wat dit dan ook in Master and Commander die geval is.

Dit sou maklik wees om hierdie temas in M&C te vertolk bloot as sosiale gegewens, en dit wel bloot aan die hand van hoe hierdie temas vandag hanteer word. Neem byvoorbeeld die feit dat daar geen vrouekarakters in die prent is nie, wat dan kan veroorsaak dat resensente kla dat dit ’n “macho”-prent is. Of die feit dat Crowe se skeepskaptein hoegenaamd nie die liberale gesagsbegrip van sy skeepsdokter deel nie, wat miskien in ’n moderne wreld, waar elkeen volgens die liberale gesagsbegrip slegs doen wat vir homself reg is, vreemd aandoen. Maar om s na die prent te kyk, sal wees om geen begrip te toon vir die feit dat dit afspeel in ’n radikaal ander tegniese konteks as die eietydse nie.

Want die eintlike ster van M&C is die seilskip. Die prent open met tonele van die skip wat spookagtig, in volkome stilte, op die oop see dryf. Ons sien hoe ’n hand ’n uurglas omdraai, en hoe die skeepsklok met opstaantyd gelui word. Die suggestie is onmiddellik dat die tyd self tegnies bemiddel is. Daar is nie so iets soos ’n intieme eerstehandse ervaring van die tyd buite ons tegnieke om nie. As jou leefwreld di van ’n Britse vlootskip op die Atlantiese Oseaan in 1805 is, waar uurglas en skeepsklok die gang van jou dag bepaal, sal jou tydservaring noodwendig radikaal verskil van di van die eietydse wreld waar ononderbroke TV-uitsendings en polshorlosies die tyd merk en vul.

En daarom is M&C van begin tot einde ’n trae rolprent, waarin dit herinner aan ’n ander groot verhaal van traagheid, naamlik Sten Nadolny se roman The Discovery of Slowness, waarin die 19de-eeuse ontdekkingsreisiger en seevaarder, John Franklin, die hoofkarakter is, en waarvan die Engelse vertaling pas verskyn het. In M&C is elke enkele tegniese middel, vanaf die skip vir vervoer, die skeepskanonne vir gevegsaksie, of die kookgerei vir kos, traag in vergelyking met di van die eietydse wreld. En omdat hierdie tegniese middele traag is in vergelyking met di van die eietydse wreld, is die wreld van M&C ook ’n trae een.

In die eietydse wreld is die sondebok ’n “terroris”; in M&C is dit ’n “Jona” wat veroorsaak dat die skip met ongeluk geslaan word. Die begrip terroris is een wat sin maak waar tegniek al hoe meer gevorderd word, aangesien die terroris sy boodskap so wyd as moontlik wil kommunikeer. Die terroris wat op die koerante na die Franse Rewolusie vir die kommunikering van sy boodskap aangewese is, kan nooit dieselfde impak h as die een wat op CNN steun nie. As jou leefwreld, dit wil s jou lewe en dood, afhanklik is van ’n seilskip, dit wil s, die verhouding tussen see, wind, en liggaamsenergie en -vaardighede (skut, stuurman, takelwerkklimmer, kok), kan ’n windstilte net so erg wees as ’n kragonderbreking in die moderne wreld, of selfs erger — en hiervoor moet ’n “Jona” gesoek word, wat dan tot ’n selfmoord in die prent lei.

Wie se tegniese middele beperk is in die aangesig van die omgewing, moet nie net op sy liggaamsenergie en -vaardighede staatmaak nie — manskappe wat desperaat die skip na ’n eerste geveg met die vyand leegskep — maar moet hom ook toegewyd op God beroep. Waar tegniese middele swak is, is God nodig vir redding. (Waar tegniese middele sterk is, is God nodig vir sanksionering van jou optrede — dink aan die VSA in Irak.) Met groot toewyding word danksegging en begrafnis dan ook per skip voltrek.

En wat van die aanklag dat M&C ’n macho-prent is? Dit is ’n aanklag wat tekenend is van die gebrek aan insig in die tegniese aard van die wreld. In vandag se wreld word manlikheid gemeet aan hoe vinnig jy berekenings op jou rekenaar kan maak; in die wreld van M&C was dit hoe vinnig jy in die takelwerk kon klouter of hoe goed jy jou kanon kon mik, want daarvan het lewens afgehang. Vandag het ons nie meer nodig om met ons eie hand koels uit lewende wonde te verwyder nie, maar in die wreld van M&C s mans ook aan sulke dade gemeet.

M&C skets ’n wydse stil wreld waarin mans, maande lank van hul vrouens en bemindes onts, die woord “kameraderie” beleef het op maniere wat vandag nie meer vir die meeste mans moontlik is nie (al het die vliegtuig veroorsaak dat die wreld van die skip, wat nog ver van verby is, nou uit sig verdwyn het). Die krakende dek, die luiende klok, die donderende kanon, en bo alles die suisende see: dit is die wreld wat in hierdie rolprent met geduld en empatie deur Peter Weir opgeroep word.

11 Desember 2003

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.