FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Max and Mona

Suzette Myburgh

Spelers: Mpho Lovinga, Tumi Melamu, Jerry Mofokeng, Percy Matsemela, Coco Merckel, Seputla Sebogodi, Marcel van Heerden
Regisseur: Teddy Mattera
Vertoontyd: Vanaf 4 Maart

Een van my fliekvoorkeure is Suid-Afrikaanse films, veral diť uit 'n Afrika-hoek. Yesterday sal haar vrou staan by vanjaar se Oscars, A reasonable man so 'n paar jaar gelede het grondig beÔndruk, so ook Jumping the gun. Verlede jaar was Amandla! 'n groot gunsteling, en hierdie jaar is daar Sophiatown (waarvan ek 'n bietjie meer verwag het). Onder die komedies staan Chicken Bizniz en Manie van Rensburg se destydse Taxi to Soweto uit, ook Regardt van den Berg se The angel, the bicycle and the chinaman's finger (ten spyte van die lomp titel).

Buitelandse of gedeeltelik buitelandse produksies van "ons" stories is iets waaroor ek gemengde gevoelens het, maar vergun my om twee onlangse prulle in daardie kategorie uit te sonder: Boesman and Lena en Malunde. Daarom dat ek gretig gaan kyk na produksies wat volledig uit eie bodem is. Max and Mona is so 'n homegrown komedie - deels klug, deels satire.

Max (Mpho Lovinga) is, soos die hoofkarakter in Zakes Mda se Ways of dying, 'n funeral mourner - hy het die gawe (visueel baie vindingryk uitgebeeld) om by 'n begrafnis trane uit die hardste hart te pers. Maar die jonge Max is, verstaanbaar, moeg vir begrafnisse; hy wil Jozi toe gaan om 'n dokter te word. Sy hele dorpie, Zwartruggens, staan saam en samel studiegeld in. Die laaste versoek voor hy die lang pad stad toe aanpak, kom van sy tante: hy moet 'n bok saamvat wat by sy niggie se troue geslag moet word. In die taxi word die blÍrende bok gou Mona gedoop, en dan volg die avonture van Max en Mona in die groot stad. (Die bok verdien spesiale vermelding: sy is 'n pragtige wit Sweedse ooitjie - 'n swietsebok soos ons in die Namakwaland sÍ - en haar regte naam is Sweetie!)

Max kan nie sy niggie opspoor nie en met 'n vierpotige vriendin word hy toegang tot die universiteit geweier. Al oplossing is om na sy oom Norman (Jerry Mofokeng) in Soweto te gaan - maar dit, het sy ma vir oulaas gewaarsku, slegs as daar geen ander uitweg is nie. Oom Norman blyk 'n sjebieneienaar te wees, maar hy en sy twee vrinne Skeel (Seputla Sebogodi) en Six (Coco Merckel) is die grootste customers. Verder moet hy dwelms versteek vir die gang boss Razor (sy lang, slap BMW se nommerplaat lees "Razor - GP"). Toe Mona een van Razor (Percy Matsemela) se versteekte sakke dagga opvreet, moet Max vinnig geld in die hande kry om die skade te vergoed. Oom Norman het die geldmaakgaping al met 'n lang oog gesien, en kort voor lank is Max in funeral business as The King of Tears.

My grootste genot aan hierdie film was die taal - dis 'n ongeveer gelyke mengsel van Afrikatale, Engels en Afrikaans. Hou die ore fyn oop vir die Afrikaans, al is daar onderskrifte, want waar Die Taal so lekker op die tong lÍ, hoef ons sekerlik nie soveel te vrees vir die toekoms daarvan nie.

Ten spyte van die heel voorspelbare intrige, soms rukkerige kamerawerk en die abrupte oorgange, is dit die egtheid van hierdie film wat beÔndruk. Die styl is greinerig en amper brutaal, en daar is nie politieke korrektheid of sentimentaliteit nie (afgesien van die liefdestema, wat 'n bietjie aan die hare bygesleep word). Mattera slag 'n klomp heilige koeie sommer met 'n stomp mes af: die vreeslik godsdienstiges, begrafnisondernemers, gays, sokkersterre, Jode, die lot. Daarby skram hy nie daarvan weg om van binne uit skerp sosiale kommentaar te lewer nie.

Max and Mona is soos 'n pot sterk tuisgebroude bier - lekker en met genoeg skop, maar dis 'n aangeleerde smaak.



LitNet: 23 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Onlangs enigiets interessant op die silwerdoek gesien? Deel dit met ons.
Stuur jou kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.