FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Lost in Translation

Steyn du Toit
movies@mfm.sun.ac.za

Spelers: Bill Murray – Bob Harris
Scarlett Johansson – Charlotte
Giovanni Ribisi – John
Anna Faris – Kelly
Regisseur:
Sofia Coppolla

Met die openingstonele van Lost in Translation besef mens eensklaps hoe baie Tokio van Suid-Afrika verskil. Die strate vol doelgerigte gesigte, die kleurryke elektroniese advertensieborde op netjiese, hoë geboue – als omring deur polsende, rou energie. Die regisseur volg dit dan op met ‘n reeks satiriese sketse oor hoe vreemd die Japannese kultuur is – vir dié van ons wat nie Japannees is nie. Maar dis eers wanneer die Japannese karakters hulle monde oopmaak dat die gewigtigheid van die titel werklik by jou insink.

In ‘n neutedop is Lost in Translation redelik eenvoudig om te snap. Bob Harris (Murray) is ‘n Amerikaanse akteur wat in Tokio aan ‘n reeks whiskey-advertensies werk. Elke dag is ‘n stryd soos wat sy regisseur poog om hom in ‘n tweedimensionele stereotipe te verander (“For relaxing times, make it Suntory time”). Ironies genoeg transformeer hy snags te gewillig na ‘n ander stereotipe – dié van die eensame figuur wat alleen by die kroegtoonbank sit en drink. Terselfdertyd, in dieselfde hotel, sit Charlotte (Johansson) betragtend op ‘n vensterbank na die naglewe onder haar en staar. Haar fotograaf-man John (Ribisi) lê rustig en snork, en raak in die proses ‘n metafoor wat hulle verhouding opsom. Beide Charlotte en Bob sukkel om hulself te integreer met die vreemde kultuur. Beide sukkel om te slaap. Beide sukkel om deur ander verstaan te word. Dit lei tot die vanselfsprekende – sy skuif een aand langs hom in by die kroeg.

As jy ‘n cliché verwag vir wat volgende in die film gebeur, moenie. Ja, hulle oë ontmoet in ‘n besige vertrek. Ja, daar is ‘n jazz band in die agtergrond wat saggies speel. En ja, hulle kliek onmiddellik. Maar nee, hulle slaap nie saam nie. En dis waar die film terugtrek en jy as kyker begin besef dat die neutedop eintlik ‘n (volstruis)eierdop is …

Die hoogtepunt van die film is die feit dat Coppolla nie in haar eie titel se strik trap nie, want sy maak haar standpunte visueel. Gevolglik kan daar dus geen rede tot misverstand wees nie, maak nie saak in watter kultuur jy jouself bevind nie. Tonele soos dié van Charlotte se verkenning van Tokio, wanneer sy en Bob gelyktydig insluimer na ‘n gesprek oor die huwelik, en spesifiek die laaste toneel van die film, sou net eenvoudig nie dieselfde impak gehad het met gepaardgaande dialoog nie.

Ondanks die erns is Lost in Translation ook ‘n komedie. Ek moes myself letterlik van die vloer af optel na die “Lip my stockings”-dialoog tussen Bob en ‘n prostituut. Of Bob se fotosessies (“Can you do Lat Pack?”), gevolg deur sy verskyning op ‘n Japannese televisieprogram saam met ‘n aanbieder wat jy net sal verstaan as jy die film gesien het!

Die reputasie wat die film vooruitgeloop het, is indrukwekkend en voorspel goeie dinge. Nie net is die regie gedoen deur die dogter van die legendariese filmregisseur Franis Ford Coppolla (The Godfather) nie, maar dit merk ook ‘n noemenswaardige rigtingverandering in Bill Murray (Ghostbusters, Groundhog Day) se akteursloopbaan. Scarlett Johansson (The Horse Whisperer, The Man who wasn’t There) was vir my redelik onbekend tot op hede. Dit is nou verby. As jy iemand is wat filmbesluite maak op grond van die plakkaat, kan jy gerus haar naam, en dié van Alison Lohman (Matchstick Men, White Oleander), by jou lys van kriteria voeg.

Kortweg, Lost in Translation is ‘n meesterstuk wat al sy nominasies en toekennings (wat dit gaan ontvang), verdien.

16 Februarie 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.