FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Being John Malkovich (1999)

Coenraad Walters

Met: John Cusack, Cameron Diaz, Catherine Keener, Orson Bean, en (ja, sowaar) John Malkovich (as John Horatio Malkovich)
Draaiboek: Charlie Kaufman
Regie: Spike Jonze

Soos vriend Malan so knap opgemerk het: “Dis nie moeilik om die verhaal van Being John Malkovich te volg nie. ’n Mens kan net nie glo dat juis dit die verhaal is nie!” Inderdaad: ’n fliek het lanklaas soveel “willing suspension of disbelief” vereis as juis hierdie intelligente komedie. Tussen die rits nominasies en toekennings wat na di fliek toe gekom het, was ’n hele paar (tereg!) vir die oorspronklike draaiboek van Charlie Kaufman.

Craig Schwartz (Cusack) is ’n marionettemeester. Ongelukkig is sy redelik esoteriese kunsvorm nie juis winsgewend nie, en hoewel vroulief Lotte (Diaz) werk en hulle nog nie kinders het nie, is hulle die “ouers” van ’n versameling diere (onder andere ’n sjimpansee met ’n maagseer weens ’n kinderjaretrauma).

Craig vind werk vir sy vaardige vingers as ’n liasseerklerk op die sewe-en-’n-half-ste verdieping van ’n gebou. Hierdie ruimte met ’n besonder lae plafon en ’n interessante geskiedenis, tesame met Craig se unieke teaterkuns en Lotte se hantering van haar diere, roep reeds beskrywende woorde soos “vreemd”, “whacky” en “quirky” op, maar die situasie raak selfs nog interessanter.

Op soek na ’n ler ontdek hy eendag ’n deurtjie wat ’n tonnel versteek. Hierdie tonnel lei Craig direk binne-in John Malkovich in vir 15 minute lank: hy sien letterlik die wreld deur Malkovich se o. Craig deel hierdie geheim met Maxine (Keener), ’n meisie wat ook op vloer 7 werk en tot wie hy aangetrokke voel. Sy dink vinnig ’n geldmaakskema uit: belangstellendes kan teen $200 iemand anders word!

Lotte maak ook hierdie ervaring mee en begin wonder oor haar seksualiteit. Sy en Craig gebruik albei Malkovich se liggaam om met Maxine seks te h! Hoe van pas dan dat ons Malkovich sien repeteer aan Shakespeare se Richard III, veral die toneel waar die boggelrug manipuleerder die weduwee Koningin Anne (wie se man hy kort tevore vermoor het) se hand gewen het. Na haar vertrek s hy: “Was ever a woman in this humour woo’d? / Was ever a woman in this humour won?”

Die ware rede vir hierdie bisarre toegang tot Malkovich kom later aan die lig en sluit aan by die oerverhaal van die mens se strewe na ewige (aardse) lewe. Hier raak dit miskien effens dik vir ’n daalder, maar dit lewer ’n stukkie spanning op — en ’n jaagtog deur Malkovich se psige. En ja, ’n opvolg word ook nie heeltemal uitgesluit nie!

Van die snaaksste tonele wat vanjaar op die silwerdoek te siene was, kom uit hierdie fliek: Diaz wat (met toegeplakte mond) die sjimpansee soen; die oorsaak van die sjimpansee se sielkundige knou; Malkovich wat self deur daardie tonneltjie beweeg en beland in ’n wreld waar almal dieselfde gesig het en net een woord uitspreek

Danksy die knap spel van al die betrokkenes vonkel hierdie vreemde verhaal met sy eie lewe. Jonze slaag daarin om die span akteurs die balans tussen erns en humor te laat behou: selfs waar die filosofiese kwessie wat deur hierdie tonnel opgeroep word, bespreek word, is die bewus-wees van die bisarre komedie nie ver weg nie. Dis werklik ’n fliek wat agterna net snaakser en snaakser word. En dan dink ’n mens veel eerder aan Emir Kusturica (Time of the gypsies; Black cat, white cat) as aan enige Amerikaner of Brit wat al sy/haar hand aan komedie gewaag het.

Los jou sinisme tuis en gaan lag lekker vir ’n fliek wat op ’n oorrompelend nuwe manier snaaks is. Dis iets wat ’n mens heeltemal te selde oor ’n komedie kan s: moet dus nie hierdie ene misloop nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.