FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

A time for drunken horses

Suzette Kotzť

Koerdies en Persies met Engelse onderskrifte
Spelers: Nezhad, Amaneh en Madi Ekhtair-Dini, Ayoub Ahmadi, Jouvin Younessi
Regisseur: Bahman Ghobadi

In die tyd van die Golf-oorlog was die lot van die Koerde, ’n etniese groep van 20 miljoen mense wat versprei in Iran, Irak, Turkeye en SiriŽ woon, ’n paar keer in die nuus, maar na die oorlog is hulle gou deur ander hoofopskrifte vervang. Hierdie film, in ’n half dokumentÍre styl, vul ’n ysingwekkende werklikheid agter die nuusstories in.

Dit is die debuut van Bahman Ghobadi, ’n Iranese Koerd wat self in ’n klein, agterlike dorpie soos in die film grootgeword het, en in ’n opsomming vooraf verduidelik hy dat die filmkuns vir hom ’n manier is om die lot van die Koerde onder die wÍreld se aandag te bring. Die film is gebaseer op ’n ware verhaal wat hy gehoor het terwyl hy besig was met verfilming in Iran.

Dit handel oor vyf weeskinders (die ma is oorlede met die geboorte van die jongste en die pa word vermis) wie se versorging afhang van die twaalfjarige Ayoub. Saam met sy sussie Amaneh en die vyftienjarige Madi wat aan dwerg-sindroom ly, gaan Ayoub elke dag na die basaar waar hy los werkies doen terwyl hul oudste suster by die huis bly en na die kleintjie kyk.

Madi is egter sieklik en met sy volgende besoek sÍ die dokter as hy nie binnekort geopereer word nie, sal hy nog net ’n paar maande leef. Nou begin Ayoub se desperate pogings om geld vir die operasie in die hande te kry. Hy kry werk as een van die pakdraers wat daagliks smokkelware saam met ’n span muile oor bergagtige terrein Irak toe dra. Dis rugbreekwerk in sneeu en ysige koue, en op die eerste dag word hy ook nog verneuk deur die oneerlike baas van die muiletrein (die titel van die film kom van die praktyk om alkohol in die muile se drinkwater te gooi om hulle genoeg te verdoof om die koue en swaar vragte te verdra).

Na twee maande kon Ayoub nog nie genoeg geld bymekaarkry nie omdat hulle sy verdienste uitleef, en toe hy een middag by die huis kom, is ’n familie uit Irak besig om met sy oom te onderhandel oor ’n bruidsprys vir sy oudste suster. Wanneer die suster en Madi (vir wie se operasie die skoonfamilie moet betaal as deel van die ooreenkoms) vertrek, is Ayoub ontroosbaar. Die matriarg van die skoonfamilie wil egter niks hoor van Madi nie en hy word net daar teruggestuur na Ayoub met ’n muil as kompensasie. Ayoub besluit om die muil te verkoop om te betaal vir die operasie, maar dan moet hulle in Irak kom, en die enigste manier is met ’n uiters gevaarlike smokkelroete tussen gewapende groepe deur.

Hierdie knap vervaardigde film waarin daar nie sprake is van sentimentaliteit nie (’n pluimpie aan die nuweling-regisseur) wys ’n wrede, harde wÍreld van uiterste armoede waarin elkeen net worstel om te oorleef, en diť wat die beste oorleef, kry dit blykbaar reg deur die swakkeres uit te buit. Die kinders se liefde vir mekaar, en veral vir Madi, die hulpeloosste van die hulpeloses, is in skrille kontras met die grootmense om hulle. As daar dalk hoop uit die film te haal is, is dit dat daar tog bietjies liefde kan bestaan in ’n samelewing wat andersins gestroop is van menslikheid en medemenslikheid.

Dis nie die soort film wat jy sal gaan kyk om vermaak te word nie, maar dis een wat jou ’n kykie sal gee in ongeregtigheid (teenoor die Koerde as verdruktes en ontheemdes) en die onbegryplike brutaliteite wat mense teenoor ander mense — en diere — kan pleeg. En miskien, hopelik, sal dit my en jou anders laat kyk wanneer ’n straatkind volgende keer by ons motorvenster bedel.

  • Suzette Kotzť
    Vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.