FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

I am Dina

Suzette Kotzé

Gegrond op die roman Dina’s Book deur Herbjorg Wassmo

Spelers: Maria Bonnevie, Gérard Depardieu, Christoper Eccleston, Pernilla August, Bjorn Floberg, Mads Mikkelsen, Soren Saetter-Lassen, Amanda Jean Kvakland
Regisseur: Ole Bornedal

In hierdie jaar het ek nog min flieks gesien wat ’n drama in die ware sin van die woord is. I am Dina is dit, met ’n hoofkarakter en verhaal groter as lewensgroot.

As dogtertjie van so vyf, ses jaar in ’n klein Noorse gemeenskap, veroorsaak ’n handeling van die klein Dina (Amanda Jean Kvakland) ’n ongeluk in die washuis waarin haar ma (Pernilla August ) ’n aaklige dood sterf. Oorweldig deur smart verkwalik Dina se pa (Bjorn Floberg) haar direk daarvoor en nadat hy die washuis laat afbrand het, klim hy in sy beste vriend, Jacob (Gérard Depardieu), se boot en vaar weg. Hierdie skok, saam met die ontsettende verlies van haar ma, met wie sy ’n hegte verhouding gehad het, veroorsaak ’n feitlik katatoniese toestand by Dina. Selfs toe haar pa later terugkeer, kan niemand tot haar deurdring waar sy vuil en verwilderd ronddwaal op soek na haar ma nie.

Uiteindelik dring iets wel tot haar deur: die tjellomusiek van Lorch (Soren Saetter-Lassen), die jong man wat aangestel word as haar leermeester (’n bonus van die film is die lieflike musiek). Sy liefde en aandag laat haar terugkeer na die normale lewe, maar dis ook sy verduideliking oor haar ma se dood wat haar ’n verwronge pakt met die dood laat sluit. Dit lei later in haar lewe tot gedrag wat behoort tot ’n morele skemerwêreld.

Die storie spring van ’n opgeskote Dina, nou ’n begaafde tjellis met Mark as begeleier, tot ’n jong vrou (Maria Bonnevie) van so sestien, sewentien. Haar pa is intussen weer getroud, en by die geleentheid wat hy Dina ’n huiskonsert laat gee vir sy vriende, sien Jacob, wat haar voor sy oë sien grootword het, haar in ’n nuwe lig. Hy moet haar eenvoudig as vrou hê, en haar pa dwing Dina tot die troue.

Die trauma van haar kinderjare het nie in Dina se klere gaan sit nie, en sy baklei terug met ’n ysingwekkende intensiteit wat die kyker voorberei op haar irrasionele gedrag — maar in sielkundige terme juis rasioneel — later. Die huwelik vind egter plaas, en sy kry Jacob tog lief op haar eie manier.

Maar diep in haar bly die vrees woed: dat hy, en alle ander mense, uiteindelik haar donker geheim sal uitvind, naamlik dat sy haar ma vermoor het — dit is hoe sy haar pa se onregverdige beskuldiging as jong kind geïnternaliseer het. Ek wil nie die verdere verloop van Dina se onstuimige lewe verklap nie, maar dis nie ’n rustige verhaal van ’n onderdanige vrou in die manlik oorheerste wêreld van die laat 1800’s, vroeë 1900’s nie.

Die natuurtonele en stilering is pragtig, en die atmosfeerryke fotografie skep ’n visuele uitbeelding wat soms in skerp kontras is met die tragiese lotgevalle van die karakters. Maar dis die karakters, en veral die akteurs, waarin die krag van die film lê. Die jong Franse aktrise Maria Bonnevie (wat verstommend baie soos Liv Tyler lyk) se spel is van ’n intensiteit wat ’n mens selde sien. Haar Dina domineer die verhaal van begin tot einde in ’n werklike kragtoer. En haar uiters verwikkelde karakter is ’n welkome teenvoeter vir die klagte wat dikwels uit Hollywood kom dat daar nie sterk hoofrolle vir vroue geskep word nie. Bjorn Floberg as Dina se wrede, gevoellose pa staan ook sterk, en Depardieu lewer soos gewoonlik ’n stewige vertolking. Christopher Eccleston, een van my gunsteling akteurs, verras in sy rol as minnaar, en Soren Saetter-Lassen as Lorch en Mads Mikkelsen as Jacob se stiefseun kwyt hulle ook goed van hulle taak.

Die regisseur verdien lof vir die manier waarop hy ’n hoofkarakter geskep het wat naby aan patologies versteurd is, maar waarvan die optrede so goed gemotiveer en verantwoord is dat die kyker se simpatie behoue bly.

Enkele dinge het tog gepla: die feit dat almal Engels praat eerder as die werklike taal van die karakters, doen vir my gevoel afbreuk aan die outentisiteit van die film. En aangesien ek nie die boek gelees het nie, kan ek nie vir seker sê nie, maar daar is ’n paar spronge en los drade wat lyk soos gevalle waar die boek nie suksesvol draaiboek geword het nie. Veral die “dubbele” manier waarop die einde hanteer word, voel soos ’n vinnige, goedkoop truuk eerder as die weldeurdagte sluitstuk wat hierdie besonderse fliek verdien.

Desnieteenstaande word dié komplekse film hartlik aanbeveel, maar let daarop dat dit nie ligte kykstof is nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.