FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bowling for Columbine

Suzette Kotzť
verbatim@intekom.co.za

DokumentÍr geskryf en geregisseer deur Michael Moore

Toe Michael Moore vroeŽr vanjaar sy Oscar vir hierdie dokumentÍr in ontvangs geneem het, het hy baie mense ontstel of geÔrriteer met sy emosionele anti-Bush-toespraak. Diť film gee ’n mens egter ’n ander blik op Moore, en jy besef die noodsaaklikheid van ongemaklike mense soos hy, veral, VERAL, in ’n bedryf soos die Amerikaanse rolprentindustrie.

Moore is ’n moeilikheidmaker. Hy’s dikkerig, het hangskouers en met sy tipies Amerikaanse bofbalpet op (darem nie agterstevoor nie) is hy op die oorlogspad. Die feit dat beide Terry Nichols (saam met Timothy McVeigh skuldig bevind aan die Oklahoma City-bomaanval in 1995) en Eric Harris, een van die twee Columbine-skoolskieters (1999), uit sy tuisdorp Flint in Michigan kom, het die bulhond in hom wakkergemaak. Hy is op ’n stoomrollermissie om uit te vind waarom daar soveel wapengeweld en -moorde in “America the Great” is. In vergelykbare eerstewÍreldlande soos Duitsland, Brittanje, Japan, Frankryk en Kanada is daar ’n paar honderd sulke moorde per jaar, in Amerika is dit meer as 11 000.

Lewende video-opnames van die Columbine-skietery toon hoe die twee tienerseuns met ’n arsenaal wapens gelykstaande aan ’n mak Rambo-fliek twaalf klasmaats en ’n onderwyser metodies afgemaai en toe hulleself geskiet het. Nog is het einde niet. Nie lank nŠ Columbine nie skiet ’n sesjarige swart seuntjie in ’n primÍre skool ’n wit meisietjie dood, wat Amerika die statistiek van die jongste kindermoordenaar nog besorg.

Moore ondersoek die kwessie stap vir stap: hy gaan Flint toe en doen ’n onderhoud met Terry Nichols se broer, ook ’n verdagte, maar hy het losgekom. En diť ou is “scary, man, real scary”. Moore besoek ’n bank waar jy deur ’n spesiale aanbod ’n vuurwapen kry as jy ’n rekening oopmaak; hy gaan na die skietbaan van die plaaslike militia (hulle verkoop ’n kaalmeisiekalender vir fondsinsameling, in plaas daarvan dat die meisies oor motors gedrapeer lÍ, vertroetel hulle gewere); hy gaan kyk na die nabygeleŽ reusagtige wapenfabriek. Dan ondersoek hy op dieselfde manier die Columbine-saak, en laastens die skietery deur die sesjarige seuntjie.

Eers het ek behoorlik oopmond gesit en kyk na hierdie tonele en radeloos gewonder of daar ooit antwoorde te kry is op al die vrae, wat nog te sÍ oplossings. Maar gaandeweg, soos Moore al dieper krap, kry die beelde al meer diepte en gewig en word die prentjie al duideliker ingevul.

Wat ontvou, is die beeld van ’n samelewing behep met geweld en vasgevang in ’n vreespsigose, aangeblaas deur die alomteenwoordige media. Sensasie is hulle kos, goeie nuus is bloot nie interessante kykstof nie, maar moorde (meestal gepleeg deur swart mense) is tops. Moore het ’n insiggewende gesprek met die vervaardiger van Cops, ’n realiteitspolisiereeks wat dekades al een van die heel gewildste programme in Amerika is. Moore maak kapsie daarteen dat die misdadigers wat gewys word telkens swart mense is en kom met ’n briljante voorstel: hoekom begin hulle nie ’n reeks genaamd Corporate Cops nie? Dan wys dit hoe wit witboordjiemisdadigers in hegtenis geneem word. Helaas, die witboordjiemisdadigers sit in deftige kantore en word diskreet in boeie geslaan — dis nie goeie kykstof nie, man!

Moore kyk ook na Amerika se buitelandse beleid, sy voortdurende betrokkenheid by ander lande se diktators waar dit sy eie belange raak, onder meer Saddam Hoesein en Osama Bin Laden hulleselwers. Hy ondersoek die armoedeprobleem van swart Amerikaners in die algemeen (die storie oor die kindermoordenaar se huislike omstandighede is skreiend), en hul uitbuiting deur ryk werkgewers, onder meer die “jukebox hero” Dick Clark.

Maar wat werklik my hare orent laat staan het, is sy ondersoek na oudakteur Charlton Heston (ook van die Flint-omgewing), die president van die National Rifle Association (en let wel, Moore behoort self aan die NRA). Heston het naamlik binne enkele dae nŠ Columbine sowel as die skietery by die primÍre skool “gun rallies” in daardie gemeenskappe gaan hou. Hy is ’n man gevul met ouskool-arrogansie, ideologiese vooroordeel (goed, goeie outydse rassisme) en onsensitiwiteit, en hy het my laat ril tot in my tone.

NŠ hierdie ondersoek van twee ure het ek met ’n gevoel van hopeloosheid uit die fliek gestap. Die besef van ongeregtige stelsels wat stewig in plek gehou word deur politieke en ekonomiese eiebelang, die werklikheid van miljoene gewone mense wat net nie vir hulleself dink nie en alles in die media (soos die bedreiging van die “Africanized killer bees”!) vir soetkoek opvreet, die skynbare onmoontlikheid dat die maatskaplike lewe ooit ten goede sal verander, die individu se onmag om enige verskil te maak Ö

Maar toe besef ek dat Moore, wat nie tot ’n slotsom van “oplossings” kom nie, in sigself ’n oplossing verteenwoordig. Kyk wat het hż vermag deur sy nek uit te steek en te doen wat binne sy vermoŽ is. En in die feit dat hy so waaragtig ’n Oscar daarvoor gekry het — welverdiend — lÍ dalk die hoop!

Hoog aan te beveel vir denkendes en nie-denkendes — dit wil sÍ, vir almal.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.