FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Birthday Girl

Coenraad Walters

Met: Ben Chaplin, Nicole Kidman, Vincent Cassel, Mathieu Kassovitz
Draaiboek: Tom en Jez Butterworth
Regie: Jez Butterworth.

Gaan ligte Britse vermaak altyd tot kunsrolprentstatus verhef word? Ek hoop van harte dat Birthday Girl ’n wyer gehoor as die besoekers aan die kunsteaters gaan tref. Nie dat die kunsvlooie sulke afleiding ontneem moet word nie, maar dit sal darem in veel meer vlooie se smaak val, dink ek.

Chaplin is ’n vervelige, vaal, Britse bankklerk wat besluit hy gaan nooit al 20 miljoen beskikbare meisies in Brittanje kan deurkyk om die regte een te kies nie; dus bestel hy maar ’n Russiese nooi. Intrede van ’n haas onherkenbare Nicole Kidman met ’n besonder oortuigende Russiese tongval! Daar was egter ’n groot fout: haar katalogusinskrywing het dan gesê sy kan Engels praat ... Voordat hy haar kan terugstuur, het sy hom egter genoegsaam betower dat hy nie meer so dringend van haar ontslae wil raak nie.

Dan daag haar neef, Yuri (Kassovitz), en ’n pêl, Alexei (Cassel), op om haar verjaardag te vier — en die poppe begin dans. Meer behoort ek nie te sê nie.

Die verhaal is nie juis oorspronklik nie: nogal voorspelbaar, al is daar ’n hele paar kinkels in die kabel. Moet dus nie ’n grootse verrassing verwag nie. Maar daar is enkele fyn tonele wat kosbaar is. Kyk uit vir die toneel waarin die Russiese nooi die taalkundige bordjies verhang (daar is onderskrifte soos nodig). En die toneel waar hulle koffie drink vir ontbyt in ’n restaurantjie iewers in die vlak, is een van die mees Britse tonele wat ek in ’n lang tyd in ’n fliek gesien het — dit was beslis “lovely” en ek het my keel seer gelag!

Verwag min en gaan geniet Birthday Girl.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.