FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

E.T. The Extra-Terrestrial

Andrť Crous

cinephile2@yahoo.com

E.T. is ’n fliek wat deur almal gesien behoort te word, en dit is ’n enorme voorreg om iets sů groots en sů wonderliks op die groot skerm te kan sien. En voordat jy dink die storie is net vir kinders: dink weer. Elke keer wat ek die fliek sien, hou ek meer daarvan. Die elemente van, wel, basies enige denkbare tema, is tot ’n sekere mate iewers in die storie te vinde: vriendskap, liefde, verlies, vrees, triomf, die magiese onbekende en nog veel meer.

Diegene wat nie van die fliek hou nie, weens hul issues met Steven Spielberg se “manipulasie van die kyker se emosies”, soek fout waar daar net volmaaktheid is. Spielberg manipuleer nie emosies nie; hy connect eenvoudig met die kyker op die vlak van emosies, en hy kry dit boonop reg deur ’n buite-aardse mannetjie te gebruik.

Hierdie uitreiking van die film kom 20 jaar nadat dit die eerste keer gewys is in 1982 en uiteindelik die mees winsgewende film van sy tyd was. Met hierdie “Special Edition” het Spielberg die musiek en die beeld verbeter en ook enkele tonele bygevoeg wat nog nooit vantevore gesien is nie.

Die fliek het my verbaas. Ek het nooit op my horlosie gekyk nie.

Een toneel waarvan ek heeltemal vergeet het, maar sekerlik nooit weer sal nie, speel af by die seuntjie, Elliott, se skool, tydens ’n biologieklas. Iets gebeur tegelykertyd tussen hom en ’n ander meisie in sy klas, en met E.T. wat by die huis sit en televisie kyk. Die effek wat Spielberg bereik, is so eenvoudig, so ongelooflik geromantiseerd, en steeds so van pas. ’n Aantal mense in die gehoor het na hierdie toneel hande geklap.

Ek onthou die enigste ander keer waar ek in die gehoor gesit het en die kykers hande geklap het, was toe ek Crouching tiger, hidden dragon gesien het, en ons die spelers die eerste keer oor die dakke sien seil het, met die ritmiese klank van tromme op die klankbaan. Sulke gebeurtenisse herinner my waarom flieks sů ’n groot rol in ons almal se lewens speel: iets kunsmatigs kan ons tot sů ’n emosionele vorm van uitdrukking dryf.

Dis daarom ook geen wonder dat Steven Spielberg die mees kommersieel suksesvolle regisseur ooit is nie.

E.T. handel oor ’n klein buite-aardse wese van ongeveer vier voet hoog wat per ongeluk op aarde — in KaliforniŽ — agtergelaat word deur die bemanning van sy ruimteskip. Hy ontmoet Elliott (gespeel deur Henry Thomas), ’n tienjarige seuntjie wie se ouers onlangs geskei het. Hy bly saam met sy ma, Mary (Dee Wallace), sy ouer broer Michael (Robert MacNaughton), en sy jong suster Gertie (Drew Barrymore). Die vriendskap wat tussen hulle ontstaan, ontwikkel uiteindelik in ’n hegte, letterlike verbinding van emosies.

Die regering en sy wetenskaplike wetenskaplikes is die skurke, maar E.T. het met sy rooi hart ons almal se harte gesteel en ons weet dat daar nie regtig enige groot gevaar is solank hy daar is nie.

Soos dit ’n regte klassieke fliek betaam, gebeur hier in elke toneel iets wat ons en die storie aanraak en beÔnvloed. Bykans nooit is daar ’n dooie oomblik nie.

Henry Thomas was die jong seuntjie in hierdie fliek — die grootste fliek van 1982. Later vanjaar, by VenesiŽ se filmfees wat in September gehou word, sal Martin Scorsese se langverwagte nuwe fliek, Gangs of New York, uiteindelik vir die eerste keer vertoon word, en waarskynlik volgende jaar Suid-Afrika tref. Hierdie fliek, wat belowe om die grootste fliek van die jaar te wees, se hoofrolle word vertolk deur Leonardo diCaprio, Liam Neeson, Cameron Diaz, Daniel Day-Lewis, en Henry Thomas.

Spielberg bly ook besig. Sy A.I. Artificial Intelligence het laas jaar (2001) in Oktober hier gewys, en hy is reeds klaar met nog twee ander flieks: een met Tom Cruise (Minority Report, wat onlangs in die VSA geopen het) en een met Leonardo diCaprio (Catch me if you can). Sy volgende projek is moontlik ’n vierde Indiana Jones.

In sommige tonele in E.T. is dit onmoontlik om te sÍ presies vir watter gevoel Spielberg gemik het. Byvoorbeeld, wanneer die wetenskaplikes by Elliott se huis arriveer, lyk hulle so komies in hul opgeblaasde pakke dat ons nie anders kan as om te lag nie. Is hulle veronderstel om gevaarlik te lyk? Dit maak nie saak nie. Watter gevoel ook al, enigiets werk en wanneer Spielberg met een hou ons almal se emosionele toetsbord beheer, is dit duidelik dat hy alles moontlik doen om almal te bevredig. En hy kry dit reg, met die grootste gemak.

Die klein verwysings na Yoda (wat die eerste keer in The Empire strikes back die vorige jaar, in 1981, te sien was) is toevallig heel gepas met die vertoning van die huidige Star Wars-fliek.

Spielberg werk miskien nie hier op groot skaal soos in Saving Private Ryan, Schindler’s list, of Empire of the sun nie, maar hierdie is ’n tentoonstelling van sy vermoŽ om ’n storie vir almal te vertel. ’n Wonderlike storie plus Spielberg se soms oorweldigende beligting plus perfekte musiek plus perfekte special effects plus iets raars — baie goeie toneelspel deur kinderakteurs — maak E.T. in my opinie Steven Spielberg se beste fliek. Tot dusver, ten minste.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.