FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Harry Potter and the philosopher’s stone (2001)

Coenraad Walters

Met: Daniel Radcliffe (Harry), Rupert Grint (Ron Weasly), Emma Watson (Hermione Grainger), John Cleese (Nearly Headless Nick), Robbie Coltrane (Hagrid), Warwick Davis (Prof Flitwick), Richard Griffiths (Uncle Vernon Dursley), Richard Harris (Headmaster Albus Dumbledore), Ian Hart (Prof Quirrell), John Hurt (Mr Ollivander), Alan Rickman (Prof Snape), Fiona Shaw (Aunt Petunia Dursley), Maggie Smith (Prof MacGonagal), Julie Walters (Mrs Weasly), ZoŽ Wanamaker (Mme Hooch); Sean Biggerstaff (Oliver Wood); Richard Bremmer (Lord Voldemort); Matthew Lewis (Neville Longbottom); James en Oliver Phelps (Fred en George Weasley); Chris Rankin (Percy Weasley); Geraldine Somerville (Lily Evans Potter); Joe Sowerbutts (Harry se stem in sekere tonele); Tom Felton (Draco Malfoy); Harry Melling (Dudley Dursley)

Draaiboek: Steven Kloves (gebaseer op die roman van JK Rowling)

Regie: Chris Columbus

Musiek: John Williams


Sommige besluite word vir jou geneem.

Toe die nuus bekend word dat sowel Tolkien se trilogie The lord of the rings — in baie kringe beskou as die mees populÍre boek van die twintigste eeu — as JK Rowling se sensasioneel suksesvolle Harry Potter-reeks verfilm sou word, het ek geweet ek sou nie albei voor die fliekweergawes klaar gelees kry nie. Dus: eers Harry lees, dan sien; eers die Lord sien en dan lees. (En ek besef terdeŽ derduisendes sal minder van my dink omdat ek nog nie Tolkien se magnum opus deurgewerk het nie!)

So het ek toe die herrie-ryke Harry-reeks met bekwame spoed onder hande geneem en weer eens besef hoe ’n onrealistiese escapist ek is. Dis miskien een rede waarom “realiteitsflieks” soos Titanic en Pearl harbor my nie aanstaan nie. Ek wil ook! Al daai dinge waaroor kinders droom: om onregverdige grootmense ore aan te sit, te kan vlieg, te kan toor, noem maar op Ö en Harry kry dit reg. Nie sonder moeite nie, maar darem. Sug nostalgies en/of wanhopig!

Met die verfilming van enige fantasie wat die verbeelding op loop laat sit het, tree ’n rolprentvervaardiger op besonder dun ys — ’n clichť in die rolprentbedryf. Kan jy werklik almal se voorstellings van die karakters en die gebeure bevredig of oortref? Die ou kwessie van: “Wat was eerste, die hoender of die eier?” het sedert die uitvinding van die rolprentbedryf ’n maatjie gekry: “Wat was die beste, die boek of die fliek?”

Die standaardantwoord is natuurlik: “Die boek!” Soms slaag ’n vervaardigingspan om ’n alternatiewe kunswerk daar te stel wat net soveel as die boek bevredig (The unbearable lightness of being en The silence of the lambs, om vinnig twee voorbeelde uit eie ervaring aan te haal).

Met al hierdie gedagtes en verwagtinge betree die kyker die teater om te sien wat van Harry Potter and the philosopher’s stone geword het in die verwerking tot fliek. En twee en ’n half uur later stap jy uit en begin dink en dink en gesels en bespreek. Die oorwegende emosies is opwinding en blydskap. Maar teleurstelling slaan ook deur. Ek voel oortuig dat baie kinderkykers met ’n groot, opgewonde “WOW!” sal terugstorm na die boek om weer te gaan lees (of vir die eerste keer, as hulle nog nooit het nie). En dan mag die fliek maar bestaan, as dit kykers lesers maak (of laat bly), en nie die leeservaring vervang nie.

Maar ek wil meer analities te werk gaan: daarom ’n lysie winste en verliese wat die fliek bring.

Die winste

  • Die rolverdeling, en die span wat die besluite moes neem oor wie speel wat

    Uitstekende keuses, en die lys spelers is baie lank (ek het doelbewus hier baie meer genoem as gewoonlik). Die akteurs wat die onderwysers speel, is deur die bank puik, met Alan Rickman wat die kroon span. Maggie Smith as die streng onderhoof wat haar genot van die leerlinge se manewales uiters subtiel laat deurskemer, is ook ’n vreugde. Voorts is die span kinders wonderlik. Al is Daniel Radcliffe sekerlik nie die grootste kinderakteur van alle tye nie, vul hy die hoofrol oortuigend genoeg. Die wysneus Hermione word goed uitgebeeld deur Emma Watson, hoewel sy soms effens opsÍ. Rupert Grint as Ron Weasley slaag daarin om die gepaste “Ag nee, nie al weer nie” geskopte-hond-uitdrukking te kry wanneer hy gespot word oor sy familie. Ons sal nog moet sien of dit in woede-aanvalle sal kan oorgaan soos die verhale later vereis, maar hier vang hy die patos van sy situasie goed vas.

    Kortom: ’n wonderlike rolverdeling. Mense sal seker nog lank praat oor die meriete van individue.

  • Die visuele element

    Van die pragtige stelle tot die rekenaartoorkuns is die prent ’n visuele fees. Die kamerawerk dra by tot die verwondering aan die nuwe tonele waarmee Harry gekonfronteer word, hoewel die kamerabewegings ’n bietjie te herhalend raak. Die kasteel en die woud, die stoomtrein en die Dickensiaanse Diagon Alley is pragtig ingeklee. Die betower(en)de versierings in die eetsaal; die partytjie waarvan ek laas die gelyke in Hook gesien het; die skooldrag; die onsigbaarheidskleed; die driekoppige hond; die vreesaanjaende skaakspel; die Gryffindor geselskamer; die bewegende foto’s; die konfrontasie met Harry se aartsvyand; die inwonende spoke (kyk uit vir die Dickensiaanse kersliedsangers!) — noem maar op. Van alles is die Quidditch-wedstryd seker die hoogtepunt. Die gewilde towersport op besems is volgens sommige lesers moeilik om te visualiseer: hier dra die prent dus deeglik by tot die ervaring van wat gebeur.

  • Uiteindelik hoor ons hoe om Hermione Grainger se naam uit te spreek. Janie Oosthuizen se vindingryke Hermien le Grange lÍ veel lekkerder op die tong. (Terloops, die Afrikaanse vertaling lees oorwegend vlot en idiomaties — ’n mens kan Oosthuizen en haar uitgewer byna die anglisistiese “siende dat” en die foutiewe leestekengebruik vergewe.)


    Die verliese

    Het ’n mens verwag dat daar geen verliese sou wees nie? Dan het jy nie realisties oor die verfilming gedink nie.

  • Die wonderlike rolverdeling word nie ten beste benut nie. Baie van die onderwysers sien ’n mens hopeloos te min. John Cleese en Julie Walters doen feitlik niks behalwe om hul name op die lys spelers te plaas nie; John Hurt en Ian Hart kry effens meer kans. Richard Griffiths, Fiona Shaw en Harry Melling as Harry se aaklige Moggel-familie kry nie genoeg kans om te laat blyk hoe hulle Harry haat en mishandel nie — rolprentsnelskrif kort hul rolle te veel in. Die randkarakters, veral die studente aan die Hogwarts-skool, soos Sean Biggerstaff as Gryffindor se Quidditch kaptein Oliver Wood, Matthew Lewis as Neville Longbottom, Ron Weasley se broers Percy (Chris Rankin) en die tweeling Fred en George (James en Oliver Phelps) se rolle is byna weglaatbaar klein.

  • Dit bring my by die sentrale probleem van die fliek: die gebrekkige uitbeelding van die atmosfeer. Kan dit wees dat ’n draaiboek tegelykertyd te min, genoeg en te veel kan bevat?

    Nou moet ’n mens oppas om nie onregverdig te wees nie. In ’n boek is dit maklik om weggooifrases in te stop wat lesers bewus maak van die beweging van een klas na ’n volgende, of Hermione wat voortdurend biblioteek toe gaan of huiswerk doen. In die fliek moes ons tevrede wees met ’n toneel hier en ’n toneel daar wat sulke boustene van die atmosfeer eenmalig suggereer; kykers moes daardie tonele in hul eie gedagtes vermenigvuldig om “sement” te vorm tussen die tonele wat ons wel gesien het. Dit is duidelik dat die draaiboek daarop staatmaak dat negentig persent en meer van die kykers reeds die boek gelees het. Ek wil graag hoor hoe ’n nieleser die fliek beleef.

    Die knorpot Mr Cranky (www.mrcranky.com) maak ’n interessante stelling oor die probleem: hy lÍ dit vierkantig voor die voete van die regisseur, Chris Columbus, bekend vir kinderpretprente soos Home alone en Mrs. Doubtfire. Hierdie keer klink die siniese ou semelbol ernstig wanneer hy laat blyk hy het geen probleme met die fantasieryke verhaal van Rowling nie, maar wel met die verfilming. Die sukses van die boeke lÍ in lesers se vermoŽ om met Harry te identifiseer: die klein niks wat met geluk en harde werk juis word wat so baie kinders (ťn grootmense Ö) wil wees: iets, iemand belangriks. En, sÍ hy, dis juis hierdie element wat Columbus uit die fliek verwyder. Columbus weet net hoe om dinge aan skares te verkoop; hy kan nie daarin slaag om mense sover te kry om lief te wees vir iets nie. Harry se vrees om geskors te word uit Hogwarts speel ook geen rol nie. Daarom “bekroon” Mr Cranky die fliek met drie bomme.

    Mr Cranky het ’n punt beet wat aansluit by my gevoel oor die gebrekkige atmosfeerbeelding, en die staatmaak op kykers se leeservaring van die boek. Soos die prent aangebied word, is dit vir ingewydes, vir mense wat reeds lief is vir Harry en die ander karakters wat sy wÍreld bevolk — selfs lief is daarvoor om Voldemort te haat, en ook vir Prof Snape en Draco Malfoy (al is Tom Felton nie boos genoeg nie).

    Die patos van Harry se situasie word wel aangedui: hy is mos ’n weeskind wat deur die Dursleys verhoed is om sy potensiaal te ontwikkel. Die geleenthede wanneer hy sy ouers sien (in die spieŽl van Erised en die foto-album wat Hagrid vir hom gee), is ontroerend; so ook die genot wat hy put uit die lewe sonder die Dursleys en saam met mense wat opreg van hom hou en vir hom omgee, soos die skoolhoof Dumbledore. By Hogwarts vind hy werklik ’n tuiste. Maar in hierdie tonele word die (beeldskone) musiek van John Williams op so ’n manier ingespan dat selfs die mees onsensitiewe kyker sal weet: ons het nou hier te doen met ’n Belangrike Oomblik, en die subtiliteit van die draaiboek word verswelg. (Vergelyk America’s sweethearts.)

    Dus: Die fliek is genietbaar en visueel meevoerend, en ’n mens gun dit die sukses en die rekords wat voorspel word. Dit sal sekerlik binnekort op video en DVD verskyn en soos soetkoek verkoop, nes die boeke. Maar die sukses is Rowling s’n, nie Columbus s’n nie. Tog het ek al voor die slottoneel begin uitsien na die volgende fliek: Kenneth Branagh as Gilderoy Lockheart!

    My raad is: lees (as jy nog nie het nie), gaan kyk, en lees weer — om jou eie fantasie te voltooi.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.