FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

My mother Frank

Suzette Kotzé

Spelers: Sinead Cusack, Matthew Newton, Sam Neill, Sacha Horler, Rose Byrne, Lynette Curran, Celia Ireland
Regisseur: Mark Lamprell

Credited cast overview: Nicholas Bishop .... Mick; Rose Byrne .... Jenny; Lynette Curran .... Jean; Sinéad Cusack .... Frances (Frank) Kennedy; Sacha Horler .... Rebecca Kennedy; Celia Ireland .... Maggie; Melissa Jaffer .... Sister Sebastian; Sam Neill .... Professor Mortlock; Matthew Newton .... David Kennedy.

Die tema van ’n middeljarige vrou wat haar tweede asem kry en kollege toe gaan, is nie nuut nie, maar in nuweling-regisseur Mark Lamprell se My mother Frank kry dit die unieke Australiese behandeling.
      Die 51-jarige Francis “Frank” Kennedy rou nog oor haar man se dood en weier om haar neus by die deur uit te steek om weer betrokke te raak en die “vrolike” Frank van vroeër te wees. In plaas daarvan sit sy vir ure in ’n donker vertrek en dryf haar seun, David (Matthew Newton), teen die mure uit met haar oorbeskermdheid. Haar dogter, Rebecca (Sacha Horler), en beste vriendin, Jean (Lynette Curran), is ook al raadop, maar Frank is nie ’n vrou wat haar in ’n rigting laat dwing nie.
       Toe David voorstel dat sy ’n “verrykingskursus” (voeg by: “vir verveelde huisvroue”) volg by die universiteit waar hy studeer, besluit Frank sy sal hulle almal wys en sommer volwaardig gaan studeer. David is met afgryse vervul oor die moontlikheid om saam met sy onmodieuse ma op kampus gesien te word, en dit terwyl hy sy allerbes probeer om die kampusheld se meisie te beïndruk. Hy kondig summier ’n ons-ken-mekaar-van-geen-kant-nie kampusreël af.
       Frank laat haar egter nie afsit nie en sy klim met mening in, maar kom onmiddellik te staan teen die chauvinistiese professor Mortlock (Sam Neill), wat nie hou van “verveelde huisvroue” in sy klas wat meer verdienstelike jong mense van ’n plek ontneem nie. Frank raak vriende met Maggie (Celia Ireland), die ander ouer vrou in die klas, wat hulle darem twee teen een maak. Maar dis net hier waar Maggie se chroniese laatkommery hulle twee in die moeilikheid laat beland. Dinge loop op ’n krisis uit, en Frank het uiteindelik meer as een toets om te slaag.
       Die Australiërs is bekend daarvoor dat hulle spot (en ander laat spot) met hulself as die agtertangers van Doer Onder (wie kan ooit daardie skaap-as-koffietafel in Holy Smoke! vergeet?). In My mother Frank kry ons te doen met ander tipes Australiërs: Frank is Katoliek, middelklas en konserwatief, maar moet haar nie op haar snyersbaadjie takseer nie; David en vrinne is byderwetse studente aan ’n kosmopolitiese universiteit, met ’n argelose styl wat so anders is as die Amerikaners wat so bewustelik hard probeer; en Rebecca is die verpersoonliking van die statusbewuste jong mevrou. Voeg daarby die nogal sexy Mortlock met die hippierige lang hare en jy’s baie ver van “agtertangs”.
       Die fliek is lekker lig en humoristies, maar dis juis hier waar die molshoop in die pad is. Uiteindelik word die veel ernstiger tema van ’n slopende siekte en dood aangesny, en dan is dit of die ligte aanslag dit nie kan dra nie. Verder is die pas vinnig en gevolglik plek-plek te oppervlakkig. Desnieteenstaande, dis net ’n molshoop in ’n lekker kykbare fliek, nie ’n berg nie.
       Sinead Cusack het lank laas ’n groot rol gehad, maar sy is geensins verroes nie. Inteendeel, sy skitter as die vrou wat op 51 ’n belangrike stuk lewe wil inhaal. En sy het wraggies die mooiste paar blou oë sedert Elizabeth Taylor. Matthew Newton as die rooikop David wat so hard probeer om die mooi meisie te kry is tog te plesierig (hy en Cusack lyk behoorlik of hulle ma en kind kon gewees het). Sacha Horler sorg vir die meeste lagbuie met haar neus-in-die-lug houding, en bonuspunte aan Sam Neill vir sy sardoniese professor Mortlock.
My mother Frank is glad nie ’n moet nie, maar in die huidige skaarste aan goeie flieks is dit definitief die kyk werd as jy net wil ontspan.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.