FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Boesman and Lena

Suzette Kotzť

Gegrond op die gelyknamige verhoogdrama deur Athol Fugard
Spelers: Angela Bassett, Danny Glover, Willie Jonah
Regisseur: John Berry

Ek het met trepidasie na Boesman and Lena gaan kyk. Hoe gaan hulle dit regkry om die pragtige Angela Bassett soos ’n drankvernielde bergie te laat lyk? Wat van haar en Danny Glover se aksente, en die stukkies Afrikaans wat in die dialoog sal moet wees? Gaan die Amerikaners dit regkry om die storie Suid-Afrikaans te laat lyk?

My vrese was ongelukkig gegrond. John Berry se Boesman and Lena, die verhaal van twee ontwortelde bruinmense se leeftyd van langpad loop en empties verkoop, voel wÍreldvreemd, al is die bekende Kaapse landmerke sigbaar in die agtergrond.

Die verhaal begin waar Boesman en Lena die oggend vir die soveelste keer in hul lewe deur die apartheidsowerhede uit hul pondok gegooi word — diť keer met stootskrapers. Dis weer langpad, terug na Swartkops langs die see. Tussen skuiling maak deur ontvou hul bitter verhaal en jare se verskille, veral Lena teenoor Boesman wie se hart so toe geraak het soos die vuis waarmee hy haar gereeld slaan. Tussen die bosse roer iets en Outa (Willie Jonah) kom te voorskyn, die swart man met wie hulle skaars kan praat weens die taalverskil en wat die stille toehoorder is van die aanhoudende konflik tussen hulle. Outa raak die katalisator waardeur beide Boesman en Lena, maar veral Boesman, se gebrokenheid ontbloot word. Deur terugflitse word grepe uit hul lewe vroeŽr gewys: toe Boesman nog werk en hulle ’n huis gehad het, hul kind se geboorte maar ook sy dood kort daarna, die soetheid van die liefde toe hulle mekaar die eerste keer ontmoet het.

Wat toneelspel betref, is die fliek ’n kragtoer vir Angela Bassett; ook Danny Glover staan sy verflenterde skoene vol as die verharde Boesman. Maar die opset, die gevoel van die fliek bly net te vreemd — dis nie dat dit swak gedoen is nie, dit wťrk net nie.

Die rede hiervoor is nie net dat dit ’n Amerikaanse regisseur en akteurs is nie. Die ingeboude probleem lÍ alreeds by — en ek huiwer om dit te sÍ — die aard van Fugard se werk. Om eksistensiŽle wroeging en vrae in die mond van hierdie ontheemde karakters te plaas, kan uiteraard gedoen word. Maar nie sů nie. Miskien het die aard van ’n film, gestel teenoor ’n toneelstuk, baie hiermee te doen. Film is net eenvoudig baie meer realisties ingestel as teater. By laasgenoemde word ’n mindere suspension of disbelief van die kyker gevra, want dit staan binne ’n tradisie van lang monoloŽ en filosoferings en sielsontblotings. Met ander woorde, al klink dit nie baie na die regte lewe nie, laat jy jou as kyker oortuig — nie so met ’n fliek nie. Daarby kon die regisseur, ten spyte van die afwisseling wat die terugflitse bring, ook nie wegkom van die statiese toneelopset van een agtergrond en drie karakters (soos in die klassieke Griekse teatertradisie) nie.

Ek vermoed dat die fliek wel vir Amerikaanse gehore sal slaag, dat hulle eerder die universeel menslike sal raaksien, maar die inkleding kon net nie my Suid-Afrikaanse oŽ en ore oortuig nie. (Daar is een plek waar stereotipering onverdund deurslaan: Boesman en Lena steel turksvye op ’n plaas en die boer wat hulle met geweer bestorm, is so grotesk oorgewig in sy kakieklere dat hy skaars kan beweeg, die tiervelband om sy hoed splinternuut en spotless.)

By nabetragting oor die fliek het ek weer een van my gunstelingstukke uit Elsa Joubert se onvergelyklike roman Die reise van Isobelle onthou. Daar waar die ou vrou Leonora haar laaste nag voor sy ouetehuis toe gaan op haar stoep saam met Skottel en Maggie deurbring, want sy wil net ťťn keer sien hoe die dag breek voor sy sterf. Die eksistensiŽle uit die mond van bergies — a, dŠŠr werk dit!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.