Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Wat is teater in elk geval?

Jaco Visser

 

Volksteater, snobteater of gemeenskapsteater?
Oop Gesprek
Rembrandtsaal

Is daar 'n verskil tussen volks-, snob- en gemeenskapsteater? Hoe word hierdie drie terme vandag genterpreteer? Drie swaargewigte in die onderskeie velde het hul menings gelug by Oop Gesprek: Volksteater, Snobteater of Gemeenskapsteater?

Pieter Fourie, befaamde teaterpraktisyn en skrywer van gewilde stukke soos Ek, Anna van Wyk, Joiners, Faan se trein en Faan se stasie, verduidelik die konsep volksteater as volg: "Dis (teater) waarmee mense maklik kan identifiseer en waarvan hulle hou."

Hy het egter ges dat die term "volk" amper uit die woordeskat verdwyn het. "Dit is ironies dat die woord met baie bagasie belaai word." Destyds is dit as nasionalistiese wapen aangewend.

Saartjie Botha van die prduksiehuis Vleis, Rys en Aartappels vra retories wat volksteater s. "Is (Fourie se) Faan se trein en Faan se stasie 'n teruggryp na wat was?" Sy noem egter dat volksteater steeds belangrik is.

"Dit het 'n belang as volksdokument. 'n Stuk in Suid-Afrika kan binne twee jaar verouder wees. Dan is dit 'n geskiedenisdokument."

Snobteater is volgens Fourie "'n stuk wat ni so toeganklik is nie". Hy maan egter dat daar nie etikette om sekere tipes teater gehang moet word nie.

"Daar is glo sekere groepe mense wat geneig is om dit te gaan kyk. Maar: Dit is 'n mite. Neem byvoorbeeld vir Godot. Aanvanklik was die gehoor so klein dat dit n die eerste vyf vertonings gestaak is. Jare later trek dit vol sale." Wat aanvanklik snobteater was, is nou heeltemal toeganklik.

Botha erken dat sy tot die snobteater konformeer. In dieselfde asem noem sy dat daar 'n "groter dilemma is oor wat teater per se is, eerder as wat die onderskeie onderafdelings is".

Volgens haar het Duitsland en Suid-Afrika dieselfde Calvinistiese agtergrond en het dit vervreemding as teaterkonsep gevestig. "Vervreemding bring 'n metafisiese (dimensie) na teater. Dit vereis meer van 'n akteur asook gehoorlid. Hulle moet die stuk interpretr."

Sy lig die sluier op 'n waarheid wat nie graag uit die kas kom nie.

"Die Afrikaanse teatermark is klein. Skrywers en vervaardigers mt van iets leef en daarom skryf hulle volksteater," s Botha.

Teatergangers wil nie moeite doen om werke te interpreteer nie. Hulle kyk eerder in 'n spiel na hulself. "Teater moet mense skud en ruk."

Die saak van gemeenskapsteater is deur Willem Fransman Jr, te sien in Goree, gestel. Volgens hom is gemeenskapsteater die "uitlaatklep van 'n gemeenskap". Hy erken dat hy nie vertroud is met konsepte soos volks- en snobteater nie. "My 'mensies' ken slegs konserte." Daar l 'n groot opvoedingstaak voor om hulle teatergeletterd te maak.

Fransman fokus op die groot struikelblokke wat gemeenskapsteater moet oorkom, waarvan befondsing die grootste is. Fransman kritiseer die idee van volksteater deur te vra of dit nie oorgeromantiseer word nie.

Die kern van die gesprek l in die praktiese oplossings wat voorgehou is.

Fourie s dat teater in die verlede baie geld ontvang het en die beste geriewe tot sy beskikking gehad het. Niemand het dit egter ondersteun nie. Vandag word "die kunste ingekleur met 'n dorpskarnaval- of basaar-atmosfeer om mense te lok".

Hy is dankbaar vir mense soos Botha wat nog haar kop uitsteek om mense se behoefte na goeie teater te stimuleer.

Botha is prakties: "(Teaterkunstenaars) doen nie genoeg nie. Hulle is lui en skaaf nie aan hul eie vakmanskap nie. Hulle besef nie hul liggame is die instrumente waarmee hulle 'n bestaan moet maak nie. Verder bemark hulle nie hul eie bedryf genoeg nie."

Sy verskaf oplossings. "'n Regulerende instansie word benodig. S 'n instansie behoort gehooropvoeding te behartig.

"Verder kan dit ook met die voorafbeplanning van spesifieke teatertemas doenig wees. Vervaardigers moet drie jaar vooraf weet wat die tema van 'n spesifieke jaar gaan wees."





LitNet: 6 April 2006

Wil jy reageer op hierdie berig? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


NOT FOUND