ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die legende agter die Maanfees in Taiwan

Liezel van Beek


Lank lank gelede, in ’n tyd toe niemand nog kleurblind of toondoof was nie, en toe niemand regtig seker was waar drome begin en werklikheid ophou nie, was dit regtig baie, baie warm. Dit was so warm dat die wolke stof gesweet het en die woude se gekerm en geween snags tot in die uithoeke van die grafstil woestyne hoorbaar was.

Mens en dier en plant het elke dag in die hitte se maalkolk gesit en stories vertel oor tye wat nog moes kom, plekke wat nog ontdek moes word, en herinneringe van oumense wat nog nie gebore is nie. So het hulle verlossing gevind van die hitte wat hulle siele stadig maar seker soos haarlokke in ’n kers se vlam verskroei het. Hulle trane en die plooie op hulle gesigte het versteen, en die skynsel van hoop in hulle harte het skaduwees geword wat die glinstering in hulle oŽ verdof het.

Die koningin van die ryk (wat gebore is uit ’n oneindige string koninklikes, waarvan die eerste dogter onstpring het uit ’n liefdesvonk tussen die Wind en die Water) was baie hartseer om die mense, diere en plante van haar koninkryk in soveel smart gedompel te sien. Vir maande en jare het sy haarself in die hoogste toring van die kasteel toegesluit en slegs gaste ontvang wat moontlike oplossings vir die verstikkende hitte kon opdis.

Nog meer verstrengel in die kloue van die hitte, noudat hulle geliefde koningin haarself van haar volk onttrek het, het mens, dier en plant se stories vervloei in ’n gemeenskaplike gedagte wat die oorsprong van die hitte probeer opspoor het. Dag en nag het als wat asemhaal, hul koppe gebuig en die antwoord in die patrone in die stof by hulle voete gesoek.

Vir jare het almal met geboŽ hoofde rondgeswerf Ö totdat ’n jong man, wat lief was daarvoor om boodskappe vir sy geliefde met riete in die stof te skryf, op sy rug gaan lÍ, en die antwoord op hulle smart in die witwarm lug gesien het.

Sonder om sy stip kyk van die antwoord weg te skeur, het hy voel-voel in die stof langs hom elf stukke riet bymekaar gemaak. Die eerste, ’n lang, buigbare riet, het hy met die stukkies leer van sy skoene aan ’n korter, stram riet vasgebind om ’n boog te vorm. Toe het hy die ander nege riete, elk so reguit soos die pad tussen die kasteel en die watergat, met sy tande gekerf totdat hulle so skerp was dat hy die hittekristalle wat in die gestolde briesie sweef, kon slyp totdat hulle soos diamante kon glinster.

Toe, vir die eerste keer, het hy opgestaan en sy oŽ van die antwoord in die hemel laat sak. Met ’n handvol glinsterende hittekristalle het hy die wagte by die kasteeltoring omgekoop om hom in te laat en die 6 071 trappe na bo begin uitklim. Die hitte bo in die toring was so oorweldigend dat hy ’n paar keer sy bewussyn verloor het, maar elke keer het hy weer opgestaan en tree vir tree tot bo geklim.

Gewaarsku deur die moeŽ voetspore wat deur die toring weergalm het, het die koningin haarself voorberei vir die naderende besoeker. Sy het vir die eerste keer in jare haar lang hare vasgebind wat soos die golwe van die see oor die meubels van die vertrek gekartel het. Sy het die swaar fluweelrok weer oor haar kaal lyf toegeknoop wat sy dekades gelede al uitgetrek het om tevergeefs lafenis te soek van die ongenadige hitte. Toe vat sy ’n sluk uit die kraffie water onder haar bed, sodat haar droŽ tong sou loskom van haar verhemelte, sodat sy met haar besoeker kon praat.

Uiteindelik het die jong man half dood van uitputting op sy knieŽ voor haar neergeval. Sonder om ’n woord te sÍ, het hy die pyle en boog uit die sak op sy rug gehaal en na die venster in die toring gestap waardeur die sonlig soos ’n rivier lawa gestroom het.

Die koningin het vergeefs probeer om hom te keer, want almal weet dat niemand lank kan oorleef in die direkte strale van die tien sonne nie. Maar die jong man het voortgebeur en een vir een die nege pyle uit sy skede getrek en dit met die laaste spatsels energie in sy binneste die verblindende lug ingestuur.

En saam met elke pyl het die verlossing gekom waarna die hele koninkryk vir soveel jare gesmag het. Elke muur en dakplank en boomstomp en rotswand het gesug van die koelte wat dit uiteindelik kon bied.

Riviere het weer begin vloei in plaas daarvan om in stoom te verander voordat dit uit die fonteine kon borrel. Branders het weer oor die strande gerol sonder om deur die dors sand opgesuig te word sodra dit die bodem tref. En bome het weer blare uitgestoot voordat die wortels dit uit suinigheid kon terugsuig.

Die koningin was so opgewonde dat sy die jong man om die nek gegryp en hom ’n klapsoen op die voorkop gegee het. Die antwoord was so eenvoudig. Hoekom het niemand nog daaraan gedink om nege van die tien sonne weg te skiet nie?

Uit dankbaarheid vir die jong man se blink plan het die koningin vir hom die botteltjie towerpoeier gegee wat haar oerouers, die Water en die Wind, destyds vir hul eersgebore dogter gegee het om haar te beskerm. Sy het hom gevra om dit te bewaar en slegs te gebruik wanneer dit werklik nie anders kan nie.

Vir etlike jare daarna het mens, dier en plant sorgeloos en gelukkig in die koninkryk gefloreer. Kleur en klank het in ongelooflike kombinasies uit elke hoek gevloei en almal het geleef in ’n werklikheid wat so naby aan ’n droom was dat niemand meer die verskil kon agterkom nie.

Almal was tevrede en gelukkig om aan die oorvloed te smul wat uit die strale van die enigste son gespoel het. Nooit weer was dit te warm of te koud nie. Niemand het enige iets gehad om oor te kla nie.

Behalwe die jong man se geliefde.

Sy was ’n beeldskone meisie uit die rivieroewergemeenskap, met wonderlike talente vir wetenskap en kuns, maar agter haar stralende gesig het ’n selfsugtigheid geskuil wat nog haar ondergang sou beteken.

Sy het volgehou by die jong man, wat deur haar skoonheid verlei is totdat hy niks meer was as ’n blindverliefde dwaas nie, dat hy vir haar van die towerpoeier moet gee. Hoe meer hy geweier het, hoe meer vasbeslote het sy geraak. Hy het haar probeer paai met blomme en musiek en poŽsie en selfs die laaste diamantagtige hittekristalle wat in die koninkryk oorgebly het, maar als tevergeefs. Haar hardkoppigheid was so eindeloos soos die hitte van ’n vergete tydperk.

Uiteindelik, een nag toe die jong man in die koel briesie onder die sterre lÍ en slaap, het sy geliefde styf teen hom gaan lÍ en sulke mooi woorde in sy oor gefluister dat daar ’n traan uit die hoek van sy oog gerol het. In die traan kon sy die weerkaatsing van die plek sien waar hy die botteltjie towerpoeier weggsteek het.

Sonder om tyd te mors het sy haarself daarheen gehaas. Met die botteltjie in haar bewende hand het sy opgewonde haar kop agteroor gegooi en die poeier oor haarself uitgestrooi.

Die skoenlappers in haar maag het skielik onbedaarlik begin fladder. Sy het gevoel hoe sy lighoofdig word, en hoe haar voete onder haar inmekaarsak. ’n Skielike floute het haar oorval, maar in plaas daarvan om grond toe te val het sy hoŽr en hoŽr die lug in begin sweef. Aanvanklik was sy benoud, toe raak dit nogals lekker, totdat sy uiteindelik besef dat sy geen beheer het nie. Verder en verder het sy gestyg. Eers die rivieroewer en toe die koninkryk en toe die hele aardbol het later so groot soos ’n rivierklip gelyk. En hoe hoŽr sy styg, hoe meer alleen het sy begin voel.

Uiteindelik was sy so hoog dat sy verby die maan gesweef het. Desperaat het sy aan die rotswande van die heuwels en kraters van die maan vasgegryp en verbete vasgeklou sodat sy tog net nie nog verder sou wegsweef nie.

En daar sit sy nog tot vandag toe. Haar stralende gesig kyk elke nag verlangend af na die aarde, berouvol oor haar selfsugtige hardkoppigheid.

En nou nog, elke jaar in September, reŽl die koningin ’n fees regoor die koninkryk om die mense te waarsku teen selfsugtigheid. Dan deel almal maankoekies met mekaar en rus in die skaduwees van woude wat nie meer ween en kerm nie, maar deuntjies neurie van liedjies wat nog geskryf moet word.

4 Desember 2003

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.