ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dans om die wÍreld

Andrť-Pierre du Plessis

Ek het al dikwels na rolprente en advertensies gekyk wat oorsee geskiet is waarin mense dans na hul hartelus. Om een of ander rede het dit altyd voorgekom asof dit beter en lekkerder is om oorsee te dans. Ek dink nie dit is noodwendig so nie, maar ek was op soek na 'n verskoning om uit te vind hoe dit dan is.

Die eerste ontmoeting wat ek met dans in die buiteland opdoen, is in ZŁrich. My suster neem my na 'n restaurant met 'n stoep wat hang oor die ZŁrich See. Dit wil voorkom asof ons die enigste buitelanders in hierdie opelug-restaurant is. Dis nooit 'n slegte ding nie; inteendeel, jy kry die kans om die locals te ervaar soos hulle is sonder dat hulle weet hulle word afgeloer. So begin die locals dans.

Die eerste fase van my ervaring van dans oorsee: as toeskouer. Maar daar sou nog twee fases wees waardeur ek moes werk voor ek regtig kon sÍ ek weet wat dit is om oorsee te dans.

In KaÔro is daar 'n plesierskip wat toeriste vir 'n aand op die Nyl vat. Terwyl jy nie kyk nie, of sodra hulle jou maaltyd bedien in die bedrukte, bedompige kajuit onder in die boot waar jy geen sin van rigting het nie, draai hulle die boot om. In werklikheid reis jy oor letterlik net enkele kilometers se Moseswater, want die eienaar het nie genoeg geld om 'n lisensie te bekom wat hom toelaat om na meer eksotiese dele van die rivier reis nie. Na so vyf ure kom jy vir die eerste keer agter dat die wonderlike geboue wat keer op keer aan weerskante van jou verby dryf, nie 'n kettinggroep van Hilton-hotelle is nie, nee. Dit is dieselfde bleddie Hilton.

As jy trou en jou ouers het amper net genoeg geld om te oorleef in die land waarin julle almal gebore en getoŽ is, gebruik hulle die laaste paar geldjies om jou en jou toekomstige man (wat - as jy 'n Moslem is - jy nog nooit in jou lewe ontmoet het nie) op so 'n plesierskip te neem. Dis 'n gewilde plesierskip waarheen toeriste hulle haas. So eindig die pasgetroudes en hulle naastes op tussen 'n swetterjoel van toeriste. Maar jy en die vreemde man wat probeer om jou hand vas te hou die heeltyd, geniet dit. Julle weet julle sal nooit weer op hierdie skip kan klim nie. Jou ouers is nou finaal bankrot. Hierdie troue op die boot saam met toeriste het hulle afgeskryf. Jou ouers het nie so baie geld soos die toeriste nie. So jy weet jy moet dit geniet, al is jy soveel mooier as hy. Jy besluit, om die tyd verby te kry, julle gaan dans. Maar om vadersnaam jy raak nooit aan hom nie, want jy wil nie. Hy staan seremonieel in die middel van 'n sirkel wat jy en jou susters maak. Julle draai vinniger en vinniger om hom terwyl sy oŽ geblinddoek word. Hy probeer keer op keer om jou raak te gryp. As hy te naby kom draai jou susters saam met jou in die teenoorgestelde rigting. En dit is wat ek te sien kry op hierdie plesierskip wat vir 'n paar ure oor die Nyl vaar en ek dink: wel ek is tevrede, ek het gesien hoe trou Egiptenare. Maar voor die skip tot stilstand kan kom, daag die regte treat vir die troue op.

Diť treat bestaan uit 'n halfuur van maagwys, 'n maag wat soos Houtbaai se golwe maal voor toeskouers se gesigte. Hierna besluit die belly dancer om 'n paar toeriste uit te pick. Hand-picked. Natuurlik mans. Sy mag dalk Midde-Oosters wees in haar upbringing, maar sy weet dat haar wulpse lyf die Westerse man spuls maak. Ms Belly Dancer gryp my toe aan my hare. Ja ek sweer: sy het my - terwyl ek op 'n ander plek gekyk het en nie die aksie in die middel van die skip se vertrek dopgehou het nie - probeer optel deur my aan my kophare op te tel. Ek moes nou luister wat sy sÍ, hoe sy wys, wat sy maak. Sy het my na die middel van die vertrek geneem en twee servette by ander toeriste geleen. Sy het my laat omdraai met my rug na die ander passasiers terwyl sy haar hand onder my hemp indruk. Sy sal mos nie Ö dis mos nie Ö ons is in die openbaar. Toe sy my weer omdraai vir die ander om te sien, het sy die twee servette opgevou en onder my hemp ingedruk as kopieŽ van haar eie borste. Sy het dit mooi geposisioneer sodat ek die verband tussen haar borste en my katoenborste kan maak. (Servette in KaÔro word van katoen gemaak.) Sy begin weer haar wulpse waaie en swaaie en toe sy sien ek volg haar nie na nie, gryp sy my en druk die ritme in my in. Sy hou my arms vas, hou dit hoog op in die lug, en laat my bene wieg op iets wat klink soos 'n mineurtoonleer wat herhaaldelik teen 'n vinnige tempo op 'n saksofoon gespeel word. Ek kan al sien hoe die kobra binnekort Írens uit een van die broodmandjies op die passasiers se tafels sy kop gaan uitsteek en sy aandag op my fokus. Hoe hy my beweging gaan navolg en saam met my die ritme gaan aanvoel. Daar was helder en herhaaldelike lig wat konstant in my oŽ begin geflikker het. Dit was die lig van Kodak-, Nikon- en ander shitty brand kameras wat probeer het om 'n oomblik van 'n verdwaalde Westerling in die greep van Midde-Oosterse ritme vas te vang. En ek het dit geniet. Ek het vermaak verskaf aan die bang bruid met die lelike man. Ek het gedans op die Nyl.

Dit was my tweede fase: deelname. Eers was ek toeskouer, toe deelnemer.

Nou moes ek net nog inisieerder wees. Ek moet self die geleentheid skep. Ek het reeds gesien hoe dit gedoen word, ek het reeds gevoel hoe dit moet voel. Nou moes ek die proses probeer manipuleer, namaak en eg maak. Ek moes dans in die buiteland my eie maak.

In VenesiŽ ontmoet ek 'n video-installasie-kunstenaar. Sy is byna so oud soos ek. Net ouer. Sy kom van Sydney maar werk in VenesiŽ oor die Kersvakansie. VenesiŽ is koud en nat en daar lÍ hondestront oral oor die klein lagune. Sy nooi my na haar huis waar ons met reg Italiaanse spys en drank benut: pasta en pizza, Prosecco en Spritz. Maar die drank raak op en ons wil met die locals meng.

Saam loop ons buitentoe oor 'n ou markplein. In die dag brom dit met groentemarkkopers en -verkopers, ou tannies met pelsjasse en Italiaanse bybehore. Maar nou, naby slaaptyd en laat in die aand, is dit leeg. Daar is net studente wat drink op straat omdat hulle mag. In 'n hoek van die plein hoor ons 'n Nat King Cole. Ek herken 'n kontrabas, ons hoor 'n saksofoon en ons haas ons na die groep mense wat reeds in bondels rondom die straatmusikante staan.

"Wil jy dans?" vra ek haar en sonder om te huiwer trek ons ons dikke jasse uit wat die enigste verweer is teen hierdie stekende koue. My ruggraat kry nie kans om 'n rilling in te kry nie, want reeds strek sy haarself uit en trek my arms na diť kant en na daai. Ons bring 'n sekere ritme aan die stad wat weens die afwesigheid van motors op hierdie eiland verlore is. Ons word pistons wat 'n enjin van energie opwek. Diť rondom ons en diť wat nog wil luister na die jazzband, maar moeg is om die heeltyd na die instrumente te kyk, draai hul oŽ op ons. Ons twee dans onsself warm en kry dit reg om ander locals aan te moedig om - ten spyte van die plek, die tyd, die omgewing, die mense, die koue - ook te dans. Ons draai en maal saam met die golwe wat in die kanale rondom ons teen verweerde geboue breek.

Ek kan nie meer nie. My bene en my voete is lam, die saksofoonspeler se lippe is droog. Ons stop simultaneously.

Oor 'n week is dit Kersfees. Hulle is Italiaanse musiekstudente en het geen planne vir Oukersaand nie behalwe dat hulle wil saamwees. Ek neem die laaste tree en ek tree in vir die laaste fase: ek inisieer. Ek nooi hul na my tydelike blyplek naby die bekende San Marco-basilika. My vriendin van Sydney sal die kos voorsien, ek sal die vino rosso voorsien, hulle moet net hulself bring ťn hul instrumente natuurlik. Dis 'n date. 'n Christmas date.

En dieselfde gebeurtenis herhaal hom: diť keer met peace and goodwill to all mankind in almal se koppe, die Kersfeesgedagtes van diť Italianers. Ons maak musiek op my daktuin wat uitkyk oor die Piazza San Marco, oor die ander honderde hoŽ klein huisies op hierdie eiland in die Middellandse See. En ons dans na hartelus. Ek sien die tannies en ooms wat smul aan my vriendin se kos wat sy voorberei het soos die tannies en ooms in ZŁrich. Ek sien die belly dancer wat nou 'n pragtige Australianer is hier vlak voor my. Haar styl en sjarme het Westers geword, maar in haar hou sy steeds haar Midde-Oosterse neigings. Ek onthou die ander op die markplein wat saam met ons gedans het. As ek my oŽ toemaak, is hulle ook rondom my; ook die toeriste, hul kameras en die imaginary kobras op die Nyl; ook die reuk van ZŁrich en diť se bradwurst. En ek weet: ek dans oorsee.



LitNet: 09 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.