ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Alice aan die ander kant van die Ystergordyn

Alice Garnaeva-Smith


Die lewe is ’n reis, of ’n woud, en alle paaie lei na Rome, of Moskou (die derde Rome). Wat beteken dit eintlik? Nou, ek weet nie waar al my ander expats se paaie hulle heen gelei het nie, maar vir my was dit meer ’n weghardloop en toe ’n reis na binne, ’n ken van die self, en my heilige oortuiging is dat as mens soek sal mens vind en as mens weghardloop sal mens gevind word!

Dalk is ek ’n uitsondering, maar met my het dit so gewerk dat ek, toe ek in 1993, na my swottings by Potchefstroom, weggeharloop het na Rusland, na ’n jaar in diť land besef het mens kan nie weghardloop van mens self nie en mens los mens se probleme nie agter nie, hulle volg mens oral waar mens gaan, of as mens gelukkig is, bly ’n paar van hulle agter, maar as mens terugkom vir ’n tuisbesoek, dan wag hulle mens in. Probleme los hulself baie selde self op.

Na ’n jaar besef ek in diť land, waar die staat vir 70 jaar amptelik verkondig het dat daar geen God is nie, dat Hy vreeslik betrokke is in my lewe en dat ek ook nie van Hom kan weghardloop nie. Eintlik het ek eers intens van Hom bewus geword in hierdie goddelose land, want hier is ek met die intrapslag gekonfronteer met die moontlikheid van sy bestaan. Soos ek altyd sÍ, dis eers wanneer mens nie suurstof het nie, dat mens besef dat daar so iets is soos suurstof en dit begin waardeer.

“Die Bybel is ’n sprokie” is die eerste ding wat my Russiese vriend my vertel het toe ek hier begin vriende maak. Indien die Bybel ’n sprokie is en God nie bestaan nie, dan het my ouers, staat en kerk vir my gejok my hele lewe lank, dan moet ek my hele bestaan tot nou toe bevraagteken en dan die nuwe sin vir die lewe vind, want sonder sin kan ek nie lewe nie, ek weet nie van ander nie. Waaraan hou mens vas as mens geen geliefdes, geen familie, glad niks bekends om mens het nie, as mens niks verstaan nie, as alles vreemd om mens is?

In Moskou was daar aanvanklik net een Afrikaanse persoon; later het ek ’n sendelinggesin ontmoet, maar hulle wou my heeltyd kerk toe nooi en ek dog juis ek sal verlos wees van die verpligting. Deur die storms wat in diť tyd gewoed het, moes ek maar hoofsaaklik op my eie kragte staatmaak. Het jy al ooit probeer om jouself uit ’n gat uit te trek?

My grootste stryd was om die taal baas te raak. Die taak was nou verbind aan my oorlewing van dag tot dag, want as mens nie kan praat nie, kan mens nie eet nie. Verder is die mens tog maar ’n sosiale wese, maak nie saak hoe mensverskrik hy is nie. Ons voed mekaar met ons sagte, strelende woorde, erkenning, gewone kontak. Ons vermoor mekaar met lelike woorde, stiltes, afjak, en as ons mekaar ignoreer. Ons maak mekaar warm met ons liggaamshitte, ons drukkies, ons begrip, ons belangstelling, ons ondersteuning, ons lag.

My grootste vrees toe ek begin het om my reis na Rusland te beplan, was of die Russe ooit ’n humorsin het. Volgens die James Bond-films wat ek gesien het, is hulle koelbloedige moordenaars, volgens my spanleiers op veldskool is hulle genadelose breinspoelers wat my in ’n zombie wil verander! Wel, groot en aangenaam was my verrassing toe ek moes uitvind hulle het ’n heerlike, skerp, goedhartige en innemende humorsin, dat dit hulle deur al die jare aan die lewe hou, hierdie vermoŽ om na die kak situasie waarin hulle is te kyk met ’n satiriese glimlag. (Verskoon tog vir die woord, maar vir my is kak glad nie ’n vloekwoord nie, die Russe gebruik dit in elke sin en dit beteken “Hoe”. Hoe gaan dit? = Kak dela? Wat’s jou naam? = Kak tebja zowoet? Hoe so? = Kak eto? My Russiese man gebruik dit gereeld wanneer hy wil weet hoe sÍ mens iets in Engels; of as hy nie hoor of verstaan wat ek sÍ nie, dan sÍ hy net “Kak?” Wel, ek dink ek het my punt duidelik gestel!)

Die lewe is ’n reis en ons is almal op pad Írens heen. Sommige mense reis fisies, soos ek, sommige mense soos my ma gaan op verbeeldingsvlugte en is vasgegroei aan Afrika, dit is haar Geboorteland, haar Vaderland, haar tuiste. Ek bewonder mense soos my ma en dis altyd lekker om vir haar te gaan kuier, want dis tog die plek waar mens gelawe word en weer salf aan mens se siel kan smeer. Ek weet byvoorbeeld dat ek my hele lewe hier in Rusland kan bly, dat, al is my man Russies (volbloedpatriot met geen Westerse neigings nie), al is my kinders eendag Russies, sal ek altyd ’n buitelander bly, ’n buitestaander, ’n vreemdeling — dis amper soos die Kaap: daar’s mos net gebore Kapenaars en die res bly Valies of Sharks of Bananaboys of Vrystaters hulle hele lewe lank.

Die lewe is ’n reis, en as mens op ’n reis gaan, het mens altyd bagasie. Sommige mense het baie bagasie, sommige mense reis lig. Ek dink die meeste van my expats sal dit met my eens wees dat mens Afrika met mens saamdra waar mens ook al gaan, dat mens jou geboorteland nooit heeltemal kan of wil afskryf nie.

Ek haat die manier waarop ons sport verafgod in Afrika, ek haat die gebrek aan opgevoedheid en gekultiveerdheid, die vlakheid van ons kultuur, snobisme en klasseverdeling, die kleinlikheid en selfgesentreerdheid, die wantroue, oppervlakkigheid en onopregtheid. Ek haat dit dat ons net kan vreet, swem, in die son lÍ, en bar grappe vertel, dat ons in groot leŽ huise bly waar elkeen homself in sy eie kamer toesluit, waar elke kind sy eie kar het en waar ons net leef om ons behoeftes hier en nou te bevredig. Ek haat ons aansitterige kunssinnigheid en veneerlagie-gekultiveerdheid. In Rusland, waar ek dopgehou word deur die FSB en my hande in ’n groot mate vasgebind is deur voorafopgestelde idees, diskriminasie en agterdog, haal ek diep en vrylik asem, slaak ek ’n sug van verligting omdat ek op Saterdae nie geforseer word om die Springbokke te sien speel nie! In Rusland speel hulle nie rugby of krieket nie; dit voel asof ek in die hemel is.

In Rusland voel ek vry omdat daar een hele kanaal op TV gewy word aan kultuur, daar’s geen advertensies nie, dis verniet, ek hoef nie ’n DSTV-antenne te hÍ nie, kultuur is nie eksklusief nie, maar inklusief en algemene kennis. Hier loop Poesjkin in die straat en leef in die mense se harte en taal, ontmoet mens Dostojewski se karakters op elke straathoek. Hier is standbeelde ter ere van fiktiewe karakters, hier is die mense se taal gepeper nie met advertensierympies nie, maar met die wyse uitlatings van helde uit kunsfilms en letterkunde.

Ek onthou nog toe ek ’n kind was, moes ek elke Sondag vuisslaan met my ouer broer om die enigste kultuurprogram van die hele week, Collage met Barry Ronge, te kyk. Ek onthou ook dat my broer eenkeer een of ander boksgeveg oor my Nijinsky-ballet getape het. Ek onthou dat dit vir my ’n ewige stryd was wat ek die meeste van die tyd verloor het om net ’n bietjie kuns in te kry.

Waarna verlang ek hier in die Vreemde? Natuurlik die son in die lang donker wintermaande, biltong en boerewors; ek verlang na my taal, die geleentheid om myself spontaan uit te druk sonder om te dink aan grammatika en woordeskat, om verstaan te word en te verstaan; ek verlang na my ma; ek verlang na die natuur en die geluid van sprinkane en sonbesies en al die dieregeluide wat ons amper altyd om ons het in Afrika. Ek verlang na die asemrowende sonsondergange, ek verlang na die geluid van die see, van sand tussen my tone en die smaak van soutwater op my tong. Ek verlang niť na die voorstede of die kleinstedelike nie, ek verlang net na sommige mense.

Op die oomblik is ek in St Petersburg, die Noordelike VenesiŽ soos die Russe dit noem, of die Europese hoofstad van Rusland. Dit is werklik ’n pragtige stad. Ek leer die Russe om met ’n Suid-Afrikaanse aksent Engels te praat by die Universiteit van St Petersburg. Ek bly in ’n driekamerwoonstel met papierdun mure, waar mens elke beweging van mens se buurman kan hoor. My Suid-Afrikaanse vriendin wat tans in Krasnojarsk, SiberiŽ, bly, die persoon wat my tot bekering gebring het, se eerste indruk van Russiese woonstelle was dat dit soos duiwehokke is: alles lyk presies dieselfde, die geboue het geen identiteit nie, ons bly op mekaar en die geboue is in ’n haglike toestand. My woonstel is nie ’n uitsondering nie, dis wat die Russe noem ’n Korabliek of Skip, nege verdiepings prefab wat in ’n groot halfmaan gebou is met ’n crŤche in die middel. Die rotte hardloop vrylik die trappe op en af, die vullis hoop op die grondvloer op, buite lÍ die papiere en vuilgoed rond, die mure is vol graffiti en die trappe, hysbak en ingang stink, ek sal nie sÍ van wat nie. My toilet werk nie, my badkamer se pype lek, my kombuis is so klein ek kan my nie draai nie, die kragproppe in die meeste van die vertrekke werk nie en ek’s konstant in gevaar om doodgeskok te word met die oop gloeilampe in die badkamer. My woonstel het geen karakter nie, daar is geen kleurskakering of styl of enige vorm van binnenshuise versiering nie, niks in die woonstel behoort eintlik aan my nie, behalwe die videomasjien en die rekenaar. Wat ’n lewe, wat ’n hel, sÍ die meeste van my vriende en familie in Afrika.

Tog word my siel hier gevoed. Dalk is dit omdat ek is waar ek moet wees, omdat my lewenspad van dag een af hierheen gelei het. Alle paaie lei na Rome, lei na God. Ek voel gelukkig dat ek die sin van die lewe gevind het, dat ek my sielsmaat ontmoet het en dat hy my leer wat ware liefde en trou en toewyding is. Ek is dankbaar dat ek hier is, dat ek al diť ervarings kan hÍ. Ek weet ek’s baie bevoorreg, soos baie mense in Suid-Afrika, soos die meeste expats. Ek’s bly dat ek in Afrika gebore is en ek’s dankbaar dat ek nou in Rusland kan bly, maar ek weet ook dat die lewe maar ’n tydelike ding is en dat mens niks werklik kan besit in hierdie lewe nie, dat mens ook nooit werklik kan inburger nie. Ek beny mense wat wel “settle” en opbou en bymekaar maak en kan beplan vir mŰre; dit is die pad wat ek nie gekies het nie, maar aangesien my bestemming reeds vooraf bepaal is, sou ek waarskynlik steeds hier in Rusland uitgekom het, selfs al het ek die ander pad gekies — dit sou net baie langer geneem het.

Groete

Alice in Rusland


boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.