Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

As jou identiteit soos ’n missing person is

In ’n dakkamer in Washington D.C. sit ’n displaced Afrikaner voor ’n rekenaar en tik.

Sy dink aan die reusagtige Amerikaanse vlag wat pronk teen die honderde liggies van die nag, ’n vlag die grootte van ’n redelike huis, sigbaar vanaf die 495 Beltway wat D.C. omsirkel.

Sy dink ook aan die klein stars en stripes-vlaggies, stewig geplant in die voortuine van talle voorstedelike cardboard huise in die Capitol City, volop soos die vlae op die blink bumpers van stasiewaens en gesinsvoertuie op vyfbaansnelweë.

Trotse vlae. Klaarblyklik het die Amerikaners baie om op trots te wees in hulle geskiedenis, tik sy verwoed.

Dit kan dalk Gert Vlok Nel wees wat soos ’n soundtrack tot die aand op een toon sing, sy woorde raak weg in die koue naglug, die kitaar kielie die vingers van die Afrikaner, sy tik-tik, vinniger, woorde met kras klanke, g’s en k’s en heerlike rollende erre.

Teen die muur van die dakkamer hang ’n veltrommetjie, in 1991 by ’n straatmark in Durban gekoop.

Sy het die trommetjie gekoop omdat dit haar aan haar kindertyd herinner het, aan die gekleurde trommetjies wat jy by die krale kon koop op pad na Port Shepstone of vakansies in Margate.

Die Afrikaner voor die rekenaar kan nie veel daarvan onthou nie, sy onthou slegs veelkleurige miniatuurhuisies, soos ’n speelgoed dorp. En sy onthou die KwaZulu-Natal-hitte soos ’n lagie wat aan haar vel kleef, die somerson wat haar warm bak. Dis winter in die dakkamer, die lug is droog en koud. Sy het ’n emmer water voor die olieverwarmer gesit omdat sy elke oggend met ’n seer keel wakker word. Klaarblyklik het sy ’n humidifier nodig.

Buite is dit minus ses, die strate is leeg, lae ys gloei wit op die paaie en sypaadjies.

Die Afrikaner tik voort, amper besete, sy dink aan die movie wat binnekort gaan uitkom oor die Cuban missile crisis. Die Amerikaanse heroes teen die Kubaanse kommuniste, ’n klassieke Hollywood-narratief.

Amerika gee homself ’n kloppie op die skouer. In die dakkamer kreun die lekker riwwe van Koos Kombuis nou deur die huis. “Onder in my whiskey glas” kompeteer met Fox 5 se nuwe sitcom. Die housemates skud hulle koppe, waarna luister daai girl nou weer, dink hulle in nasale aksente en stygende infleksies.

“Are ya gonna close her door?” vra een. Daar hang ook versigtig gekerfde houtfigure aan die vaal mure van die dak, en ’n vaal poster van die Springbok Nude Girls Virgins’ Rights Tour 1996 maak die een of ander claim teen die muur.

Teen die mure is poskaarte van die Statue of Liberty teen die New York skyline, Chinatown, Londen, en ’n foto van ’n hondjie. Talle ander gesigte van ander kontinente en tye glimlag hartseer, papierspoke wat dalk in die Afrikaner se drome sal lewend word.

’n Gloeiende oranje pampoenlig verkondig vergange Halloween in die kamer. Op die vloer lę serpe, bootse, handskoene, mussies en ’n boksie Tylenol Flu Nighttime.

Verder is daar honderde goed oor die vloer gesaai, “Spanish in six weeks”-kassette, brosjures oor Cubana, “South Africa at a glance”, “The Immigration and Naturalisation Service Family Values”-brosjure.

Op die tafel langs die rekenaar lę ’n pakkie slap vuurhoutjies, die soort wat jy by elke bar of gas station gratis optel, agterop die swart pakkie vuurhoutjies met hul groen koppies staan geskryf. “Nobody leaves a stranger.”

Daar is ook ’n plat, goue plastiek asbak met ’n naamplaat binne-in wat proklameer “RSG”, die inskripsie agterop is “Gesteel in die Klein-Karoo.” In die asbak is ’n ongerookte, vingerdikte sigaar, ’n gesogte Cohiba. ’n Authentic Kuba sigaar, tegnies ’n onwettige item in die land of the free and the brave. Ene Bill Clinton, voormalige president van die VSA, het op ’n stadium in die geskiedenis so ’n sigaar geweier na ’n hand van vriendskap deur el lider uitgereik is.

Daar is ook ’n paar boeke, voosgevat met blaaie wat omkrul, “Fear and Loathing in Las Vegas”, “Cuba and the night”, en “Deadly Truth, the suspense story of a Jewish family trapped in apartheid South Africa”. Die girl tik voort, sy hou vir ’n oomblik op as Valiant Swart sing: “Soek ons die Mystic Boer”.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.