Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sing, en gee ook ander die reg

Chutney de Ridder

Music is my first love,” het Barry Manilow of iemand op ’n keer gesnik, “and it will be my last.”

Gegewe die hitsige en bitsige bitterbeksessies wat tans onder Afrikaanse kunstenaars heers, wonder ek vanoggend hardop of ons hierdie stroperige sentiment nie dalk ’n oomblik ter harte moet neem nie.

Soos in: Geniet jou musiek. Of dit nou Steve Hofmeyr, Jurie Els, Patricia Lewis, Johannes Kerkorrel, Beeskraal, KOBUS!, Battery 9, Anton Goosen of wie ook al is. Musiek is ’n persoonlike ervaring; dit moet iets vir die luisteraar beteken.

Hoekom, liewe maatjies, luister Chutney na musiek van groepe soos Sigur Ros, Low, Calexico, Giant Sand, Wilco, Pavement, Sebadoh, Godspeed You Black Emperor en Mogwai? Omdat niemand dit ken nie? Nee, inteendeel!

Ek wens almal kan die pragtige klanke aanhoor. Ek luister omdat dit my diep raak, nes Patricia vir X relax, Not My Dog vir Y verbly en Goosen vir Z beet het.

Die lewendige internetruimte Litnet www.mweb.co.za/litnet/senet se briewekolom (SêNet) het oornag in ’n slagveld verander, ’n nes van neuroses waar een en elk se senuwees op hol is oor wie ’n bestaansreg in die (Afrikaanse) musiekbedryf het. Tussen Jan Alleman se briewe vind jy ook Kerkorrel, Dirk Uys, Paul Riekert, Goosen, Koos Kombuis, Roof Bezuidenhout en Hofmeyr s’n.

Alles het begin weens Kerkorrel en Uys se voortslepende vete oor die sogenaamde Alternatiewe Afrikaanse Beweging.

Goosen het tot die gesprek toegetree ná sy klein KKNK-alterkasie met die hoofstroom-suksesse Patricia Lewis en Kurt Darren. En nou word gestry oor kommersiële musiek, backtracks, kunstenaars wat maak asof hulle op die verhoog sing en ’n definisie vir oorspronklike musiek.

Goosen skryf dat hy sy lewe lank al baklei vir “inheemse, lewendige musiek”, en dat die topverkopers in die Afrikaanse musiekbedryf nie hierdie sentiment deel nie omdat hulle lawwe vertalings van oorsese musiek inspan, en “mildelik gebruik maak van front- en backtracks“.

Fronttracks is waar die CD op die agtergrond gespeel word terwyl die kunstenaar maak of hy/sy sing. En backtracks is waar die CD as plaasvervanger vir die kunstenaar se musikante ingespan word.

“In die proses word die publiek dus verneuk met die mimiektoertjies en word musikante werk en tantiemes ontneem.

“Patricia Lewis en Jurie Els staan aan die voorpunt van hierdie klugspel,” skryf die Liedjieboer en ontvanger van ’n Sama-toekenning vanjaar in die afdeling Beste Afrikaanse Kontemporêre Album vir sy CD ’n Vis innie bos.

Steve se stuiwer in die armbeurs laat ’n mens dink. Hy verwys na Koos Kombuis se waarskuwing dat die sogenaamde alternatiewes moet waak teen ’n “ons-en-hulle”-mentaliteit.

Dan maak hy na my mening ’n baie geldige punt — een wat ’n drogbeeld-gestalte gekry het in die Kerkorrel-Uys-spektakel: “Ons dog julle, die progressiewes, verteenwoordig ’n artistieke bevryding vir almal, maar ons was verkeerd. Behalwe vir ’n paar lekker songs, het die ‘alternatiewe’ beweging jammerlik baie skeiding, skeurings en snobisme saamgebring,” skryf Steve.

Ja, ’n mens kan seker soos die Engelsman reken: “Let”s agree to disagree.” Dis steeds jammerlik dat daar so lelik gekef en gemor word oor Afrikaanse musiek.

’n Steve-aanhanger sal nie noodwendig ’n Battery 9-aanhanger wees nie, nes ’n Valiant Swart-aanhanger nie noodwendig na Jurie Els sal luister nie. Maar, so what? Smaak verskil tog, en niemand het die reg om te dink hy of sy is beter as ander nie.

Gun elkeen dus sy plek. Of praat ek nou ’n klomp twak?

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.