Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Koeimelk vs tiermelk

As Peter Buck maar geweet het van Ben Brand, die dapperste man in die land. “Een glas melk asseblief!” is wat Ben, die befaamde Ruiter in Swart, altyd by sy gunsteling-watergat bestel het. En laat een blikslater nou ’n aanmerking maak oor die drankie, dan het Ben hom gefoeter dat sy ouma hom vir ’n eendvoël sou aansien.

Die Ruiter in Swart was ’n fotoverhaal-held uit my kinderdae. Buck is natuurlik ’n kitaarslaner van die befaamde groep R E M.

Ben was ’n vrederegter van formaat, ’n kêrel met ’n vierkantige kakebeen en ’n verwoestende regs-links-kombinasie wat eerder sy verwoestende vuiste as sy kil Colt die praatwerk laat doen het.

Ons het altyd Ben se wedervaringe tweedehands beleef. Die bure se laitie het veel meer liberties gehad as die De Ridder kroos en dis langsaan waar ons die boekies leer ken het. Maar bewaar jou jis as jy met ’n Ruiter in Swart of diesulkes in die huis betrap is.

Elkgeval. Ek kry nou die dag ’n e-pos van iemand wat wou weet of ek Ben Brand onthou. Eintlik wil hy weet wat Ben se perd se naam was — Vonk of Duiwel of Satan of Kaptein. Kan iemand help … ek het slapelose nagte. Ek dink dit was Duiwel. Kaptein was sy hond se naam. En Die Skim se perd was Satan. En dan was daar ’n Vonk de Ridder (nie familie nie … ek dink dit was Ben Brand se verhoognaam).

Nou ja — Buck moes na Ben geluister het, is wat ek aanvanklik wou sê. Hy moes maar eerder koeimelk pleks van tiermelk bestel het, want toe gaan staan en maak hy skande 30 000 voet bo Moeder Aarde.

Volgens getuienis in die hofsaak teen Buck, wat op ’n trans-Atlantiese vlug tussen Seattle en London glo 15 glase rooiwyn binne drie uur verorber het, het die kitaarslaner aan boord van die Boeing 747 slinger-slinger rondgesteier, in ’n stadium tussen twee sitplekke vasgesit, ’n helse lawaai opgeskop, ’n dranktrollie vir ’n CD speler aangesien en uiteindelik die ding omgestamp voor hy ’n beker jogurt op homself en die hoofkelner se kop omgekeer het.

Toe hy gevra is om homself te beteul het Buck glo geskree: “Ek is
R E M! Ek is R E M en julle kan niks aan my doen nie.”

Ja, maats. Soos my ouma Issie de Ridder altyd sê: “drank is niemand se maat nie”. Mens moet maar mooi d(r)ink voor jy die kêrel met die kurkhoedjie staan en oopbek soen. Die seisoen van jolifikasie kom vinnig nader — wees tog net verantwoordelik.

Op 1 Desember word die eerste Rock62 musiekfees op die pragtige dorpie Barrydale aangebied. Onder die bekendes wat gaan optree tel Akkedis, Sons of Trout, Crous & Carstens, Robin Auld en Simon van Gend. Kaartjies kos R250 en sluit ’n spitbraai en verblyf op 31 November en 1 Desember in. Bespreek per rock62rocks@hotmail.com of bel Cobus by 082 771 5633.

Beplan ook nou al vir die Savanna Up the Creek musiekfees van 8 tot 10 Februarie. Slegs 600 kaartjies gaan te koop wees vir die fantastiese klank-ekspidisie op die walle van die Breede Rivier.

Die eerste 200 kaartjies word op eerste-kom-eerste-bedien-basis verkoop teen R245 (verblyf ingesluit). Hierna sal almal bo 12 jaar R295 moet opdok om groepe soos Valiant Swart, Watershed, Sons of Trout, Bill Knight, Breakfast Included, Frosted Orange en Marc Maingard te sien. Moodphase 5ive en Crous & Carstens gaan dalk ook optree. Bespreek kaartjies per sueh@felix.co.za of skakel (021) 6714360.

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.