Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die verantwoordelikheid van die CD-aankoper!

Die selfoon skree skielik skerp hier neffens my op die lessenaar net toe ek skuins na middagete agter my rekenaar inskuif om ’n wegkruiper-uiltjie te knip. Ek is bevrees die korporatiewe middagetes wat mens die tyd van die jaar op uitnodiging nuttig het newe-effekte. Die eerste simptome is ’n gebrek aan konsentrasie en belangstelling, gevolg deur ’n sware gevoel van lomerigheid en uiteindelik akute verslapping van die ooglede.

Ewentewel, die sel skel en noop my om vir ’n oomblik te vergeet van my droombeelde — ’n potjie strandvlugbal op ’n tropiese eiland saam met Kerry McGregor, geklee in iets wat bobaas onderbeklemtoners as ’n eina-bikini sou kon beskryf.

Die stem aan die anderkant van die sel is moeilik, die kan ek sommer uit die staanspoor hoor.

Hoe kan ek, wat myself uitgee as ’n musiekskrywer, gaan staan en resensies doen oor CD’s wat mens nêrens kan kry nie. Vra hy. En nog voor ek kan antwoord begin hy verduidelik hoe ver en wyd hy gesoek het na Beeskraal se nuwe CD Huis Toe en hoe belangrik dit vir hom is om die CD te kry en hoe durf ek skryf dat dit by vooraanstaande CD winkels te kry is en blah, blah, blah en KERPLAKS! smyt hy die foon in my oor neer.

Sjoe. Nugter wakker geskrik. Maar ek moet erken, Ontstoke op K het ’n geldige punt beet, al benader hy die bees van die gatkant, pleks van die voorkant af. Ja, ek het beweer die CD, tewens enige SA produk van gehalte, behoort by CD spesialiste verkrygbaar te wees. En dis waarskynlik die geval. Maar ons weet mos wat die probleem is maats. Ek het al voorheen hieroor geskryf. Die CD word uitgereik, die eerste vyftig of honderd of so is op die rakke en as dit verkoop … dan eindig ons gelukkige verhaaltjie net daar.

Dis die verantwoordelikheid van aankopers by CD winkels om te sorg dat die produk beskikbaar is.

Dus, as jy op soek is na Karen Zoid se CD of Beeskraal of Patricia Lewis (OK, die laaste een was ’n grappie) en jy kry dit nie by jou spesialis-handelaar nie, verpes die bestuurder, aankoper en ou wat die kasregister slaan net daar in die winkel tot hulle dit bestel.

Van Zoid en die Bees-ouens gepraat. Albei is vereer met Geraas-toekennings. Zoid se Poles Apart is aangewys as die beste rock CD en sy is ook die beste nuweling vanjaar, terwyl Beeskraal as die beste groep bekroon is.

Vanjaar het liedjieboer Anton Goosen ’n spesiale toekenning gekry vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek. Ander wenners is Amanda Strydom (Beste Afrikaanse album vir Op ’n Klein Blou Ghoen), Johannes Kerkorrel (Beste Pop album vir Die Ander Kant) en Riku Latti (Beste Alternatiewe Album vir Pleister vir my Nerwe).

’n Bekommerde ouer bel my om uit te vind wat mens kan doen om ’n jong groep waarin haar seun speel te bemark.

Dis ’n moeilike een. Maar voorheen het ek geskryf dat ’n ordentlike demo-CD, goeie biografie oor die groep (met foto’s) en ’n bestuurder wat sy/haar storie ken ’n goeie afskopplek is.

Om gigs te speel is belangrik. En soms moet mens maar oë toeknyp vir die plekke waar jy speel. Die venues is dun gesaai so vat wat jy kan kry en gee alles wat jy het, selfs al speel jy vir drie voosgekuierde kroegvlieë, ’n kroegman sonder belangstelling en ’n pensionaris met ’n gehoorapparaat en ’n gidshond. Sterkte!

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.