Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Goeie nuus: 3 nuwe CD’s deur boerepunkrocker, Valiant Swart

Komkommertyd is enige joernalis se nagmerrie. Dis nou as jy iets moet skryf maar daar is niks nuus nie, geen pitkos nie, net waterige komkommers.

Nou ja, ek was net oppad om gister se oorskiet op te warm en op te dis met ’n ander sousie toe my brandweerrooi-privaatfoon lui, ’n foon waarvan net enkele informante, ’n paar musikante en twee of drie vroulike kalante die nommer van ken.

En ek weet, as hy lui dan is die nuus gewoonlik van goeie oorsprong. Dis toe ook die geval. En danksy daardie oproep kan ek weer vanoggend ’n brokkie eksklusiewe inligting deel met JIP lesers. Dis Albert du Plessis aan die anderkant van die lyn. Hy wat onder meer die gewilde CD projekte “Om te Breyten” en “Mondmusiek” van stapel gestuur — die toonsetting van Breyten Breytenbach se gedigte.

Albert is die baas van Rhythm Records. En sy nuus is kort maar kragtig: die boere-punkrocker Valiant Swart het pas ’n kontrak onderteken om drie CD’s onder Albert se etiket op te neem. Om die waarheid te sê, die eerste CD is al in die afrondingsfase, vertel Albert opgewonde. Ek brand van nuuskierigheid — vertel ons meer.

Wel, dis ’n kompilasie CD getitel “Boland Punk” en in die stadium beplan Albert om sestien, dalk sewentien snitte in te sluit — almal Valiant Swart songs natuurlik.

Hy het spesifiek Valiant snitte gekies was “punk statements” maak, verduidelik Rhythm Records se baas.

Soos?

“Wel, “Cyber Sakkie”, “Hi-fi op Standby”, “Vloek van die Kitaar”, “Kake van die Leeu”, “Droomrivier” en “Moeilikheid met die Man” om enkeles te noem. Maar daar is ook drie spesiale toevoegings — drie Valiant remixes wat voor die tyd uitgereik sal word.”

Ja? Watter drie ... Albert sê ons kan “dance” weergawes van “Mystic Boer”, International Maria” en “Die Bom Kom” verwag. “Maar nie mindless dance nie — basies hervermengde musiek met drum loops,” verduidelik hy.

As alles goed uitwerk en Valiant hervestig hom nie in Amerika nie — hy het die naweek soontoe vertrek vir die skiet van ’n dokumentêr oor die blues roete — kan ons “Boland Punk” so teen einde September verwag.

Radiosondergrense gaan glo ook eersdaags ’n twee-uur-lange program oor Valiant uitsaai, so hou maar die koerante dop vir meer inligting en luister mooi, daai drie Valiant remixes sal sommer gou op radiostasies landwyd gehoor kan word.

Komende Saterdag se gig in die Jam, langs die Shack in Kaapstad gaan ’n Johannesburgse groep oplewer wat ek al lankal in aksie wou sien.

Hulle noem hulself die Diesel Whores (die naam is glo afgelei van iemand wat liggaamlike gunsies sal uitdeel in ruil vir ontwerperskledingstukke, maar nie vir geld nie!).

Elkgeval, die Diesel Whores word beskou as die basterkinders van Johnny Cash, Elvis, Nick Cave en die Pixies. Nou ja, met hierdie familia as verwysing kan die kjêners mos net mooi musiek maak.

Die groep bestaan uit Jaxon Rice (stem, ritme kitaar), Morgan Sizer (leierkitaar), Dog Odball (baskitaar), Kevin Leicher (dromme). Die Diesels gooi mallerige country-punk saam met rockabilly en gothic ritmes en hul eerste kort-CD getitel “Jezebel” is pas voltooi onder die bekwame produksiehande van Theo Crous — jip, die Nude Girl kitaarslaner! Dit kan mos net een heerlike lawaai afgee — kom ons gaan luister.

En nou kortliks: die jong “soul en R&B sista” Joy Enriquez (sy het al saam met Whitney en Mariah opgetree) is Woensdag by die Grand West Casino kompleks vir een vertoning. Die vertoning begin om 22:00 en kos net R30.

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.