Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Tassenberg All Stars, vol ll — moenie dat die b(r)eker jou verbygaan nie ...

GOEIE tyding vir die van julle wat om persoonlike redes nie vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn bygewoon het nie.

Hoekom julle nooit in April die voormalige volstruismekka se grense betree het nie, is nie nou ter sprake nie.

’n Fees soos die bied mos maar iets vir almal. Die vraag wat jy aan jouself stel is of jy bereid is om skouers te skuur met die mense wat fees toe stroom vir die ligte vermaak, of jy wil vasloop in die die braaivleis-boeppense, die brannewyn-brigade en blank-de-blank bravade.

Indien jy “nee” antwoord op die voorvereistes, lees verder. Indien jy “ja” antwoord...lees verder.

Die musikale hoofkwartier by vanjaar se fees was nogmaals die Tassenberg Stalteater, waar die Direkteur-Generaal van Deuntjies, eerwaarde Dirk Uys, ’n klank-karmenaardjie voorgesit het wat bloot as kulinêre klankgasme beskryf kan word.

Wat my opsluit weer terugbring by die goeie tyding waarna ek so flussies verwys het. Sien, Dirk en sy veel mooier, beter helfte Annene (in die volksmond ook bekend as Moeder Napier) het besluit om in postuum die groot geskal in die Stal te bewaar. Na die laaste note weggesterf het sal dit weer verrys, reken hulle.

En so is dit dan. Nes laas jaar, toe die Tassenberg All Stars CD die klankgrens gebreek het kort na die KKNK, sal daar vanjaar ook iets wees om julle wegblyers en bywonders van die fees te herinner aan ons musikale fondse hier ter plaatse.

Die Tassenberg All Stars, vol II kompakskryf met ’n stewige sestien snitte word nou Vrydag die 17de by die High Street Teater in my tuis-voorstad agter die Boerewors Gordyn, Durbanville, geloods.

Dis Dirk se veertiende vrystelling onder die Trippy Grape etiket. En om die projek meer woema te gee sal ’n Tassies Varsity Toer die bekendstelling van die CD volg, wat beteken dat Potchefstromers die laaste naweek in Augustus by die Elgro moet oop hou vir Valiant Swart, Jack Hammer, Not My Dog en Beeskraal en dat die vier groepe saam met Karen Zoid op die 31ste van vandeesmaand by Cool Runnings in Wonderboom sal optree, gevolg deur ’n gig by Roxy’s Rhythm Bar in Mellville.

Studente aan Port Elizabeth en Stellenbosch kom hierna aan die beurt — Valiant, Frosted Orange, Spinnekop en Akkedis is op die spyskaart. Die datums, verseker Dirk, sal later aangekondig word.

Terug by Tassenberg All Stars, vol ll: die genoemde sestien snitte word verskaf deur elf kunstenaars.

“Volume ll is ’n goeie verskeidenheid van blues en rock. Ek sou graag vir Anton Goosen en sy Bushrock band, Karen Zoid en Anika wou insluit, maar hul opnames het nie so goed uitgekom nie. Dit laat egter die deur oop vir hul insluiting op die derde Tassenberg all Stars CD wat reeds beplan word,” verduidelik Dirk per selfoon erens tussen Kroonstad en Oppikoppi.

Waarna jy kan uitsien, liewe luisteraar, is lewendige opnames van Valiant se Roekeloos, Ware Liefde en Vloek van die Kitaar, Beeskraal se Strate van Pretoria, Zol en Noord-Transvaal, Spinnekop se Binneland In, Piet Botha met Staan saam Burgers, die meesterlike Jonathan Martin met Liberty, JackHammer met Sien jou Weer, Frosted Orange se Chitlins Con Carne, Delta Blue se My Babe, Akkedis met Voortvlugtend, Pretoria hip-rockers Not My Dog met Altered en ’n cover van Verslaaf en, les bes, die briljante Mikanic met Sweets.

Tassenberg All Stars, vol ll is eersdaags beskikbaar. Moenie dat die b(r)eker jou verbygaan nie ...

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.