Pop se gedagtesArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Valiant Swart sing ‘Diep in die Bos’

Chutney de Ridder

In die nuutste Sarie-tydskrif sê die Bolandse rocker Valiant Swart dat sy gunsteling-fliek O Brother, Where Art Thou is. Daardie lieflike Coen-broers se fliek met die mooi deuntjies.

Nou ja, dis nou nie dat ek verkondig dat ek die Sarie in my vrye tyd lees nie. Maar nou en dan moet mens in aanraking kom met jou feminine side. En as hulle boonop artikels oor ons gunsteling boere-rocker dra en jy lees hy hou van daai rolprent, dan kan ’n mens mos maar die sekretaresse se tydskrif vaslê.

Die artikel het my aangespoor om Valiant se selfoonnommer uit te snuffel. Een kas Tassenberg en ’n bees se agterkwart later en ek het hom. Enige aanbiedinge? Elkgeval, so bel ek vir Valiant om te hoor wat nuus is op die musiekfront.

Hy antwoord na ses luie — half norserig.

“Pla ek,” vra ek. “Man Carike, ja en nee,” sê Valiant. Hy is besig om saam met die familie na ’n video te kyk. “Seker Oh Brother Where Art Thou,” spot ek. “Ja,” se Valiant. “Ja, inderdaad. So bel maar later terug.”. Okie-Doukie — got the message.

’n Uur later gesels ons weer. Die keer is hy sommer vuur en vlam. Want hy het baie nuus wat ek dan natuurlik vanoggend eksklusief met Jip-lesers wil deel.

Valiant vertel dat hy einde vandeesmaand Amsterdam toe vertrek vir tien dae om die finale afrondingswerk te doen aan die TV reeks 13 Dae deur die Delta wat hy in die suide van Amerika help skiet het. Die reeks word eersdaags uitgesaai en Valiant is die aanbieder. Hoe was dit daar tussen die Yanks?

“Ongelooflik. Die teenstrydigheid is verbasend. Aan die een kant raak mens ingesuig deur die mistieke suide, aan die ander kant is die oordadigheid van die Amerikaners een te veel.”

Ek vra hom oor sy nuutste CD en of hy enige songs daar oorkant die water geskryf het.

“Ons gaan in Mei die pre-produksie voltooi. Willem Fourie (’n kitaar-maestro par excellence) is betrokke. Die CD gaan so 11 of 12 snitte bevat, die meeste nuwes. Ek het al so vier of vyf by gigs gespeel.

“Dis nie juis dat ek songs daar oorkant geskryf het nie. Maar baie van die nuwe snitte het hul beslag gehad in die Delta. Die bonussnit op die CD is hoeka die temaliedjie vir die dokumentêr wat ons daar geskiet het.”

Wat noem hy die CD, vra ek versigtig. Valiant swyg. Dis ’n geheim. Maar my oorredingsvermoë kry die oorhand en hy blaker dit uit — Diep in die Bos en van die snitte wat ons hierop sal hoor is Whiskey en Reën, Helfte van die Maan, Horison Hotel en Maanhare. Hiervoor sal ons tot einde Mei moet wag.

Valiant se program is so vol soos die Shack op Saterdagaande kwart oor elf. Op 6 en 7 Februarie speel hy twee gigs in Londen, einde Februarie word die snitte afgerond, in Maart is hy by die KKNK en einde April gaan hy in Clarkesdale, Memphis optree.
Sjoe, dis ’n bek vol. Is daar nog nuus? “Ja,” sê Valiant. “Ek het ’n nuwe weldoener — pas die kontrak beklink.” “Wie?” vra ek. “Man dis die ou legende, Tassenberg. Hulle borg my tot 2003 — dis hoekom ek die nuwe CD kan uitreik!” Nou ja Vaal Eend, al wat ek kan sê is “tjeers!”.

Die rubriek “Pop se Gedagtes” verskyn elke Maandag in die bylae JIP en word met vriendelike vergunning van Die Burger redaksie hier gebruik.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.