Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The ABSA/LitNet
Chain Interview

Die Ketting

Jan van Tonder Jan van Tonder het sy eerste tydskrifverhaal in die tronk geskryf. Sedertdien het hy 'n bundel kortverhale oor daardie skemerwÍreld die lig laat sien, asook vier romans, 'n koffietafelboek oor die Klein Karoo, verskeie tydskrifverhale, sketse en radiodramas. Sy roman Is Sagie was twee jaar agtereenvolgens naaswenner van die ATKV-prys, terwyl Die Kind vir die M-Net-prys benoem en met die ATKV- en FAK-pryse bekroon is. Van Tonder se jongste werk, Roepman, het reeds sy derde druk beleef. Die skrywer woon op Oudtshoorn, maar tot wanneer toe weet hy self nie.
Nanette van Rooyen "Wanneer 'n mens in die Karoo gebore is, spesifiek in die sterredorp Sutherland, ontkom jy nie maklik aan sy inwerking op jou nie. Tot jy op 'n dag besef dat die Karoo nie 'n geografiese gebied is nie, maar wel 'n toestand."
In hierdie toestand voltooi Nanette van Rooyen haar BA-graad in tale, plus 'n HoŽr Onderwys Diploma, aan die Universiteit van Stellenbosch. Daarna gaan gee sy onderwys in Umtata, Transkei. Die behoefte om met boeke te werk, bring haar egter terug Kaapstad toe, waar sy 'n loopbaan in die uitgewerswÍreld begin. Vir die volgende vyftien jaar doen sy redaksionele ondervinding op by Perskor, Juta Uitgewers, Delos, Tafelberg en Vlaeberg.
Nadat haar eerste dogter in 1996 gebore is, begin sy werk as vryskrutredakteur, deels om meer tyd aan eie skryfwerk af te staan. Kort daarna verskyn haar eerste kinderboeke, Onkel en Pops en Houtpapegaaie praat mos nie. Sedertdien het vyftien kinderboektitels in haar naam verskyn, waaronder Maaneiers, wat bekroon is met die ATKV-prys in 1996, en Die Groen Koei, wat in 2001 deur Biblionef gekies is as 'n herdruk vir die verspreiding daarvan in Afrika.
In 1999 wen sy die De Kat/Human en Rousseau Vonkfiksiewedstryd met "Tollie Hans". In 2001 ontvang sy die RAU-Mardene Marais-debuutprys vir Letterkunde vir haar kortverhaalbundel Om te vlerk.
Tans is sy besig met die voltooiing van 'n roman wat as tesis dien vir die MA-kursus in Skeppende Skryfkuns onder toesig van prof Etienne van Heerden.
Nanette woon in Groenpunt saam met haar man, Rudi, en dogters, Sabina en Leah.

Jan van Tonder gesels met Nanette van Rooyen

  1. Jy't 'n jaar of drie gelede 'n vonkfiksieprys gewen vir jou merkwaardige kort-kortverhaal "Tollie Hans". Jy het verskeie kinderverhale gepubliseer. 'n Kortverhaalbundel, Om te vlerk, het uit jou pen verskyn. En nou is jou eerste roman reeds in gevorderde stadium. Span jy verskillende "skrywers" binne jou vir die verskillende genres in?

    Wanneer 'n idee my beetpak, handel ek volgens sy asemhaling. Instink bepaal aanvanklik hoe en waar ek my woorde sal inspan. In my onderbewussyn skuil 'n Indiaan. Sy is die een wat die rookseine uitstuur. Dis eers heelwat later dat die redakteur in my sal intree om die nodige verstellings te doen. Dit is die gedagte wat my beset, of besmet, wat bepaal watter genre ek sal aanvat. Ek moet erken dat ek met die kortverhaal gemakliker is. Kinderverhale ook. In laasgenoemde staan die huppelkind spontaan in my op, en met die "volwasse" literatuur die denkende duiwel. Albei slegs verskillende hidra-arms van een skrywerslyf.

    Die kortverhaal en kinderverhaal kom makliker, omdat ek van nature 'n naelloper is. My geduld word vreeslik beproef oor 'n lang afstand. Daarom proes ek tans met die skryf van 'n roman. 'n Mens moet vooraf bepaal wat die volume van jou longe is, voor jy 'n bepaalde afstand aandurf. Maar nou ja, oor sekere dinge het jy minder beheer as oor ander. Die roman was 'n kortverhaal wat onder my uitgehol het. Nou loop ek maar op die genade en met die wind van agter.

    Tog waar wat Ray Bradbury te sÍ het oor die skryfproses: "The faster you blurt, the more swiftly you write, the more honest you are. In hesitation is thought, in delay comes the effort for a style, instead of leaping upon truth which is the only style worth deadfalling of tiger-trapping."

  2. Ek doen die meeste van my skryfwerk in relatiewe isolasie op die platteland, en hier woon ek ook. Dit is soms frustrerend om so min stimulasie om my te hÍ, en so selde kontak met medeskrywers. Moet ek (veral oor laasgenoemde) my sterre dank, of vind jy dat dit vir jou as skrywer goed om in 'n stad te woon?

    'n Aansporing lÍ na my mening nie op bepaalde grond nie. 'n Prikkel is nie beduidend gepla met 'n spesifieke ruimte nie. Daarvoor is die oog te slu en die oor te skerp. Miskien maar weer 'n geval van "repos alleurs". Wanneer jy in isolasie sit, is dit die verlokking van stadsligte wat jy glo jou skryfstuipe sal lig. En andersom.

    So nee, ek dink jy kan my op die maan sit en ek sal 'n afloer-oog vir die hemelliggame ontwikkel. Tot dusver het die stad, my huidige habitat, nog nie eers in my skryfwerk gefigureer nie. En ek het dit al so bedink, maar telkens is dit die afstand, die terugwink van verre velde, wat in my stories vorm aanneem.

  3. Jy is nie van jou skryfwerk afhanklik vir die betaal van die huisverband, 'n motorpaaiement of jou volgende bord kos nie, maar as jy was, sou dit positief of negatief op jou skeppingsvermoŽ ingewerk het?

    Allamagtag, jy laat my klink soos 'n Stepford Wife! Jy weet nie hoe duur ek afbetaal aan my sondes nie.

    Ernstig, nou. Sou ek alleen moes instaan vir die onderhoud van my huis, kroos en man, sou ek definitief nie voltyds kon skryf nie. Ek sou ongetwyfeld weer die korporatiewe arena moes betree, en skelm onder die lessenaar skryf, soos ek in die jare as boekredakteur gedoen het. Ek glo nie dat 'n vaste betrekking en finansiŽle angstigheid die dringendheid van skryf sal onderdruk nie. Daarvan het ons genoeg voorbeelde vanuit die geskiedenis en in ons midde. Dit vreet net verskriklik aan jou energie. Daarom dank ek die gode gereeld dat ek relatief in beheer van my eie skryftyd is. Dit maak van my egter geen beter woordsmid as die agt-tot-vyfer nie.

  4. Wat doen jy om die eensaamheid van skryf te besweer - of beleef jy dit nie as sodanig nie?

    As ma van twee dogters, waarvan die laaste een in die middel van my roman opgedaag het, ken ek nie eensaamheid nie. Ek soebat Eensaamheid om my met haar asmalyfie (soos NataniŽl sÍ) te besoek en tot afgesonderdheid te besweer. In my lewe, tans, bestaan daar nie die luukse van 'n kopspasie nie.

    Maar wat jy bedoel is die alleenoog op jou eie idees. Daardie tye wat jy voel jou gedagtes wankel so dat dit jou selfvertroue aantas. Daarmee het ek tot dusver ook goeie vrede gehad, want ek was vir baie lank 'n "closet-skrywer" voor ek gepubliseer het. Wat ek wel in die afgelope twee jaar ondervind het, was om in 'n Kreatiewe Skryfkursus aan die Universiteit van Kaapstad te sit, waar daar onbevange gepraat is oor ons verskillende skryfsels. Dit was goed, en baie interessant, maar dit besweer nog steeds nie die eensaamheid waarvan jy praat nie.

  5. Hoe hanteer jy die gevoel van ontbloting wat publikasie teweegbring? (As jy van mening is dat jy 'n storie kan skryf sonder om hoegenaamd iets van jouself te verklap, hoe op aarde kry jy dit reg?)

    Soos met enige vorm van ontbloting - ek word hardegat in die lig en week in die donker.

    Miskien as ek jonger gepubliseer het, sou ek knoppe uitgeslaan het oor enige vorm van kritiek, maar ek was daai tyd darem al goed in die dertigs. Die siel het toe al eelte kon kry. Ook het die feit dat ek vir bykans vyftien jaar in die uitgewerswese was, my geleer dat kritiek nie die vyand is nie. Dis die onvoorwaardelike toepassing van alle tipes kritiek wat die boggher is.

    Dit is tog die bed wat ons vir onsself opgemaak het, dan nie? As jy eerstens die binnegoed gehad het om in ink te verwoord, moet jy by daardie woorde kan bly staan solank die boek haar rondtes doen. Met die opneem van hierdie verant-woord-elikheid, moet ek my neerlÍ by die rawe.

    Wat die laaste deel van jou vraag betref, natuurlik is daar handevol van myself by die letters ingemeng. Die spinnekop spin mos maar met sy eie draad. Goddank dat die fiksie so verbloemend daarop inwerk dat jyself later nie 'n onderskeid kan tref nie.

    So be it, with the grace of the gods and the goddesses, there I go Ö

<< Back to the main chain <<


LitNet: 28 April 2005

Have your say! Send your feedback to webvoet@litnet.co.za.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.