Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The ABSA/LitNet
Chain Interview

Die Ketting

Jaco Botha Jaco Botha is sedert 2003 'n vennoot in die klein reklameagentskap, Big Bad Wolf Advertising. Hy is verantwoordelik vir skeppende elemente soos: konsepontwikkeling, kopieskryf, en innoverende strategiese beplanning. Hy werk ook as vryskut-skrywer.
Hy beskik oor 'n BA-graad van die Universiteit van Stellenbosch, 'n BA- honneursgraad (in letterkunde) en 'n MA-graad in Skeppende Skryfwerk (met lof) van die Universiteit van Kaapstad.
Hy is die skrywer van twee kortverhaalbundels (In Drie Riviere en Sweisbril, albei deur Human & Rousseau uitgegee) en sy eerste kinderboek, Lalala en ek by die See het in 2005 by African Sun Media verskyn. In 1997 is die M-Net-beurs vir Skeppende Skryfwerk aan hom toegeken. Sy debuut-roman, Miskruier, verskyn in September 2005 by Human & Rousseau.
In 1998 was hy 'n lid van die Suid Afrikaanse Nasionale Blindekrieket-span wat die WÍreldbeker in IndiŽ verower het.
Hy werk tans aan 'n draaiboek, BULLET!, vir Spier films en is ook besig met 'n tweede roman, Groot Depressie ('n humoristiese blik op die IT-industrie).
Hy is gelukkig getroud met die aktrise, Ingrid Lehmensich en woon in Aucklandpark, Johannesburg. Hy geniet kanovaart, kosmaak, brug en braai.
Ingrid Winterbach Ingrid Winterbach (Lettie Viljoen) is die skrywer van Klaaglied vir Koos, Erf, Belemmering, Karolina Ferreira, Landskap met vroue en slang, Buller se plan en Niggie. Die roman Karolina Ferreira is bekroon met die M-Net Boekprys en die Ou Mutual Letterkundeprys, Buller se plan met die W.A. Hofmeyr-prys, en Niggie met die Hertzogprys vir Prosa. Winterbach woon sedert 1991 in Durban, die hawestad aan die Indiese oseaan.

Jaco Botha gesels met Ingrid Winterbach

  1. Waar is jy nou en wat doen jy?

    Ek is hier in Durban, besig met die voltooiing van 'n roman. Hoewel dit na die finale fase klink, sal ek nog minstens ses maande hiermee besig wees. Ten minste het die boek reeds 'n begin, 'n middel en 'n einde. Dit is 'n vertroosting dat dit reeds so ver is. Dit het ook 'n plot, maar helaas nog net 'n voorlopige titel. Omdat dit voorlopig is, wil ek dit liefs nog nie noem nie. (Miskien word dit iets in die lyn van Die Boek van Willens en Wetens.)

  2. Watter interessante kunstenaars, boeke, of musiek het jy in die afgelope tyd ontdek?

    Philip Guston (1913-1980), 'n Amerikaanse kunstenaar, is een van my heel gunsteling kontemporÍre skilders. Ek ken sy werk, maar kyk die afgelope tyd weer met hernude plesier daarna - veral die laat werk. Moeilik om sy werk te beskryf. Besonder skilderlik (painterly). Humoristies, sterk beÔnvloed deur strokiesprente - die laaste skilderytjies soms net 'n vereenvoudigde, comic-agtige kop (met sigaret), of hand (met sigaret). 'n Intense man. Ek dink hy het homself dood gerook.

    Onlangs het ek Murphy van Samuel Beckett gelees. (Ek ken nie sy werk nie.) Geen enkele toegewing word ten opsigte van die leser gemaak nie. Ook 'n skrywer sonder mededoŽ - soos Thomas Bernhardt, Georges Perec, Thomas Pynchon (daarvan hou ek). 'n Ware take-no-prisoners skrywer. Dig, snŠŠks, slim, moedswillig, outrageous. Ek het groot plesier daaraan gehad. Was onder die indruk dat hy 'n tyd lank James Joyce se sekretaris was, maar dit is nie so nie. Hulle het mekaar skynbaar net in Parys geken/ontmoet.

    Ek het 'n tydjie gelede lieflike Turkse musiek ontdek. Talip ÷zkan, musikoloog en performer, wat sy eie improvisasies vir taksim (instrument) en stem maak. Hy speel op die saz ('n term wat verwys na 'n hele familie langnek-luite wat tradisioneel met Ottomaanse musiek en kultuur geassosieer word). Sommige van die liedere is heroÔes en statig, sommige word gebruik vir ekstatiese rituele danse, en ander is suiwer vergestalting van verlange na God (Allah) of die geliefde.

  3. Vertel ons van 1844 - jou briewe en kontak met Leroux.

    'n Tyd gelede het daar in Stilet (Maart 2004) 'n stuk van my verskyn - 'n nabetragting oor die Etienne Leroux-korrespondensie. Daarin sÍ ek so min of meer wat Leroux vir my beteken het, maar natuurlik kan so iets net 'n oppervlakkige aanduiding - 'n baie benaderde waardering - van 'n heel beduidende fase in my lewe wees. Ek was agtien, Leroux was Leroux. Hy was 'n wonderbaarlike korrespondent. Hy was 'n boer, hy het my van die koring op sy land vertel. 'n Hele paar jaar van my jongvroulike lewe is deur die korrespondensie gerŪg, en dit verbaas my altyd hoe klein dit in omvang lyk gegewe die ruimte wat dit in my kop in beslag geneem het.

  4. Vertel ons meer van die kruid.

    Die kruid kom al 'n entjie met my saam in my werk. Ten minste al van Buller se Plan af, waar die vier manne so lekker langs die Steynhuis die aand onkant gevang word. En dan in Niggie. Die kruid (ongespesifiseer) kan dikwels 'n hulpmiddel wees om 'n karakter tot die grense van sy persepsie te druk - om die reikwydte van gewaarwording te vergroot - en op diť manier die nate van sintuiglike ervaring in 'n roman te versit.

    Uiterstes interesseer my.

    Self bewandel ek ten opsigte van Die Kruid (dws alle kruide, mushrooms, poeiers, gomme, snuifsels) die smal smal weg.

  5. Watter mooi iets het jy die afgelope week of so gesien?

    Ek het die afgelope week op 'n boek met die mooiste, verrassendste afbeeldings van skulpfossiele afgekom. Met diť dat daar van die hoofkarakter in my nuwe boek se skulpe gesteel raak, het ek heel skulpgerig geraak. Ek het so ingestel op skulpe geraak dat ek hulle nou op allerlei onverwagse plekke en in allerlei onverwagse vorme teŽkom. Sommige van hierdie skulpe lyk na mensgemaakte artefakte - ArgaÔese Griekse tempelreliŽfskulptuur, of wapentuig. Of juwele uit Sumeriese graftombes. En lieflik bewaar gebly, ten spyte van die ouderdom daarvan - sommige dateer so ver terug as die Devoon-, en selfs die Laat Kambriumtydperk (tussen 410 en 500 miljoen jaar gelede). Hierdie dinge moet nog in die boek ingewerk word.

    Ek het verlede naweek All About My Mother van Pedro Almodovar op video gesien en baie daarvan gehou. Die tragiese gegewe gaan nooit ten koste van die speelsheid nie - en ek hou van films met transvestiete.

<< Back to the main chain <<


LitNet: 19 September 2005

Have your say! Send your feedback to webvoet@litnet.co.za.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.