Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The ABSA/LitNet
Chain Interview

Die Ketting

Hennie AucampHennie Aucamp is op 20 Januarie 1934 in Dortrecht, Noordoos-Kaapland gebore. Hy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy die volgende kwalifikasies behaal: BA, SOD, MA en DEd. Hy het ook in België en New York studeer. Aucamp was tot sy uittrede in 1994 aan die Universiteit van Stellenbosch verbonde.
       Toekennings op skryfgebied sluit onder andere die volgende pryse in: Tafelberg-prys (1970); WA Hofmeyr-prys (saam met Chris Barnard, 1974); ATKV-toneelprys(1980); Hertzogprys (1982); Fleur du Cap-prys vir die beste inheemse toneelteks van die jaar (1987); Recht Malan-prys (1997).
      Aucamp verwerf bekendheid as akademikus, dramaturg, kaberet- en kortverhaalskrywer, en digter. Hy lewer deur die jare 'n magdom bydraes op hierdie onderskeie gebiede.
      Verlede jaar het die boek 'n Skrywer by sonsopkoms by African Sun Media verskyn, ter viering van Aucamp se sewentigste verjaarsdag.

Foto deur Philip de VosJohann de Lange is op 22 Desember 1959 in Pretoria gebore. Tydens sy studiejare aan die UP is hy stigterslid van die literÍre tydskrif Ensovoort.
       Hy debuteer in 1982 met die digbundel Akwarelle van die dors waarvoor hy in 1983 die Ingrid Jonkerprys ontvang. Daarna volg Waterwoestyn (1984), Snel grys fantoom (1986), Wordende naak (1988) waarvoor hy die Rapportprys vir PoŽsie ontvang, Nagsweet (1990), Vleiswond (1993) en Wat sag is vergaan (1995). In 1996 maak hy sy prosadebuut met Vreemder as fiksie. Sy jongste kortverhaalbundel is Tweede natuur (2000). In 1997 stel hy 'n bloemlesing gay kortverhale saam getiteld Soort soek soort, en in 1998 'n bloemlesing erotiese poŽsie saam met Antjie Krog, getiteld Die dye trek die dye aan.
       Benewens die Ingrid Jonker- en Rapportprys vir PoŽsie wat vir individuele bundels toegeken is, ontvang Johann de Lange ook die Pankratorprys en 'n Avanti-toekenning vir sy draaiboek oor die lewe van Ingrid Jonker ("Verdrinkte hande").
       In sy vrye tyd vertaal hy gedigte. Heelparty van sy vertalings is in lokale en oorsese publikasies opgeneem. 'n Keur uit sy vertaling van Wilma StockenstrŲm se gedigte verskyn in 2007 by Human & Rousseau.

Hennie Aucamp gesels met Johann de Lange

  1. Ek glo dat 'n skrywer aanwesig is in alles wat hy skryf, van 'n resensie tot 'n gedig. Is jou “ander selwe” voelbaar bewus van mekaar, of meer prakties gestel: leer De Lange, die digter, van De Lange die kortverhaalskrywer, en omgekeerd?

    Ek het betreklik laat die kortverhaal in alle erns begin beoefen. Dit was altyd die poësie wat 'n sentrale plek in my lewe ingeneem het. Ek herinner my egter dat ek op skool al prosa geskryf het, onder aanmoediging van onderwysers. Ek was 'n moeilike kind. My behoefte aan liefde het dikwels gemanifesteer in moedswilligheid. Ek sou weier om opstelle te skryf as die temas vervelig was, of ek sou opsetlik pornografiese stories skryf. Die gevolg was dat ek, tot die wrewel van klasmaats, altyd kon skryf waaroor ék wou skryf.

    Die boek wat my op hoërskool prosa wou laat skryf, was Die eerste lewe van Colet. Ek dink ek kon my seksuele verwardheid en frustrasie herken in die karakter van Colet. Ek het terstond ook 'n “psigologiese” novelle geskryf, gelaai met simboliek en seksuele neurose, met 'n goeie klap weg van As die son struikel. As ek vandag na die manuskrip kyk, hervind ek weer daardie kind. Daarom kon ek dit nog nooit weggooi nie. Wat ek wil sê, is dit: ek het dikwels my neuroses in prosa laat uitspeel, maar nooit in die poësie nie. Dit was vir my 'n verhewe medium.

    Toe ek wel met Vreemder as fiksie besluit om 'n kortverhaalbundel te skryf (in teenstelling met die los verhale wat dikwels jare uitmekaar tot stand gekom het en, as ek gelukkig was, 'n plek iewers in 'n bloemlesing gekry het), het ek aanvanklik gevoel dat ek van voor af moet begin, dat niks wat ek geleer het met die skryf van poësie my kon help met die skryf van kortverhale nie. En daar is 'n kern van waarheid in. Die twee mediums vereis 'n soort reoriëntasie – nie in dieselfde mate as wanneer 'n kunstenaar byvoorbeeld tussen skryf en skilder beweeg nie, maar nietemin.

    Ek het my enersyds oorweldig gevoel deur die oormaat van woorde (ek wat as digter woorde en sillabes en klanke tel, wat beeldprogressies uitwerk, ens), en andersyds deur die blote logistiek wat prosa vereis. Dat jy konsekwent moet wees, of die fiktiewe wêreld ooreenstem met die werklikheid of nie (soos byvoorbeeld in wetenskapsfiksie) – dit moet konsekwent bly.

    Ek het besluit dat ek die verhale nie geskryf sou kry as ek my materiaal op dieselfde manier sou benader as wanneer ek gedigte skryf nie. My prosa tot op daardie stadium het ek soos 'n digter geskryf, en dit is 'n soort fiksie wat nie aan 'n sekere opsetlikheid, 'n sekere selfbewustheid, ontkom nie.

    Daarom het ek prosahandleidings nader getrek – joue veral – en leer loop. Selfs toe ek poësie begin skryf het, was ek altyd gretiger om 'n analise van die gedig te lees, of 'n opstel oor die digter, eerder as die gedig self. Ek wou weet hóé 'n digter te werk gaan. Ek wou sy fabrieksgeheime leer. Wat ek met 'n omweg probeer sê, is dit: ek dink my sin vir vorm en vir die gewig van die enkele woord wat ek van die poësie het, het wel gehelp dat ek die kortverhaal vinniger onder die knie kry. Maar ek moes steeds van voor begin.

  2. Wat my betref, is jy die stipste stipleser van poësie in Afrikaans. Watter rol speel vertaling in jou besondere opgeskerptheid vir die woord, vir klankwaardes, vir ritme?

    Jy maak my 'n kompliment wat ek beslis nie verdien nie. Ek is as poësieleser maar alte bewus van my tekortkominge. Ek dink dat ek hoogstens 'n sekere sóórt gedig goed lees. Daar is vertakkings van die poësie waarin ek my baie ontuis voel. In dié opsig bly ek apologeet vir my eie metode.

    Vertaling, soos ek dit beoefen, is 'n vorm van “close reading”. Jy kan nie 'n gedig goed vertaal as jy hom nie huidjie en muidjie verstaan nie. Ek het nooit vertaling as sodanig “opgeneem” nie, en ek beskou myself nie as vertaler nie. Ek vertaal wanneer ek nie skryf nie. Dus 'n soort verweer teen “writer’s block”. 'n Manier om my hand in te hou. Partykeer lees ek 'n gedig in Engels en wonder: Hoe sou dit in Afrikaans klink? En dan trek ek pen en papier nader.

    Ek het die voorreg gehad om oor 'n lang tydperk verse van Wilma Stockenström te vertaal in samewerking met Wilma self. Sy is 'n baie kritiese leser en het 'n onfeilbare sintuig om enigiets wat na mý ruik uit te snuffel. (Altyd 'n gevaar: dat jy 'n gedig vertáál soos jy hom sou skrýf.) En dan moes dit uit en ek is terug papier toe. Daarvoor is ek haar baie dankbaar. Die eindresultaat is dat die vertalings, in Engels, konsekwent iets van Wilma se klank en kleur behou. 'n Keuse uit die vertalings verskyn volgende jaar by Human & Rousseau.

    Vertaling is vir my die spieëlbeeld van skryf: jy haal as ’t ware die gedig uitmekaar. Die interessante ding wat gebeur wanneer mens poësie vertaal, is dat jy op sekere “strespunte” in die gedig 'n permutasie van betekenisse kry, en elkeen kan die gedig in 'n ander koers stuur. Jy moet dus voortdurend keuses maak sodat een “potensiële” lesing van die gedig uiteindelik realiseer. Soms word dit 'n herdigting. Ander kere kan mens wonderbaarlik na aan die oorspronklike bly. As ek met 'n vertaling 'n punt bereik dat ek voel ek moet te veel prysgee, dan laat vaar ek liewers die vertaling. Iets wat my baie grief, is wanneer vertalers gedigte wat rym as rymloos vertaal. As jy nie die rym kan herskep nie, los dit eerder.

    Om jou vraag te beantwoord: my vingeroefeninge met vertaling is van onskatbare waarde wanneer ek sit om aan eie verse te werk. Omdat jy jou so bewus is van elke faset van die gedig, kan jy uiteindelik 'n beter vers tot stand bring. Ek sou vertaling vir alle digters of voornemende skrywers aanbeveel. Al publiseer jy dit nooit nie. Dis 'n goeie leerskool en slypskool.

  3. Watter tegniese dissiplines behoort, volgens jou, ‘n skryfskool die digter by te bring?

    In die skryfkursusse wat ek aangebied het by Unisa en UCT het ek altyd die fokus laat val op lees eerder as skryf. Ek weet nie of 'n skryfskool van iemand 'n skrywer kan maak nie. Ek glo wel dat mens enigiemand béter kan leer skryf. En dat jy diegene met ware talent kan help om hulle stem vinniger te vind. Al wat 'n skryfskool die jong digter uiteindelik kán bybring, is tegniek. En daarop het ek altyd weldeeglik gefokus. 'n Goeie kennis van die tegnieke tot jou beskikking is baie belangrik.

    Op hoërskool het ek (soos waarskynlik honderde ander) by André Brink aangeklop vir hulp, en tot sy ewige krediet het hy sonder aarseling gesê: stuur gerus aan – en sy raad en ondersteuning oor baie jare het 'n wankelrige talent aan die gang gehou. Een stukkie raad gee ek sélf nou aan beginners: lees, lees, lees. As jy van 'n gedig hou, probeer vasstel wáárom jy daarvan hou, wat dit spesifiek tot jou laat spreek; probeer vasstel hoe die digter sy effekte bereik. Op dié manier is jy beter toegerus volgende keer as jy self aan 'n gedig werk. Brei jou kennis rondom die vak uit.

    My fokus met 'n skryfskool is dus eerder om voornemende skrywers beter lesers van hulle eie werk en van ander se werk te maak. Almal wat in 'n skryfskool sit, is daar omdat hulle 'n liefde het vir letterkunde. Maar nie almal gaan dit uiteindelik maak as skrywers nie. Nie eens dié met talent nie. Dit vat toewyding en determinasie en dikvelligheid om te slaag. Watter beter manier om jou liefde vir die vak te kan uitleef as om as 'n beter, 'n fyner leser van poësie daar uit te stap?

  4. Ons het 'n keer gepraat oor die bloemlesing Night errands: How poets use dreams, onder redaksie van Roderick Townley. Jy het genoem wat 'n belangrike rol drome in Sheila Cussons se poŽsie speel. Wil jy 'n bietjie hierop uitbrei, en daarna na jou eie poŽsie verwys, straks met 'n voorbeeld van 'n droom wat 'n gedig geword het?

    Ek het 'n interessante teorie oor Sheila se poŽsie, veral Die swart kombuis. Dis weliswaar 'n teorie wat nie maklik bewys kan word nie, en is daarom hoogs spekulatief. Ek sal altyd spyt wees ek het nie met haar hieroor gesels toe ek die geleentheid gehad het nie. Dis 'n bekende verskynsel dat mense wat oor 'n lang tydperk morfien ontvang, byvoorbeeld brandpasiŽnte, soos in Sheila se geval, dikwels deur morfiendrome of -nagmerries geteister word. In sommige gevalle neem diť drome 'n visioenÍre kwaliteit aan. In 'n gesprek met Amanda Botha het sy my vertel dat Sheila Die swart kombuis in sy geheel tydens haar periode in die hospitaal geskryf het, maar omdat sy in daardie stadium nie kon skryf nie (ďamper sonder vingersĒ), en daar ook niemand was wat Afrikaans kon verstaan nie, het sy die gedigte in haar kop lÍ en skryf. Hulle oor en oor lÍ en memoriseer. Party gedigte dra tekens hiervan Ė byvoorbeeld die gebruik van kinderrympies, van woordspelings, herhalings. Middele, as ít ware, om haar te help onthou. Waarmee ek nie te kenne wil gee dat sy nie later, toe die verse uiteindelik neergeskryf is, weldeeglik daaraan gewerk het nie. Daarvan getuig die notaboeke sonder twyfel. Daar is baie verse in Die swart kombuis en Verf en vlam wat vir my visioenÍre gedigte is, en ek wonder hoeveel daarvan hulle oorsprong gehad het in drome, of in daardie tussentoestand tussen droom en wakkerwees waarin die morfinis dikwels beweeg.

    Daar is egter genoeg verse dwarsdeur haar oeuvre wat oor drome handel of uit drome herrys het. Boeiende verse. Opperman word dikwels (meestal op grond van ďSondag van 'n kindĒ) verbind met die gedig wat 'n droom as boustof het, maar daar is ander digters by wie dit 'n groter rol gespeel het, vir wie die onbewuste 'n groter trekpleister was.

    Ek droom self dikwels dat ek gedigte skryf, en as ek gelukkig is, kan ek iets daarvan terugbring na die wakker wÍreld. Ek het kort voor Sheila se dood 'n droom oor haar gehad met 'n waarskuwing vir my. Vinnig neergekrabbel lees dit:

    Droom
    vir Sheila

    In 'n droom lÍ jy nadoods op-
    gekrul, 'n fetus op die enkelbed
    Ė karmeliet in haar sel.
    Op die bedkassie 'n notaboek
    van kalfsleer waarin jy
    vir oulaas gedagtetjies noteer.
    Broos & uitgeteer
    in jou wit kamerjas
    wil jy my nog 'n laaste keer
    genaak: wie luister
    na die duiwel se gelag
    sien later nie meer die duiwel rŠŠk.

    'n Ander droom het ontstaan uit my eie ervaring met 'n opiaat:

    Petidiendroom

    Ek loop my pa na jare raak
    & hy probeer weer vrede maak.

    Hy gee vir my Ďn groot ampule Ė
    medisyne met Ďn hoŽ skedule,

    & hoop dit sal ons nader bring
    soos die naald intiem deur weefsel dring.

    Ek soek koorsig na Ďn plek om te gebruik,
    maar orals vind ek oŽ, & plekke wat na uitskot ruik.

    Daar is nog meer voorbeelde. Gevalle waar ek gedroomde reŽls direk kon neerskryf en gebruik Ė maar dis raar. Ek dink dat as jy as kunstenaar jou oopstel vir die invloed van die onbewuste, jy meer en meer in voeling daarmee sal kom. Vir Sheila was dit nie 'n afgeslote wÍreld nie, maar ek dink sy het toegang daartoe verkry, aanvanklik in elk geval, deur morfien.

  5. Is daar nog skryfgenres wat jy op die proef wil stel; genres wat jy al versigtig benader het, maar nog nie in die praktyk gekonsolideer het nie?

    Die enigste genre wat ek graag sou wou probeer, is die drama. Die paar kere wat ek rakelings daarmee te doen gehad het, was baie stimulerend. Dit is in 'n sin die antitese van gedigte skryf. Die drama is nie privaat nie, hy betrek 'n gehoor op 'n meer direkte wyse as die poësie. Die skryfproses self – ek hou van die idee dat 'n teks ge-workshop word, dat die spelers insette lewer, dat dit nie volledig in die studeerkamer ontstaan nie – is vir my opwindend. Wat my tot dusver daarvan weerhou het, is die feit dat 'n mens nie die drama net “on the side” kan doen as jy 'n sukses daarvan wil maak nie; dit moet jou primêre medium wees. En ek is nie bereid om van die poësie afstand te doen nie.

<< Back to the main chain <<


LitNet: 21 Junie 2006

Have your say! Send your feedback to webvoet@litnet.co.za.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.